Greeff
Genealogy Journal
Journal of the Greeff and related families, No 14, October 2008. Editor: Francois Greeff.
Index of previous editions
Home

Anuschka Greeff
"The Birth of Venus, 2008"
Anuschka Greeff, "having emerged from the sea as a full grown woman", like like the goddess Venus in the painting by Sandro Botticelli.
(Thanks to Anuschka for the photo.)

Contents

1. Max du Preez: Koos en Nonnie
2. Connie Luyt: Koos en Nonnie
3. Jaco Greeff: Perdeby!

 

Important Notice

1.To go to our web site, please search just one word, Greeff, on Google, and then click on our link (www.Greeff.info). It helps to get our page higher up in the search results, which makes it easier for newcomers to find our site.
2. New telephone number for Francois Greeff : 0044 20 8123 4224
(UK 020 8123 4224). To submit articles to the Greeff Genealogy Journal, email Greeff@Greeff.info.

 

Max du Preez skryf oor sy boek
"
Of Tricksters, Tyrants and Turncoats".


Die Burger se bylaag, By: Nonnie de la Rey. Jan 09 2009.


Die stortvloed heldeverering vir Helen Suzman ná haar dood op Nuwejaarsdag het my weer laat wonder hoekom ons gemeenskap so traag bly om die merkwaardige vrouehelde uit ons verlede te erken en te eer. Dink maar aan Albertina Sisulu. Selfs skoolkinders weet wie en wat Walter Sisulu was, maar al wat die meeste Suid-Afrikaners van Albertina weet, is dat sy Walter se getroue eggenote was.
Ek het albei mense geken. Ek dink ’n eerlike ontleding sal aantoon dat Walter, wonderlike, eerbare man wat hy was, se belangrikste rol dié van aanvulling tot Nelson Mandela was. Albertina, daarenteen, was tot in die vroeë 1990’s ’n merkwaardige leier in eie reg, want haar man was in die tronk. Geslagte jong swart leiers is deur haar huis en haar hande. Sy is die Moeder van die Nasie; Winnie Madikizela was dit nooit nie.
Ek het in my jongste boek, Of Tricksters, Tyrants and Turncoats, ook na enkele ander vrouehelde gekyk, en twee uitgelig wat ek gedink heeltemal onderskat is: die BaTlokwa-leier en bobaas-kryger van die vroeë 1800’s, Mantatisi, en Nonnie Greeff-de la Rey, vrou van Generaal Koos. Dit is vir my interessant dat die meeste reaksie wat ek oor die boek kry, juis oor Nonnie de la Rey gaan. Dit is die meeste lesers se gunstelingstorie, swart en Engelssprekend ingesluit.
Soos haar ma, Suzanna, het Nonnie (in 1865 gedoop Jacoba Elizabeth) trou aan haar man gesweer, hom gedienstig bygestaan en aanvaar hy is die leier in die huwelik . Maar Suzanna en haar dogter (soos MaSisulu en soveel ander sterk vroue) was eintlik net sulke sterk – of sterker – persoonlikhede as hul mans, wat eintlik maar net toegelaat het dat hul mans glo hy is die geëerde patriarg net om nie die orde te versteur nie.
Diep godsdienstig was Nonnie wel, maar nie so ’n fundamentalistiese Christen soos Koos nie. Terwyl sy en haar ma op nog ’n lang tog saam met haar ewig-trekkende pa, Hendrik, heeltemal sonder water gaan staan het, het Hendrik aan God gesê as Hy vir hulle water gee en hul lewe red, hy op sy vyftigste verjaardag na daardie selfde plek sou teruggaan om vir God dankie te sê.
Hendrik het van sy knieë opgestaan en vir sy gesin gesê God het aan hom gesê daar is water in daardie boom, en hy wys na ’n ou boom daar naby. Hulle dag eers die arme man het sonsteek, maar toe hulle by die boom kom, sien hulle ’n klomp water van die laaste reënbui was in ’n vurk in die boomstam opgevang. Daar was genoeg water vir hulle en hul diere.
Hendrik het wel in 1878 op sy vyftigste verjaardag met sy familie, vriende en sy dominee na dieselfde plek teruggegaan om God te bedank. Toe sy vyftig word in 1906, het Nonnie haar familie en vriende ook na die plek teruggeneem om weer dankie te gaan sê – en in 1937 het haar dogter, Polly, dieselfde op haar vyftigste verjaardag gedoen.
Die Greeffs het in Lichtenburg tot ruste gekom. Nonnie en Koos is in 1876 in die Hervormde kerk in Zeerust getroud. Sy het nie veel onderwys in haar lewe gehad nie, maar kon darem genoeg lees en skryf om ’n dagboek oor haar lewe te hou.
Die De la Reys het op een van Hendrik Greeff se stukke grond begin boer, maar Koos was meestal weg om Naturellekommissaris, landmeter en kommandoleier te speel. Nonnie het die boerdery oorgeneem. Tussen 1878 en 1897 het Nonnie die lewe geskenk aan sewe dogters en vyf seuns – twaalf kinders in negentien jaar! Twee van die seuns is as babas dood.
Ná haar ma se dood het Nonnie ook haar ma se vier jongste kinders en sommer twee ander kinders ook aangeneem. Sy het dus sestien kinders gehad om groot te maak en kos te gee. Koos self het volgens van sy biograwe nie veel met die opvoeding te make gehad nie.
Maar die merkwaardige deel van Nonnie se lewe het eintlik begin toe die oorlog in 1899 uitbreek en Koos ’n militêre sleutelfiguur geword het. Binne ’n maand ná die uitbreek van die oorlog is haar seun Adaan, wat saam met sy pa geveg het, by die Slag van Tweerivieren doodgeskiet. Nonnie was diep getref, maar het dit haar plig geag om eerder haar man te troos. Sy het in ’n verlate huis naby haar man se kommando in die Magersfontein-distrik gaan bly en haar man gereeld gesien in die weke ná Adaan se dood. Op Kersdag en Oujaarsdag het sy vir hom ’n groot maaltyd gegee. Sy is eers op 7 Januarie 1900 terug huis toe nadat Koos Colesberg toe gestuur is.
Die Britte het gou agtergekom Koos de la Rey gaan een van hul grootste nagmerries wees. Hulle het gehoor Koos gaan kort-kort terug plaas toe om vir Nonnie en die kinders te sien en het ’n veldtog geloods om hom te vang. Maar elke keer as Nonnie Britse soldate op haar plaas gesien ronddwaal het of probeer het om vee of perde te vang, het sy perd opgesaal en die Britse bevelvoerders gaan konfronteer. Generaals Archibald Hunter, CWH Douglas en Lord Methuen self het so onder haar skerp tong deurgeloop en elke keer hul manskappe opdrag gegee om hulself te gedra.
Nonnie het gou ’n gevreesde figuur onder die Britse offisiere geword. Lord Methuen het haar op haar plaas gaan besoek, eers om vir haar te gaan sê sy opdrag was om al haar perde te konfiskeer (wat sy hom toe oorreed het om nie te doen nie) en later om met haar te onderhandel oor sy opdragte van bo om haar huis af te brand. Hy het aangebied om een gebou te los sodat sy en die kinders daarin kon woon, maar sy was nie bereid tot enige kompromis nie. Hy is uiteindelik weg sonder dat die De la Rey-opstal afgebrand is.
Haar bestaan in Lichtenburg was gou onhoudbaar. ’n Indiër-handelaar wat langs die De la Reys se dorpshuis gewoon het en ’n goeie vriend van Koos was, Ajam Abed, het haar voorraad kos, koffie, suiker en medisyne aangevul en in November 1900 het sy en die kinders – en ’n paar koeie vir melk en skape en hoenders vir vleis – begin swerf.
Vir byna agtien maande, tot en met die einde van die oorlog, was Nonnie en die kroos nomadies. Hulle het soms in grotte gebly, soms, wanneer dit veilig geag is, saam met families wat nog op hul plase was en andersins in die veld of in verlate geboue.
Haar hoenders en skape was goud werd en sy het soms vleis vir mieliemeel en broodmeel geruil. (Toe Lord Methuen in Maart 1902 deur haar man se magte gewond is, het sy vir hom beskuit gestuur wat sy in die veld gebak het.) Toe die koffie begin opraak, het sy soetpatats gerooster en gemaal en met die laaste bietjie koffiemoer gemeng. Stysel uit groenmielies en salpeter van ’n verlate muur afgekrap was genoeg om haar eie seep te maak.
Die kinders se klere was gou kapot. ’n Union Jack-vlag en ’n groen snoekertafelkleed wat ’n soldaat uit die hotel in Wolmaransstad gesteel het, het in kledingstukke vir die kinders ’n nuwe lewe gekry.
Nonnie se formidabele, legendariese teenwoordigheid op die vlaktes van konflik was ’n groot bron van inspirasie vir ander Boeregesinne, vir die Boerekrygers en natuurlik vir haar generaalman. Hoewel Koos se gevegstyl baie beweeglik was, het hy en Nonnie blykbaar altyd geweet waar die ander een is. Nonnie het baie keer by hom op kommando gaan oorslaap en gewoonlik spesiale dae soos Kersdag en Nuwejaarsdag by hom deurgebring.
Die twee het beplan om hul 25ste huweliksherdenking op 24 Oktober 1901 romanties te vier en Koos het vroegmôre al sy kispak aangetrek. Maar die volgende oomblik het die Britte sy kommando aangeval en pleks van romanse moes hy en sy manne veg vir hul lewe. Hy het die hele geveg in sy kispak aangevoer en glo die aand ontdek dat twee van sy baadjieknope deur ’n Britse koeël afgeskiet is . . .
Nonnie se groot vrees was dat die Britte haar sou vang en in ’n konsentrasiekamp sou toesluit. En tog is daar getuienis dat Britse aanvalsmagte verskeie kere op haar afgekom en nooit probeer het om haar te arresteer nie. Sy het altyd haar man gestaan en die offisiere was dalk ’n bietjie bang vir haar – of dalk was dit net groot respek, vir haar en vir haar man.
Die laaste groot veldslag van die oorlog was by Tweebosch op 7 Maart 1902, ’n veldslag wat oorweldigend deur Koos de la Rey en sy manne gewen is. Lord Methuen se perd is onder hom doodgeskiet en sy been is gebreek. Koos de la Rey het hom soos ’n mede-offisier behandel en Methuen het glo selfs verskoning gevra vir die konsentrasiekamp-beleid van sy weermag. Hy het ook dadelik na Nonnie se welstand verneem.
Nonnie is dadelik Tweebosch toe en het Methuen in sy tent gaan sien. Volgens haar dagboek het hy gesê hy was jammer dat hy en sy magte haar soveel moeilikheid veroorsaak het. Nonnie het een van haar kosbare hoenders geslag en vir Methuen as padkos saamgegee toe hy na Krugersdorp se hospitaal vervoer is.
De la Rey se manskappe was kwaad dat die vyand se bevelvoerder sulke behandeling kry en het hul generaal verplig om die ambulanswa te laat omdraai. Terug by Tweebosch het Koos en Nonnie saam aan die Boerekrygers verduidelik dat dit die Christelike ding sou wees om te doen, en dié keer het die manne dit aanvaar en Methuen is vort. Koos en Nonnie het ’n telegram aan Methuen se vrou laat stuur om te sê hy is gewond, maar sou gou gesond word.

Nonnie Greeff-de la Rey se omswerwinge het eers in Mei 1902 geëindig toe die twee Boererepublieke en Brittanje ’n vredesverdrag gesluit het. Sy is op 12 Augustus 1923 dood, nege jaar nadat haar man deur die polisie in Johannesburg doodgeskiet is. Viva, Nonnie, viva!

Turning 50

 

Koos en Nonnie de la Rey
Die Vrou Agter Die Man

Geskryf deur Connie Luyt


Nie een van die lofredes en pryssange wat aan Generaal Koos De la Rey toegedig en toegesing word, vertel van sy dapper vrou nie. ‘n Volksheld soos hy sou nooit kon doen wat hy het, of kon wees wat hy was, sonder die bystand van sy Nonnie nie. Hulle liefdesverhaal is een wat lang skeidings moes deurstaan, wat geweldige eise aan hulle albei gestel het, maar veral moes staatmaak op die inherente Christelike waardes wat Nonnie uitgeleef het. Sy was nie net ‘n vrou duisend nie, maar het dit reggekry om haar gesin bymekaar te hou, haar man te ondersteun en selfs haar vyande te vergewe dwarsdeur die ontberinge van die Anglo-Boereoorlog en nog lank daarna..
Toe Jacoba Elizabeth Greeff ( van jongs af Nonnie genoem) op 28 Mei 1856 op Tulbach gebore word, is sy die produk van Hendrik en Suzanna (gebore Redelinghuis) se pioniersdurf. Suzanna het van kleintyd af geleer om ‘n tuiste in ‘n wa te skep en om die trekpad as haar woning te beskou. Hendrik, wat hom as wamaker bekwaam het, was met onkeerbare wanderlust vervul en het juis sy vrou ontmoet naby die Grootrivier op een van sy reise. Klein Nonnie het al op drie maande agter in die wa geskommel tot in die Wes-Transvaal waar haar pa twee plase gekoop het: Elandsfontein en Doornfontein en ‘n huis begin inrig het vir sy gesin. Hulle woon net gedeeltelik daar omdat hy gedurig op jagtogte gaan en hulle almal saamneem. Nonnie gaan dus eers op 10 skooltoe, en toe slegs vir sewe maande, maar, met haar ouers se sterk godsdienstige leringe en die praktiese lewenslesse wat sy op die trekpad leer, word Nonnie Greeff groot as ‘n gehoorsame en gedienstige jong meisie, getrou aan die beeld van die Afrikanervrou van daardie tyd.
Pas nadat sy deur Ds. Van der Hoff aangeneem is op 15, trek haar pa uit Lichtenburg, waar dit vir hom te lawaaierig is, na ‘n plaas agt kilometer verder wat hy Manana noem. Die groot kliphuis waarop Suzanna aandring is net mooi klaar toe ‘n jong man te perd daar aankom. Nonnie maak die deur oop. Sy moet ver opkyk na hom.
“Ek is Koos De la Rey, veldkornet onder Louw Wepener. Ek is op pad met ‘n handelsending na Marico, maar wil graag vir Veldkornet Greeff ontmoet. Is hy hier?”
“Ek ... ek roep hom,” stamel Nonnie en vlug gangaf. Koos is lank en skraal met ‘n welige baard en groot neus. Maar dis sy bruin oë wat in haar siel inkyk wat haar so ontstig. “Nonnie, bring vir ons koffie asseblief,” roep haar pa uit die voorhuis. Haar hande bewe toe sy vir die jongman sy kommetjie aangee.
Agter sy baard glimlag Koos. Sy is vir hom pragtig. Soos ‘n klein wildsbokkie met haar groot oë en lang donker hare wat met ‘n wit lint vasgemaak is. Om haar middel is ook ‘n wit lint gebind en hy vermoed die span van sy hande sal maklik om daardie lint pas. Op pad verder na Marico hoor hy heelpad haar naam in die galop van die perde se pote. No-o-nnie Gr-ee-ff.
Jakobus Herculaas De la Rey is op 22 Oktober 1847 in Winburg gebore, maar nie lank daarna trek sy pa, Lang Adriaan, ‘n Voortrekker wat uit die Georgedistrik gekom het, na Wolmaranstad in die Wes-Transvaal waar Koos grootword saam met sy vyf broers en vyf susters. Hy toon van jongs af leierseienskappe en word die jongste veldkornet ooit op negentien. Koos, met sy deurdringende oë en sy eenvoudige opregtheid het Nonnie se hart gesteel.
Eers ses maande later sien hy en Nonnie mekaar weer in Kimberley waar Nonnie en haar ouers by haar oupa Redelinghuis kuier. Hy vergesel hulle wa terug na Manana, maar praat hulle om om eers by sy ouers se plaas, Welverdiend, aan te gaan om Nonnie aan hulle voor te stel. Nie lank daarna vra hy Nonnie om te trou, maar haar ma weier om toestemming te gee – waarskynlik omdat hy nie genoeg vee het om mee te boer nie. Nonnie probeer, as ‘n gehoorsame dogter, om haar teleurstelling te vergeet, maar toe Koos haar weer per brief vra, gaan wys dit aan haar ma en, beïndruk deur die diepte van hulle liefde, stem sy toe tot ‘n huwelik. Nonnie, wat nie goed kan skryf nie, stuur haar antwoord in ‘n kort briefie aan hom.
Daar word reggemaak vir ‘n groot troue met inkopies wat op Potchefstroom gedoen word. Nonnie se rok word deur ‘n vriendin gemaak en daar word vir weke lank gebak en geslag en gekook want die hele omgewing se mense in uitgenooi na die bruilof.
“Moeder, ek kry nou net berig dat Koos opgekommandeer is om teen hoofman Sekukhune te gaan veg! Nou! Net voor die troue! Hy skryf dat sy vader self vir Louw Wepener gaan vertel het dat al die reëlings klaar getref is, maar daar is nie uitkomkans nie. Ag, Moeder, wat gaan ons maak?”
Min het Nonnie geweet dit gaan die patroon wees wat deur haar lewe gaan loop, en sy moes daar al besef het dat, vir Koos De la Rey, plig altyd eerste sal kom.
Maar hy keer vroeg in Oktober terug en die gebooie loop sommer dadelik en pas na die derde gebod gelees is, trou hulle op 24 Oktober 1876 op ‘n Dinsdagoggend negeuur in Zeerust voor die landdros – in die negentiende eeu was Dinsdag as ‘n gebruiklike troudag beskou. Hulle haas terug na die plaas waar ‘n werf vol waens en karre wag. Die bruilof is plesierig al word dansery nie toegelaat nie en Nonnie is ‘n stralende bruid. Sy is 20 en hy 29.
Min van die stoere boere en trekkers van daardie tyd het hulle gevoelens op skrif gestel en mens kan maar net gis oor die emosies en drifte wat tussen twee jong getroudes geheers het. Aanvanklik moes hulle by Nonnie se ouers bly en het Koos als in sy vermoë gedoen om genoeg vee aan te koop om ‘n eie boerdery te begin. Hulle is selfs na die soutpanne, in ‘n gebied wat vandag as Delarey bekendstaan, om sout te skraap, wat hulle verruil het vir vee. Met 100 skape en 100 beeste kon hulle toe gaan boer op 700 morg wat Nonnie se pa aan haar gegee het.
Koos maak al meer opgang in regeringsake en word as ‘n kenner van naturelle sake beskou en moet dikwels weg wees van die plaas. Hy stel ‘n voorman aan om Nonnie te help, maar sy steek hom in die pad en neem self die “manswerk” oor en boer voorspoedig met groente en vrugte. Met die uitbreek van die eerste Anglo Boere Oorlog moet Koos, wat onder Nonnie se pa in die Lichtenburgkommandement staan, gaan veg, maar bly eers by Nonnie vir die geboorte van sy eerste seun, Adriaan in 1880.
Na die dood van haar ouers kort na mekaar, trek Koos en Nonnie in 1884 na die plaas Elandsfontein en word ‘n yslike kliphuis opgerig, meestal onder Nonnie se toesig omdat Koos toe kommandant van Lichtenburgkommando word en lid van die Transvaalse Volksraad wat noodsaak dat hy baie reis. Koos se enigste voorwaarde met die huis was dat daar geen gange mag wees nie, want dit is gemorste spasie! Die groot huis het ‘n breë stoep voor met twee gewels aan weerskante. Daar is ook etlike buitegeboue en stalle en ‘n reuse tuin.
“Dit was nie maklik om so alleen die plaas te moet behartig nie,” kla Nonnie jare later. Maar voeg dadelik by dat sy die opofferings gedoen het uit plig en omdat daar nie ‘n keuse was nie. Sy was ‘n voorslagvrou wat selfs ‘n dam laat bou het, ‘n ou fontein laat
oopgrawe en gesorg het vir die vee en aanplant van gewasse – en dit terwyl sy twaalf kinders moes grootkry. Na haar ma se dood op 49 het sy haar vier jong broers en susters ook in die huis geneem en klaarblyklik ook twee kinders in pleegsorg gehad.
‘n Mens wil graag romantiseer oor hoe ‘n vrolike huis dit moes gewees het, hoe almal saam om die lang tafel in die eetkamer gekuier het, die geboë ry koppe met huisgodsdiens, die gegiggel saans in die slaapkamers. Maar die werklikheid was sekerlik baie meer sober. Om soveel kinders te klee en kos te gee, kon nie maklik gewees het nie – om nie te praat van dissipline uitoefen nie. Koos, ‘n man van vrede selfs waar dit die kinders betref, het hulle nooit pak gegee nie – ook dit het hy aan Nonnie oorgelaat. Met haar beperkte skoolopleiding het sy selfs vir ‘n ruk probeer om vir die kinders klas te gee, maar Koos het gelukkig in 1893 ‘n goewernante, Miss Lennerton, aangestel wat haar taak vergemaklik het.
Na 38 jaar se getroude lewe het Nonnie hulle huwelik met ‘n helder waterstroom vergelyk – “al het die water soms troebel geword, was die stroom sterk genoeg om dit gou weer skoon te spoel.”
Troebel het die water sekerlik geword toe die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober 1899 uitbreek. Vir Koos De la Rey was dit ‘n bitter pil om te sluk want hy het hom onverpoos beywer om die vrede te bewaar en gepleit vir verdere onderhandelinge. Sy beroemde woorde teenoor President Paul Kruger, nadat dié hom van lafhartigheid beskuldig het, “jy sal my in die veld sien veg vir die onafhanklikheid van die Afrikaner lank nadat jy en jou oorlogsparty al uit die land gevlug het,” het bewaarheid geword.
Nonnie het die nuus op Lichtenburg gehoor: “wat komt my daar spoedig tegemoed een telegram van my man dat my de wrede tyding breng dat de oorlog geproklameer is tegen ons.”
Sy het hom dae later gaan besoek op Polfontein en haarself vergewis van die oorlogsplanne, vir proviand gesorg en haar klein kordaat figuurtjie het ‘n bekende gesig aan die sy van haar lang man geword voordat sy teruggegaan het. Koos en Generaal Cronje het by Elandsfontein om die tafel strategie beplan vir die slag van Tweerivieren terwyl Nonnie hulle knapsakke sowel as die van haar twee seuns, Adriaan en jong Koos, vol beskuit en biltong gepak het.
Dit was in daardie slag, ‘n dag wat later beskryf is as “all Hell let Loose”, waar Koos se oudste seun in die maag gewond is. Koos het tevergeefs ‘n ambulaans gesoek en ten einde raad sy seun in ‘n kombers toegevou en hom deur die nag gedra vir 14 kilometer tot by die hospitaal in Jacobsdal. Hy sterf ‘n uur later.
“Heden ontsliep ons geliefde zoon Adriaan zoo zach in mijn armen aan een kogel wond.”
Watter ma sal nie weet wat Nonnie se pyn was nie? Maar Nonnie De la Rey laat perde inspan en ry na haar man in die laer naby Magersfontein. Sy wil Adriaan se graf sien, sy wil sy klere by die hospitaal gaan haal en sy wil haar man troos en bystaan. Selfs Generaal Cronje se kennisgewing wat vrouens en kinders die laer verbied, kan Nonnie nie skeel nie. Sy gaan eers terug na Elandsfontein toe Koos Colesberg toe vertrek.
“Moeder, kom gou, hier is sewe perderuiters in die pad! Maak gou, hulle is al amper by die opstal!” Maar Nonnie kan nie vinnig genoeg uit die boord by die huis kom nie en moet hulpeloos aanhoor hoe drie van hulle haar huis binne verniel terwyl die ander vier haar keer om in te gaan. Na hulle weg is, met ‘n paar van haar perde ook as buit, saal Nonnie ‘n perd op en ry Lichtenburg toe om te kla by die Britse generaal, Lord Methuen. Hy beloof om haar perde terug te gee en haar huis verder te spaar op voorwaarde dat sy nie meer kos aan haar man voorsien nie. “Al sny jy my ook riempies, maar as my man en sy staf by my huis kom, sal ek hulle sekerlik alles gee wat ek het.”
Tog, aangepraat deur haar man, gaan woon Nonnie en die kinders daarna in hulle dorpshuis in Lichtenburg. Daar is sy ook nie veilig nie. Lord Methuen, gekonfronteer met Nonnie se onwrikbare gees en geraak deur haar woorde “Al schijnt gij ook nog zoo onbarmhartig, bly God genadig,” raai haar onomwonde aan om liewer pad te gee omdat die Britte drasties soek na haar man en hom gevange sal neem as hy weer na haar kom.
Met ‘n span osse, ‘n wa, drie bediendes, twee melkkoeie, skape en hoenders vertrek Nonnie en ses van haar kinders - tussen drie en vyftien jaar oud – op ‘n reënerige dag in Desember 1900 op ‘n swerftog wat tot aan die einde van die oorlog sou duur.
Hoewel sy nie weer saam met hom gebly het nie, het Nonnie tog dikwels vir Koos vir kort rukkies gesien. Sy kon nooit langer as ‘n paar dae op een plek oorstaan nie, maar op ‘n manier het Koos altyd geweet waar sy is, en haar probeer waarsku as daar Britse troepe in die omgewing was. Waar hy kos kon buit by die Kakies het hy dit vir haar laat
kry, soms self gebring en dan, uitgeput, in haar arms geslaap vir ‘n paar uur. In die wakis bewaar Nonnie sy briewe en dokumente en staal haarself elke keer as sy die grofgeskut in die verte hoor. Sy wou deel wees van Koos se lewe, sy wou weet wat aangaan, maar sy en Koos was baie bewus daarvan dat die Britse magte haar graag sou wou vang om as gyselaar te gebruik om vir Koos by te kom. Sy was seker bang, seker soms alleen en hartseer, maar Nonnie De la Rey het nooit moed verloor nie. Haar dapperheid en uithouvermoë vir agtien maande lank is merkwaardig.
“Ik heb lief geraakt voor my wa,” skryf sy. Daar was altyd kos vir haar en haar mense, en toe hulle klere later stukkend raak, het sy dit gelap met skaapvel en ou komberse en toe Koos vir haar ‘n Union Jack en die groen vilt van ‘n biljarttafel bring, ook daarmee! Daarna was die De la Reykinders “bullet-proof.”
Nonnie vra Koos om na haar te kom op hulle vyf-en-twintigste troudag en Koos trek al die oggend vroeg sy manelpak aan. Skielik kom sy kamp by Kleinfontein onder skoot en moet hy begin skiet – in sy uitgaanklere! Agterna sou hy sien die twee knope agter op sy rug is afgeskiet. Hoe kosbaar was hy seker nie vir Nonnie toe hulle mekaar weer sien?
In Nonnie en Koos was daar, behalwe ‘n vreesloosheid en onwrikbare liefde vir mekaar, ook ‘n vergewensgesindheid wat dikwels onbegrypbaar was. Vroeg in 1991 stuur Koos van sy manne om te gaan kyk of die huis op Elandsfontein nog staan. Dit is intussen as ‘n offisiersmenasie gebruik, onwetend aan die manskappe wat, toe hulle twee soldate by die deur sien uitkom, hulle doodskiet. Lord Methuen gaan terug op sy woord en brand die huis af. Kort daarna by die slag van Tweebosch word Methuen gewond en gevang. Nie alleen kom besoek Nonnie hom met ‘n hoender en beskuit nie, maar laat Koos hom vry, nadat hy vir Methuen se vrou in kennis gestel het van die gebeure. Dit het hulle baie onmin van die burgers op die hals gehaal, maar Lord Methuen het ‘n lewenslange vriend van die De la Reys geword.
Na die oorlog is Nonnie, die enigste generaalsvrou, saam met Koos en generaals Botha en De wet na Engeland om geldelike hulp vir die geteisterde boere te bekom. Vir Nonnie moes dit ‘n eienaardige ondervinding gewees het en die kontras van die mooi gekultiveerde landskap van Europa met die afgebrande velde van Suid-Afrika moes bisar gewees het.
“She cannot bear to look upon the ruins of her home without tears,” skryf Emily Hobhouse oor Nonnie se terugkeer na Elandsfontein. Maar, getrou aan hulle sterk waardes, besluit Koos en Nonnie om die huis te herbou. Terwyl hulle nog beplan, gaan Koos Indië toe en moet Nonnie argitek en boumeester wees en help uiteindelik selfs om stene te maak vir die 50cm dik mure. Hulle bou ‘n huis met nege slaapkamers en twee eetkamers (een vir die kinders) en ‘n yslike stoep. Generaal Jannie Smuts en sy vrou kom help tuinmaak en bome plant. Gou skep Nonnie ‘n huis waar haar man en kinders veilig voel en waar gaste, dikwels onverwags, oorbly. Al hartseer in haar lewe is haar man se toenemende toetrede tot die openbare lewe, wat hom al meer wegneem van haar af.
In 1910 word hy ‘n Senator in die Uniekabinet. Kort daarna vind ‘n skeuring in die parlement plaas tussen Hertzog aan die een kant wat hom sterk beywer vir Afrikaners se regte en Botha en Smuts se sogenaamde Britsgesindheid. Koos De la Rey, wat vriende is met Louis Botha en Jan Smuts voel ook verdeeld, want in sy wese veg hy nog al die jare vir die regte van sy volk. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog word die situasie tot breekpunt gedryf en staan Koos De la Rey in die middel van hierdie dilemma. Hy wil ten alle koste verdere bloedvergieting vermy en, na ‘n lang gesprek met generaal de Wet hoor Nonnie hoe Koos hardop bid :“As my lewe my volk kan red, neem dan my lewe.”
“En ek dan, Koos? Wat sal van my word sonder jou?”
Hy skud net sy kop.
Op 15 September 1914 reis Koos saam met generaal Beyers in ‘n oop liggrys Daimlermotorkar vanaf Pretoria, dalk nog na Nonnie op Elandsfontein. Hulle merk padblokkades op en De la Rey, oortuig dat hulle hom soek, beveel die motorbestuurder om nie stil te hou nie. So jaag hulle deur drie stoptekens wat in werklikheid opgestel is om die berugte Fosterbende te probeer vasvat. By Langlaagte wil ‘n polisieman hulle voorkeer en vuur toe ‘n skoot na die motorband wat opslaan en Koos De la Rey in sy rug tref en onmiddellik dood.
“Nonnie, ek is so jammer.”
“Christiaan, my man was by ‘n kruispad. Ek glo God het hom geroep.”
Toegewikkel in swart klere woon Nonnie albei begrafnisse vir haar man by, eers in Pretoria en toe, op 20 September in Lichtenburg waar bykans 10,000 mense
bymekaarkom. Hartseer en bitterheid oor sy ontydige dood hang soos onweerswolke oor die dorp.
Nonnie bly op Elandsfontein woon en word met die jare meer geset, meer waardig en meer gerespekteer. Hoewel haar man se naam tot vandag aansien verdien vir sy pogings om vrede en rekonsiliasie te bewerkstellig, kan niemand wat weet van Nonnie De la Rey onbewus bly van die groot rol wat sy gespeel het nie. Haar lewe is dalk een van die mooiste voorbeelde van die vrou van daardie tyd wat alles opgeoffer het vir haar man. Toe sy in Augustus 1923 sterf is dit as ‘n volkmoeder en word een van die mooiste hulde aan haar deur die Britse Goeweneur Generaal, Lord Buxton, gelewer: “She was a sympathetic friend.”
Connie Luyt
Pretoria 2007
Navorsing:
Trew, Peter: The Boer War Generals : Jonathan Ball, Jhb. 1999
Van Rensburg, A.P.: Moeders van ons Volk; Afrikaanse pers-boekhandel, Jhb. 1966
De la Rey,Hennie: Die Ware Generaal; Protea, Pretoria 1998
Pakenham Thomas: The Boer War; Jonathan Ball, Jhb. 1979
Rowan, Zelda: Nonnie De la Rey; M.verhandeling, Kultuurgesk. Pretoria Univ. 2003

 

Wat Doen Jaco?

Dit is altyd vir my interressant om uit te vind wat ander Greeff mense doen. Vandag se pos het vir my ‘n bondel Greeff hofsake gebring, en ‘n storie oor wat prof Jaco Greeff (Pretoria) homself mee besig hou. Jaco is een van die wereld se grootste kenners oor perdebye. Dit is ‘n belangstelling wat ek met hom deel, maar my belangstelling is beperk tot perdebylyfies (sien foto heel bo).

Jaco Greeff se Perdebye

Probus Club of Pretoria East

P O Box / Posbus 14473  LYTTELTON   0140

e-mail /e-pos: pieter@scribante.co.za

President:Johan Oosthuzen  012 667 4324
Secretary / Sekretaris: Pieter Scribante 012 644 1811

No 222                                Newsletter- Nuusbrief                           Oktober / October  2008

 

The Flying Squad

The fight against crime is a never ending struggle. As soon as the crime fighters develop new technique the perpetrators of crime develop another method to commit a crime. But the fight goes on and new methods are always tried.

It takes only 30 seconds to train them, but after the training session the sniffers are ready to go into action. They might hunt for a corpse or a stick of explosive. Or they could have the more tedious job of checking luggage at the airport for drugs. Whatever their job today, their role is the same: to pick up a scent that no human nose can detect. The new recruits to the crime fighting scene are smaller and more versatile than sniffer dogs and are more sensitive than the electronic “nose”.

They are wasps.

Joe Lewis of the Department of Agriculture of the US in Georgia has studied the wasp Microplitis croceipts as a potential bio control agent for two serious caterpillar pests in maze and in tobacco. The slender wasps, which are about 12 mm long, are parasites and lay their eggs inside live caterpillars. As Lewis investigated how to encourage the wasps into farmer’s fields, he discovered that they are very sensitive to a huge range of volatile chemicals. The wasps, which feed on nectar, can pinpoint a productive flower from a few stray molecules of scent. Females seeking hosts for their eggs are attracted to alarm odours given off by plants when the caterpillar chews them.

To find out if the wasps would be able to sniff out odours that the would not normally encounter in the field, they exposed the wasps to the odour and fed them a few drops of sugar water and within three training sessions of 10 seconds the connection to the odour is fixed in the minds of the wasps.

So far the wasps have been able to respond to about any odour hat the scientists have tried. The wasps detected a molecule given off by the explosive TNT as well as that given off by a corpse. They have learned to detect chemicals associated with food spoilage and toxic fungi that can be found in stored nuts and grain.

All this left the scientists in no doubt about the wasps sniffing skills, but how do you harness them? You can’t put them on a leash and control them. They can’t communicate with a human. A sniffer dog needs a dedicated handler and the two can communicate. The dog follows instructions and growl, crouch or points with its nose.

The answer lies in a combination of insect behaviour and technology. The scientists had to work out what sort of feedback they could understand. When a hungry wasp sense food it begins to look for it, pressing its antennae into the source of the odour. When a female wasp detects a caterpillar, it rears up and walks on its hind legs ready to stab its ovipositor.

The team started by placing wasps in s container with a small hole in it through which the odour was blown. An electronic beam was also running across the hole. The result was as soon as the wasps in the container detected the odour they tried to stick their heads through the hole, broke the electronic beam and set off an alarm. It worked well but was very slow as it took about 3 minutes for the wasps to respond and this was too slow.

The team then concentrated on the behaviour of the wasps and evolved what they called the “Wasp hound”

The device consists of a short piece of plastic tube closed at each end with a cap. In one of the caps there is a hole and at the other end a small fan, a miniature video camera and a LED for light. As the fan draws air through the hole, the video camera records the behaviour of five wasps placed inside the tube. If the wasps do not recognise the odour, they mill around and this is recorded as little black dots on the computer screen. If they recognise the odour they cluster around the hole and this is recorded as a concentrated black dot on the screen. The average response time is now down to 25 seconds. Five wasps were found to be the optimum number. Less made it difficult for the camera to distinguish between a “yes” and “no’ signal, more than five did not improve the result.

Many other insects have the potential to become “sniffers”, but so far only one other group has are anywhere near to becoming a practical device. This is the honeybee.  Honey bees have the advantage that they are amongst the most studied insects, giving researchers a head start when developing a bee-based sniffer machine.

A small research group in Britain has developed a “Bee-sniffer machine”. The British group use an even simpler method than the team in Georgia to record a positive result when an odour has been recognised. The bees stick out their tongues!

The gadget, which has no name as yet, consists of a box, the size of a shoebox, with a detachable drawer which contains three bees each in its own holder. A pump draws air past the bees head while a miniature camera records their response. “If they stick out their tongues it is a yes and if they don’t it is a no. Their tongues are so long you can’t mistake it” (After a two-day stint as sniffers the bees are returned to the hive. They don’t say how they catch the bees to put them in the blocks.)

There is another field in which the insect’s nose could be invaluable: diagnosing diseases at an early stage. Some diseases – peptic ulcers, some cancers and TB, for instance have signature odours that appear in the breath or in the urine long before a person develops the obvious symptoms.

Does it all mean that the days of sniffer dogs are numbered? “Not likely” say people in the know. “We don’t see insects as a replacement for dogs, but they do have lots of advantages.”

Pieter Scribante: Information obtained from NewScientist April 2006
Meeting held on 12 September 2008                                           Contributed by Johan Oosthuizen

The speaker was Prof Jaco Greeff who addressed us on DNA - our genetic past. Prof Greeff, a research fellow at the Max Plank Institute in Germany, obtained his Ph D at the University of Pretoria in 1996, is at present Professor at the Genetics Department at UP.  He has received a number of awards, the latest being University of Pretoria Leading Minds Centenary Research Award (2008) and Exceptional Achiever Award UP (2008).

Focussing mainly on the evolution of reproductive strategies Prof Greeff enlightened us on aspects such as a 50/50 sex ratio, two sexes and not three and the relationships of man.  He spent some time on the origin of man and the unique inter relationship of races.

The DNA research shows the extensive involvement of people, such as following the line of ancestry to as many as 300 persons and no less than 60 branches.  Prof Greeff handed out two articles well worth reading.

Our speaker was most suitably thanked by fellow Probian Claude Marais who stressed the role of Africa, at this stage still unfolding.

Bronne, met dank aan:

1. Jan Greeff in Barberton

2. Jak van den Bergh

3. Anuschka Greeff, Facebook.com, en www.FHM.co.za


*********************

About 80% of the Greeff clan lives in South Africa, and most of them understand Afrikaans and English. Roughly 10% of the clan lives in Germany, and they speak German, and understand English. Another 10%, more or less, live in America, where English has not been spoken since the revolution. Because the Greeff Genealogy Journal is also read in New Zealand, Australia, Cuba and Qatar we try to write most of it in English. Contributions are welcome in any language, and are often included in the original language.

Email Signature

Does your email signature include a link to your family web site? It is easy to add: in your email reader just click on tools, options, signature, and then copy and paste one line:

Greeff Family Web Site: www.Greeff.info

In Afrikaans:

Greeff Familie Webblad: www.Greeff.info

Be proud of your family tree!

Is your name in the Greeff Family Tree? Search and check.
Please see: Greeff Saturday Squad if you want to help to build our family tree.