Die Lichtenburgstam Die Lichtenburgstam is die naam van een groot familie, 'n familie wat almal aan mekaar verwant is omdat hulle familielede is van Kommandant Hendrik Adriaan Greeff, die stigter van Lichtenburg. Hierdie familie behels talle verskillende vanne, want Generaal Koos de la Rey, byvoorbeeld, se aftammelinge is almal ook afstammelinge van HA Greeff omdat die generaal met Nonnie Greeff getroud was. Hier is een honderd vanne van mense wat deel is van die Lichtenburgstam:
Dit wys jou net: Ons Afrikaners is almal een groot familie!
Om te Sukkel. Hoeveel mense kan daar wees wie se name Hendrik Albertus van Stade Greeff is? Seker maar net een, maar om dit te bewys is 'n ander storie. Ek kry die man vier keer, op verskillende dokumente. (http://www.greeff.info/tng01/search.php?mybool=AND&tree=GreeffMainTree&myfirstname=Hendrik%20Albertus&fnqualify=contains) 1. Hilletje Magdalena MALAN Married 19 May 1862 Ng Kerk, Victoria
West, SA 2. 3. Hier is die beknopte inligting wat ek oor hom het: 4. ********************** Daar is een ding wat wel duidelik begin word, en dit is dat Gabriel Pieter en Gabriel Pieter Jacobus een mens is wat twee keer getroud is. Die enigste probleem is dat sy kinders op die rekord van beide sy vrouens verskyn, maar nie een keer volledig nie. So lyk 'n vergelykende tabel van die twee vrouens en hulle kinders:
Ek is tevrede dat die kinders met datums almal Elizabeth Rachel se kinders is, maar ek het geen manier om te bepaal wie se kinders die res is nie. Dit is moontlik, maar baie onwaarskynlik dat een vrou 16 kinders kon kry, en die tweede vrou geen kinders nie. Johanna Jansen was 28 jaar oud toe sy met Gabriel Greeff getrou het. Hy was 48. Hulle kon maklik vyf of ses kinders saam gehad het. Die Jansen vrou bring 'n tweede probleem mee. Op 28 was die meeste meisies al een keer getroud, met 'n handvol kinders. Daar is 'n besonder sterk moontlikheid dat sommige van die kinders op ons lys haar kinders by 'n vorige man is. Party kinders mag dalk glad nie kinders van Gabriel Pieter Jacobus Greeff wees nie! Sulke aangenome kinders, wat soos eie kinders grootgemaak word, is een van die groot probleme van genealogie. Op ons webblad gesels ons reeds daaroor: "We need to be able to show that each of my ancestors, say, up to Matthias, was actually his mother's husband's son. About 2 to 5 % of children in each generation are not actually their father's child. This means that you and I, being tenth generation descendants of Matthias, have an 18 to 40% chance of not being related to him." (http://www.greeff.info/tng01/dnaproject.php). Met tyd sal ons, en ons nageslagte, meer en meer gebruik maak van DNA metodes want hulle dui verwantskap met meer sekerheid aan as wat papier rekords dit doen. Ons het egter nou vasgestel dat Hendrik Albertus Van Stade Greeff die kind van Elizabeth Rachel Marais is. So ons vier mans is nou weer drie mans! Al drie mans is omtrent 1940 gebore, en hulle kan die selfde persoon wees. Maar dit moet gedoen word om drie keer te trou, vier kinders te hê, nooit te skei, en dan op 31 te verdrink. Is dit moontlik? Kom ons kyk na 'n hipotetiese konstruksie rondom die karige feite: Feb 1940. Hendrik Albertus Van Stade
GREEFF word gebore. Dit is dus moontlik, gegewe dat hy in 1862, 1864 en 1866 trou, en dat sy kinders ongeveer 12 tot 18 maande uit mekaar gebore word. Indien jy enige inligting oor die betrokke mense het, laat weet my asseblief by Greeff@Greeff.info. Bronnelys:
Die Groot Boom By Lichtenburg NA DAMARALAND Die sestien waens het toe nog vir twee maande bymekaar gebly. Toe het vader Greeff besluit om weswaarts na Damaraland toe te trek. Die ander jagters wou nie saam gaan nie, want daardie land was heeltemal onbekend. Vader Greeff wou egter nie van plan verander nie, en het toe saam met sy familie die trek na die weste toe begin en het koers gevat in die rigting van die sewe sterre. Die wild was volop, sodat daar aan kos geen gebrek was nie. Hoe verder egter die reis na die weste toe gegaan het, hoe droër die wereld en hoe moeiliker die weg geword het. Oordags was die hitte so erg dat ons alleen snags kon trek. Gevaar van die kant van die kaffers was daar nie. Ons was in die Kalahari woestyn en daar was nie kaffers nie. Om water vir die mense en vee te kry, moes putte somar in die sand gemaak word. Dit spreek vanself dat die putte voortdurend toegeval het. Later het ons by ‘n klein laertjie aangekom, waar ‘n paar Duitsers gewoon het. Die mans was afwesig en ons het net die vroumense daar gekry. Hulle het vir moeder bang gepraat en van al die gevare vertel en ook melding gemaak van ‘n wrede kaffernasie wat daar in die nabyheid sou woon. Ons ouers het toe onrustig begin word en wou toe omdraai. Ons was, soos vertel is, nog maar net vier dae van Walvisbaai af. Die terugtog oor die droë sandwoestyn was ook maar baie moeilik. Vader het geen sin daarin gehad nie, en het planne gemaak om maar na Walvisbaai deur te druk en vandaar met die skip na Kaapstad toe. Hiervan wou moeder egter nie hoor nie, want dit sou beteken het dat sy haar ou volk en ander vir byna niks sou moes weggee. Sy het dus liewer verkies om weer die moeilike terugreis in vertroue op haar God deur te maak as om haar volk agter te laat. Die terugreis is toe begin, nadat vader ‘n bietjie meel van die Duitsers gekry het vir die pad. Weer het vader met die terugreis hom deur die sewe sterre laat lei. Op die terugreis het ons in streke gekom waar groot kremetartbome groei, en dit het nie lank geduur nie of ons het kussingslope vol kremetartpeule gehad. In party streke het ons ook die Mokolaniboom gevind. Dit is ‘n hoë reguit boom met ‘n paar takke in die top, waaraan die vrugte sit. Die vrug is, as dit ryp is, baie hard. Die Hond-en-Goud – DAMARAS Die tyd het weer gou aangebreek dat ons putte in die sand moes grawe om water vir die mense en die twee span osse te kry. Meer vee kon ons nie by ons hou nie, die ander moes weer teruggestuur word na die naaste kuil water wat ons verby was. Vader het die vee aan die kaffer Hartbees gegee om hulle terug te neem. Hy het hulle geneem en weggetrek, maar het dieselfde nag weer teruggekom sodat die vee al ons putte toegetrap het. Dit het vader so vererg, dat hy die kaffer sou doodgeskiet het, as dit nie was vir moeder wat hom gekeer het nie. Hy het toe die vee vir die ander kaffer Jafel gegee, wat met hulle sowat sestig myl teruggetrek het. Gelukkig was daar nog ʼn bietjie water. Toe hy ʼn paar dae daar was, het hy met dertig stuks vee ses myl verder getrek, waar dit in die tussentyd gereën het. Hy het gou gemaak om weer terug te gaan en die ander vee te gaan haal. Al wat hy by sy terugkoms gekry het, was net ʼn klomp horings en bene. Gedurende sy afwesigheid het die Hond-Damaras hulle kans waargeneem. Hulle het slote gemaak, skerp penne onder in die slote gesit en bo-oor die slote gras gegooi. Toe het hulle die vee in die slote ingejaag waar hulle deur die penne doodgesteek is. Die Hond-Damaras het op die koms van Jafel op die vlug geslaan, maar een ou het bly sit. Jafel vra hom toe waarom hulle so gemaak het? Maar al antwoord wat hy uit hom kon kry was net een woord: HONGER. Jafel sou die ou nog gespaar het, maar toe hy die horings sien, van ʼn koei wat vir sy baas baie werd was, kon hy homself nie keer nie en het hy die Hond-Damara met sy knopkierie doodgeslaan. Nadat dit ook by ons gereën het, kon Jafel weer terugkom maar die aantal vee was tot op die helfte verminder. Later het ons met die trek verder op by ʼn plek gekom waarnatoe wilde Boesmans ons gebring het om water te kry. Daar was egter nie water nie. Toe het vader een Boesman gevang en hom vasgemaak totdat hy sou wys waar water te kry is. Ons het hom lank vasgehou, maar dit was verniet dat die Boesman wou praat. Hy het maar net altyd gesê dat hy nie water kan maak nie. Gelukkig het dit toe begin reën sodat ons uit die nood gered is. Sestig myl vorentoe het dit ook gereën en die trek was toe vir ʼn tyd voorspoedig. Later het ons toe by ʼn stat van die Hond-Damaras gekom, waar ons baie volstruisvere vir klein hondjies geruil het. Die Goud-Damaras het dit later agtergekom en die hele stat van die Hond-Damaras verniel. Op ʼn sekere dag het vader meer olifante geskiet as wat hy kon behartig. Daar kom toe ʼn klomp Hond Damaras wat die skote gehoor het. Hulle vou vleis hê. Saam met hulle het ʼn ou meid gekom met ʼn klein skepseltjie van omtrent vier jaar. Sy het haar kind agter op die wa neergesit en gesê dat dit vir die ounooi was. Die ander meide het probeer om haar weg te jaag, maar sy wou nie loop nie, selfs nie toe hulle haar met horings begin slaan. Van die dag af het sy die naam Madierakka (meid van horings) gekry en haar kind is “Present “ genoem. Word vervolg………
'n Brief aan ons Kuiernet http://archiver.rootsweb.com/th/index/GREEFF/
From:
"Francois Greeff" <GoodGreeff@Greeff.info>
I know we
used to visit Malmesbury but my recollections are distant. Do Laurence Kenneth Greeff (Surrey, British Columbia, Canada) FRANCOIS GREEFF REPLIES: Hi Laurence! Thanks for your interesting
letter. I have recently been looking at the very things you mention
in There are not very many
Greeff people from Malmesbury itself, since it is a very small town. However, the interrelated
Greeff family members seem to run all along the West Coast, in the One of the interesting
members of the family is Johanna Cyster Linking you to this complex
family is not a simple matter, but it is possible. The probability
of By the way, Smuts was one of
our relatives too. He was so very brilliantly clever because he Regards,
Meer omtrent ons nuusblad: Die Lichtenburgstam Hierdie nuusblad word maandeliks deur Jan Greeff en Francois Greeff saamgestel en gesirkuleer. Almal in die familie is welkom om 'n bydrae te maak. Enige stories oor die familie is welkom. Stuur jou bydrae aan: Jan@verslank.net of Posbus 4181, Barberton, 1300. Die adres van ons familie
webblad is
www.Greeff.info Al die name van die afstammelinge van Kommandant
Hendrik Adriaan Greeff wat tans op rekord is verskyn op die webblad
www.Greeff.info. Dit is omdat ons almal Greeff afstammelinge is,
ongeag van wat ons vanne nou is. Om al die vanne in die stamboom te
sien, gaan na: Klik op die skakel (http://www.greeff.info/tng01/searchform.php) om te kyk of jou naam daar is, en of jou detail korrek aangeteken is. Indien daar nog nie 'n foto van jou of jou voorouers verskyn nie, stuur asseblief een aan my by Jan@verslank.net en ek sal dit op die webblad plaas. Wees net asb geduldig, daar is tans ‘n agterstand met die laai van fotos omdat ons die webblad oorgeplaas het na ‘n beter program. Die fotos is ongelukkig in die proses verloor en moet almal weer opgelaai word. Vir die familie wat nie internetfasiliteite het nie, vra asseblief een van die jonger geslag of vriende om jou te help kyk na die webblad en die kuiernet-stories. Die Kuiernet bestaan sodat alle lede van die familie maklik met die hele familie kan kommunikeer. Om by ons kuiernet aan te sluit, stuur asseblief 'n epos aan GREEFF-L-request@rootsweb.com, met net die enkele woord, subscribe, as onderwerp en as inhoud. Om weer daaruit te kom, stuur unsubscribe. Met vriendelike
familiegroete,
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||