Die Lichtenburgstam
(Het jy fotos van die 1978 Greeff Fees? Epos asseblief afskrifte daarvan aan Francois Greeff by Greeff@Greeff.info.) Inhoudsopgawe 1. Wie is ek -
Lucia Wels.
Ek het die eerste lewenslig op 14 Januarie 1954 aanskou, en wel op die plaas Manana in die distrik Lichtenburg. Ek is gebore in een van die kamers in die oorspronklike opstal wat gebou is deur oupa Hendrik Adriaan Greeff, en is die oudste kind van Jannie en Charlotte van Niekerk, en die oudste kleinkind van Kowie en Louis van Niekerk van Manana.
Daar was geen dokter byderhand om my in die wêreld in te help nie – net my ouma, wat ’n baie bedrewe kraamsuster was, en wat vroeërjare haar eie kraaminrigting op Coligny gehad het. Maar ek het daardie eerste skree met oorgawe gegee en my aankoms in die wêreld behoorlik aangekondig. Só ’n opwinding was die aankoms van die eerste kleinding in die familie, dat my tannie, René (nou Steyn), dadelik pad gevat het grootpad toe en die eerste motor wat verbygekom het, voorgekeer het – dit sou mos bekendes wees – om vir hulle te vertel van die nuwe aankomeling. Maar soos die toeval dit wou hê, was dit toe daardie dag ’n motor vol wildvreemde Indiërs en kon sy nie eers die nuus oordra nie! Vir die grootste deel van my baie gelukkige kinderjare het ons in Durban gewoon – na ’n kort tydjie op Ritchie en toe ’n paar jaar in Kimberley. Synde ’n stadskind, het ek nou wel nie paddas in ’n spruit kon vang nie, maar die stadslewe het baie ander voordele ingehou en vir ’n voorwaartse sielietjie soos ek, was daar baie wat opwindend was en baie om te leer. Ek sou egter nie graag wou dink die feit dat ek op vier in ’n hotel in Kimberley vir ’n kelner “Gin, lime en lemonade” gevra het, was beduidend van my latere lewe nie – slegs maar ’n voorbeeld van my nabootsvermoëns!
Ewenwel, ons is in Maart 1959 Durban toe – my pa was teen daardie tyd by die Ontvanger van Inkomste, en is verplaas. In Junie het my boetie Louis opgedaag, ’n baie opwindende gebeurtenis in ons klein gesinnetjie. En die volgende jaar is ek SKOOL TOE. Ja, met hoofletters, want dit was ’n hoogtepunt in my lewe. Ek sou een van daardie rare wesens word wat die wonder van ontdekking in die skool sou vind. Vir my was elke nuwe dag ’n nuwe ontdekkingstog – iets wat my nie altyd by almal gewild gemaak het nie. Lucia van Niekerk, Standerd 8, 1969, met die E.G. Jansentrofee. Durban was ’n baie interessante plek in die sestigerjare. Daar was Republiekwording en “Daan Desimaal”, en ’n geweldige politieke en taalbewustheid onder die groepie Afrikaners van wie baie hulle op die Bluff gevestig het – ons ook. My ma het vir ’n jaar of wat by die Afrikaanse koerant, Die Nataller, gewerk, en is toe na die splinternuwe “Universiteitskollege vir Indiërs” – die latere Universiteit van Durban-Westville, op Salisbury-eiland, waar sy vir sowat 25 jaar sou werk. Haar werk daar het ook ’n ander gebruik tot gevolg gehad, naamlik dat my pa vir baie jare elke dag met die veerboot oor die hawe werk toe sou gaan in plaas daarvan om met ’n bus of per motor te ry. Iets wat natuurlik vir ons kinders in die skoolvakansies groot pret verskaf het. vlnr: Charlotte van Niekerk (geb Scholtz), Peter Ernst Louis Van Niekerk, Jan Greeff (Jannie) Van Niekerk, en Lucia Charlotte van Niekerk. Louis en ek was dus volbloed staatsdiens-“brats”. En die feit dat ons ma by ’n instelling vir anderskleuriges was, het tot gevolg gehad dat ons van kleins af op gelyke voet met mense van kleur te doen gekry het, en dat latere veranderinge in die land nie so “vreemd” was as wat dit miskien vir ander was wat nié daardie voorreg gehad het nie. Tussen die skoolgaan deur was daar sulke laaanngg, loom, somervakansies op die plaas. Op vier is ek die eerste keer getroud – met Hendy Matthews, my kleinneef. Ek twyfel of hy nog sy eerste huwelik kan onthou! Ouma was die predikant, Elouié (nou Du Preez), die orrelis, en ek dink dit was Dorothy, Hendy se kleinsus, wat die strooimeisie was. Al die plaasvolk wat Oupa kon afstaan, moes stoep toe kom vir die seremonie. Ouma het behóórlik vir hulle gepreek. Ná die huwelikseremonie is ons vyf – dis nou Ouma, Elouié, Hendy, Dorothy en ek, met ’n piekniekmandjie wilgerbome toe om te gaan bruilof hou. vlnr: Hendy Matthews, Lucia van Niekerk en Dorothy Matthews. Elouié en ek het talle lang somersdae omgespeel. Sy is sewe jaar ouer as ek en het presies geweet hoe om ’n klein dogtertjie gelukkig en besig te hou! En Ouma was sinoniem met dorp toe gaan, rokkies maak en tee-en-koekies. Oupa weer, met plaasgoete en stories en lip-ice.
Oupa het elke vakansie die feetjies geroep. Ons het gewag tot dit donker word, en almal saam op die stoep gaan staan. En dan het hy die towerwoorde geroep: “Pierie, pierie, pierie!” Partykeer moes hy ’n tweede maal roep: “Pierie, pierie, pierie!” Dan, skielik, was hulle daar! Sulke blink ster-liggies in die mielieland. Betowerend mooi. Ek het baie jare later eers uitgevind die “feetjies” was van die werksmense se kinders met “starlights” in die mielielande, met wie Oupa vooraf moes afspreek, en wat dan op die regte oomblik vir ’n oulap of twee sou uitspring met die wonderliggies. Die plaas was natuurlik nie die plaas sonder Elias en Rhoda Thabola nie. Mense na aan die aarde. Mense na aan die hart van die Here. Nooit, ooit sonder ’n glimlag nie. Of sonder ’n vriendelike woord vir ’n kind nie. En Rhoda kon kook soos ’n engel. Letterlik. Want ek dink nie daar’s enigiemand op hierdie aarde wat kan kosmaak soos sy kon kosmaak nie. Sy is jare gelede reeds oorlede, maar Elias leef nog en woon in Lichtenburg, waar hy steeds kontak met die familie het. (Ek het self oor Nuwejaar met hom gepraat en dit gaan goed met hom.) Hy is natuurlik reeds vier en tagtig, maar hy is nog net so ’n mooi mens soos toentertyd. Vlnr: Johan Wels, Oumagrootjie Joey, en Jan Greeff Wels. Ander vakansies – ewe lekker – is op Potchefstroom by my Ouma Joey (Scholtz) deurgebring. Ek het nooit my Oupa Kootjie geken nie, aangesien hy oorlede is nog voordat ek gebore is, maar ek weet dat hy die liefste, sagste mens op aarde was. Goed onthou ek die tye toe ek, nog nie in die skool nie, gedurende die kwartaal by haar in die koshuis gekuier het waar sy matrone was by die Generaal Kok-skool vir gestremdes en hoe sy die stout kinders Saterdagaande met die rugkant na die fliek toe laat sit het! Wat ’n marteling moes dit nie gewees het om die hele fliek te kon hoor, maar niks te kon sien nie! ’n Uiters effektiewe straf, sou ek sê. Later, ná haar aftrede, het sy in haar huis in Rissikstraat 71 om die draai van die universiteit gewoon en daar het ek ewe heerlike lang vakansies deurgebring. Terug na Durban. Ek was skaars baksteenhoogte – graad een (of klas een soos ons in Natal gesê het) – toe kom ek op ’n dag by die huis en vra my pa of hy ’n Nat of ’n Sap is. Konsternasie!
“Wie’t vir jou so iets
gevra?!” Net nóg ’n voorbeeld van Durban se politieke bewustheid. Later sou ek self ook – steeds as skolier – redelik betrokke raak by die politiek. Vir ons groepie Afrikaners in Durban, wat onsself so beleër gevoel het, was dit asof dít, en die taalstryd, die enigste maniere was waarop ons om selfbehoud kon veg. Daarom het ek ook menige skoolvakansie “Praat Afrikaans”-biljette in posbusse en op motorruite by die strandfront gesit om mense bewus te maak van die belangrikheid daarvan om aan te dring op diens in Afrikaans. Maar voor daardie tyd sou daar nog eers baie water in die see loop. Ek het wonderlike ouers gehad. (My pa is in 1983 oorlede, maar my ma leef nog en woon saam met Ernst Kleynhans, haar tweede man, op Bethulie – en sy is steeds wonderlik!) Hulle het vas geglo dat ’n kind elke geleentheid moes kry wat sy ouers kon bekostig om vir hom of haar te gee. Daarom was verjaardaggeskenke dinge soos “Jy-kan-hierdie-jaar-ballet-neem-om-te-kyk-of-jy-daarvan-hou”. As ek daarvan gehou het, het die geskenk dan eenvoudig aangegaan. As ek nié daarvan gehou het nie, het ek in elk geval die geleentheid gehad om vir ’n paar maande lank te probeer. Daarom was die onwillige Voortrekkertjie gelukkig genoeg om na so twee jaar vir die kwaai tannies te kon sê sy los nou die Voortrekkers om te gaan ysskaats. En op hulle kwaai vraag of sy dink ysskaats gaan vir haar meer in die lewe beteken as die Voortrekkers, het die standerd-tweetjie sonder om ’n oog te knip, “ja” geantwoord. En so was daar atletiek, met behoorlike afrigting. En van standerd vier af spraak en drama, wat een van die belangrikste vormende invloede in my lewe sou word – nie net die drama self nie, maar ook Ena Jansen, die radioster wat die klasse aangebied het en die vrou met die mooiste stem wat ek ooit in my lewe kon ken en wat later ’n kosbare vriendin sou word. En, o ja, die ballet het seker so twee maande gehou toe besluit hierdie ballerina dis beslis nie vir haar bedoel nie! In standerd sewe het ek die opwindende wêreld van die redenaars- en debatskuns ontdek. Ek het vir ’n kompetisie by die skool ingeskryf – en enkele maande later toe wen ek en ’n standerdnegemeisie die E.G. Jansenkompetisie wat jaarliks in Natal vir hoërskole aangebied word. Ook die volgende een – in my standerd agtjaar – het ek en ’n ander medespreker gewen.
Twee van ons met die E.G. Jansen Wisseltrofee, Standerd 7, 1968. Ek was maar te dankbaar, want ek het goed besef dat daar nie geld vir universiteit was nie – en swot moes ek gaan swot! So tussen die grootbekpraatjies en die drama en die leer deur, het ek ook baie geskryf en was ek kort-kort verlief – wat natuurlik die ideale aansporing was om nog meer te skryf! Lucia Wels (geb. van Niekerk) ontvang haar Honneursgraad in 1984. Danksy ’n klompie beurse en my ouers se getroue ondersteuning, kon ek toe ook universiteit toe gaan, en is ek die volgende jaar Bloemfontein toe om Kommunikasiekunde en tale te gaan studeer. Weer het ’n wonderwêreld van kennis voor my oopgegaan en het nuwe vriende en ’n paar dosente oor my pad gekom wat lewenslank ’n invloed om my lewe sou hê. Dit was ook daar dat ek my man, Jan, ontmoet het – reeds in my eerste jaar, hoewel hy toe nog met een van ons huiskomlede uitgegaan het. Ons het van my tweede jaar af so aan en af begin uitgaan, en is in Julie 1975, die jaar nadat ek klaar gestudeer het, in Pinetown getroud. Teen daardie tyd het my ouers in Westville gewoon – agter die universiteit aangetrek. Jan Wels en Lucia van Niekerk trou op 12 Jul 1975. Jan was ’n tegniese beampte by die Sielkunde Departement van KOVSIES en het vir die Sielkundestudente Statistiek gegee. Hy was teen daardie tyd besig met sy M.A. in Sielkunde – sy tema was die meting van kreatiwiteit. Ek het na afhandeling van my voorgraadse studies by die Volksblad gewerk, en met ’n Honneurs in Kommunikasiekunde begin. Daar was veral twee dosente wat ’n vormende invloed op my sou hê. By die een, Das Herbst, het ek van my eerste jaar af klasgeloop. Ek onthou hoe ek die heel eerste aand in sy klas ingestap en as ’n ander mens daar uitgestap het. Ek sou nooit weer die lewe deur dieselfde bril sien nie. Das is intussen oorlede, maar ons het na baie jare weer kort voor sy dood kontak gehad. Die ander, Herman Engelbrecht, het in my tweede jaar by die Departement aangesluit. Ook hý het my lewe van dag een af verander en ons is steeds baie goeie vriende. Dit is ook in ’n groot mate te danke aan Herman dat ek begin skryf en dig het op die vlak wat ek dit wel begin doen het, en die moed gehad het om ’n uitgewer te nader. Daardie eerste klompie jare het Jan en ek klippe gekou! (Wie kou nié klippe van armoede die eerste jare na hulle troue nie?!) Hy het reeds op ons langnaweek-wittebrood – daar was nie geld vir meer as ’n langnaweek nie – begin soek na ander werk, want hy het vas geglo dat ’n tegniese beampte en ’n joernalis se salarisse nooit ’n huis sou kon koop nie! Só is ons toe myne toe: Jan as personeelbeampte, en ek as onderwyseres – iets waarvoor ek nie ’n uur se opleiding het nie! En dis ook nie asof ek altyd tale gegee het nie. O nee, ek het sommer afgeskop met L.O., wat ek my hele lewe lank gepes en probeer “jippo” het net waar ek kon, en Algemene Wetenskap, oftewel ’n mengsel van Wetenskap en Biologie van standerd ses tot agt vir die gewone graad leerlinge by ’n handelskool. Dis nou met ’n agtergrond van matriekwetenskap en standerd ses-biologie (in Natal hoef ons sekere vakke net tot standerd ses te geneem het as ons nie daarmee wou aangaan nie.) O ja, ek vergeet om te sê dat die klasse daardie tyd al dubbelmedium was... Dus moes die juffrou elke dag soos ’n mal ding gaan studeer om net te probeer bybly met die leerplan! Later het dit darem beter gegaan en kon ek in ander skole hoofsaaklik Engels gee – gewoonlik vir die stoutste kinders in die skool, oor wie ek gewoonlik mal was. Johan, Charlotte en Jan Greeff Wels besig om die koek se mengbak uit te lek! Ons noem hom op sy volle naam, JanGreeff, alles aan een, of soms net Greeff. Ons oudste, Johan, is in 1977 gebore. As ek vandag na dié sterk, fris man kyk, en ek dink daaraan dat hy al pa van twee is, dan voel dit of ek droom as ek dink aan daardie bitterlike siek ou babatjie wat allergies was vir alle vorme van proteïne en wat byna nie daardie eerste paar maande oorleef het nie. Want dit was baie moeilik vir enige dokter om te aanvaar dat ’n kind selfs vir moedersmelk allergies kon wees. Sy dieet het uiteindelik – tot op ’n jaar – bestaan uit bokmelk, aartappels, wortels, pampoentjies, mieliepap, appels en pere. Net dit. Niks anders nie. En as ek sê niks, dan bedoel ek NIKS! Dus: toe Jan Greeff en Charlotte in 1979 en 1980 volg en die eerste teken van ’n krampie gee, het ek onmiddellik die bokmelk nader getrek! Nou moet ek eers ’n oomblik stilstaan. My ouma Kowie was, teen die tyd toe haar agterkleinkinders gebore is, reeds oud, maar sy het ná albei my seuns se geboorte vir meer as ’n week by my kom bly om seker te maak dat ek en my babas ’n behoorlike voorsprong in die lewe kry. En by haar – asook natuurlik by Ma en Skoonma – het ek en Jan dinge geleer wat vir ons onontbeerlik sou word as ouers. Ouma se hande het presies geweet hóé om so ’n klein mensie te vat dat hy gemaklik is en lekker lê, sy kon hom bad sonder om ongemaklik te lyk, en sy’t ook presies geweet hoe ’n nuwe mamma voel. Natuurlik was Ma en Skoonma ook daar om te help, maar dit was Ouma se ouwêreldse wysheid wat ons almal geïnspireer het. vlnr: Oupagrootjie Louis Van Niekerk, Charlotte Wels, Johan Wels, Jan Greeff Wels en Oumagrootjie Kowie van Niekerk (geb Greeff). Die drie Welsies was drie regte orrelpypies – al drie binne vier jaar. Maar dis hoe ons dit wou hê, sodat hulle maats kon wees en saam kon grootword. En hét hulle gespeel! Deur al die jare wat ons van bakboord na stuurboord verplaas is. Teen die tyd dat ons in 1988 in Secunda gekom het, was ons dertien jaar getroud, en was dit ook ons dertiende trek! En bitter min daarvan was “wou-trekke” – die meeste was “moes-trekke”! Maar, dankie tog, ons is steeds in Secunda en het nou behoorlik hier wortel kon skiet. Ons kinders het hier grootmense geword. Vir hulle ouers – seker heel natuurlik – mooi grootmense – en ons is aan ‘t oud word! Van die Honneurs in Kommunikasiekunde het daar met die wegtrek uit Bloemfontein nie veel gekom nie. Ek het ook net ’n klein rukkie skoolgehou, en kon van toe af gelukkig tuis bly. So agtien maande na Charlotte se geboorte het ek egter besef dat ek iets wou – én ter wille van myself móés – doen, en het ek met Honneurs in Afrikaans by Unisa begin. Ek het dit opgevolg met ’n M.A. in Afrikaans. Ek het gewerk oor die wyse waarop oorreding deur talige asook nie-talige elemente in die gedrukte advertensie teweeggebring word – ’n ongelooflike onderwerp. Ek is ’n beurs aangebied om aan te gaan met ’n doktorsgraad, maar ek het daarteen besluit. Ek was lus vir iets anders. En só het die skryfwerk uiteindelik in alle erns begin. Van so ’85 af. Dit het begin as suiwer vertaling van Christelike boeke. Later het kaartjies bygekom. Nog later het ek self kaartjies (dis nou groetekaarte) begin skryf vir maatskappye. Een van die wonderlike dinge van dié werk is dat ek dit van die huis af kan doen. Van die grootste projekte waaraan ek nog ooit gewerk het, is die twee Eenjaarbybels, en die Bybel in Praktyk, waaraan ek drie jaar gewerk het en waarvoor ek alles behalwe die Skrif self uit die Amerikaanse Life Application Bible vertaal het. (Jy sal egter nie my naam in die publikasie sien nie, so moenie eers daarvoor gaan soek nie.) Ek spesialiseer vandag, 28 jaar later, steeds in Christelike boeke, en het al meer as 200 vertaal. Terwyl ons in Rustenburg gewoon het, was ek ’n stigterslid en eerste voorsitter van die tweede tak van Jong Dames Dinamiek in die land. Terwyl ons die aand met die stigting bymekaar was, het party van die dames besef dat hulle net-net by die ouderdomsgrens verby was – en dadelik besluit dat hulle daar en dan Dames Aktueel sou stig. Ek en ’n baie goeie vriendin, Anita Vermaak wat ondervoorsitter was, het dan ook gesorg vir die latere kursus vir tienerdogters, Drumpel, wat ’n instelling geword het. Die naam was nog my “breinkind” – verskoon asseblief die anglisisme! Koerantfoto - Lucia Wels ten tye van die publikasie van Spiraal. Tussen dit alles deur het Jan baie hard aan sy loopbaan gebou en nog tyd gemaak om my aan te moedig om nie net my vertaalwerk te doen nie, maar ook self te skryf. Eintlik te dig. En só het spiraal toe in 1997 die eerste lewenslig aanskou. Ek het die bundeltjie bekendgestel met ’n poësie- en musiekaand - Anneli van Rooyen het van die verse getoonset. Die bekendstelling was in Oktober 1997 in Secunda, en met die druk van ’n tweede oplaag, in Junie 1998 in Pretoria. By daardie geleentheid het Anneli self haar toonsettings gesing. Dit het baie, baie moed geverg om spiraal, wat baie na aan my hart was, vir die wêreld te gee, en dit bevat verwerkings van gedigte wat ek op sewentien reeds geskryf het. Om en by dieselfde tyd het ek ernstig begin uitbrei aan my besigheid, Transep Konsultante, om ook ander vorme van korporatiewe kommunikasie soos personeelnuusbriewe en advertensies in te sluit. In daardie tyd was ek ’n stigterslid en eerste voorsitter van die SA Raad vir Sakevroue se tak in Secunda. Toe, sewe jaar later, in 2004, het násomervlug en Cochlea gelyktydig verskyn. násomervlug is weer eens ’n solo-bundel, terwyl Cochlea saam met Ernst Kleynhans uitgegee is. Bent van Pretoria was weer eens die uitgewer. Agter, vlnr: Johannes Marthinus Wels, Lucia Charlotte Wels, Ernst Kleynhans, Charlotte Kleynhans (vroeër Van Niekerk, geb. Scholtz), Liana van Niekerk (geb. Pieters) en Pieter Ernst Louis van Niekerk. Voor: Jan Greeff Wels, Charlotte Lucia Wels en Johannes Marthinus Wels.
Nou wil ek eers die horlosie so ’n bietjie terugdraai. Hoewel hy ’n baie mooi geboude jong man en ’n uitstekende atleet was, was my pa nooit ’n robuuste man nie. Ek onthou hoedat ek as klein dogtertjie al met die vrees saamgeleef het dat hy van ons af weggeneem sou word. Hulle twee was natuurlik die mooiste paartjie wat jy kon kry. Ek het later op universiteit via ’n vriendin van dié se pa gehoor dat my ma bekendgestaan het as “die mooiste meisie in Lichtenburg”. Of dit so was weet ek nie, ek weet net dat hy met sy baie ligte vel, goue hare en blou oë, en sy met haar donker oë, swart krulhare en blas vel, ’n paartjie was wat enige ander een die loef kon afsteek! In mý oë was hulle volmaak.
Pappa se gesondheid het egter maar steeds agteruitgegaan. En nadat ek uit die huis uit is, het dit al hoe vinniger gegaan. Mamma het hom getrou versorg, maar in 1983 het hy die stryd verloor en is hy na komplikasies aan griep oorlede. Ons was stukkend, maar ons het ook geweet dat dit vir hom ’n verlossing van baie jare se lyding was. Daarom het ons dit ook vir haar gegun toe sy in 1989 met die einste Ernst Kleynhans (van die bundel) getroud is. Hulle het mekaar by die Universiteit van Fort Hare ontmoet. Hulle is natuurlik nou albei afgetree, en woon op Bethulie in die Vrystaat, waar Ernst hom hoofsaaklik besig hou met skryfwerk, en Mamma baie lees en na haar geliefde klassieke musiek luister. Terug na Cochlea. Ernst het op ’n dag vir my ’n Engelse omdigting van een van die spiraalgedigte per e-pos gestuur. Een ding het op die ander gevolg, en dit was nie lank nie, of hy het die hele spiraal omgedig. Só is Cochlea toe gebore, met ’n keur uit die spiraalgedigte, met Ernst se Engelse omdigtings. Ons het dit weer eens met ’n poësie- en musiekaand bekendgestel, want Anneli het weer eens van die verse getoonset. Twee van die spiraalgedigte, “Naggebed” en “Wind”, is ook op twee van haar CD’s ingesluit. Ek werk tans aan ’n derde solo-bundel, asook ’n bundel met essays. Johan en Andriëtte. Só kom ek nou aan die einde van my verhaal. Net ’n ietsie meer oor my kinders, kleinkinders en oor Jan. Johan is nou 31. Hy trou Maartmaand vir die tweede keer, en wel met Andriëtte, vir wie ons almal baie lief is. Sy oudste, Chamonique, woon by haar ma en ons het ongelukkig te min kontak met haar. Maar sy seun, Marnu – nog ’n geslag Johannes Marthinus Wels – is soos ’n kersie wat nooit doodgaan nie in ons lewens. Hy word Mei sewe. Marnu – die vyfde geslag met die naam Johannes Marthinus Wels. Jan Greeff, vernoem na Oupa Janna, soos die kinders hom genoem het, word in Maart 29, en Charlotte, vernoem na Ouma Doddie, soos die kinders haar noem, word in Junie 28. Die seuns woon albei (gelukkig) in Secunda, en Charlé is darem nie te ver nie – sy is in Pretoria. Jan was in Desember 58. Hy is sedert 1988 by Sasol en bestuur tans Sasol se Menslike Hulpbronne “Shared Services”-Divisie. Die laaste lid van die gesin is Stoffel, ’n 85-kilogram-boerboel. Die liefste ding wat jou sal doodsoen en doodkwyl – as hy jou ken! Dit voel party dae of ek myself moet knyp as ek besef dat ons al aan aftrede moet dink. Dan is die dogtertjie met die vlegsels of die opgewonde studentjie of die jong mamma die werklikheid en nie die vrou wat al verby haar middeljare is nie. Maar dan besef ’n mens net weer: jy ís al daardie mense, en jy ís ook jou wortels wat diep in Lichtenburg se Greeffwêreld lê.
Tegniese Voetnotas:
1. Graf Besorger. 'n Lewenslange langtermyn pos bestaan vir
iemand (man, vrou of skolier) wat Greeff grafte wil help bewaar. Die
suksesvolle aansoekster sal die hele wêreld elektronies deurreis op
soek na Greeff grafte, fotos en inligting daarvan.
Rekenaarvaardigheid is nie 'n vereiste nie, want indiens opleiding
is ten alle tye beskikbaar. Die pos bekleedster sal as webmeesteres
optree en alle nuwe grafdata op die Greeff familie webblad laai. Die
suksesvolle aansoekster sal groot baat vind by 'n eie breëband
konneksie.
2. Portret Fotograaf. 'n Lewenslange langtermyn pos bestaan
vir iemand (man, vrou of skolier) wat graag portretfotos van Greeff
mense wil help bewaar. Die suksesvolle aansoekster sal die hele
wêreld elektronies deurreis op soek na Greeff portrette.
Rekenaarvaardigheid is nie 'n vereiste nie, want indiens opleiding
is ten alle tye beskikbaar. Die pos bekleedster sal as webmeesteres
optree en alle nuwe Greeff portrette op die Greeff familie webblad
laai. Die suksesvolle aansoekster sal groot baat vind by 'n eie
breëband konneksie.
3. Data Verwerker. 'n Lewenslange langtermyn pos bestaan vir
iemand (man, vrou of skolier) wat graag inligting van Greeff mense
wil help bewaar. Die suksesvolle aansoekster sal die hele wêreld
elektronies deurreis op soek na Greeff inligting.
Rekenaarvaardigheid is nie 'n vereiste nie, want indiens opleiding
is ten alle tye beskikbaar. Die pos bekleedster sal as webmeesteres
optree en nuwe Greeff inligting self op die Greeff familie webblad
laai. Die suksesvolle aansoekster sal groot baat vind by 'n eie
breëband konneksie. 4. Agief Navorser. Hierdie pos is nie meer beskikbaar nie. Dit is onlangs deur Lee Greeff, van Pretoria, gevul. Die pos behels dat sy ALLE Greeff boedels in die Pretoria argief fotografeer sodat dit in die Greeff stamboom opgeneem kan word. 'n Billike skatting van die omvang van die werk is dat sy in die omtrek van tien duisend a4 grootte Greeff dokumente sal fotografeer. Sy beoog om na die boedelprojek promosie te aanvaar na die pos van Koerant Argief Navorser, waar sy alle Greeff nuus in koerant argiewe sal navors en opspoor. Lee doen hierdie uiters groot en waardevolle projek op haar eie tyd en teen haar eie koste, terwyl sy ook, vir eie gewin, met beeste boer.
'n Brief aan ons Kuiernet
Vandag se brief het sy oorsprong in 'n brief aan 'n ander epos lys,
SAGenealogie@yahoogroups.com, en wys dat die President van die
Republiek van Stellaland ook 'n lid van die Lichtenburgstam is. Die
Republiek van Stellaland het, op verskillende tye, drie vlaë gehad.
Klik op die skakel vir 'n artikel wat iets van die Republiek vertel: Stellaland vlag, 1883. Nog 'n Stellaland vlag, 1883.
From: "Johan Greeff" <johangreeff@new.co.za> d6. Gysbert Verwey (b 24.10.1734) + Hermina Booysen (married
22.09.1765)........ e6. Cornelis Johannes (b. 08.01.1775) + Johanna Maria Olwagen
(married 03.12.1795)..... f2. Daniel Cornelis (b. 07.10.1798) + Johanna Gesina Smith
(married in Tulbach 06.05.1821) g1. Daniel Petrus (b. ± 1825) + Susara Susanna van Niekerk
(married ± 1850 in Worcester) h2. Jacob Wynand Verwey ( b. ± 1860) + (My grandmother, van Niekerk ? - married at Christiana ) .(Grandfather of * - ) Children: i1 Johanna Susara ("Jo"); i2 , i3 , i4 Allie, i5 Dollie, i6 Wilhelmina Alexandra (Minnie); i7 Pat, i8 Jacob Wynand ("Jock"), i9 Susan, i9 Ben. i8. Jacob Wynand Verwey ( b. 1909 ?) + Chrissie (married ± )..
i6 ** Wilhelmina Alexandra ( b. 07.09.1905) + Gabriel Jan Smuts
Greeff (b. 05.02.1906) married in Johannesburg in February 1935. Children:
j1 * - Gabriel Johannes Greeff (b.16.11.1942) + Gayle Vivien Gunn (married 30.12.1966) Dit is waar ek inpas. Nou wonder ek maar net of my Ouma Grootjie of my Ouma (way albei Van Niekerk's was en getroud was met my Oupa Grootjie Daniel Petrus of my Oupa Jacob Wynand Verwey, nie moontlik nasate was van hierdie Van Niekerk van Kromellenboog nie ?!!! INTERRESSANT NÉ ! Groetnis, Die eerste Stellaland vlag, 1882. From: <goodgreeff@hiddencode.co.uk> Hallo julle van Niekerke! Francois Greeff -------------------------------------------------- Liewe vriende. In die afgelope jaar was daar dikwels geleenthede waar ek bittergraag hulp so wou vra - maar nouja, ek moes maar myself bedwing. Hier is nou weer so 'n geval. Soos julle almal seker weet stel ekbaie belang in die de WET familie. Gertruida Jacoba Sophia de WET a1b1c1d1e8f3g1h10 * 28.1.1877 trou
met Hy trou 26.7.1943 met Marguerite Irene de JAGER * 6.7.1917 dv.
Matthys Johan de Jager * Beaufort-Wes 23.1.1872 en Martha Maria van
NIEKERK, * 9.4.1873 + 17.9.1953 en haar vader was: Maar dink julle ek kon hom in SAG kry? Miskien is ek blind ook nog maar indien iemand meer van hom weet, ontvang ek so graag die besonderhede. Te meer nog, want soos die toeval dit bewerkstellig het, gaan ek
net nadat ek hierdie besonderhede ingevoer het, oor daarnatoe om nuwe registrasies op die GGSA webwerf goed te keur en wat is my
verbasing groot toe ek daar 'n van Niekerk vind wat later my e-pos beantwoord en
sê: Gerrit van Niekerk was my oupa grootjie en ek het nogal heelwat info deur die jare bymekaar gemaak oor hom. Sodra ek terug is in die land sal ek kontak maak en dan info uitruil en kyk waar ek van hulp kan wees." Nou wil ek bittergraag darem ook iets vir hom kan gee en vra graag enige hulp wat die van Niekerk kenners dalk kan bied. Dankie byvoorbaat en vriendelike groete, Die Greeff kuiernet se briewe kan almal hier
gelees word:
Nasomervlug Nasomer is op sig self 'n woord wat heimweë wek. Inherent aan die woord is 'n onthou van somer, 'n herinnering, verlange na gister, en heimweë. So dan, is Lucia Wels se gedigtebundel, Nasomervlug, 'n bundel wat emosie in my verwek, en die een emosie wat oor al die ander troon om die boek se toon aan te gee, is heimweë. Om vlug aan nasomer te koppel is slim, want 'n voël in sy vlug het 'n oorkoepelende blik oor alles, asof hy ook tot in die verlede kan inkyk. Die twee woorde saam gee vir my 'n oorkoepelende blik oor dit wat was. Die heimweë kom nie net uit die boektitel nie
maar verskyn sterk dwarsdeur die boek. Die tweede gedig in die boek
begin met 'n sterk woord, veral na die eerste gedig, Nasomervlug.
Die een woord is Die volgende gedig (p9) druk jou dieper in jou
heimweë in, want hy begin So gaan die trant dwars deur die bundel voort,
en selfs buite konteks is Lucia se woorde wekkend van heimwee. Sy
skryf 'n kruis langs die pad ek het jou my liefde gegee (p19) ek wil nooit groot word nie soos die fotos in haar fotoboks (p21) Lank, lank gelede (p28) dit herinner aan (p39) dit was lente (p51) Ek het vir jou jasmyn gepluk (p57) Hierdie laaste gedagte is 'n sterk idee van heimweë, want jasmyn hou sy eie heimweë in, in sy reuk en in sy mooi, en in sy onduursame, seisoenale, kom en gaan. Lucia se gedigte is in vrye vorm, sonder die engheid en beperkings van voorgeskrewe metrum, struktuur of rymskemas. Haar gedigte is ryk aan beelde wat in elke sintuig ontstaan. In een kort gedig, byvoorbeeld Maan, kan sy maklik smaak en sig met voelsintuig en reuk alles byeen bring. Smaak (in ryp) en sig (in lig en kyk) met voelsintuig (in pluk, en vol en uitgeswel) en reuk (van jasmyn): die maan is reg vir pluk - Haar gedig, Weskus, is 'n liefdeslied. In die eerste strofe gebruik sy enjambement baie netjies om drie wyd uiteenlopende beelde in een kort, bondige stelling saam te bind. Sy verdiep haar van meet af in die voorwerp van haar liefde, en hulle word een. Die implisiete personifikasie wat plaasvind wanner sy die vokatief gebruik deur elke strofe met 'Jou' te begin is baie effektief, in die dat die vokatief die gedig in 'n liefdeslied omskep. Hier is die sintuiglike ervaring so intens dat die 'kus' in Weskus 'n strelende soen op elke moeë liggaamsdeel word: Jou plekke se name sing vir my Jou mense se stemme glimlag met my Jou skulpgruis salf my voete Weer is daardie alomvattende heimwee inherent deel van die gedig. Sy stel die ervarings van die verlede in in 'n denkbeeldige teenwoordige tyd om te beklemtoon hoe sy terug hunker, en die leser kan dit nie verhelp om saam met haar terug te hunker nie. Lucia se digbundel, Nasomervlug, is nie vir spoedlees bedoel nie. Ek glo dat mense wat stadig lees, mense wat nie kan lees sonder om hulle lippe te beweeg nie, mense soos Weskus mense, die meeste genot uit haar gedigte sal kry. Dit is 'n boek waaruit jy elke dag net een gedig moet lees, en dan die dag met hom moet saamleef. Francois Greeff
Andre Greeff laat weet dat hy besig is om sy
dogter te help trek, van Pretoria af Kaap toe. Hy skryf: My pa is 'n geneesheer op Bettiesbaai, en ek kan, as leek en as sy seun, geen fout daarmee vind dat hy my vriend aanraai om voor brekvis sy dag met whisky te begin nie. Die wêreld sou 'n beter plek wees as meer mense dit sou doen.
Ons wens Andre alles van die beste toe.
Greeff Genealogie
Daar heers groot opwinding in die hele
Lichtenburgstam as gevolg van die ontdekking, deur Jan Greeff, van
David du Plooy. Dit wil voor kom asof David die enigste Boere
krygsgevangene is wat ooit van die eilande ontsnap het en na die
oorlogsfront teruggekeer het. Jan het sy storie by een van die
Schoemans gehoor en opgevolg na 'n Schoeman webblad. Van daar af het
Jan die ou koerant argiewe in New York op die internet deurgesoek,
en bevestiging van die storie in die New York Times (10 Julie 1901)
gekry. Daar is tans heelwat briefwisseling in die familie. Kyk,
byvoorbeeld na hierdie brief: Hallo
Almal, _______________________________________ Lee Greeff gaan steeds eiehandig voort met die grootste projek wat die familie ooit onderneem het. Sy werk ure, dae en weke, om elke enkele Greeff boedel in die Pretoria Argiewe vir die nageslag te fotografeer. Sy het reeds in die omgewing van 'n duisend fotos van Greeff argief dokumente geneem, en daar lê nog duisende fotos voor haar. Daar is nie woorde om haar te bedank vir wat sy vir die hele Greeff stam doen nie. Geslagte sonder tal van ons nageslag sal haar werk benut en waardeer. Drie voorbeelde van haar insiggewende foto-dokumente verskyn aan die einde van hierdie nuusblad. Francois Greeff.
Families is groot en baie kompleks. So groot en kompleks en sonder grense dat die vakgebied van genealogie dit voorheen nie in geheel kon bestudeer nie. Soos wat biologie in genusse en spesies opverdeel is om sinvol daarmee te kan verkeer, is families opgedeel in vanne. Tradisioneel werk genealogiese navorsers binne die vakgebied van een familie of stam, wat een van het. Met ander woorde, slegs die nasate van seuns is in die stamboom ingesluit want sodra 'n meisie trou, dan kry sy 'n nuwe van ens y en haar kinders verskyn dan in die manlike stamboom van haar man. Die persoon wat die Greeff stamboom navors weet dus nooit wat van die kinders van Greeff dogtes geword het nie, en ook nie wat van hulle kinders geword het nie. Ons neefs en niggies raak so in ander families verlore. Rekenaar tegnologie het dinge egter verander. Vandag is dit moontlik om met 'n rekenaar 'n hele familie uiteen te sit en te kyk wie is hoe aan wie verwant. Jan Greeff is een van die pioniers van hierdie nuwe geslagsvrye genealogiese navorsing. Hy bestudeer al die afstammelinge van Hendrik Adriaan Greeff, die stigter van Lichtenburg. Die Lichtenburgstam is sy familie, sy neefs, niggies en agterkleinneefs en so aan. Jan begin dus by Hendrik Adriaan Greeff. Een van sy dogters was Magdalena Maria Margaretha Greeff (x Abel Albertus SCHOEMAN) en hulle dogter was Maggie SCHOEMAN. Sy trou met David DU PLOOY , en sodoende word hy deel van die Lichtenburgstam. Hy word skoonseun, swaer, nefie en later ook Boetie Scoeman se oom. Hy word volwaardig een van ons. Hy is gebore David Stephen du Plooy, op 12 Februarie 1877, naby Potchefstroom. So begin sy kwartierstaat:
Voordat ons verder gaan is dit nodig om effens terug te tree, ter wille van die agtergrond van sy verhaal, en 'n klein bietjie Anglo Boere Oorlog agtergrond. Ek haal aan: INDIA AND THE
ANGLO-BOER WAR The British took over 25,000 Boer prisoners of war and shipped them to other colonies, while confining civilians, including women and children, in concentration camps in South Africa. The prisoners were sent to India from April 1901 when the facilities in St. Helena, Ceylon (now Sri Lanka) and Bermuda became inadequate. At the end of the war in 1902, 9,125 of the Boer prisoners of war, including some foreign volunteers) were in about twenty cantonments all over India. This was the largest number in any colony: there were nearly 6,000 in St. Helena, 5,126 in Ceylon, over 3,000 in Bermuda and 1,733 in South Africa.12 Among the prisoners of war in India was Commandant T. F. J. Dreyer, commandant of the Potchefstroom Commando, who served under General Smuts and was captured during the daring raid of 300 miles through British lines in 1901. One prisoner - J. L. de Villiers - managed to escape from the camp at Trichinopoly. Dressed as an Indian, he went to the French colony of Pondicherry and returned to South Africa via France and the Netherlands." Bron: So hier en
daar kry ek soortgelyke stories. Hier is een van die kortste koerant
berigte wat ek nog ooit gesien het: Net so. Dis al. Bron: Die storie het ek opgevolg, en weldra kom ek by 'n verwysing na 'n foto van die kis! Op die webblad van die League of Researchers of South African Historical Battlefields is daar 'n boek wat blykbaar in 'n katalogus beskryf word: "[St. Helena] PICTORIAL VIEWS OF ST. HELENA and illustrations of
the military camps and boer prisoners of war, 16 pp. each a
full-page photograph, 9 x 5 cms, oblong 8vo, map on inside front
cover, dec. card wraps, No place (Jamestown?), No date (ca 1902).
R2000 Includes a photograph of the box in which Andries Smorenburg,
a Boer prisoner, escaped from the island. He was discovered on the
steamer, landed at Ascension & ultimately was returned to St.
Helena. Another photograph shows Smorenburg being guarded by 2
British soldiers outside the fort in Jamestown. Only one copy listed
in S.A.B. "
(Landkaart Bron:
http://images.google.co.uk/imgres?imgurl=http://www.ancestry24.co.za/content_images/boer2.jpg&imgrefurl=http://www.ancestry24.co.za/Default2.aspx%3Fpage%3Dcontent/learningcentre/boers&h=269&w=380&sz=85&hl=en&start=5&tbnid=8Hwo4SURk0VvyM:&tbnh=87&tbnw Ek kry nie noemenswaardige verdere voorbeelde van ontsnappings nie, buiten die verhaal van David du Plooy. Oom Boetie Schoeman vertel die verhaal. Dit is nou Abel Albertus (Boetie) Schoeman, geb.14 Sep 1926, David du Plooy se bruid se broer (Hendrik Adriaan Schoeman) se seun.
Die Storie
van David Stephen du Plooy Ek gaan vir julle die storie vertel so goed as wat ek nog kan onthou Ek was ‘n seun van dertien of veertien jaar toe my vader vir my altyd graag Boere oorlog-stories vertel het. David du Plooy was getroud met sy suster, Maggie. Kort daarna het die Anglo-boere oorlog uitgebreek. Alle weerbare mans is opgeroep. My pa en sy broer Fanie, sy pa Abel Schoeman, en David wat so pas getroud was. David was omtrent vier-en twintig jaar oud en was n regte vuurvreeter. Seker omdat hy met een van die mooiste jong meisies van daardie tyd getroud was en hy nie eers tyd gehad het om eers oordentlik die wittebroods-dae te hou nie. Op kommando het hy hom gou-gou as waardige soldaad bewys. Nie baie lank en hy word in die spion-korps opgeneem waar hy al hoe meer waaghalsig opgetree het. Hy kon die Engelse taal goed praat en was van groot waarde vir die Boeremagte. Die oorlog was omtrent agtien maande aan die gang toe David se geluk uitgeloop het. In n ongelyke stryd, teen 'n oormag van Britte moes hulle oorgee. Hy en ‘n paar van sy maats is gevang en na Bermuda toe gestuur as krygsgevangenes. Soos u weet, die Bermudas bestaan uit ‘n paar eilande. Die hoofeiland het hul die dorp op gebou waar die Hawe ook is. Die Boere-krygsgevangenes is daar aanwal gesit, en toe met 'n kleiner boot na die kamp geneem wat op een van die kleinere eilande opgerig was.
Die kamp het bestaan uit n klomp tente met ‘n hoë doringdraadheining daarom. Buitekant die hek was die Offisierstent en twee tente waarin die wagte geslaap het. Bedags was die krygsgevangenes toegelaat om op die eiland rond te loop, maar elke middag 3 uur blaas die beul en dan moet al die gevangenes by die hek rapporteer. Dit het egter net 'n rukkie goed gegaan, toe makeer David du Plooy. Die alarm word geblaas en dadelik begin ‘n soektog na die vermisde. Na ‘n groot soektog word hy gevang en voor die Offisier gebring. Sy verskoning was maar flou, hy het met ‘n waarskuwing weggekom die eerste paar maal. Gou-gou het die offisier agtergekom dat David sommer moedswillig is, en toe het die strawwe begin, eers gering, maar toe al groter. David was nie baie gediend met die strawwery nie, met die gevolg dat hy hom verset het. Die gevolg hiervan was groter verbittering van hom teen die Britte. Hy was nie meer toegelaat om die kamp bedags te verlaat nie. Dit het hom egter nie gepla nie. Sien, David was baie atleties en rats en om oor die doringdraadheining te spring was vir hom 'n grappie. Elke keer moes die beul geblaas word wat ‘n ontsnapping aankondig. Hy was elke keer weer gevang. Hy mag toe nie meer sy tent verlaat nie en ‘n wag moes aangestel word om hom persoonlik te bewaak, maar dit het ook nie gehelp nie, want David het gou geleer wat die wag doen en sodra die wag nie kyk nie is David onder die agterkant van die tent uit, soos ’n kat oor die draad en weg in die veld. Die wag wat dan sy prisonier verloor het moes toe ook gestraf word. Na ’n lang soektog is hy weer opgespoor, gevang, en toe tot sy verdriet is hy toe deeglik gestraf. In die Offisierstent was hy toe in voetboeie gesit, met ’n ’n ketting aan ’n paal vas gemaak, moes hy sit en vir sy tydverdryf moes hy dan ’n dik ou skeepstou sit en uitpluis, waar hy nooit onder die oog van die offisier of die wag kon uitkom nie. Ontsnapping was toe letterlik onmoontlik. Die toue was so hard en vol teer dat dit nie baie dae geneem het nie voordat sy vingers so sleg beskadig was dat dit die ene bloedswamme was. Hy het ook baie min kos gekry, uiteindelik het hy baie siek geword, sodat hy soms in floutes gegaan het. Hy was dan net natgegooi en geslaan en geskop. Hy was letterlik soos ’n dier behandel. Op n sekere dag het daar ’n hoër offisier ingekom wat die gemartelde man gesien het en ’n vreeslike lawaai gemaak het en die bedremmelde man laat losmaak het en hom na die veldhospitaal geneem. Na baie lang behandeling is hy uiteindelik terug na die kamp toe, nou des te meer beheb met die wil om vir goed van die Engelse te ontsnap, selfs al sou dit sy lewe kos. Hy het sy planne agtermekaar gekry. Nee, ’n ontsnapping na die hoofeiland sal die enigste wees. Hierdie plan was menslik onmoontlik, want die groot eiland was omtrent vier myl geskei met see. Om die gevangeniseiland was ook nog ’n aantal Britse oorlogskepe wat die eiland dag en nag bewaak het. Geen klein bootjie kon die eiland bereik of verlaat sonder om gesien te word nie. Die skepe het omtrent 500 treë van die kant gelê en sodra dit begin donker word het die soekligte die strand helder verlig. Die kanse van ’n ontsnapping was gering, en die see het ook gewemel van die haaie, maar David du Plooy was gedetermineerd om dit te waag. Hy het ’n groot mes in die hande gekry, dit vlymskerp gemaak, met ’n sakkie aan sy lyfband. Dit moes dien as wapen teen die haaie as hy sy swemtog aandurf. Die ontsnapping was hierdie keer baie fyn beplan. Hy het dit met sy beste maats bespreek, maar hulle wou niks verstaan nie, dit sou heeltemaal buite sy vermoë wees om die distansie tussen die twee eilande te swem sonder om gesien te word en geskiet te word, ook is die haai-gevaar en seestrome bespreek. Nee wat dit sou onmoontlik wees, het sy maats gesê. Dit sal nie die moeite wêrd wees nie, vergeet van die plan. Maar David was gedetermineerd, hy wou niks meer weet nie. Onder die Engelse wou hy nie langer buig nie, dan liewers sterf. Sy maats het toe maar ingegee en begin om hom te help. Daar moes hard geoefen word. Lang ente is toe bedags gehardloop en ook geswem, elke dag om hom fiks te kry vir sy selfmoordpoging. Die wagte was baie bly want skielik het David baie voorbeeldig geword. Intussen het hy ’n waterdigte seilsakkie gekry waarin hy sy klere kan sit, asook sy skoene. Hy het ook die sparre van ’n ou vat in die hande gekry wat hom sou moes help om makliker te kan dryf . Seegras was ook gevind wat as vermomming op sy kop moes dien. Dit alles was mettertyd sorvuldig op die strand weggesteek in ’n rots by die see naby die plek waar hy die see sou ingaan. Die tyd het aangebreek. Gerugte het die kamp bereik dat daar ’n Amerikaanse boot by die Eiland sal aandoen om goedere in te skeep. Die volgend aand moes die swemtog aangepak word, want die vragboot sou alreeds weer die daaropvolgende dag vertrek na New York, Amerika. Die aand ongeveer agtuur is daar ’n stille afskeid van David geneem. Sy vriende het hom alles wat goed is toegewens, maar hulle was baie bedroef, want hulle het geweet dat hulle hom seker nooit weer sal sien nie. Geruisloos het hy die tent verlaat en oor die hoë draadheining gespring, en toe draf hy versigtig af na die strand. Die strand was helder verlig deur die soekligte van die oorlogskepe. Daar moes wagte op dek wees wat die wit strand gedurig dophou. Agter die rots het hy die seegras bo om sy kop gebind, sy houtsparre en die sakkie met sy klere geneem, ’n stille gebed gedoen toe haastig oor die sand gehardloop en in die golwe verdwyn, verwagtend enige oomblik op hom begin skiet sou word want vir ’n paar oomblikke was hy soos ’n wit teiken aan die vyand blootgestel. Toe hy reken hy is onder die water toe besef hy eers dat die houtsparre hom te hoog uit die water lig en dat hy te maklik gesien kan word van die skip af wat sy verblindende skerp lig in sy oë skyn. Inderhaas moes hy toe die sparre laat los. Alleen die sakkie met sy klere in het hy maar voor hom gehou om nie so maklik gesien te word nie. Die beste plan vir die oomblik was om reguit na die skerp lig te swem totdat hy by die skip kom sodat hy uit die verblindende skerp lig van die skip kon uitkom. Hy het die voorstewe van die skip bereik sonder om bemerk te word. Nou is hy in die skaduwee van die skip en swem hy langs die skip tot by die agterkant waar hy heeltemaal in die donker gehul is. Met ’n sug van verligting pak hy nou die lang waterpad na die hoofeiland toe, waar sy skip lê en wag. Op hierdie oomblik het hy nie besef hoe vêr en vermoeiend die lang swem gaan wees nie, alleen ’n klein liggie op die horison was sy mikpunt, dit was die vuurtoring naby die hawe van die hoofeiland. Sy hart het opgewonde geklop want dit was dan sy vryheids-simbool. Met lang en kragtige hale swem hy nou. Soms lyk dit vir hom asof die liggie verder van hom af wyk en die donker oseaan al groter en groter word. Soos wat minute soos ure verbysleep, word hy stadig moeër en moeër en hoop en wanhoop begin al vinniger mekaar opvolg. Sy hale is nou nie meer so kragtig nie maar net aanhoudende bewegings. Die besef is net aanhou en aanhou. Dit is sy keuse tussen lewe en dood. Stadig swem hy voort. Hy moet nou begin veg teen die slaap wat hom onrustig maak. Skielik voel hy ‘n groot gladde liggaam by sy maag verby gly. Hy skrik so groot want haaie was hy mee geïndoktrineer. Dit moet die einde wees, flits dit deur sy brein. Hy gryp na sy mes, pluk dit uit, en begin wild in die water rondsteek. Skielik voel hy ’n brandpyn in sy been. "Hy het my" flits die gedagte deur sy brein, die mes gly uit sy hand en toe besef hy dat hy homself raak gesteek het en die wond besig is om baie te bloei. Met een hand druk hy die wond toe en swem hy toe stadig voort. Die sogenaamde haai het net nie weer teruggekom nie. Uiteindelik in die middel van die nag, hoor hy vêr voor hom ’n geluid soos golwe wat teen rotse breek. Hy kon dit eers nie verklaar nie maar toe besef hy dat die seestrome hom heeltemaal van koers af gedryf het. Die vuurtoringliggie was nog net so vêr as aan die begin. Dink, dink, dink gaan dit deur sy brein. Hy onthou toe met sy baie uitvraery oor die hoofeiland, dat hulle hom vertel het dat die eiland uit twee eilande bestaan. Die een is baie rotsagtig en die ander een wat die hawe en die dorp het is sandstrand, dis waar hy moes geland het. Die gedreun van die branders het stadig nader gekom. Hy was nou te moeg om teen die stroom op te swem waar die ligtoring nou was. Nader en nader aan die rotse het hy sonder baie moeite beweeg, met die onrus dat hy daar te pletter geslaan mag word. Uiteindelik het ’n groot brander hom teen ’n rots vasgeslaan en hom dadelik weer afgesuig in die see in. Sy wind was amper uit, en vir ’n tweede keer word hy wreedaardig teen die rotse gegooi en beland weer in die see. Dit was byna klaar met David. Toe die derde golf hom gooi toe klou hy met al sy krag aan die klip vas en toe die golf weer terugtrek klouter hy op en oor die rotse. Van uitputting het hy ’n lang ruk daar gelê. Toe hy uiteindelik opsit en sy seil-sakkie oopmaak vind hy tot sy onsteltenis dat die water tog ingekom het en al sy klere nat was. Hy het hulle toe maar uitgedroog so goed hy kon en aangetrek. Toe het hy maar begin aanstap in die rigting waar hy laas die lig gesien het. Die maan het toe begin skyn, en hy het mense gesien loop in ’n paadjie wat in die rigting van die dorpie loop. Hy het toe maar ook op die paadjie geloop. Hulle het hulle nie aan hom gesteur nie en maar bly loop. Toe kom hulle by water. Die water was soos ’n rivier maar dit was die skeiding tusen die twee eilande. Daar was ’n roeibootjie met ’n man wat die mense oor en weer vervoer het teen ’n klein fooitjie. Hy het die doenigheid vir ’n rukkie so staan en kyk, en dit oorweeg om ongemerk weer deur te swem, maar daarteen besluit. Toe die bootjie weer aan die duskant passasiers oplaai, stap hy ook na die boot, betaal die man en klim in, hy verloor sy balans en die skipper gryp na hom om te help, voel toe dat sy klere klam is, en vra toe in Engels, "Why are your clothes so wet ?" Sy antwoord het gou gekom: "Oh I was fishing, and fell in the water", die man het niks verder gevra nie, maar hy kon sommer voel dat hy hom nie geglo het nie. Op die eiland was daar ’n beloning vir enigiemand wat ’n Krygsgevangene sou kon vang. David was deeglik daarvan bewus, en alhoewel hy ‘n sterk man was en bang vir niemand was nie, het maar min krag oorgehad. Hierdie skipper was ‘n besonder groot inboorling van die eiland, en David het nie lus gehad om met die man slaags te raak nie. Aan die anderkant aangekom, het hy ewe op sy gemak uitgeklim en saam met die ander mense na die dorpie gestap. Toe die ander mense in verskillende rigtings begin stap, merk David dat hierdie groot man hom ongemerk agtervolg. Hy versnel sy pas en die vreemdeling doen dieselfde. Toe was hy seker dat hy agtervolg word. Toe hy by n hoek van ‘n straat kom draai hy om die hoek, hardloop vinnig en duik sommer soos ‘n kat onder die digte laning in en bly roerloos stil lê. Sekondes later hardloop die man om dieselfde hoek en na 'n paar tree van waar hy lê steek die man vas, kyk op en af in die straat en toe begin hy vinnig hardloop na die volgende hoek toe. Versigtig het hy uitgekruip en sy weg stadig na die dokke gevind, waar die skip nog lê en wag. Die honger en dors het nou baie hard begin knaag, en hy moes iets te ete kry, maar drie uur in die môre was alles in die dorpie gesluit en almal het geslaap. Nou was hy by die dokke. Met die gesoek sien hy n flou liggie in een van die winkeltjies brand, hy loer versigtig deur die gordyntjie wat voor die venster hang en merk ‘n ou man wat aandagtig by ‘n tafeltjie sit en werk. Hy klop saggies aan die deur, niks. Toe klop hy weer ‘n bietjie harder. "Who's there?" kom dit van die binnekant. "A friend" antwoord hy, en sy hart klop hard, hy hoor toe hoe die man naderkom en die deur oopsluit. "What do you want?" "Some food please, sir" antwoord David. "Can't you see what the time is?" "Yes, but I come from very far" antwoord David. Die man kyk hom deursoekend aan, en sê toe "Come in" en sluit die deur vinnig toe. Al wat daar was, was ses eiers, 'n blikkie bief, brood en gemmerbier. Hy betaal gou-gou, stop dit in sy sakkie, bedank die man en glip uit voordat enige vrae gestel kan word. Die maan was nou alreeds onder, dit was nou baie laat in die nag, en skielik baie donker. Hy stap toe vinnig na die hawe se kant toe, toe gaan sit hy eers om sy honger maag te versterk. Drie rou eiers, ‘n halwe brood en gemmerbier, die res sit hy versigtig terug in die sakkie. Gelukkig het hy darem n paar sjielings gehad om vir sy kos te kon betaal asook vir die man wat hom oor die riviertjie geroei het. Toe sit hy en kyk hoe hy ongemerk op die vragboot kan kom want hy weet die boot sal die volgende dag vertrek en hy moét net daarop kom. Hy sien toe dat daar net twee wagte is wat op die skip se dek op en af stap en so die skip bewaak. Op die kaai self kan hy geen lewe bespeur nie. Hy merk toe iets snaaks. Elke keer as die wag op die agterkant van die skip kom dan tel die wag ‘n sak vol van iets wat nie so swaar is nie, op gooi dit oor sy rug en stap dan na die voorstewe en gooi dit daar af. Hy kon dit nie verstaan nie. Miskien was dit 'n manier om die volgende môre te kan sien of die wagte nie geslaap het, of nie. Hy sien toe die looplank is nog van die boot na die dokke, net asof dit vir hom daar gelaat was. Hy trek sy skoene uit, sit hulle weer saam met sy kos in die seilsakkie, en sluip toe weer soos ‘n kat al in die donker tot naby die loopplank. Daar sit hy toe en wag vir sy kans. Toe die een wag met sy vol sak op sy rug verby die plank stap waag hy dit. So vinnig en stil as wat hy kan, loop hy oor die plank en al agter die wag aan tot by die luik, toe gly hy in an af met die leertjie. Hy klim net af en af, todat hy heel onder in die skip kom. Daar was die groot stoomenjins en die koolkamers. Sy hart klop nou baie onrustig, het iemand hom nie dalk gesien nie? Hy was vir n paar sekondes heeltemal sigbaar daar op die dek. Maar hy moes dit waag. Toe gaan hy by ‘n koolkamer in, bo op die kole kruip hy in tot heelagter in die hoekie. Daar het hy vir hom ‘n nes geskop. Die opening tussen die kole en die plafon was maar omtrent agtien duim en toe skop hy dit ook toe met sy voete. Hy het omtrent dadelik aan die slaap geraak van uitputting. Hoe lank hy geslaap het weet hy nie, maar toe hy wakker word, was hy natgesweet en baie dors. Die bietjie gemmerbier het gehelp. Die res van die kos het hy ook opge-eet, en toe die lang wag vir die skip om te beweeg. Sy lyf is seer van die swem en die rotse, en nou begin die wond aan sy been weer bloei. Die kole waarop hy lê is hard en warm en hy sweet baie. Dit voel vir hom skielik asof die kole harder word as die rotse waarteen die see hom geslaan het. Iewers in die masjienkamer hoor hy stemme, twee mans stry en redeneer met mekaar. Hy kan nie mooi uitmaak waaroor dit gaan nie. Uiteindelik kan hy hoor dat die enjin van die skip begin draai. Nog 'n geruime tyd gaan verby voordat hy kan voel dat die skip stadig begin heen en weer beweeg, toe weet hy dat hulle op die oop see gekom het. Sien, hy het nie eerste of tweede klas gery nie maar wel laaste klas, want sy kajuit was warm, donker en sy bed baie hard en 'n bietjie vuil. Nog 'n dag het verbygegaan, en toe was die dors so erg dat hy dit nie meer kon hou nie, maar hy moes. Sy vryheid kos hom baie duur. Kort-kort het een van die manne 'n kruiwa vol kole uit sy kamer kom haal om die groot stoomketel mee te stook. Naderhand was die kamer byna leeg en was hy bang dat hy gesien sou word. Hy moes uit sy nes vlug. Hy ontdek toe nog 'n kolekamer en kruip weer daarin weg. Nie lank daarna toe besluit hy, maar voordat hy sterf van dors sal hy moet water kry. Hy strompel toe daar uit die koolkamer en gaan staan reg agter die twee stokers. Hulle was twee Iere. Toe hulle omkyk skrik hulle hulle byna dood. Versteen staan hulle hom en aangaap. "Water" probeer hy sê, maar geen geluid kom uit sy droë mond nie. Een van hulle sê naderhand "This thing wants water" en begin hardloop na 'n kan water en skep 'n groot beker vol en gee dit vir hom. Hy het byna verdrink, terwyl die Iere hom met groot oë aangaap. "Thank you", en toe reën die vrae op hom. Met sy antwoord was hulle nie tevrede nie. Hulle wou niks glo wat hy hulle probeer vertel het nie. Uiteindelik, die enigste dokument wat hy in sy sak gehad het was 'n brief van sy vrou, met die Zuid-Afrikaanse Republiek se seel daarop. Hulle gaan hom nou self wegsteek sodat die Britte hom nie sal vang nie. Een van die ketels wat uit gebruik was is die ware Jakob, hy moes daar inklim. Hulle gee hom toe 'n groot stuk ys, om hom koel te hou. Hy moes toe binne-in die stoomketel gaan sit, sien want hulle besef as hy betrap word is die twee ook aanspreeklik en kan ook tronktoe gaan. In die nuwe wegkruipplek kon hy egter nie lank uithou nie, dit was byna so warm as die hel. Met die stukke ys het hy sy gesig so met ys en roet en sweet besmeer dat hy naderhand soos die duiwel self gelyk het. Toe klim hy daar uit en staan weer voor die twee stokers, wat nou sy beste vriende geword het. Weer skrik hulle hulle byna dood, maar begin toe vreeslik lag. Hy vra toe "what's the joke?" Hulle bring toe 'n spieël en toe hy sy gesig sien, moes hy ook lag. Die roet was oral, selfs die wit van sy oë was swart. Hulle was nou nie meer so bang nie, 'n skottel warm water en seep. Hy moes hard skrop om hom skoon te kry. Vir hom was dit baie lekker. Dit was nou alreeds die derde dag van sy onsnapping, en die Engelse soek dat dit bars. Nie lank nie en hulle vind uit van sy gewaagde plan. Toe eers was daar gesoek op die hoofeiland. Daar het hulle wel informasie gekry dat daar wel so 'n verdagte persoon gemerk was, maar na 'n deeglike soektog, wat niks opgelewer het nie, is daar besluit om die vragskip agterna te sit. David het nou verseg om weer in die stoomketel te gaan skuil, dan liewers oorgee. Die een Ier het toe voorgestel dat David maar in sy bed kon gaan slaap, maar hy moes eers belowe dat hy nie sal sê dat hy, David, deur die Iere gehelp was, indien hy gevang sou word, en dat hy sy kop goed sal toemaak sodat die ander matrose hom nie sal sien nie. Hulle het vermoed dat die Engelse die skip agterna sou sit sodra hulle hom sou mis. Die teken sou wees as die skip se enjins skielik sou stop en een van hulle sal net die deur tweemaal oop en toe maak, dan moes hy weet: "Gevaar!" Hy is toe met die gang af tot by die matrose se slaapkamer. Hy het in die een hoek onder die komberse gekruip en probeer slaap. Nie baie lank daarna nie, dit het gevoel asof hy net aan die slaap geraak het, toe gewaar hy dat die skip se enjins het tot stilstand gekom. Hy hoor haastige voetstappe met die gang afkom, die deur gaan vinnig oop en toe, en toe weer. Toe weet hy, die Engelse oorlogskip het langs die vragboot tot stilstand gekom. Hy was skielik baie moeg en het net sy kop dieper onder die komberse vasgewikkel en gebid. Nie te lank daarna het die deur weer oop gegaan. Dit was toe die Skeepskaptein en drie Engelse offisiere. Hy kon toe hoor hoe die komberse van die slapers afgetrek word en elkeen sy naam moes sê. Toe hulle by hom kom klou hy so al wat hy kan aan die komberse vas. Hy kry toe 'n paar geniepsige skoppe in sy ribbekaste en moes toe maar ewe gedweë opstaan en ook sy naam uit roep. "David du Plooy, Sir", kom dit traag oor sy lippe. Vir 'n paar sekondes, 'n doodse stilte. Almal het ewe veel geskrik. "You damned rascal" sê die offisier wat vir David geken het, "is it really you, David? Thank God you are still alive. How did you survive? You are a hero David, but I shall have to take you back." "Yes, of course, Sir," sê David ewe galant, maar hy het alweer 'n plan in sy kop reg. Sodra hy aan dek kom gaan hy weer in die see spring. Daar bestaan glo 'n seewet dat as hy uit die see gered word deur die bemanning van die skip dan is hy die prisonier van die Kaptein van die skip. Sy hart klop skielik in sy keel, hy ruk skielik weg en storm so vinnig as wat hy kon na die reëling van die skip en duik oor. Ongelukkig vir hom storm twee offisiere agter hom aan en kry hom aan sy voete beet, terwyl sy kop al see toe hang. Stadig maar seker word hy terug op die dek gehys, en toe slaan hulle boeie aan sy hande. Toe eers word die kaptein van die skip kwaad en sê "You have no right to handcuff a man on my ship, and besides that, we are already in American waters. This is my prisoner now. You can have him only in customs in America. Unlock the prisoner. That's an order!" David moes belowe dat hy nie weer in die see sal spring nie. Die Engelse is toe maar gedweë terug na hulle boot en doen toe die vragskip geleide na die hawe van New York. Die skip het dadelik die berig van die ontsnapte Boere-krygsgevangene wat aan boord ontdek was oorgesein na Amerika. Die boodskap het teruggekom sso volg: "Sorg goed vir die held!" Die Kaptein het vir David na sy eie kajuit geneem, waar hy hom vir die eerste keer in 'n baie lang tyd in 'n warm bad kon verlustig. Die Skeepkaptein was 'n baie vriendelike man. Sy klere was so vuil en gehawend dat die kaptein vir hom uitgerus het met een van sy eie pakke klere. Die broek was 'n bietjie lank en die baadjie se moue was ook te lank, maar David het heel skaflik daar uitgesien toe hy hom uiteindelik by die Kaptein aangesluit het.David moes toe eers sy storie vertel, en hoe die oorlog in Suid Afrika verloop. Sien, die Amerikaners was nie lank gelede ook in 'n vyandilike stryd met Engeland gewees. Daar was lekker gesels. Die aand in die eetsalon was daar 'n spesiale ete aan die Kaptein se tafel voorberei, en nadat die Amerikaanse Volkslied gesing is het die etery begin. Dit was te heerlik en David het te veel ge-eet op ’n leë maag. Die gevolge was byna noodlottig. Gelukkig was daar ’n goeie dokter en die het sy maag toe moes uitspuit. Dit het hom gered, maar hy was baie siek die volgende dag. Die dag daarna het hulle land gesien. Die Engelse oorlogskip het alreeds vasgemeer en met die doane onderhandel om hulle prisonier dadelik te kan ontvang. Hulle wou egter niks weet nie en het gesê die hof sal moet besluit. Uiteindelik toe die vragboot by die kaai vasmeer, sien David ’n horde van mense wat die boot inwag. Almal wou sien hoe die Boerekrygsman lyk. Die nuus het getrek soos veldbrand. Die Hawepolisie het egter dadelik aanboord gekom en hom vinnig, reguit na ’n sel waar hy toegesluit is met wagte voor die traliedeur. David het niks hiervan gehou nie en het alweer planne begin maak. Terwyl hy nog so sit en wonder, sluit die bewaarder die deur oop en twee netjies-geklede mans stap die sel in. Hulle stel hulleself voor aan hom as twee Wetsgeleerdes, wat sy saak die volgend dag in die hof vir hom gratis sal verdedig. Hy was eers baie agterdogtig, maar nadat hulle verduidelik het dat hulle sy storie wil koop was hy meer gerus. Hulle haal toe ’n kontrak uit wat hom die helfte van die wins sal gee. Hulle sal al die advertensies en reëlings tref. By die groot dorpe en stadsale sal hy die verteller wees en hulle sal die deurgeld insamel. Uiteindelik oortuig hulle hom, hy teken die kontrak, en sê hom toe wat hy in die hof moet sê. Toe laat hulle 'n snyer inkom om sy mates te neem. Die môre wat die saak moes voorkom toe kom die snyer daar aan met sy nuwe uitrusting. Nadat hulle hom aangetrek het en hy weer in ‘n spieël gekyk het kon hy sy eie oë nie glo nie! Dit was ’n splinternuwe man vol selfvertroue. Elfuur daardie môre, toe hy onder begeleiding by die Hofgebou opdaag, kon hy weer sy oë nie glo nie. ’n Skare mense het hom ingewag, almal wou sien hoe die Boer dan lyk. Die hofsaal was stampvol gepak, en die drie Engelse offisiere was daar, op hulle plek langs die aanklaer. Die saak het begin, David was effens benoud. As hulle die saak sou verloor sou dit gewis die einde beteken. Die lang aanklag word teen hom uitgelees deur die Staatsaanklaer. Toe word hy, David gevra om te pleit. Skuldig pleit hy, en vra toe dadelik aan die Regter vir Amerikaanse Burgerskap. Niemand behalwe hy en sy Prokureurs het dit verwag nie! Hy is dadelik na 'n vlag geneem en daar moes hy die Eed van Getrouheid aflê voor getuie van die hele hof. Toe kom die Regter se uitspraak, hard en kil. Not guilty, you are now an American citizen, free in this Country, and no British army can take you back. Court dismissed. Handegeklap en applous was gehoor, en almal wou graag die held se hand skud. Sy twee Prokureurs was dadelik by met twee hoede en het vir hom gou-gou n klomp geld opgeneem. Toe hy uit die Hofsaal stap toe wag daar ’n sportmotor met ’n chauffeur op hulle wat hulle na een van die beste Hotelle in Manhattan geneem het. Daar was ’n luukse kamer vir hom reeds bespreek. Daar kon hy nou lekker rus vir ’n paar dae. Nou verlang hy darem kwaai huistoe, en na sy vroutjie Maggie. Hy skryf gou ’n brief aan haar en pos dit. Hy weet nie hoe lank dit sal neem nie, en of dit haar ooit sal bereik nie. Die koerantberigte oor die oorlog in Suid-Afrika is eensydig en ontstellend. Hy is haastig om terug in sy eie land te kom om sy mense te help veg. Nou is hy vry maar ongelukkig gebind aan sy kontrak, hy het ook geld nodig. Konserte word nou oral gereël waar hy as gasspreker optree en sy asemrowende ontsnappings-storie vertel. Vol gehore daag op en David word beroemd as die held van die jaar. Die geld stroom nou vinnig in, Sy prokureurs is in hulle skik. Toe word groot baniere oor die strate gespan waar hy die aand sal optree, met ’n tekening van ’n man wat in die see swem met ’n mes in die een hand, besig om haaie dood te steek! Met sensasionele opskrif, "David du Plooy swam the Atlantic to freedom!" Al hoe meer stede moet besoek word, maar David is nie gelukkig nie. Toe lees hy eendag ’n berig dat President Kruger in Holland aangekom het met die doel om hulp te kry vir sy volk wat ’n stryd om oorlewing voer. Hy moet na Holland gaan om sy President te help. Hy moes sy kontrak afkoop, en met die res van sy geld is hy op ’n Hollandse boot terug na Holland. Daar aangekom het hy dadelik met President Kruger in aanraking gekom. Hy het sy hele storie aan hom vertel, en sy hulp aan die President aangebied. Om Paul het hom geglo maar sy raadgewers wou nie. Hulle verskoning was, hy mag net ’n spioen vir die Engelse wees. Oom Paul het gehuil toe hy van hom afskeid geneem het. David was nog nie klaar nie. Van Holland af is hy toe na Duitsland, wat op daardie stadium goedgesind was teenoor die Transvaal en die Vrystaat se Republieke. Hy het in ’n onderhoud met die Minister van Buitelandse Sake om hulp gevra vir die Republiek teen Groot Brittanje. Dit was natuurlik geweier. Duitsland wou nie met die oorlog betrokke raak op daardie stadium nie, maar het hom van’n hele klomp wapens voorsien. Dit was in die geheim gedoen. ’n Hele paar kratte vol wapens en ammunisie was aanboord van ’n Portugese vragskip gesmokkel en na Lourenco Marques verskeep, saam met David. Hy was nou op sy pad terug Transvaal toe. Die reis was baie lank en stadig, langer as ’n maand, om die Kaap, en toe dok hulle in Lourenco Marques, net ’n klein entjie van die Transvaalse grens. Die kratte is afgelaai, David het dadelik aan die werk gespring. Twee muilwaens is gekoop en drywers is gehuur. David het geld gehad, die doeane was omgekoop. David het as ’n ryk sakeman geposeer, in die hotel het hy al sy reëlings gemaak. Die waens moes die vragte tot naby die grens neem en daar versteek dan sal hy alleen oorgaan, burgers kry om saam met hom terug te kom en die wapens te perd oor die grens te neem. Alles was klaar gereel, maar wat David nie besef het nie, is dat die Engelse al die tyd spioene op sy spoor gehou het. Hulle het geweet dat hy in L.M. was, en stuur toe ses Boere Scouts om hom daar te vang, en terug te bring om aan die Engelse uitgelewer te word. Die aand in die Hotel se eetkamer merk hy ’n paar boere wat ook daar kom eet. Hy is egter nou baie versigtig. Hulle praat met mekaar in Afrikaans. Hy is nou baie agterdogtig. Wat maak hulle hier? Hulle moet mos op Kommando wees. Hy wil hulle gaan vra, maar iets waarsku hom. Toe hy klaar geëet het staan hy op en gaan na sy kamer, wat op die eerste vloer is. Hy merk hoe hulle vir hom loer. Met die trappe op in sy kamer, sluit die deur en gespe sy Duitse 9 mm outomatiese pistool aan sy sy en stap heen en weer in die kamer. Iets is verkeerd. Hy weet nie wat nie. Toe is daar ’n klop aan sy deur. "Who is it?" kom dit met ’n hoë Engelse aksent. Stilte, en toe ’n onnatuurlike "A friend." Dawid maak die deur oop, die man kom in en stel homself voor en sê toe "Ons is gestuur om jou terug te begelei na die Transvaal toe. Ons is van generaal Cronje se kommando. Ons is baie bly om jou terug te kry. Die Boere het jou baie nodig, ons het gehoor van jou waaghalsige ontsnappping. Jy is mos David du Plooy?" "Ja ek is David du Plooy, maar ek gaan nie saam met julle terug nie". "Waarom nie?" kom die verdwaasde vraag. "Ek sal jou sê, ek veg nie meer vir die Boere nie. Ek veg nou teen julle". "Ag nee jy speel of maak 'n grap met my". "Nee, ek is ernstig! Ek gaan nou die Boere skiet tot hulle oorgee". Die man probeer met hom redeneeer, maar David is beslis! Toe kom die man vorentoe en steek sy hand uit om hom geluk te wens, "dan is ons aan dieselfde kant, ek is ook 'n Scout. Ons moes jou kom vang het". Dis wat hy vermoed het. Hy word bleek van woede, pluk sy pistool uit en sis deur sy tande: "Ek kon dit raai, jou verraaier. Ek is lus en skiet jou vrek! Maak dat jy wegkom onder my oë". Die man is daar uit, so vinnig as wat sy bene hom kon dra. David besef toe dat hy nou in lewensgevaar verkeer. Hy loer deur die venster en sien hoe die verskrikte man by sy maats aansluit en vir hulle van sy ervaring vertel. "Hoekom het jy hom nie afgebring nie? Ons sou sy keel hier afgesny het" hoor hy hulle praat. Nou was sy tyd min. Hy neem net die sakkie met sy mees essensiële goedjies daarin, glip by die deur uit, sluit dit toe en glip oor die balkon aan die agterkant van die hotel sodat niemand hom kan sien nie. Hy is toe na die stal waar sy nuutgekoopte perd in was. Hy saal vinnig op en verdwyn in die donkerte. Hy gaan nou na die plek waar sy twee Portugese wag by die muilwaens. Hulle span dadelik in en vertrek na die grens toe. Hy ry agter met sy perd om seker te maak dat hulle nie agtervolg word nie, maar die pad is stil en verlate. Voordat dit lig word, ttrek hulle uit die pad en gaan omtrent 'n myl van die pad af kamp vir die volle dag. Die drywers werk goed saam. Hulle ken ook die wêreld daar rond goed. Weer word daar in die nag getrek, baie versigtig. Hulle is nou naby die grens, toe draai hulle weer uit die pad en ry die bosse in. Omtrent tien myl Noord kry hulle toe plek waar die goed gestoor moes word. Onder groot bome word die kratte gepak en toe sorgvuldig met takke toegeslaan. Daar sou David dit kom haal met behulp van die boeremagte. Hy het geweet dat die Duitse Mauser, en sy ammuniese, baie skaars geword het, self voordat hy gevang was. As die Boere net weer een keer genoeg Mausers kon kry, dan sou hulle weer die Kakies wys. Nou het hy meer as twee honderd en veertig kaste patrone. Hy sien al in sy gees hoe lekker sy Generaal sal kry om weer 'n hele kommando uit te rus met Mausers. Ja, dink hy, al sy ellende en waaghalsigheid sal die moeite werd wees, en des te meer om sy vrou weer te sien! Hy is nou baie haastig om in die Tranvaal te kom. Byna word hy op die grens betrap deur 'n patrollie Kakies. Was dit nie vir sy skerpsinnigheid nie, was hy weer gevang. Hy wag agter 'n digte bos, totdat hulle verby is, en toe ry hy verder. Hy bereik Lydenburg, slaap daar oor, en vertrek toe stadig en versigtig in die rigting van Pretoria, altyd op soek na 'n Boere mag, maar hy kry hulle nie. Hy is nou baie onrustig, die dorpies is almal vol Kakies. Uiteindelik kry hy 'n klein kommando: Bronkhorstspruit. Niemand ken hom nie. Hy is opgewonde, maar hulle is baie neerslagtig. "Wat gaan aan? Waar gaan julle heen?" vra hy. Ons is verslaan en ons gaan ons wapens neerlê. Die vrede is gister in Vereeniging gesluit. Hy was 'n gebroke man. Min het hy geweet dat hy die enigste krygsgevangene is en was wat op eie stoom sy Vaderland bereik het, van vêr oor die blou see. __________________________________ (Bron: http://web.mac.com/henniemac/iWeb/SchoemanStories/DawidDuPlooy.html) Hierdie storie verskil 'n klein bietjie van die een wat Diekie by sy vader gehoor het, maar die breedste trekke stem ooreen. 'n Mens kan sien dat die storie met tyd en oorvertel 'n bietjie langs die kante begin uitrafel. Gelukkig het 'n noukeurige skrywer die verhaal in 1901 in groot detail op skrif gesit, met die name van skepe en kapteine en al. So lyk die verhaal in die argiewe van die New York Times:
10 July 1901
_________________________________________ David Stephen du Plooy, a young Boer soldier, who served under Cronje, and then was a prisoner of war, arrived in New York a stowaway on the steamship Trinidad from Bermuda yesterday. He was not of the 900 Boer prisoners recently landed at Bermuda by the British military authorities. Last Friday night, after having spent several hours in the water, or crawling about in the shrubbery lining the shores in an attempt to board a vessel that would transport him to America, du Plooy finally managed to slip aboard the Trinidad unobserved, and, hiding away in the coal bunkers, was brought to New York. It was not until Monday night that the young Boer let any one know of his presence, and then he was so exhausted, he said, that he did not care whether he was discovered or not. When the Trinidad docked yesterday Capt. Frazer notified the immigration authorities on Ellis Island that he had a stowaway on his hands and asked that he be taken to the station. This was done, and the ex-prisoner of war brought before the Board of Special Inquiry, who, after seeing the weak condition he was in as a result of his long fast on board the Trinidad, decided to postpone the hearing until to-day. Du Plooy, who speaks excellent English, readily consented, when seen on Ellis island, to talk of his experiences and the manner in which he managed to elude the British guards at Bermuda. "I am twenty-four years old," said du Plooy, "and was born on a farm near Potchefstroom, which is about ninety miles southwest of Pretoria. My mother, who is living, was a German, and my father, who has been dead for many years, was a Frenchman. My home in South Africa when the war broke out was about three miles from Klerksdorp, in the Potchefstroom District. I received what education I possess at home, in Cape Town, and at Wellington. When the present difficulties arose I had a job as Second Assistant in the Post Office at Klerksdorp. I didn't get away with the first contingent, but did with the second, my mother accompanying me. I had been gone only a few days when I was taken sick, and had to return home, where I remained one day, and then set out again for the front. On the way my horse broke down and I made the rest of the journey on foot. I arrived in time to take part in the operations around Mafeking, and was later one of those surrendered by Cronje at Modder River." "I was first sent to a prison camp at Simonstown, where I contracted the rheumatism, with the result that I was one of those left behind when the command was sent to St. Helena. Next I was detained at Greenpoint, from which place, together with nine hundred other Boer prisoners, I was placed aboard the British transport Armenian and brought to Bermuda." "On the way to Bermuda we organized three different times to take the vessel from the British, with the intention of sailing away to some friendly land. The first time was just out of St. Helena. We then intended to make our way to the African coast. This attempt was given up owing to the fact that we didn't get ready on time. The second attempt was to have been made off St. Vincent, Cape Verde Islands. Here, two of our leaders were taken sick, and once more the scheme fell through. The last attempt was to have been made when we were two days from Bermuda. This time there was a traitor on board, and the English were acquainted with our plans. We were driven back to our quarters where we were kept until we arrived at our destination." "In Bermuda we were placed on Darrell's Island, from which place I made my escape. I escaped by covering my head with a lot of grass resembling sea weed, so that when I passed under the searchlights of the warships in the harbor those on board would be deceived. I was three hours in the water. My clothes I carried in a bag, and this did much to keep me above water. I am not a swimmer, and had it not been for the assistance of the bag I don't know what the end would have been." "When I made the opposite shore finally I went to where the Trinidad was moored and walked on board, and, going to the coal bunkers, hid away. I had only six raw eggs, four of which I ate while in the bunkers. I remained hid away until Monday. I was then so weak that I was reckless. I heard some of the stokers talking German, and that gave me courage, for I thought they would be my friends. So I made myself known, and they allowed me to sleep in a bunk that night. They also offered me food, but I was unable to eat. The Captain was told of my presence just before we arrived here, and I will say that he was as kind as he could be to me. He, with the men, gave me these clothes, besides doing other kind acts to help me out. I don't know what my fate will be, but as this is a free country, I don't think they will send me back." Commissioner Fitchie said that du Plooy was only a stowaway so far as the immigration service was concerned, and that his case would be decided by the Board of Special Inquiry to-day. A cablegram from the Governor of Bermuda to the agents of the Trinidad telling them to hold and return the prisoner, if possible, was turned over to the authorities on Ellis Island. The fine for stowaways is 10 dollars, and this sum, it is understood, will be paid by Boer sympathisers to-day in order to have du Plooy landed. Sir Percy Sanderson, the British Consul General, said that he had received no official notification of du Plooy's escape, and that in consequence he had nothing to say. __________________________________ Is David du Plooy die enigste Boere krygsgevangene wat geslaag het om van die eilande af te ontsnap? Is daar iemand wat weet? Het iemand asseblief vir ons 'n foto van David du Plooy?
One of our readers, Natanja Greeff, wrote in and
asked:
Francois Greeff replies: Here is an example of a quick, short "Wie is ek" :
Wie is ek "Just after the war, Edith Greeff, nee Newton, aged 25, died in the General Hospital (Non-European) at Johannesburg, on 29 November 1945, leaving behind a five year old son, Rudolph Greeff, and fourteen Pounds, sixteen Shillings and seven Pence in cash, and a husband, Claude Greeff, who had deserted her two years previously and whose whereabouts were unknown at the time." That is her whole life; one sentence. A death sentence.
|