• First Name:   
  • Last Name:   
Daniel DU PLESSIS, b2c5

Daniel DU PLESSIS, b2c5

Male Abt 1724 - 1732  (~ 8 years)

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Daniel DU PLESSIS, b2c5 was born about 1724 in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 20 Aug 1724 in Paarl, Cape, South Africa (son of Jean Louis (Prieur) DU PLESSIS, b2 and Magdalena (Madaleine) ROSSOUW (ROUSSEAU), b3); died in 1732 in Cape, South Africa.

    Notes:

    CHRISTENING: CHRISTENING: TAB: FK 2186.

    Daniel married Maria VAN HEERDEN, b12 on 25 Mar 1753 in Paarl, Cape, South Africa. Maria (daughter of Pieter Willem VAN HEERDEN, progenitor and Magteld VAN DER MERWE, b10) was born in in Cape, South Africa; was christened on 22 Nov 1733; died on 3 Feb 1816 in Paarl, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


Generation: 2

  1. 2.  Jean Louis (Prieur) DU PLESSIS, b2 was born on 13 Feb 1691 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 25 Feb 1691 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died on 14 Mar 1768 in Land van Waveren, Cape, South Africa (Tulbagh).

    Notes:

    Jean Louis (gebore 1691) se eggenote was Magdalena Rousseau, en hulle was geseën met elf kind ers, waarvan vier ingehuud oorlede is : Jan, Daniel, Gabriel en Lodewyk.Die oudste dogter, An na, was getroud met Pieter Theron; Petrus met Brechie Boeiens; Charl met Marie van Ellewee,(e en van FJS se stamouers) hertrou met Geertruy Boeiens; Magdalena het drie keer in die huwelik getree: eers met Johannes Boeiens, daarna met Albrecht Raphael, hertroud met Carel Sibonette. Martha se eggenoot was Pieter; die van Maria Elizabeth, Pieter Schalk van der Merwe, en Daniel was getroud met Maria van Heerden.
    Die stamvader, Jean Prieur du Plessis, (1) was afkomstig van Poitiers in Frankryk en het in 1688 met die skip Oosterland in Suid-Afrika geland. Die Oosterland was die derde skip van die najaarsvloot met Franse vlugtelinge vir die Kaap. Op 3 Februarie 1688 vertrek dit vir rekening van die kamer Zeeland uit Goeree na die Kaap. Dit was 'n baie voorspoedige reis sonder enige sterfgevalle onderweg en by die aankoms in Tafelbaai was daar ook geen siektes aan boord nie. Die tydsduur van die vaart was eweneens 'n rekord vir daardie dae - twee maande en 22 dae volgens die Dagregister. Op Sondag 25 April 1688 het die skip in Tafelbaai aangekom, om op Sondag 15 Mei 1688 teen ongeveer 09h00 weer te vertrek. Aan boord die Oosterland was daar 24 Hugenote. Onder die passasiers was Jean Prieur du Plessis, 'n dokter van beroep, met sy vrou Magdalena Menanto (Menanteau), eweneens van Poitiers. Terwyl op see is hulle eerste kind, Carel (2) (Charl of Charles) gebore. Die stamvader was van adelike afkoms en sy voorouers het behoort tot die oudste families in Poitiers. Voor sy vlug uit Frankryk het hy te Poitiers as geneesheer gepraktiseer, dog het al sy landgoed agtergelaat en na Holland gevlug. Teen die einde van die sewentiende eeu het hy terruggekeer na Europa om ondersoek in te stel in sake sy landgoed, maar niks is verder daaromtrent met sekerheid bekend nie. Ons weet wel dat hy nie instaat was om die passaat te betaal nie. Byna 'n honderd jaar later het Keiser Napoleon I verneem dat in Suid-Afrika afstammelinge woonagtig is van die ou beroemde familie van Poitiers en versoek dat die oudste lid van die familie na Frankryk moet kom om besit te neem van die groot landgoed van die Du Plessis' en die onopgeëiste hertogdom, maar die aanbod is destyds van die hand gewys. (3) Gedurende sy besoek aan Europa is sy eerste vrou oorlede en in Januarie 1700 het hy vir die tweede keer in die huwelik getree met Marie Buisset (4) in die Domkerk, Amsterdam. In ongeveer 1703 keer hy terug na Suid-Afrika waar hy hom in Draken stein vestig. Hy dien dus as geneesheer vanaf 1688 tot 1693 en toe weer vanaf 1697 tot 1707 . By sy eerste vrou, Madelena, het hy twee kinders gehad, Carel Prieur en Jean Louis .
    Uit die tweede huwelik van die stamvader is vier of vyf kinders gebore. Die jongste dogter, Elizabeth, is ongehuud oorlede. Judith is op 29 Maart 1711 getroud met Ary van Eeden, en is drie jaar later hertroud met Jan Oberholzervan Zurich. By albei eggenote het sy 'n dogter gehad. Maria het stammoeder geword van die geslag Ellewee in Suid-Afrika. Haar eggenoot, Johannes van Ellewee, was afkomstig van Amsterdam . Die twee jongste dogtertjies, Sophia en Sophina Rosina, is jonk oorlede. Die ander was Anna (Gebore 1721) gehuud met Johan Bernhard Deele; Johannes Hendricus, gehuud met Anna Catharina Biesel; Maria, gehuud met Carl du Plessis; Johanna, gehuud met Carel Christoffel Rykvoet en Hendrik Rudolph, gehuud met Elizabeth Catharina Esterhysen. Die vader is oorlede en in 1749 is die moeder hertroud met Jan George Zorn, van Piva. Anna (gebore 1704) het op 16 Augustus 1730 in die huwelik getree met Johannes Frederik Bierman, stamvader van die geslag in Suid-Afrika. Sy was sy tweede vrou. Hulle het net twee seuns gehad, Jacobus Lourens, getroud met Anna Alida Grito en Christoffel Hendrik (gebore 1738). Laasgenoemde is waarskynlik ongetroud oorlede. Na die dood van haar man het die stammoeder weer in die huwelik getree met Martin Vogel, van Bareyt.
    Pieter was twee keer getroud. Eers met Gertruy van Deventer (1731) en daarna met Franscina Maree. Hy was die vader van sewe kinders : Jan, Christoffel, Lourens, Maria, Anna, Susanna en Wynand. Die kinders was ingetroud in die families Botha, Bekker, Swart, Badenhorst en Delport . Van die agterkleinkinders het langsamerhand Kaapland verlaat en die binneland ingetrek en met skape geboer. Die wat agtergebly het, het hulle meestal op die landbou toegelê en was besitters van baie slawe. Daar word vertel dat Charles 'n slavin gehad het wat hom baie moeite gegee het deurdat almal wat haar gehuur het, haar byna onmiddelik weer teruggebring het. Hy het later so moedeloos geword dat hy die slavin gelas het om vir haar 'n koper te vind. Haar prys was £60. Intussen moes sy haar verhuur vir slegs 4s. 6d. per maand omdat sy 'n dief was. Die afstammelinge het later naby Somerset Wes (nog voor die dorp aangelê is), gewoon en een van hulle, ene Paul, het gedien as Heemraad van daardie wyk. Tesame met ander Heemrade het hulle in 1825 by die Goeweneur aansoek gedoen om die boere in die wyk, altesame ses-en-sestig huisgesinne, toe te laat om vir hulle 'n kerk te bou. Du Plessis het verder voorgestel dat die grond hulle geskenk of geleen word vir 'n aantal jare. Die onkoste om die kerk te bou het hy bereken op £3 000. Later is sy versoek toegestaan. Die Du Plessis wat hulle in die distrik Worcester gevestig het, het vername boere geword en het ook baie slawe gehad. Daar word vertel dat een van die jong vaders 'n seuntjie aangeneem het wa t op 'n keer deur 'n slaaf aangeval en gewond is. Die slaaf is toe gegesel, gebrandmerk, in kettings geboei en daarna drie jaar lank na Robben-eiland gestuur. Later het van die families na Swellendam, die Bokkeveld en na Graaff-Reinet uitgewyk. In die Bokkeveld het die families wat met skape geboer het, baie ontberings verduur weens die Boesmans, en selfs die slawe. 'n Suster van Jan Daniel, wat 'n vername skaapboer was, het met haar man, Willem van der Merwe, nie ver van haar broer af gewoon nie. In 1825, terwyl sy op 'n môre nog in die bed was, net nadat haar man opgestaan het, het twee slawe die slaapkamer binnegedring en reguit na die rak bokant haar bed, waar die vuurgoed versteek was, gepeil en die twee gewere gegryp. Sy het dadelik opgespring en die gewere beetgekry, maar hulle het haar tot in die kombuis gesleep en toe het een van hulle losgeruk en haar geskiet. Sy was nie dodelik gewond nie.Hulle het toe haar man, wat in die kraal was en van niks wis nie, gaan soek en toe hy die huis bereik, was hy reeds in die oog gewond. Beide het die kamer ingevlug en toe Van der Merwe die deur oopmaak om met hulle te praat, het hulle hom doodgeskiet. Sy het toe uit die kamer ontsnap en in die oond gaan wegkruip, maar sy is daar ontdek en vreeslik mishandel. 'n Ander boer, Janse van Rensburg, wat ook daar was, is voor haar oë doodgeskiet, daarna het hulle die skoolmeester aangeval en hom vermoor. Intussen het sy onder 'n tafel ingekruip, maar ook hier het die twee slawe haar ontdek. Een van hulle het die roer op haar bors vasgedruk en wou haar doodskiet, maar sy het so ernstig gepleit en hom haar wonde gewys dat hulle tydelik opgehou het om haar te molesteer. Haar kinders is op die solder weggesteek onderwyl die slawe na buite gegaan het, maar hulle het die kinders ook ontdek en wou almal vermoor, dog 'n slavin het vir die kinders gepleit en hulle is vrygelaat. Toe die veldkornet eindelik die plaas bereik , vind hy drie mans in die fleur van hulle lewe op wreedaardige wyse vermoor. Die moordenaars is kort daarna gevang en ter dood veroordeel. In die distrik Swellendam is Daniel du Plessis in 1779 op sy plaas besoek deur goewe-neur Van Plettenberg. Die goeweneur was vergesel va 'n bloedverwant van Daniël, Francois, van die distrik Stellenbosch. Ander families woonagtig in die distrik was onder andere Jacobus Lodiwicus en sy eggenote, Elizabeth Roelofse, Andries Stephanus en sy vrou Elizabeth du Toit, asook die vyf broers (kinders van Daniël en Aletta Olivier), Carolus Johannes, Pieter, Philip, Andries en Jan Gysbert. Laasgenoemde het op 'n plaas naby Worcester gewoon wat aan die Breederivier gegrens het. In 1804 is hy besoek deur generaal De Mist en sy geselskap. Die Generaal en sy dogter het die middagete by die gasvrye ou heer geniet. Du Plessis het sy eie osse verskaf vir die reis, en sy seun, Jacobus, het die Generaal vergesel totdat hulle veilig deur die Heksrivier-kloof was.Een van die Swellendamse Du Plessis, Daniël, het hom baie dapper gedra in die geveg tussen die Koloniste en die Britte in 1795, met die oorgawe van die Kaap. Daniël het 'n baie goeie indruk op die Engelse Generaal gemaak en is na die geveg uitgenooi om saam met hom 'n ete te geniet. Hy het hom baie pluimpies toegevoeg en 'n pragtige geweer geskenk as bewys van die Generaal se agting. Hierdie onverwagte goedgunstigheid van die kant van die vyand het die gewenste uitwerking op Daniël gehad, en hy is gevolglik aangestel om 'n brief aan die Swellendamse boere, wat kort tevore die Landdros gedwing het om sy pos te verlaat en hulle eie man, Hermanus Steyn, aangestel het, te oorhandig.
    Die inhoud van die brief was dat die boere nie meer onderdruk sou word nie, dat hulle vry handel kon dryf en dat die belasting verminder sou word. Die boodskap het ongetwyfeld wortel gevat, want alles het bevredigend afgeloop.Die families wat hulle in die oostelike dele neergeset het, moes gedurig veg om hulle bestaan . Baie is vermoor en ander geheel en al geplunder deur die swartes. In die omtrek van Graaff-Reinet het gewoon onder andere Daniël en sy eggenote, Elsie Catharina van der Schyff; Jacobus en sy vrou, Hester Anna Potgieter, en die twee broers, Francois Phillipus en Johannes Petrus met hulle gesinne. Die twee laasgenoemdes was onderskeidelik getroud met Geertruy du Plessis en Martha Petronella Venter. In 1789, toe die Xhosas die Zuurveld oorstroom en die boere kaal beroof het, was hulle verplig om te vlug. Kaptein Jan du Plessis, wat destyds te Graaff-Reinet woonagtig was, is daarna gelas om Maynier (Landdros van Graaff-Reinet) na Tshaka te vergesel om die grenslyn tussen die blankes en die Xhosas (nl. die Visrivier) vas te stel. By die geleent-heid is Tshaka versoek om die Xhosas terug te hou en hulle te gelas om nie die Kolonie binne te trek nie. Daarna moes Kaptein Jan weer landdros Bresler en Lord Macartney se private sekretaris, mnr Barrow, vergesel op hul reis na die omliggende land van Algoabaai. Kaptein Du Plessis was so 'n vertroude van die landdrosse, dat hy en ene Van Rensburg verskeie kere na die Xhosa-hoof, wat langs die Boesmansrivier gewoon het , gestuur is om die en sy volgelinge te beweeg om oor die Keirivier te trek.Die Du Plessiss wat te Uitenhage woonagtig was, het dieselfde ontberings deurgemaak as hul bloedverwante te Graaff-Reinet. Hulle was gedurig in oorloë of aanvalle betrokke. In 1811 was die aanvalle op die Koloniste so erg dat die landdros van Uitenhage die Kaapse Goeweneur kennis gegee het dat slegs een plaas oos van die Drosdy nog bewoon was deur 'n boer, en dat die Goeweneur geen verdere verantwoordelikheid moet dra in verband met die distrik nie. Toe is Jacobus du Plessis saam met ander boere opgeroep om saam met landdros Stockenstroom majoor Cuyler tegemoet te gaan by Bruintjies-hoogte met die doel om die Xhosas oor die Visrivier te dryf . Toe landdros Stockenstroom egter nog maar halfpad was, het hulle 'n klompie Xhosas aangetref, en teen die advies van die boere het hulle stilghou en met hulle gesels. Hy het hulle versoek om terug te keer na hulle eie land sonder enige vergieting van bloed. Wyl die Xhosas hulle baie vriendelik gedra het, het hulle ongemerk die blankes omsingel en meteens gestorm. Die Landdros, Du Plessis en sewe ander burgers is doodgesteek met assegaaie. Andries Stockenstroom, die landdros se seun, en verskeie burgers het kort daarna die dood van die burgers gewreek en veertig Xhosas gedood en vierhonderd beeste weggevoer.
    In die begin van die agtienhonderds het van die families na die Vrystaat uitgewyk, en verskei e van hulle het aktief deelgeneem aan die gevegte teen die swartes. In die tyd toe die Trekbo ere onder leiers Oberholster en Mocke oor die Grootrivier getrek en hulle in die buurt van Ph illipolis gevestig het (1842), was onder die families ook Du Plessisï¿1/2. ï¿1/2n Sekere veldkornet D u Plessis was teenwoordig toe die gebied noord van die Oranjerivier Britse besetting verklaa r is (nadat die owerheid verneem het dat Mocke van plan was om die land noord van die Oranj e tot republiek te verklaar). Teen hierdie tyd was die familie feitlik oor die hele Suid-Afr ika versprei. In die Soutpansberge is dieinwoners van Schoemansdal, waaronder ook Du Plessis-families was, in 1867 so vreeslik aangeva l deur die hoofman Makapan, dat die dorp vandag nog in puin lê. Hope grond is nog te sien waa r eertyds huise gestaan het. Die boere het op ï¿1/2n keer probeer om hulle diere terug te kry va n die swartes, en so is veldkornet JH du Plessis en komdt. Venter aangekla as persone wat onw ettig in besit was van beeste wat aan ï¿1/2n swart kaptein behoort het. Du Plessis is toe deur di e hof gebied om 800 beeste terug te gee en ï¿1/2n groot som geld te betaal. Toe hierdie uitspraa k gegee is, was daar ï¿1/2n oproer in die hof en na die menigte die Landdros getrotseer het, he t hulle die twee manne gered en vrygeset. Onder die afstammelinge word skrandere krygsmanne a angetref. Oral waar die familie hulle gevestig het,was hulle onder die voorstes wat vir hulle volk geveg het. Met die Groot Trek het van die fam ilies byPotgieter aangesluit, en een van hulle was aangestel as Veldkornet oor die laers langs die Bo esmansrivier. Een van die vaders en sy metgeselle wat die vlugtende Zoeloes agternagesit hetn a die kraal van Dingaan is deur ï¿1/2n swartgids mislei en onverwags deur Zoeloes aangeval en ver moor. Later het die familie ook aan die Dorslandtrek deelgeneem, waaronder Jan, Louw, Stephan us, Paul (Pieter?) du Plessis en die leraar ds. Du Plessis. Ds Du Plessis het dik-wels dienst e gaan hou by die laers wyl die Trekkers langs die Limpoporivier laer getrek het. Selfs aan d ie Eerste en Tweede Vryheidsoorloe het baie van hulle deelgeneem en een van die dapperste veg ters in die dae van die Zuid-Afrikaansche Republiek was kommandant CNJ du Plessis. Hoewel di e vorige geslagte hulle op die landbou en skaapboerdery tegelê het, het talle van die afstamm elinge in die afgelope eeu ook op ander gebiede vername burgers geword het. Op die gebied va n die godgeleerdheid is hulle goed verteenwoordig en word ook talle wetgeleerdes en geneesher e aangetref. Sommige het belangrike poste in die staatsdiens, Volksraad en universiteite bekl ee. Een vanons bekendste digters is uit die geslag, naamlik dr. ID du Plessis.


    STAMVADER
    Jean Prieur du Plessis
    Jean Prieur du Plessis, gebore in Poitiers in Poitou in 1638, was 'n Franse Hugenoot en chiru rg. Hy het in 1688 met sy vrou Madeleine Menanteau ook van Poitiers op die Oosterlandt na S A gekom met een kind. Hy het egter in 1694 teruggekeer na Europa op die skip Sir Jansland, om dat hy gesukkel het om 'n bestaan te voer as boer. Sy tweede vrou was Maria Buisset van Sedan , met wie hy getrou het in Jan 1700 in die Domkerk, Amsterdam, en met wie hy weer na die Kaa p teruggekeer het. Hy was gevestig in Kaapstad en het 2 kinders van sy eerste huwelik, en 5 v an sy tweede huwelik gehad:
    1. Charl (Carel) Prieur, * 1688 ~18/4/1688 wat ook later as chirurg gepraktiseer het. x 12/6/ 1712 Cecilia Marcevene + 18/9/17372. Jean Louis * 13/2/1691 ~ 25/2/1691 Stellenbosch + Waveren, Tulbagh x 5/5/1714 Madeleine Ro usseau Kinders van sy tweede huwelik was3. Judith * Ierland, 1694 tydens die terug rit na die Kaap x 29/3/1711 Ary van Eeden xx 14/1/ 1714 Jan Oberholster xxx 1724 Claas Donselaar van Gelderland4. Marie * 1702 x 7/11/1718 Jan van Ellewee xx 31/8/1749 Johan Georg Zorn van Hesse-Nassau5. Anne * 1704 x 16/8/1733 Johannes Frederik Bierman xx 17/9/1747 Johan Martin Vogel van Schn abelwald6. Pieter * 6/1708 x 21/10/1731 Geertruy van Deventer xx 17/4/1745 Francina Maree
    7. Elizabeth ~ 31/1/1717

    Verwysings:
    De Villiers/Pama
    Heese/Lombard
    Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
    Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
    Alt Birth: 25 Feb 1691

    Died:
    Alternative date: 1786

    Jean married Magdalena (Madaleine) ROSSOUW (ROUSSEAU), b3 on 5 May 1714 in Stellenbosch, Cape, South Africa. Magdalena (daughter of Pierre ROSSOUW(ROUSSEAU), progenitor and Anne RETIEF (RETIF)) was born in 1695 in Paarl, Cape, South Africa; was christened on 26 Feb 1695 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died on 2 Oct 1780 in Land van Waveren, Cape, South Africa (Tulbagh); was buried in Tulbagh, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Magdalena (Madaleine) ROSSOUW (ROUSSEAU), b3 was born in 1695 in Paarl, Cape, South Africa; was christened on 26 Feb 1695 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl) (daughter of Pierre ROSSOUW(ROUSSEAU), progenitor and Anne RETIEF (RETIF)); died on 2 Oct 1780 in Land van Waveren, Cape, South Africa (Tulbagh); was buried in Tulbagh, Cape, South Africa.

    Notes:

    Also known as Magdalene or Magdalena.
    Birthdate also shown as 26 Feb.1695 [ see christening date ] Birthdate also shown as 8 July 1695. and death date also shown as 18 Sep. 1780.

    (op die ouderdom van 9 jaar)

    Op die ouderdom van 85

    Christened:
    (op die ouderdom van 9 jaar)

    Died:
    Op die ouderdom van 85

    Children:
    1. 1. Daniel DU PLESSIS, b2c5 was born about 1724 in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 20 Aug 1724 in Paarl, Cape, South Africa; died in 1732 in Cape, South Africa.


Generation: 3

    Children:
    1. 2. Jean Louis (Prieur) DU PLESSIS, b2 was born on 13 Feb 1691 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 25 Feb 1691 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died on 14 Mar 1768 in Land van Waveren, Cape, South Africa (Tulbagh).
    2. Judith DU PLESSIS, b3 was born in 1694 in Ireland; was christened about 1694 in Ireland; died in in Cape, South Africa.

  1. 6.  Pierre ROSSOUW(ROUSSEAU), progenitor was born about 1666 in Mer, Orleanais, France; was christened in 1702 (son of Rousseau ROSSOUW and Martie RETIEF, son of Daniel ROUSSEAU and Marie RETIF); died in 1719 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).

    Notes:

    Was voorheen Heinrich Venter se plaas.
    ??? - NIE so in Drakensteinse Erfgrond

    From Mer or Memars-la-ville, about four hours by horse north-east of Blois in France. Arrived at Cape 1688 probably on board "Borssenburg". Started farm L'Arc d'Orleans in Wemmershoek allocated to him in 1694; In 1704 he also received the farm"Vleesbank" [Flesh bank] to the south of the present day railway station of Hermon.

    Pierre Rosseau farmed on "l'Arc d'Orleans", Drakenstein and also owned "De Vleesbank", Drakenstein and "Sanddrift", Land van Waveren. Arrived at Cape 1688.

    Place of origin: Blois
    Date of arrival: 1688
    Ship: probably the Borssenburg
    Settled at : L'Arc d'Orleans, near Wemmershoek
    Married to: 1st 1689, Anne Retief
    2nd 1710, Gertruida du Toit
    Children: 5 sons and 7 daughters. 11 children from his 1st marriage, 1 from his second.

    The Huguenots of South Africa 1688-1988 Pieter Coertzen

    du Plooy paf: Was in 1688 in die Kaap, een van die eerste diakens van die gemeente Drakenstein, ook heemraad.

    Pierre was the owner of L'Arc d'Orleans and De Vleesbank in Drakenstein and Land Van Sanddrift n Waveren (currently Tulbagh).

    !Emmerentia van Rensburg Registers
    De Villiers/Pama p 799. Pierre Rousseau van Mer of Menars-la-ville, omtrent vier uur noordoos van Blots in Frankryk. Gebore omstreeks 1666. Was reeds in 1688 in die Kaap; een van die eerste diakens van die gemeente Drakenstein, ook Heemrtaad. Eienaar van die plaas "De Boog van Orleans"; sterf 1719.
    C Pama: Die Groot Afrikaanse Famielienaamboek, p. 276. Betekenis: Iemand met rooibruin hare of baard.
    J H Redelinghuys: Die Afrikaner Familienaamboek, p. 232. Rousseau, Rossouw, Roussouw. Pierre Rouseau, gebore in 1666, was afkomstig van Orleans in Frankryk, en het op ongeveer drie-en-twintigjarige leeftyd hier aan wal gestap.
    Le Roux/Lombard: Hugenotebloed in ons are, p 41. Pierre Rousseau het in 1688 na die Kaap gekom, waarskynlik aan boord van die 'Borssenburg'. Hy is in 1666 gebore en was ook afkomstig van Mer langs die Loirerivier tussen Blois en Orleans. Aan die Kaap was ook Marie Rousseau van Blois, waarskynlik sy suster.
    Hierdie Marie Rousseau is in 1659 gebore en trou nog in 1688 met die Duitser Johann von Eden en word stammoeder van die Van Eedens in Suid-Afrika. Sy is ook in 1691 getuie by die doop van Pierre se oudste kind. Na die dood van haar eerste man trou Marie in 1706 met Cornelis Justus van Dalen.
    In 1689 trou Pierre met Anne Retif, agtienjarige suster van die stamvader Franscois Retif. Die Retifs was ook van Mer afkomstig en het waarskynlik saam met die Rousseaus na die Kaap gekom. Pierre en Anne le die plaas L'Arc d'Orleans in Wemmershoek aan, wat in 1694 aan hulle toegeken is. In 1704 ontvang Pierre ook die plaas Vleesbank ten suide van die huidige spoorwegstasie Hermon.
    Anne Retif was die moeder van elf kinders. Sy is in 1710 oorlede en Pierre trou nog dieselfde jaar met Gertruida du Toit, agtienjarige dogter van Guillaume du Toit en Sara Cochet. Een seun word vir hulle gebore. Pierre Rousseau is in 1719 oorlede en sy weduwee hertrou op oujaarsdag 1719 met Carel van der Merwe, wie se moeder ook een van die vlugtelinge was. Carel en Gertruida was die ouers van
    een seun.
    Pierre Rousseau se kinders was:
    1 Anne (1690) x Daniel Hugod xx Jean Blignaut
    2 Marie (1692) x Lodewyk Pretorius xx Charles Marais 3 Madeleine (1694) x Jean Louis du Plessis
    4 Isabeau (1696) x Pierre du Toit
    5 Marthe (1698) x Andre du Toit
    6 Pierre (1700) jonk dood
    7 Gabriel (1701) x Anne Marais
    8 Aletta (1702) x Daniel Marais
    9 Pierre (1703) x Sophia van der Merwe xx Marie Retief xx Anna Maria van der Vyver.
    10 Esther (1705) ongetroud
    11 Daniel (1707) x Sara Hanekom xx Marie le Riche xxx Madeleine Senechal
    12 Andries (1711) jonk dood
    Die stamvader se oudste oorlewende seun, Gabriel (1701-1727), trou in 1723 met die sestienjarige Anne Marais. Hulle word die ouers van drie kinders. In 1728 trou sy weduwee met Jean Cellier en word die moeder van nog agt kinders. Die volgende seun, Pierre * 1703 boer op die plaas boven't Hexrivier in die Hexvallei naby De Doorns. Hy trou in 1726 met Sophia van der Merwe (1706-1727), suster van sy stiefvader. Sy is met die geboorte van haar enigste kind oorlede.
    In 1729 trou Pierre met sy niggie, Marie Retief (1702-1738), wat die moeder van vyf kinders word. Pierre trou in 1739 met sy derde vrou, die twintigjarie Anne Maria van der Vyver, wat hom nog twee kinders skenk.
    Die seun Daniel * 1707, trou in 1732 met Sara Hanekom (1714-1741).
    Ses kinders word uit hierdie huwelik gebore. In 1743 trou hy met Marie le Riche (1717-1749), wat die moeder word van vyf kinders. Uit sy derde huwelik in 1751 met Madeleine Senechal (1718-1790) word nog agt kinders gebore, die jongste in 1763. Daniel koop in 1760 die plaas La Concorde in die Paarl uit die boedel van sy skoonmoeder.

    SAG 10:
    Born Mer, on the Loire, France c 1666. Arrived at the Cape in 1688, one of the first members of the Church council of Drakenstein, also Heemraad, owner of the farms "L'Arc d'Orleans" in Wemmershoek and "Vleesbank" on the Bergrivier, signed a memorandum in favour of W.A. van der Stel.

    Janet's notes, 'van Mer of Memars-la-ville, omtrent vier uur te perd noordoos van Blois in Frankryk, aankoms 1688, waarskynlik aan boord 'Borssenburg'.

    Janet's notes, 'lê plaas L'Arc d'Orleans in Wemmershoek aan wat in 1694 aan hom toegeken is; in 1704 ontvang hy ook die plaas Vleesbank' ten suide van huidige spoorwegstasie Hermon.'

    Janet's notes read, '...van Mer of Memars-la-ville, omtrent vier uur te perd noordoos van Blois in Frankryk, aankoms 1688, waarskynlik aan boord Borssenburg', lê plaas L'Arc d'Orleans in Wemmershoek aan wat in 1694 aan hom toegeken is; in 1704 ontvang hy ook die plaas 'Vleesbank' ten suide van huidige spoorwegstasie Hermon...'

    Hetta Ssholtz:
    Plek van herkoms Blois (Orleanais). Arriveeer ongeveer 1688 waarskynlik met die Borssenburg (pasasierslys ontbreek). Die Borssenburg was 115 voet lank, het 6 Jan 1688 vanaf Texel geseil en 12 Mei 1688 in Tafelbaai gearriveer. Vestig hom te Lárc dÓrleans (oos van Simonsberg, oos van die Bergrivier, naby Wemmershoek) 1694 ook nog een ander plaas Vleesbank in die Wagenmakersvallei in 1704

    Plek van herkoms Mer of Menars-la-Ville (omtrent 4 uur noordoos van Blois).Sy suster was Maria Rossar of Rousseau.

    Vleesbank, suid van die Hernonstasie, datum van die grondbrief, 26 Sep 1704.Verwysing 1.511 in Öld Cape Freeholds". p 150 Botha

    Volgens SAG10 p139 het Pierre dalk 'n buite-egtelike dogter Regina by Elisbeth Rootsteen v.d.K..gdoop Kaapstad 9/12/1714

    Juna Malherbe stel dit so), "Die Kompanjie was ontsteld toe die Khoi kaptein Dorkras (ook bekend as Klaas) in Januarie 1696 gerapporteer het dat die Hugenote die veeruil verbod oortree het en dat hulle meer vee as die kompanjie besit het. Die Hugenote wat hulle hieraan skuldig gemaak het was Pierrre Rousseau....... (Böeseken 1962:295; Coertzen 1988:99; De Wet
    1981:219, 221; Franken 1978:126-127)

    Dit is nie bekend waarom die Raad van Justisie nie teen sekere onwettige veeruilers opgetree het nie, maar teen ander wel. Pierre Rousseau was een van die teen wie nooit opgetree is nie.

    Pierre Rousseau het Christoffel Planck, vanaf Brussel, 'n soldaat in diens van die Kompanjie versteek. Planck het gedros, was in onwettige veeruil met die Khoikhoi betrokke en is gearresteer. Hy het egter ontsnap en binneland in gevlug. Gudurende Junie 1695 het hy op die plaas van Pierre aangekom.
    Pierre het, wel wetende dat Planck gedros het, hom vir ses weke in sy huis op sy plaas L'Arc de Orleans in Wemmershoek onderhou en as kneg gebruik.
    Teen die einde van Julie 1695 is Planck deur die veldwagter, Willem Haan ontdek en gearresteer. Pierre was teenwoordig en het hulle omgekoop (hy het drie riksdaalders aan Haan gegee en twaalf schellingen aan Planck) om nie die owerhede te vertel dat hy (Pierre) vir Planck onderdak verskaf het nie (KAB:CJ-299)From: barkerma@absamail.co.za

    Sent: 25 November 2004 09:47
    To: Hetta Scholtz
    Subject: Fw: ROSSOUW

    Die kinders van Pierre Rousseau en Anne Retief:

    1 STB 18/30 1/6 - soos gedruk in
    In: Die Boedelinventarisse van Erflaters in die Distrik Stellenbosch
    1679-1806, transcribed by Annemarie Krzesinski-De Windt, published by Stellenbosch Museum 2002

    Inventaris van soodanige roerende effecten als den oud heemraad Pierre Rousseau met er dood ontruimt en naargelaten heeft, en bevonden zijn op naargenoemde twee plaatsen ende hofsteden door gem. Oudheemraads wed. Juffw. Gertruij du Toit, en den vrijlandbouwer Jan Louis du Plessis als gemagtigde van de mondige kinderen des voorn. oudheemraads.

    Vier kinders word genoem, waarskynlik die onmondige kinders (al die
    eerste dogters was alreeds getroud en dus mondig):

    Aan de vier kinderen Aletta, Gabriel, Pieter en Daniel Rousseaux ijder
    wegens moederlijk bewijs f593-19-5 (die mondige dogters sou seker
    hulle moederlike erfportie gekry toe hulle trou (en dus mondig word).

    inventaris gedateer: 9e Maart 1719

    NB. geen Andries genoem nie alreeds oorlede?)

    Die vier kinders blyk om in rang van ouderdom te genoem word, maar 'n
    mens kan nie seker wees nie. Daar was 'n gewoonte om partykeers eers al die seuns en dan al die dogters te gee, maar hier is dit nie so nie, so sou ek raai dat hierdie lys begin met die oudste van die onmondige kinders, dws. Aletta.



    Pierre ROUSSEAU, gebore omstreeks 1666, was 'n Franse Hugenoot van Orleanais wat waarskynlik in 1688 met die Borssenburg na die Kaap gekom het. Sy suster, Maria, was met Jan Janse van Eeden getroud, en sy hertrou later met Cornelis Joost van Dale. Hy was heemraadslid en een van die eerste diakens van die gemeente Drakenstein. In 1694 vestig hy hom op l'Arc d'Orleans, en in 1704 op Vleesbank, Wagenmakersvallei. Hy trou in 1689 met Anne RETIEF (oorlede 1710) en hertrou op 7 Desember 1710 met Geertruy du TOIT. Hy is oorlede in 1719, en hy het 5 seuns en 7 dogters gehad.
    Kinders uit 1ste huwelik:
    b1 Anna ~8 Jul 1691 x 1705 Daniel Hugo xx Jan Blignaut van Amsterdam
    b2 Maria ~*1693 x 13 Des 1711 Lodewyk Pretorius xx Charles Marais
    b3 Madeleine *26 Feb 1695 X 5 Mei 1714 Jean Louis du Plessis
    b4 Elizabeth ~ 14 Okt 1696 x 1716 Kaap Pierre du Toit
    b5 Martha ~ 28 Jul 1698 x 07 Maart 1717 Andries du Toit
    b6 Pierre *1700 ~ 3 Mei 1700 Paarl
    b7Gabriel ~14 Aug 1701 x 1723 Anna Marais
    b8 Aletta c*1702 x 25 Feb 1720 Daniel Marais
    b9 Pierre * 2 Sep 1703 x 1726 Sophia van der Merwe xx 10 Apr 1729 Maria Retief xxx 19 Apr 1739 Anna Maria Van de Vyver
    b10 Hester * 26 Jul 1705
    b11 Daniel ~ 9 Okt 1707 x 27-04-1732 Sara Hanekom xx 15 Mei 1743 Maria le Riche xxx 9 Mei 1751 Magdalena Senekal
    Kind uit tweede huwelik:
    b12 Andries ~ 8 Nov 1711
    Verwysings:
    De Villiers/Pama
    Heese/Lombard
    Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
    Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

    Saamgestel deur:
    Martina Louw (nee van Breda)
    Kennethl@xtra.co.nz
    A van Rensburg

    Hy was 'n Franse Vlugteling afkomstig van Mer; x Anna Retief, suster van Francois Retief; xx 15.10.1710 Geertruy du Toit d/v Francois du Toit en Susanna Seugnet (Sien ook Hugenote Bulletin 36 p.56-62). Hy boer op l
    Arc d'Orleans, Groot Drakenstein en was heemraad en ouderling.

    Juna Malherbe stel dit so), "Die Kompanjie was ontsteld toe die Khoi
    kaptein Dorkras (ook bekend as Klaas) in Januarie 1696 gerapporteer het dat die Hugenote die veeruil verbod oortree het en dat hulle meer vee as die kompanjie besit het. Die Hugenote wat hulle hieraan skuldig gemaak het was Pierrre Rousseau....... (Böeseken 1962:295; Coertzen 1988:99; De Wet
    1981:219, 221; Franken 1978:126-127)

    Pierre married Anne RETIEF (RETIF) in 1689 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl). Anne (daughter of Pn RETIEF and Mrs RETIF, daughter of Mr RETIF and Mrs RETIF, daughter of Jacques R and Johanna Catharina BREDENKAMP, daughter of Jacques R and Mrs RETIF) was born in 1667 in Mer, Orleans, France; died in 1710 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl). [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 7.  Anne RETIEF (RETIF) was born in 1667 in Mer, Orleans, France (daughter of Pn RETIEF and Mrs RETIF, daughter of Mr RETIF and Mrs RETIF, daughter of Jacques R and Johanna Catharina BREDENKAMP, daughter of Jacques R and Mrs RETIF); died in 1710 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).

    Notes:

    From Mer, in Orleans, France. Arrived 1688 together with her brother Francois Refief.

    !Emmerentia van Rensburg Registers
    Heese/Lombard 3 H-I p.500
    TROU-STERF:De Villiers Pama;Bls 799
    LE ROUX LOMBARD. Hugenotebloed in ons are, p.42: Francois Retif en sy suster
    Anne was, met soos die Rousseaus, van die dorpie Mer langs die Loirerivier in die destydse Franse provinsie Orleans afkomstig. Hulle was waarskynlik aan boord van die Borssenburg. Anne is in 1667 gebore en trou in 1689 met Pierre Rousseau.
    p. 167 * 1671 p.167 Hierdie datum word aanvaar en nie 1667 soos p.42 + 1710 a. 12 Mei 1688 waarskynlik met Borssenburg Herk. Mer, langs Loirerivier, Orleans, Frankryk x 1689 Pierre Rousseau, 1666-1719
    Nageslag: s.4, d.7
    Stammoeder van Rousseau

    Janet's notes, 'van Mer, in Orleans, Frankryk; aankoms 1688 saam met haar broer Francois Retief.'

    Naam is die Engelse "Anne" volgens Pama II. Sy is getroud met die Rossouw-stamvader.

    Anne Retief was die suster van Francois Retief, buurman van Pierre Russouw

    Notes:

    Married:
    Alt Marriage: Anne RETIEF (RETIF) Date: 1689 Location: FranceAlt Marriage: Pierre ROSSOUW(ROUSSEAU) progenitor Date: 1692 Location: France Notes: Alt Marriage: Anne RETIEF (RETIF) Date: 1689 Location: France

    Children:
    1. Maria ROSSEAU (ROSSOUW), b2 was born about 1693 in Paarl, Cape, South Africa; was christened in 1693; died in in Cape, South Africa.
    2. Anna ROSSOUW(ROUSSEAU), b1 was born in 1694 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 8 Jul 1691 in Paarl, Cape, South Africa; died on 28 Feb 1753 in 'Bethel', Paarl, Cape, South Africa.
    3. 3. Magdalena (Madaleine) ROSSOUW (ROUSSEAU), b3 was born in 1695 in Paarl, Cape, South Africa; was christened on 26 Feb 1695 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died on 2 Oct 1780 in Land van Waveren, Cape, South Africa (Tulbagh); was buried in Tulbagh, Cape, South Africa.
    4. Elisabeth ROUSSEAU, b4 was born in 1696 in Cape, South Africa; was christened on 14 Oct 1696 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died on 15 Feb 1785 in Dal Josafat, Cape, South Africa; was buried in Dal Josafat, Cape, South Africa.
    5. Martha ROSSOUW, b5 was born on 27 Jun 1698 in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 28 Jul 1698 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died on 28 Oct 1760 in Wellington, Cape, South Africa.
    6. Pierre ROSSOUW, b6 was born on 3 May 1700 in Paarl, Cape, South Africa; was christened on 3 May 1700 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in Young in Cape, South Africa.
    7. Gabriel ROUSSEAU, b7 was born in in Paarl, Cape, South Africa; was christened on 14 Aug 1701 in Paarl, Cape, South Africa; died on 2 Jan 1727 in Paarl, Cape, South Africa.
    8. Aletta ROSSOUW, b8 was born in 1702 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 9 Oct 1709 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in in Cape, South Africa.
    9. Pierre ROSSOUW, b9 was born on 2 Sep 1703 in Paarl, Cape, South Africa; was christened on 2 Sep 1703 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died on 25 Oct 1751 in Cape, South Africa.
    10. Hester ROSSOUW, b10 was born in in Paarl, Cape, South Africa; was christened on 26 Jul 1705; died in Young in Cape, South Africa.
    11. Daniel ROSSOUW, b11 was born about 1707 in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 9 Oct 1707 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in 1774 in South Africa.


Generation: 4

  1. 12.  Rousseau ROSSOUW and died.

    Rousseau married Martie RETIEF. Martie and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 13.  Martie RETIEF and died.
    Children:
    1. 6. Pierre ROSSOUW(ROUSSEAU), progenitor was born about 1666 in Mer, Orleanais, France; was christened in 1702; died in 1719 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).

  3. 14.  Jacques R was born in 1637 in Aunay, Blois, Loir-Et-Cher, France (son of Paul R); and died.

    Notes:

    !Emmerentia van Rensburg Registers
    Le Roux Lombard.Hugenotebloed in ons are,p.41, 42

    Jacques married Mrs RETIF est 1662. Mrs was born about 1648 in France; and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 15.  Mrs RETIF was born about 1648 in France; and died.
    Children:
    1. Francois RETIF, progenitor was born on 2 Feb 1663 in Mer near Blois, France ( Orleans-Mer); died on 23 Sep 1721 in Wellington, Cape, South Africa.
    2. 7. Anne RETIEF (RETIF) was born in 1667 in Mer, Orleans, France; died in 1710 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info