1. | Johanna (Jannetje) KEMP, b1 was born in Aug 1696 in Cape Town, Cape, South Africa (daughter of Nicolaas (Johannes) KEMP and Cecilia SWERISSE); died on 27 Oct 1778 in Roggeveld, Cape, South Africa. Notes:
Van die Kaap.
From: "Barry Kruger"
To:
Subject: [GenForum] Cecilia Swerisse/Johanna Kemp
Date: Monday, 04 August, 2003 2:22 PM
Cecilia Swerisse/Johanna Kemp
Uit die Krugerboek in wording:
Die ouers van Johanna Kemp.
Die ouers van Johanna Kemp kon nog nooit met sekerheid geidentifiseer word nie. Dat sy die dogter van Nicolaas Kemp en Cecilia Swerisse was, is nie 'n uitgemaakte saak nie. Dit word dikwelse genoem dat hulle wel haar ouers was en die oorsprong van hierdie gevolgtrekking word verklaar in 'n artikel geskryf deur Dr E.E. Mossop. Hy word egter selde volledig hieroor aangehaal.Hy het geskryf: "The parentage of Johanna Kemp, Stammoeder is not with certainty known. On 13.12.1713 Cecilia Swerisse, wife of Jacob Jacobs Vliet, as her Liquidation Account shows, left as her legatees
(1) her husband,
(2) her daughter, Johanna Kemp, a minor "procreated by Nicolaas Kemp" (haar minderjarige dogter Johanna Kemp, geprocreëert bij Nicolaas Kemp) (Boedelrekeningen I, nr. 38) The identity of the Johanna Kemp mentioned in this document and of the Stammoeder has not been proved. No Nicolaas Kemp appears for the relative years in the Rolls of Free Burghers and Company's Servants. No will, liquidation account or other reference to him has as yet been traced."
Dr E.E. Mossop skryf verder ook: "...nor is there any evidence that she was related to
(1) Johannes Kemp, mandoor in 1701 in the Company's service, or
(2) Pieter Kemp of Bruggen, who first appears in the Muster Roll of Burghers in 1713."
In Geslagsregisters van die ou Kaapse Families, de Villiers/Pama, 1981 word die volgende aangegee:
Nicolaas Kemp x Cecilia Swerisse
b1 Johanna Kemp x (?) Jacob Kruger
Dus in hierdie publikasie word dit as 'n moontlikhied aangebied en nie as 'n feit nie. In S.A. Geslagsregisters Volume 4 J-K, 1992 deur J.A. Heese en R.T.J Lombard word dit egter as 'n feit aangebied. Die bronne of oorsprong van hierdie nuwe inligting, ter bevestiging, word egter nie gemeld nie.
Volgens S.A. Geslagsregisters:
"Nicolaas Kemp van Batavia, mandoor (opsigter) van slawe in die losie van die Kaap. Hy en Cecilia Swerrisse is die ouers van:b1 Jannetje *aan die Kaap Aug 1696 ?27.10.1778 x Kaapstad 1.5.1718 Jacob Kruger, stamvader.
Cecilia Swerrisse, moontlik d.v Lourens Sweris x Kaapstad 10.11.1709 Jacob Jacobs Vliet van Harlingen. (Sien Staatsargief, Kaapstad, MOOC 13/1/38 en boedelrekening nr. 38 van 31.12.1713)"
Beide Dr E.E. Mossop en S.A. Geslagsregisters verwys hier na dieselfde dokumente maar maak verskillende gevolgtrekkings.
Pieter Kemp, van Brugge, was die stamvader van die Kemp-familie en hy is op 1 September 1715 met Luytje Willems getroud. Hulle het geen kind gehad met die naam Johanna nie. Karel Schoeman noem in sy boek "Armosyn van die Kaap, Die wereld van 'n slavin 1652-1733" dat Johannes Kemp 'n vryburger van Batavia wat in 1688 as bandiet van Ceylon na die Kaap gestuur is en in 1693 deur Simon van der Stel as mandoor oor die Kompanje slawe aangestel is.Johannes kon in 1710 na Batavia terugkeer aangesien hy sy vonnis uitgedien het. Karel Schoeman verskaf sy bron as "Resolusie 4, 164". Aangesien beide Nicolaas Kemp en Johannes Kemp mandore was en biede afkomstig was van Batavia, laat dit die vraag ontstaan of hulle nie dalk dieselfde persoon was nie. Dit sou ook kon verklaar hoekom daar geen rekords is van 'n Nicolaas Kemp as Johannes Kemp in 1710 na Batavia teruggekeer het nie. Dit is egter duidelik dat die ouers van Johanna Kemp nog nie met sekerheid bepaal is nie.
Ek noem haar Johanna Kemp want dit is hoe haar naam op haar testament geskryf het en hoe sy by die aflegging van haar geloofbeleidenis en al die dope van haar kinders bekend was. Haar huwelik inskrywing noem haar wel Jannetje Kemp van Cabo de Goede Hoop maar aangesien daar 10 ander gevalle is waar haar naam as Johanna Kemp aangeteken is, het ek besluit om haar Johanna
Kemp te noem.
Oor adelike afkoms - gewoonlik mooi stories en gewoonlik geen stawende inligting nie. Min mense doen die moeite om na oorspronklike dokumente te gaan kyk want dit is makliker om ander se "navorsing" te aanvaar. Ek het gaan kyk in oorspronklike dokumente en dit het my met meer vrae gelaat as antwoorde. Ek is van mening dat Jacob Kruger se moeder Elisabeth Hartwig was, nie Premoller, dat die slawekind "b1 Jacob Kruger" in S.A. Geslagsregisters Volume 4 J-K nie Jacob se kind is nie en dat die handtekening van Jacob Kruger in Die Afrikaanse Groot Familienaamboek ook nie Jacob se handtekening was nie. Hy kon in elk geval nie skryf nie.
Ek kan nie wag vir die dag dat al hierdie dokumente en bronne op CD/DVD beskikbaar is nie. Ek dink ons gaan nog 'n hele paar nuwe ontdekkings maak.
Groete
Barry Kruger
Johanna married Jacob KRUGER, a2 on 1 May 1718 in Cape Town, Cape, South Africa. Jacob (son of Franz KRUGER (CRUGER) and Elizabeth PEMOLLER) was born on 28 Jul 1690 in Sandenbeck In The Priegnitz, Near Berlin, Germany; was christened on 1 Aug 1690 in Sandenbeck In The Priegnitz, Near Berlin, Germany; died on 29 Oct 1747 in Stellenbosch, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]
Notes:
Married:
Jacobus KRUGER
Sex: M
Marriage(s):
Spouse: Johanna KEMP
Marriage: 1 May 1718
Capetown, Cape, South Africa
----------------------------------------------------------------------
----------
Source Information:
----------------------------------------------------------------------
----------
Film Number: 458498
Page Number:
Reference Number:
______________________________________________________
Children:
- Jacob KRUGER was christened on 13 Oct 1716 in Cape Town, Cape, South Africa; and died.
- Jacob KRUGER, a2b1 was born in 1718 in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 17 Jul 1718 in Cape Town, Cape, South Africa; died on 10 Nov 1778 in Cape, South Africa.
- Frans KRUGER, b3 was born in in Cape, South Africa; was christened on 20 Aug 1719 in Cape Town, Cape, South Africa; died on 27 Aug 1781 in Cape, South Africa.
- Cecilia KRUGER was christened on 26 Jan 1721; and died.
- Johannes KRUGER, b4 was born in in Cape, South Africa; was christened on 13 Dec 1722; died before Apr 1779 in Cape, South Africa.
- Elisabeth KR, b5 was christened on 19 Feb 1723; died before 1779.
- Elizabeth KRUGER was christened on 19 Feb 1723; died about 1779.
- Hendrik KRUGER, b6 was born on 19 Dec 1723 in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 8 Apr 1725 in NG Church Cape Town, Cape, South Africa; died about 1793 in Graaff-Reinet, Cape, South Africa.
- Pieter Ernst KRUGER, b7 was born in in Cape, South Africa; was christened on 18 Aug 1726 in Cape Town, Cape, South Africa; died in Feb 1783 in Cape, South Africa.
- Catharina KR, b8 was christened on 1 Aug 1728; and died.
|