Notes |
- Mia se getuienis in antwoord op die vraag waarom sy haar naam verander het. Sy waas voorheen Amelia Mia: Amelia is 'n familienaam aan my ma se kant van die familie. Ekt nooit 'n probleem gehad met die naam nie, tot ek die 15 weke op my rug moes le in my swangerskap met Philip. Amelia beteken hardwerkend (industrious) en daar het ek 'n stryd gehad in my stiltetyd met my naam, want hoe kan ek hardwerkend wees en goed doen vir God my Vader vir wie ek so lief is om Hom te behaag. Want sien, ek't gedink ek moet dade doen om sy liefde te verdien, en as ek dan niks kan doen nie, kan Hy mos nie lief wees vir my nie? Maar ek't telke male die Heilige Gees hoor se, jy is myne en ek is lief vir jou. Mia beteken myne... Ek't toe al in 2007 die oortuiging gehad dat dit die naam van my is wat in Sy handpalm gegraveer is. Maar ek het eers gehoorsaam in 2011 toe ek amptelik my naam laat verander het. Dis nou vir my elke dag 'n proklamasie: ek is Syne. Ek hoef nie te Martha om sy liefde te verdien nie, ek kan net soos Maria (amper soos Mia) by sy voete sit en met Hom 'n verhouding he. Dis so kosbaar om elke keer die getuienis ook te deel, want so dikwels is daar ander wat ook vasgevang is in 'n geloof gebou op dade, terwyl Abba Vader smag na ons harte!! Shalom
|