Notes |
- Afkomstig van Dieppe aan die Franse noordkus. Hy kom in 1688 met die Zuid-Bevelandt na die Kaap en vestig hom op die plaas Salmonsvlei naby die Paarl. Hy trou in 1693 met Anne Martin, weduwee van Jean du Puis. Hul enigste kind is jonk oorlede. Na Anne se dood vertrek hy in 1718 na Engeland waar sy broer Jean woon. Hy trou in 1719 met Marthé Lormier, wie se ouers ook oorspronklik van Dieppe moes vlug.
Op 21 Julie 1695 vind 'n drieledige omruiling van grond plaas. Salomon de Gournay verkry Hartebeeskraal van David Senechal, Senechal verkry La Concorde van Gabriël le Roux en Gabriël le Roux verkry Salmonsvlei van De Gournay.
The farm 'Salomonsvallei' neaar Paarl was named after him [4]
|