Notes |
- Jana successfully completed her final year of study in somatology in Centurion, Gauteng, South Africa in 2013.
Her mother writes as follows:
Dit het baie goed met die studies gegaan en hierdie kind van ons het al haar hoop en vertroue en geloof op die Here gestel. Sy het gebid en vir Hom gevra sy wil by 'n Dermatoloog werk.
Danie het begin bekommerd raak omdat sy nie haar CV begin uitstuur nie, omdat dit so moeilik is om werk te kry. Sy het net vir hom gesê sy weet die Here gaan vir haar werk gee by 'n Dermatoloog, sy wil nie haar CV uitstuur nie want wat as iemand by 'n skoonheidsalon wil hê sy moet 1 Januarie begin werk en 'n dr. bel haar vir 'n onderhoud en wil hê sy moet daar gaan werk? Nee sy wag want sy verwag 'n oproep.
Voordat haar vakansie behoorlik begin het na haar eksamen, het 'n dermatoloog haar geskakel met 'n werksaanbod. Sy is aangestel om diens te begin 1 Januarie 2014 maar hulle het eers op 13 Januarie na die vakansie oopgemaak en sy het dus op 13 Januarie 2014 begin werk.
Hoe 'n groot God aanbid ons nie?!!
|