Notes |
- Gerda (Jacomina Gertruida) Kotze neé - Jongste Dogter
My Pa, 'n dogter se droom man, wat sy dogter se siel kon verstaan. Hy was 'n Godsman wat geleef het vir sy gesin, 'n man vol liefde en deernis en met baie sterk waardes. Sy humorsin en liefde vir kuier hou ons steeds na 10 jaar aan die gang, en ons koester hom in ons harte vir ewig.
Lindie (Melinda) van der Schyf neé Brooks - Niece
As kind het ek my soms verbeel Oom Joe en Tannie Lettie was my regte ouers met maskers op. My herrinneringe aan Oom Joe is almal goeies. Hy en Tannie Lettie was ook my Peetouers.
Hy het 'n omgee hart gehad. Soveel vir die welsyn en behoeftiges gedoen. Ek onthou as ons soms inry teater toe gegaan het, dan was Oom Joe daar en het hy orrel gespeel om geld vir die welsyn te in. Ook onthou ek hoe hy kos en komberse vir 'n gesin, pa, ma en twee klein kindertjies geneem het waar hulle in hulle kar gebly het. Wanneer die familie Winkelspruit toe gaan vir die CSV kampe, was daar 'n gaatjie vir my ook.
Was so trots om te kon sê my Oom en Tannie was Burgermeesters paar van Alberton. Ook onthou ek een aand wat 'n trok se brieke nie gewerk het nie, en 'n klompie karre is meegesleur soos die trok op die steil afdraend van Southcreast na New Redruth afgekom het. Ons was almal so bekkommerd oor Oom Joe, en nie geweet of hy ook in die ongeluk beland het nie. (Die dae voor selfone)
Later jare toe hy nou al ouer was, het ek en my drie seuns gereeld by Oom Joe en Tannie Lettie gaan kuier waar hulle in Faerie Glen in Pretoria gebly het. Altyd moes ons daar eet, en dan maak Oom Joe grappende gewys verskoning vir die kos. "Julle moet maar verskoon, my ou vrou het maar weer tou deur die bek voorgesit" en dan antwoord Tannie Lettie "Haai Pa ".
Vir seker het hy diep spore in baie mense se lewens getrap, en is baie van ons ryker in ons mens wees, vir die voorreg om hom in ons lewens te kon hê.
Minnie (Jacomina Gertruida) Constantinou neé van Dyk - Youngest Sister
Joe was the GREAT FUNNY guy at the bus stop in the mornings. Everyone was always around him. He went to Helpmekaar Hoërskool and both he and I lived with our elder brother Jimmy and his wife Helen, so we could attend school. Our parents and siblings had moved to the farm.
While still at school he made a foofyslide. He went down head fist and ended up with a gash in his head and blood oozing out everywhere.
One Christmas, Joe and his wife Lettie came to the farm and brought a machine with for Oumie and for me they brought the most beautiful pink petticoat. He was always there for his brothers and sisters, no matter what.
Buried:
- Event Description: Held at NG Church Lynnwoodridge
|