Notes |
- Aankoms 1727 vanaf SleeswykSoldaat en later boukneg op sy oom Andreas Schutte se plaas Rustenburg, Stellenbosch
Arrived 9 Mar 1727 aboard Oudenaarde as soldier
!Emmerentia van Rensburg Register
De Villiers/Pama p 864. Christiaan Ernst Schutte van Sleeswyk. Aankoms 1727, later boukneg op die plaas van sy oom Andreas Schutte. Burger 1734, woon dan op die plaas "Rustenburg", Stellenbosch.C. Pama: Die Groot Afrikaanse Familienaamboek p 296. Betekenis: Skutter, iemand wat met vuurwapens skiet.J H Redelinghuys: Die Afrikaner Familienaamboek, p. 248. Christian Ernst Schutte, van Schleswig in Duitsland, het in 1727 na Suid-Afrika gekom, waar hy eers vir sy oom, Andreas Schutte, werksaam was. In 1734 het hy burgerskap verkry en hom op die plaas "Rustenburg" in die Stellenbosch-distrik gevestig.Op 6 Desember 1742 het hy in die huwelik getree met Susanna Fourie, die weduwee van Jan Nel. Hulle enigste seun Christiaan (1743) is getroud op 25 Desember 1763 met Susanna Minnaar, die weduwee van Jan Harmse Steenkamp, by wie hy vyf kinders gehad het.Le Roux/Lombard: Hugenotebloed in ons are, p. 118. Christian Ernst Schutte van Sleeswyk kom in 1727 as soldaat na die Kaap en word as plaashulp uitverhuur aan sy oom, die kinderlose heemraad Andreas Schutte van Stellenbosch. In 1742 trou hy met Suzanne Fourie, weduwee van Jean Nel. Sy is in 1699 gebore as dogter van die vlugtelinge Louis Fourie en Suzanne Cordier. Sy was die moeder van sewekinders uit haar eerste huwelik en een seun Christiaan * 1743 uit die tweede huwelik. Hierdie seun Christiaan Schutte trou in 1763 met Susanna Minnaar, weduwee van Jan Harm Steenkamp. Sy in in 1740 gebore en haar ouers was Philippe Minnaar en Suzanne Roux. In 1775, na die dood van Christiaan Schutte, trou sy met Roelof Campher. Sy was die moeder van een kind by Steenkamp, vyf by Schutte en vyf by
Campher.
Navorsing gedoen deur Diwwie de Beer gebore D.W. de Beer, 8 September, 1925. Stamvader van die Schutte Familie in Suid Afrika.
Heemraad van Stellenbosch en boer op die plase "Rustenburg" en "Keerweder", Stellenbosch. [11]
|