Notes |
- Blacksmith
Berndt Burcherdt BURGER het as 'n smit na SA gekom.
Van Lübeck, smid, burger 1691, woon in 1693 in Drakenstein en later daar kaptein van die burger-dragonders.
Janet's notes, '...van Lubeck, Duitsland; 1691 burger en smid; 1693 woon in Drakenstein, later kaptein v.d. burger-dragonders; ontvang in 1692 die plaas Leeuwenjacht, Agter-Paarl...'
Smid volgens SAG 1. Van Lubeck afkomstig. Had 5 kinders.
Burger(Burcherdt),Barend(Berndt) +1705 :van Lubeck, Duitsland; 1691 burger en smid; 1693 woon in Drakenstein, later kaptein v.d. burger-dragonders; ontvang in 1692 die plaas Leeuwenjacht, Agter-Paarl x 1690 Van der Merwe,Maria(Marietje) =Kaapstad 29.12.1675
Barend BURGER is gebore c a 1668 in Lübeck, naby Hamburg in Sleeswyk-Holstein, Duitsland en is oorlede 1705. ‘ Ander naam vir Barend was Berndt BURCHERDT
Barend Burger (Barent Burgert oorspronklik Berndt Burcherdt. In die Kompanjie se boeke kom die van voor as Bürghert, Burghart, Borhert, asook Barend Burgaart in 'n Politieke Raad notule van 18 Desember 1700. Later wysig die van tot Burgert en finaal tot Burger, soms Burgers.) Tydens die Hollandse bewind aan die Kaap het sowat 4000 Duitssprekendes, meestal enkellopende jong mans, in diens van die Kompanie, of as soldate, na die Kaap emigreer. Hulle het hier onder die bestaande bevolking van die tyd ingetrou. Hulle het van oral uit die Duitssprekende dele van Europa gekom. Baie Duitsers, veral dié uit die noorde van Duitsland, se huistaal, Laagduits (Plattdeutsch), was baie na aan die Nederlandse taal en kon hulle maklik inskakel by die Hollandse gemeenskap. Berndt is gebore in 1668 in Lübeck, Noordduitsland, onafhanklike hawestad naby Hamburg in Sleeswyk-Holstein. Hy word opgeteken as vrye smid in diens van die Kompanie van 1688 tot 1704. Op 31 Maart 1688 word Berndt aangekla weens oproerige gedrag! Barent Borgert word die eerste keer in 1690 in die opgaafrolle vermeld. Word 'n burger ongeveer 1690/1. Hy trou ongeveer 1690 met Maria of Marietje van der Merwe, dogter van Willem Schalkzoon van der Merwe en Elsje Cloete. In 1692 (J183 Stellenbosch) word hy vermeld as getroud met Maria Schalk en een kind (dogter) en waarskynlik woonagtig in Stellenbosch. Sy oudste bekende kind was egter 'n seun en sy vrou 'n dogter van Willem! Hy vestig hom teen 1693 in Drakenstein nog altyd met een kind, en word daar later kaptein van die burger-dragonders. In 1698 word hy vermeld met drie kinders.
Die plaas Dekkersvlei was op 6 Augustus 1692 toegestaan aan Herman Barend van der Schyff. Die Drakenberge was aan die suide en ooste, met die eiendomme van Jean Imbert ten weste en die heuwel aan die noordekant. Die oorspronklike erfbrief is in 1693 uitgereik. Berndt Burcherdt koop dit in 1695, oordrag geregistreer op 30 Oktober 1695. Hy verkoop die plaas in 1699 (Oordrag registrasie op 1 April 1699) aan Philippe des Prez, wat ook 'n swaer was van Schalk van der Merwe van De Hoop, asook 'n swaer van Jaques Therond van Minie. (Ons Drakensteinse Erfgrond, Klein Drakenstein, JG le Roux en WG le Roux, 2002, Versprei deur GISA, Posbus 3033, Matieland, 7602)
Die plaas Landskroon (Wyk Agter Paarl Distrik Drakenstein) is in 1691 toegesê aan 'n sekere Jan Holsmit, van wie niks verder bekend is nie. Dit is die volgende jaar opgemeet en behoorlik op Holsmit se naam geregistreer op 1692-09-17. In 1695 word dit oorgedra aan Gottfried Meyhuizen van Magdeburg, destyds in Brandenburg-Sakse 1695-12-05. Sy eiendom word verbeurd verklaar weens mishandeling van 'n slaaf, en Landskroon word verkoop aan Berndt Burcherdt, 'n swaer van Jan Schöpping van Hoogstede (x Jacoba vd Merwe). Oordrag registreer op 1697-08-29. Burcherdt se weduwee trou met Lambert Smit, vir wie sy oorleef en die plaas word uit haar boedel (MOOC 13/1/1, 26) verkoop aan Jan Meendert Cruywagen.
Die plaas Leeuwenjagt (Wyk Agter Paarl Distrik Drakenstein) se eerste eienaar was Johann Jacob Huber, algemeen bekend as Jan Hoboer, oordrag 1693-02-28. Hy was reeds in 1684 aan die Kaap en vermoedelik 'n Switser. Na sy dood in 1699 word die plaas die eiendom van Berndt Burcherdt. Hierdie plaas word ook uit sy weduwee se boedel, na sy Lambert Smit oorleef het, verkoop aan Theunis van Schalkwyk van Paarl Diamant.
Berndt Burcherdt was die dryfkrag agter die oprigting van die Drakenstein se meul. Hy is einde 1698 aangewys as een van die Heemrade van Drakenstein en was op daardie stadium ook eienaar van Leeuwenjagt in die Agter Paarl. Die distrikte Drakenstein en Stellenbosch het elk sy eie Heemrade gehad, maar as besparingsmaatreël het hulle dieselfde landdros gedeel. Die landdros was 'n betaalde amptenaar, maar Heemrade was vooraanstaande burgers wat deur die Goewerneur aangewys is om sonder vergoeding die belange van die inwoners van 'n bepaalde distrik te behartig. Hulle moes, onder andere, geskille tussen inwoners probeer skik en aanbevelings daaroor an die “Collegie van Landdrost en Heemraden van Stellenbosch en Drakenstein” doen.
Die Kompanie het an die “Collegie” 3000 gulde teen ses persent rente geleen vir die bou van 'n meul. Heemraad Burcherdt is in Januarie 1699 deur die “Collegie” aangewys as kollektant, wat beteken dat hy die werk sou organiseer, uitgawes magtig en maalfooie invorder. Die meul sou gebou word langs 'n standhoudende waterstroom op die onbeboude deel van Jacobus van der Heiden se plaas teen die hang van die Paarlberg. Bouwerk het in Februarie 1699 begin en die terrein was gou 'n miernes van bedrywighede. Hout is aangery van Houtbaai en Paradys, die blyplek van baashoutkapper Jan Vosloo (vgl Vosloo & Fechter van Knysna). Karweiers, klipkappers, messelaar, smid, dekker (dak), is aangestel, en voedsel en verblyf en organiseer. Die eerste meel is in November 1700 gemaal. Die meulwiel was baie groot. Die speke was elk so lank dat hulle die nok van 'n dubbelverdieping huis kon bereik van die grond af. Die water is met 'n hout geut op stelte tot bo-op die wiel gelig. Die plaas waarop die meul gebou was, is op 22 Februarie 1702 deur Burcherdt gekoop. Op die oordrag word duidelik vermeld dat die grond waarop die meul geleë is van die plaas afgetrek moet word, maar dit is eers in 1807 gedoen.
Goewerneur WA van der Stel was ontevrede dat Barend Burchard alleen die meul se sake bedryf het, en gelas dat dit jaarliks op 'n rotasie basis onder die heemrade sal wissel. (Brief 24 Mei 1703). Met sy uittrede as Heemraad oorhandig Burcherdt op 15 Desember 1702 sy boeke aan die Landdros en Heemrade. Sy totale uitgawe om die meul te bou en tot op die datum te bedryf was 5005 gulde en 8 stuiwers, en sy inkomste meer as 2458 gulde. Behalwe vir die skuld van 3000 gulde aan die kompanie waarop die rente betaal is, was daar nog 452 gulde en 12 stuiwers in die kas oor. Burcherdt is in 1705 oorlede. Die inventaris van sy boedel is gedateer 5 Okt 1705 (MOOC 8/2, 3). Die plaas waarop die meul geleë is word in Burcherdt se boedelinventaris Koringmeul genoem. Sy weduwee Maria trou toe in 1706 met Lambert Smit. Indertyd was dit die gebruik dat die vaste eiendom van 'n weduwee met haar hertroue oorgaan op die naam van haar nuwe man. Lambert Smit verkoop die plaas in 1709 aan Guillaume Loree. Loree noem die plaas Nantes na sy plek van herkoms. (JG le Roux, Drakenstein se Meul, 2002, Versprei deur GISA, Posbus 3033, Matieland, 7602). Lambert Smit is oorlede voor sy vrou.
Marritje Schalks Willemsdr (van der Merwe) is oorlede c 1709, sy word vermeld as oorlede in Johannes Bocklenbergh se boedelrekening gedateer 15 Oktober 1709. Die vroegste datum in haar eie rekening is Februarie 1710 (MOOC 13/1/1, 26)
Uit die notule van die Politieke Raad: “Saturdag den 18n December ao. 1700. Present d' Ede.Hr.Gouverneur et omnibus, dempto dencassier Henricus Munkerus.....
Staande de vergaderinge, soo zijn op de ingebragte nominatie van de respective kerckelijke als andere collegien, na de jaarlijkse gewoonte, , in plaatse van de afgaande leeden weder nieuwe geëligeerd geworden, excepto van de civiele kleijne saaken dewelke voor dezen jaare werden gecontinueert, te weten:....... In 't collegie van heemraaden aan Drakensteijn is Barend Burgaart [6] als heemraad gecontinueert”
[6] Sien handtekening in C.J.2872: Contractenboek, 1694-1698, no. 54 en C.J.2873: Contractenboek, 1698-1 703, nos. 154 en 204. In die Kompanjie se boeke kom die van voor as Bürghert, Burghart, Borhert. Later is dit gewysig tot Burgert en Burger. In die kontrak van 31 Maart 1695 word Barent Burghert vrysmit genoem. In die kontrak van 16 April 1700 soek hy na 'n kneg wat hom in Drakenstein kan dien as Molenaar, terwyl hy in die kontrak van 29 Augustus 1701 'n kneg “als moolenschrijver” aanneem. Volgens sy handtekening Berndt Borherdt. Verwysing: C. 24, pp. 44-49.
Research Notes: MOOC 8/2, 3
Barend is getroud met Marritje (Maria) Willems VAN DER MERWE {b3} dv Willem Schalksz VAN DER MERWE {a1} en Elsje CLOETE, in 1690. Marritje is gedoop 29 Des 1675 in Kaapstad. Ook genoem Marietje.
b1Barend gedoop 7 Sep 1692.b2Willem , gedoop 28 Mei 1696 in die Paarl en oorlede circa 1731.
b3Andries gedoop in 1698 en oorlede 16 Des 1749.b4Helena BURGER gedoop 8 Jul 1701getroud met Jan (Johannes) OLIVIER seun van Hendrik Corneliszoon OLIVIER {a2} en Beatrix Guiberthe VERWEY, 18 Apr 1717. Jan is gedoop 7 Nov 1683 in Kaapstad.
b5Jacobus , gedoop 3 Apr 1704.
Sien webwerf van Burger op mweb (onder 'shortcuts')
Sien nota's van Karel Schoeman, p.243
Berndt BURGER was die stamvader van hierdie familie. Sy oorspronklike van was Burcherdt. Hy was van die onafhanklike hawestad Lübeck. Hy was alreeds voor 1690 by die Kaap. Hy het as 'n smid gewerk van 1688 tot 1704. Op 31 Maart 1688 word Berndt aangekla weens oproerige gedrag. Hy het vier slawe en een perd besit. 1699 - 1700 dien hy as 'n lid van die Heemraad.
Hulle het die volgende plase gehad:Gottfried Meyhuizen het die plaas Landskroon (Agter Paarl)besit maar weens sy mishandeling van 'n slaaf word hierdie eiendom hom ontein. Toe in 1697 koop Burger die plaas Landskroon (Agter Paarl). In 1699 kry hy ook die plaas Leeuwenjagt (Agter Paarl).Hy was getroud met Maria van der MERWE, dogter van Willem Schalk van der Merwe en Elsje Cloete. Hulle het die volgende kinders gehad:
b1 Barend gedoop 7 Sep 1692, X Margaretha Pasman
b2 Willem gedoop 28 Mei 1696, X Elsie van der Merwe
b3 Andries, X 14 Apr 1720 Maria van der Merwe, XX 12 Jan 1727 Martha Mouton
b4 Helena gedoop 8 Jul 1701, X 31 Jul 1730 Jan Olivier
b5 Jacobus gedoop 3 Apr 1704, X 31 Jul 1730 Geertruida ScheepersBerndt Burger sterwe in 1705 en sy vrou, Maria van der Merwe trou toe met Lambert Smit.
Bronne:
Heese en LombardJG le Roux & WG le Roux Ons Drakensteinse Erfgrond: Agter PaarlGC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
Vanaf Richard BALL se webwerf:
Barend Burger, blacksmith, farmer at Drakenstein of Leeuwensjagt and Landeskroon, Paarl Diamant Heemraad at Drakenstein (between 1699 and 1701)
died before 5 October 1705
Inventory of Estate dated at 5 october 1705
Notes: There are several examples of his signature extant - I cannot decide if he signs his name Barendt or Berndt. His surname he consistenly signs as Borghert or Borchert. Since his children all signed their surname as 'Burger' and the Dutch records always give his name as Barend, I have comprimised and use the form of his name above. He first appears in the muster rolls and the Opgaaf (tax) rolls of 1688 living in the Cape district as a single man. He continues in the Cape throught 1690 and 1691 but in these years no wives were listed and then in 1692 we find him with his wife, named as Maria Schalk and one child. In the opgaaf rolls of 1692, he is also listed together with his wife and one child, still living in the Cape District. From 1693 they appear to be living in Drakenstein, still with one child in that year, with two sons in 1695. In 1698 they have three chldren and in 1700 four sons. In the muster rolls dated 23 January 1701, they have 5 children. The Opgaaf of 1705, usually in December, lists the widowed Marretie with five sons and one daughter, and the Inventory drawn up after in October 1705, after the death of Barend, confirms that their were six children then living. The children are given here as traditionally attributed to this couple and in the traditional order. I have tried to find what evidence exists and feel that that this construction of the family is probably correct. Much of the evidence is, however, slender or conjectural. Please see my notes ../notes/Burger_siblings.htm on this subject.
(circa 1691-1692)
Marritie Willemsdr Schalk
1675-circa 1709
BURCFIERDT, BERNDT (S) .-? Free smith. Maria v .d. Merwe .5 children. 1705 . (CJ 1122 under 2 .4.1694 ; CJ 1123 : 50 ; Letters desp . of 12 .5 .1705 ; G .R. nr. 69 under Burger.)
In die Generale Monster Rolle der Cavallerije en Infanterije vanStellenbosch en Drakenstein van den Jare 1705' is den E[dele] Capiteijn Barent Burgert' se naam deurgehaal en vervang met dié van Hercules des Pres. Langsaan is geëndosseer
Obiit in de maand Junij 1705' - Johan van Breda
Barend was the progenitor (stamvader) of the Burger family in South Africa. He was from Burcherdt - the independant port city of Lübeck in West Germany. He arrived in the Cape before 1690 and became a burgher in 1691.
In 1693 he was living in Drakenstein and later became the Captain of its "Burgher Dragonders".
He worked as a smith from 1688 to 1704. From 1699 to 1700 he was a member of the Heemraad.
He bought the farm "Landskroon" in Paarl in 1697. This farm was owned by Gottfried Meyhuizen, but his farm was repossessed because he mistreated a slave. In 1699 he also acquired the farm "Leeuwenjagt" in Paarl.
Janet's notes, '...van Lubeck, Duitsland; 1691 burger en smid; 1693 woon in Drakenstein, later kaptein v.d. burger-dragonders; ontvang in 1692 die plaas Leeuwenjacht, Agter-Paarl...' [3, 18]
|