Notes |
- From: Lorna
To:
Subject: Re: [GenForum] Jan Cornelisz en Maria KICKERS
Date: 16 August 2001 09:06
Andre,
Jan Cornelisz v Oudbeyerland x 22.5.1672 met Catharina Harmensz van Rhenen.
Hul het die volgende kinders gehad:-
1. Catharina =12.5.1675 ( daar was geen getuies nie) x Robert Jansz vanHoorn (H&L, H-I bladsy 470 en H&L, J-K, bladsy 75). Hierdie informasie is
moontlik te betwyfel
2. Cornelis = 29.11.1676 (getuies Francois Viljoen en Elsie Jacobs d.w.s.
Cloete). Het geen ander informasie oor hom nie
3. Anna = 29.3.1680 (weereens geen getuies nie). Ek vermoed x Jan Jacobsz
van Dyk; xx 7.11.1706 Johan Berhard Sicher (sien Hoge se German Personalia') xxx c1740 Bernardus van Biljon
In die Opgaafrolle van 1682 verskyn Jan Bombam en Cathryn Harmens se namemet 1 seun, 1 dogter en 'n kneg. In 1685 verskyn die name van Jan Cornelisz(Bombam) en Maria Kickart (sic) met twee kinders. Dit wil voorkom as of een dogter jonk gesterf het.
Jan Cornelisz se plaas het later deel geword van Adam Tas se plaas Libertas. Jan Jacobsz van Dyk het op Keerweder, Stellenbosch geboer (J vd Byl seEienaars van erwe in Stellenbosch 1693-1860). Keerweder het in 1706 JohanSicher se eiendom geword omdat (?) hy met Van Dyk se weduwee getrou het. Die enigste probleem is dat Jan van Dyk en Anna Jansz reeds vanaf 1692 in die Opgaafrolle verskyn wat beteken dat sy baie jonk moes gewees het met hul
troue- Ek kan die datum nie opspoor nie.
Groete
Lorna
From: Stoddart, Ria
To: GenForum lede (E-mail)
Subject: [GenForum] Jan Bombam - Jan Cornelis
Date: 16 November 2001 07:50
Daar is voorheen op die forum bespiegel oor die naam van Jan Bombam. Volgens die dagboek van Adam Tas was Jan Bombam (ek haal aan) die bynaam vir Jan Cornelis van Oud-Beyerland (vgl Minuten Justitiële Attestatiën, 1706onder 20 Oktober). Blykens grondbriewe het hy van 1683 af geboer op dieplaas waaraan hy, toe dit eindelik in 1689 aan hom toegeken is (OSF I, bl.12)die naam S"Libertas" gegee het (Libertas A, waar vandag "Vredelust" is,dus ten ooste van "oude Libertas"). Sy eerste vrou, Katrina Harmensz, met wie hy in 1672 getroud is en by wie hy drie kinders gehad het, het ontval; in 1683 is hy hertroud met Maria Kickers, wat hom na twee jaarverlaat het. Die plaas "Libertas" is saam met ander deur Jurgen Grimpverenig tot een groot geheel van 184 morg met behoud van die naam "Libertas". Dit was hierdie skone erfenis wat Adam Tas ten deel geval het toe hy in 1703 met die weduwee Grimp getroud is. (sluit aanhaling).
RIA
From: jean_leroux
To:
Subject: Re: [GenForum] KICKERS en egskeidings
Date: 10 March 2002 12:27
Alet, Jan Cornelisse, ook bekend as Jan Bombam, was afkomstig van Oudbeijerland in Nederland. Friedrich Both darenteen was afkomstig van Wangenheim by Gotha in Duitsland. Hulle was dus nie broers nie. Both word in 1685 vryburger en gaan boer om die kwart vir Cornelisse.Teen 1700 was Cornelisse uit sy vrou en uit sy plaas en hoogbejaard. Hy dagvaar Maria kickers vir egskeiding op grond van owerspel. Sy beken dat Both die vader van al haar kinders is. Geen verwysing na Appel of Visser nie. In haar verweer se sy dat Cornelisse haar daartoe aangemoedig het en self 'onbequaam' was. Sedert 1686 laat sy en Both gereeld hul kinders in die openbaar doop. Die feit dat Cornelisse haar eers 14 jaar later vir owerspel dagvaar laat mens wonder of daar nie rede vir haar verweer was nie. Let daarop dat Cornelisse die vader van drie kinders uit sy eerste huwelik was, gebore tussen 1675 en 1780. Sy onbekwaamheid was moontlik te wyte aan ouderdom. Maria se verhoudings met Appel en Visser is myns insiens nie bewys nie.
Vriendelike Groete,
Jean le Roux Paarl
In the Opgaafrolle of 1682 the names of Jan Bombam and Cathryn Harmens with one son, one daughter and a servant. In 1685 the names of Jan Cornelisz (Bombam) and Maria Kickart [sic] appear with two children. It appears that one daughter died young. In the Munster Rolls of 1695 Jan and Maria are listed as having 3 sons and 2 daughters, as well as 1 horse, 33 head of cattle, 100 sheep, 3 pigs and a 1000 vines.
By 1700 when Jan was already well advanced in years, he requested a divorce from his wife, Maria Kickers. She had a adulterous affair with Friedrich Both and admitted that Both had been the father of her children. In her defense Maria apparently stated that Jan had actually encouraged the affair and even that he was "incompetent".
From 1683 he farmed on a piece of land which he named S"Libertas" when it was eventually awarded to him in 1689 (Libertas A, where "Vredelust" is today, to the east of "oude Libertas"). Together with other farms it was united by Jurgen Grimp to one large farm of 184 morg and kept the name "Libertas". When Adam Tas married the widow Grimp in 1703 this fell into his possession.
>>>>>>>>>>>
Jan CORNELISZ van Oudbeijerland (ook bekend as Jan Bombam), trou op 22 Mei 1672 met Catharina Harmenz van Rhenen. (Kyk ook onder van Biljon).
Jan Cornelisz word ook as Jan Bombam in die Resolusies van die Politieke Raad, Vol V, p. 302 aangespreek. 'n Mens wonder waar die naam Bombam vandaan gekom het?
Volgens die dagboek van Adam Tas was Jan Bombam die bynaam vir Jan Cornelis van Oud-Beyerland (vgl Minuten Justitiële Attestatiën, 1706 onder 20 Oktober). Uit grondbriewe blyk dit dat hy van 1683 af op 'n plaas geboer het waaraan hy toe dit eindelik in 1689 aan hom toegeken is (OSF I, bl. 12), die naam Libertas gegee het (Libertas A, waar vandag Vredelust is, dus ten ooste van Oude Libertas). Sy eerste vrou, Katrina HARMENSZ, met wie hy in 1672 getroud is en by wie hy drie kinders gehad het, het hom ontval. Die plaas Libertas is saam met ander deur Jurgen Grim (ook heemraadslid) verenig tot een groot geheel van 184 morg met behoud van die naam Libertas. Dit was hierdie skone erfenis wat Adam Tas ten deel geval het toe hy in 1703 met die weduwee Grimp getroud is.
KINDERS
b1 Catharina =12 Mei 1675 ( daar was geen getuies nie) x Robert Jansz van Hoorn (Hees en Lombard H-I bladsy 470; en Heese en Lombard J-K, bladsy 75). Hierdie inligting is moontlik nie korrek nie:
In Capensis van Junie 2001 (
The Soetkoek Syndrome op bladsy 27) maak Mansell Upham 'n belangrike regstelling, naamlik dat Dr JA Heese 'n doopinskrywing van ene Catharina op 5 Nov 1684 verkeerd gelees het en dat die ouers nie Louis de Bor en 'n Catharina was nie, maar wel Kees de Boer (Cornelis Claasen) en sy vrou Catharina, 'n swart slavin. Ons vermoed dat hierdie Catharina met Robbert Jansz van Hoorn getroud was. Hierdie inligting is belangrik, want dit beteken dat Jan Cornelisz van Oudbeijerland (Bombam) en sy vrou Catharina Harmensz van Rhenen se kinders geen nasate gehad het nie.
b2 Cornelis = 29 Nov 1676 (getuies Francois Viljoen en Elsie Jacobs, geboreCloete).
b3 Anna = 29 Maart 1680 (weereens geen getuies nie). Ek vermoed x Jan Jacobsz van Dyk; XX 7 Nov 1706 Johan Berhard Sicher (sien Hoge se
German Personalia'), XXX c1740 Bernardus van Biljon. Haar ouers word in die doop inskrywing aangegee as Jan Bombam en Catharina Harmens aangegee.
In die Opgaafrolle van 1682 verskyn Jan Bombam en Cathryn Harmens se name met 1 seun, 1 dogter en 'n kneg. In 1685 verskyn die name van Jan Cornelisz (Bombam) en Maria Kickart (sic) met twee kinders. Dit wil voorkom of een dogter jonk gesterf het. Jan Cornelisz se plaas het later deel van Adam Tas se plaas, Libertas, geword. Jan Jacobsz van Dyk het op Keerweder, Stellenbosch geboer (Sien J vd Byl, Eienaars van erwe in Stellenbosch 1693-1860). Keerweder het in 1706 Johan Sicher se eiendom geword, aangesien hy waarskynlik met Van Dyk se weduwee getrou het. Die enigste probleem is dat Jan van Dyk en Anna Jansz reeds vanaf 1692 in die Opgaafrolle verskyn, wat beteken dat sy baie jonk moes gewees het met hul troue.
Jan CORNELISZ trou in 1683 met Maria KICKERS, maar sy verlaat hom na twee jaar. Hulle skei in 1700 weens haar owerspel (Sy het toe alreeds een kind by Ferdinandus Appel gehad en sewe kinders by Frederik Botha met wie sy toe as man en vrou saamgelewe het, Kyk ook onder Botha)
22 Januarij 1700 - CJ 3, 22). Op daardie geleentheid (voor die hof vir die skeiding) bewaar sy vrou :
De gedaagdesse antwoordende, segt en bekendt
all hare kinderen staande huwelijck, niet bij
den eij[se]r haren man; (vermits desselvs onbequaamheijdt)
maar bij een ander, te weeten den voorn[oemde] Frederick
Boot, te hebben geprocrëeert
>> Sy het geetrou met Jan Cornelis 11.7.1683, en was van hom 22 Jan 1700 geskei - hy kon weer trou maar sy nie (omdat sy skuldig gevind was).
In 1713 het Jan Cornelisz Outbeijerland gesterf (sonder om weer te trou) en toe kon Maria Kickers, weer trou
Dit is nie net Pama en De Villiers wat dit verkeerd het nie, ook 'n voetnota in die Resolusies van die Politieke Raad.
Daar word beide die skei jaar en die trou jaar verkeerd gegee: Jan Cornelissen ook bekend as Jan bombam was met Maria Kickers getroud. Hulle is in 1700 geskei, aangesien sy toe reeds sewe kinders van Fred. Botha gehad het, met wie sy in 1714 wettig getroud is.
Dit is interesant dat daar soms na haar verwys was as Maria Bombam
dit het self gebeur nadat sy met Botha getroud was.
- (Research): Jan CORNELISZ van Oudbeijerland (ook bekend as Jan Bombam), trou op 22 Mei 1672 met Catharina Harmenz van Rhenen. (Kyk ook onder van Biljon).

|