Notes |
- Alternative date: 29.7.1649
Sy kom vanaf Delft Nederland
From: HCV
To:
Subject: [GenForum] WINGERDGRIEP
Date: 29 September 2001 04:48
Beste Mark
Dankie vir die verwysing. (Hier kom nou 'n paar geraamtes uit die kas....)
Volgens Capensis 4/99 is die resolusies die eerste keer in 1825 in Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift gepubliseer. Ek haal aan uit Capensis:
"Extract van het gepasseerde in die Kerkelyke Vergadering, gehouden aan Stellenbosch den 27 Sept. 1700.
Geresolveerd om aanstaande Sondag, over veertien dagen, des H.H. Avondmaal te houden.
In het leren bevonden en geresolveerd, dat Anna Maria Holst, haar dronkenschap zou scherpelyk voorgehouden worden, met bedryging, dat, indien volhard, haar te suspenderen, en 't Avondmaal te ontzeggen.
Arriaantze Jans, over dronkenschap sou werden berispt. Wemmer Pasman en Cornelia Cempenaar, voor die laatste maal, ernstig zouden werden aangesproken over haar dronkenschap.
Jan Janse Swart en zyne huisvrouw Grietze Clase Koen, over kwaad huishouden en dronkenschap gesuspendeerd tot beterschap toonen.
Coenraad Cyffer, Jacobus van Driel en de vrouw van Andries de Noordman, aan te spreken.
Aldus gedaan gen gepasseerd, dato als boven.
Resolusie van 28 Maart 1701:
"Is geresolveerd den 17 April den H.H. Avondmaal te houden.
Wemmer Pasman en syn huis vrouw in 't suspens gecontinueerd.
Arriantje Tol, in het suspens gecontinueerd.
Jan Jansse Swart en Grietje Claasse Koen, in het suspens gecontinueerd.
Aldus gedaan en gepasseerd in onze ordinaare Kerkelyke Vergaedering, dato als boven."
Einde aanhaling. Dan volg die handtekeninge van Hercules van Loon, van der Byl TT, Jacob van der Heyde.
In voetnotas gee die Capensis skrywer meer besonderhede oor die individûe:
Anna Maria Holtst is waarskynlik die weduwee van Hans Jacob Huben/Huber.
Arriaantze Jans is die vrou van Jan Smit, later x Andries Kuyper.
Cornelia Cempenaar was die weduwee van Francois Villion; trou as weduwee met Wemmer Pasman.
Jan Janse Swart was skynbaar afgedank as scriba (moontlik agv sy drankprobleem)
Andries de Noordman was ook bekend as Andries Olofssen/Oelofsen.
Groete
Christo
----------------------
Sy was Adriaantje Tol. Na haar man se dood het sy as rietkapper 'n inkomste verdien (De Wet se Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting p.84). Die kerk het haar onder sensuur geplaas oor haar misbruik van drank.
-----------------
Adriana Tol
of Oudenlangendijck, Delft later, of Stellenbosch, Cape of Good Hope born 1656, Delft baptized 16 July 1656, Nieuwe Kerk, Delft died after 1722
Notes:
In the marriage entry in the Stellenbosch register for her later marriage to Andries Cuyper, she is described as being from or of Delft 'van Delft'. I have assumed that the Aryaentje Tol who was baptised on 16 July 1656 in the Nieuwe Kerk, Delft, is the same person as the Adriana Tol who, by 1688, was living in the Cape. I have not yet discovered any proof positive of this but for my reasoning see my notes <../notes/note_tol.htm>. On 22nd December 1685, named as Adriana Jacobsz. Tol, the wife of Johannes Smit, soldier, she appeared before the Delft Weeskamer and stated that she was now supported by her husband. She declared that her mother had raised and provided for her properly; she thanked her for her good care and freed her of any further obligation. From 1692 through to 1695 she is listed in the muster rolls as living in Stellenbosch with Jan Smit, but from 1696 she is listed as his widow. On the 29th June 1700, the Stellenbosch Church Meeting suspended her from church services for a year. The reason is not stated other than that she is admonished to live a better life. Unfortunately none of the earlier Stellenbosch Church Meeting minutes, which might have contained a previous warning, appear to have survived. A year later, on the 28th March 1701, her suspension was continued.
married (1) 4 January 1682 at Schipluiden (this date is not certain)
( see notes <../notes/smit_sennen_note.htm> for circumstances surrounding their marriage)
Johann Ahlers Databasis
Drie jaar na haar man se dood het sy 'n dogter: Johanna, gedoop te Stellenbosch op 20 Julie 1700. die vader is onbekend. Sy trou op 11 Januarie 1705 met Andreas Kuyper van Nederland. Geen kinders.
<http://www.archief.delft.nl/>"Daar vind ek die volgende:doop:Adriana Vader Jacob Tol Moeder Lijsbet Dircx Getuige: Pleunis van der Piet, Barbara van der Piet,Engelken Gijsenbiers. Plaats Delft Datum doop 29-07-1649DTB Delft inv.nr.56 Doopboek Nieuwe Kerk, folio 164 v***trou:Johannes Smits met Adriana Tol Plaats Delft Datum ondertrouw 25-10-1681 Datum trouwen 20-12-1681Delft inv. nr.132 Ondertrouwboeken Gerecht Delft inv. nr.75 Trouwboek Nieuwe Kerk
Na haar man se dood versprei die weduwee, Adriana, die woord dat Jan Cloete haar van haar man ontneem het. (Sy kon waarskynlik nie die feit aanvaar dat Cloete skotvry daarvan afgekom het nie). Die Cloete-ouers het nie met haar gerugte verlief geneem nie, en eindelik het Adriana na ‘n lang ondersoek ‘n dokument moes onderteken waarin sy die opregtheid van die Cloetes aanvaar en ook die onderneming gee om nooit weer sulke kwade gerugte te versprei nie. Sy het volgens die dokument self aanvaar dat Jacob Cloete nie vir haar man se dood verantwoordelik gehou kan word nie. (Of die volle waarheid geseëvier het, sal ons nooit met sekerheid weet nie. Feit is dat Adriana Smit – nou ‘n weduwee met ses kinders -- aanvanklik nie die nodige gemoedsrus aangaande die omstandighede rondom haar man se dood kon kry nie).
Die droefheid van die familie eindig nie hier nie, want ongeveer drie jaar later raak die weduwee, Adriana, as ‘n ongehude vrou swanger. ‘n Dogtertjie, Johanna, word op 20 Junie 1700 in die kerk op Stellenbosch ten doop gebring. Die naam van die vader word nie in die doopregister ingevul nie. (Dit kan blote nalatigheid aan die kant van die persoon wat die doopregister ingevul het wees, maar moontlik was Adriana onwillig om die naam van die vader bekend te maak. Of sy toe reeds met Adriaan Kuiper -- haar latere tweede man -- ‘n verhouding gehad het, sal ons maar net kan raai).
Voorts is die name van die twee getuies, ene Joggum sa sachs en Martha le Febre, in die doopregister ingeskryf. Die hele inskrywing is in die onderste regterhoek van die bladsy ingedruk. Waarskynlik as gevolg hiervan, word die moontlike tweede naam van Joggum slegs as sa geskryf. (‘n Ander moontlikheid is dat dit slegs ‘n eerste poging was om die van sachs te skryf). Joggum [Joachim] kon dus moontlik die tweede naam Salomon, Sacharias, Sarel of enige ander derglike tweede naam wat met die letters sa [Sa] begin het, gehad het. Die kombinasie Joachim Salomon kom redelik dikwels in Duitsland en ander lande voor, en hoewel daar nie ‘n Joachim Salomon Sachs onder die vroeë Duitse immigrante na die Kaap was nie, was daar wel ‘n Joachim Sachs wat in 1705 gedeporteer is. Was hierdie Joachim Sachs miskien die getuie?
Dit is nie bekend of Johanna haar moeder (Adriana) se nooiensvan, Tol, of wel haar vader se van, Smit, gedra het nie. Voorts is daar onsekerheid, maar ook sterk twyfel of Johanna wel lank gelewe het, want tot en met Adriana se hertroue, en daarna, word daar geen verdere melding van Johanna in enige ander ou dokumente aan die Kaap gemaak nie.
Adriana se probleme het nie met die geboorte en doop van haar kind, Johanna, tot ‘n einde gekom nie. Nege dae na die kind se doop op 29 Junie 1700, word sy ná ‘n vergadering van die Kerk in Stellenbosch onder kerklike tug geplaas. Sy word van haar regte ontneem om vir ‘n jaar lank enige kerkdienste by te woon. Die Kerk het haar ernstig versoek om ‘n “beter lewe” te lei (wat dit ook al mag beteken het). Bewyse bestaan dat haar tug op 28 Maart 1701 nog nie uitgedien of herroep was nie, maar ongelukkig het alle kerkdokumente wat verdere lig op die saak kon werp, verlore geraak.
(Of dit ‘n vroeëre “toesmeer” van gebeure, of bloot net gebrekkige navorsing was, weet ons nie. Maar navorsing van die verlede beweer dat Jan Smit eers in 1704 oorlede is en dat die weduwee, Adriana, op 11.01.1705 met Andries Cuyper (Cuijper/ Kuyper/Kuiper) -- ‘n skeepsskrynwerker van Stettin, in Nederland -- op Stellenbosch getrou het. Hulle het geen kinders gehad nie en het gedurende Junie van 1705 in die omgewing van die huidige Jonkershoek gewoon. Volgens alle aanduidings is Andries Cuyper waarskynlik reeds voor die jaar 1722 oorlede.
Die vroeëre bewese gebeure rondom die dood van Jan Smit, die kerklike tug van Adriana, en die geboorte van Johanna, weerlê natuurlik geheel en al hierdie ander en meer “sagte” weergawe van die weduwee Adriana Smit se lewe na Jan Smit se tragiese en ontydige dood tussen 1 en 6 Oktober 1696).
Die weduwee, Adriana Kuyper, sterf waarskynlik ‘n geruime tyd later as 1722, maar geen presiese datum kon tot dusver aan haar dood gekoppel word nie.
Afkomstig van Delft. Trou op 11.1.1705 te Stellenbosch met Andreas KUYPER van Stettin.
Christened:
- Alternative date: 29.7.1649
|