Notes |
- Jacob Jacobus Greeff boer op die plaas Greeffsput wat hy van sy skoonpa Stephanus Johannes Hyman gekry het. Die plaas Greeffsput was deel van n groot plaas met die naam Blinkfontein van 32,000 morg wat aan sy skoonpa Hyman behoort het. Die plaas het hy toe weer onderverdeel aan sy seuns en dogters op die manier het my oupa Jacob Jacobus Greeff die plaas Greeffsput bekom. Die name van die plaase is na die onderverdeeling Bucklesgraaf, Rooilaagte, Vaalbult, Potdans, Pouwpan, Greeffsput & Swartkopspan. Greeffsput is n skaap plaas 3,600 hektar groot en is gelee op die pad van Marydale na Boegoebergdam, ongeveer 12km na jy van die hoofpad gedraai het tussen Upington en Marydale
|