Notes |
- Landed in the Cape amongst the first French Hugenots
Arrived on the ship "Vrijheit" on 23 June 1686 two years before the main stream Huegenots. Reputed to be the second Huegenot to put his feet on Cape soil.
Farmed on "Aan 't Pad", later known as "Cloetesdal", now the suburb "Cloetesville" in Stellenbosch. He also owned the farm "Watergang", across the Plankenburgriver bordering "Aan't Pad" next to present "Kaya Mandi". Also "Valley Lustre" near Stellenbosch from 1700 to 1710. "Sonquas Doordrift" at Bergrivier was awarded to him by Governor Willem Adriaan van der Stel 0n 26 September 1704.
It is significant that Guillaume du Toit used Dutch names for his farms and he also signed his name Gilliam according to the Dutch form. Guillaume dug his roots in deeply in his new fatherland. He was Church council member as well as heemraadslid and played an important role in the burghers struggle against W.A. van der Stel. He was captured and detained on a ship prior to being banned to Mauritius. Family legend says that this was the deathknell to his health.
C.C. de Villiers in his monumental genealogical work, "Geslacht-register der Oude Kaapsche Familien" (published in 1894) allocated three daughters to Guilluame and Sara. (Actually they had only one daughter). C. Pama and all the genealogists that came after him just followed him. Adam Tas mentions in his diary the young ladies Van der Bijl, Gertruida and Emma, daughters of Pieter van der Bijl and Hester Terwinkel and "nonje" (singular) du Toit. Guillaume du Toit and Adam Tas regularly visited each other, and also drank, smoked and ate together.
According to the testament of Sara Cochet, drawn up on 4 January 1711, her children, Abraham de Klerk, Jannetjie de Klerk, Joost de Klerk and Helena du Toit were to be her heirs. When she passed away two years later, Joost de Klerk and Helena du Toit had already passed away. Helena's children, Guillaume, Johannes and Johanna (Barbara) Oberholster inherited their mothers portion from their grand-mother
Cloete:
Francois du Toit Twee broers, met name Francois en Guillaume du Toit, het na Suid- Afrika gekom. Beide was afkomstig van Ryssel (Lille). Melding word ook gemaak van 'n broer, Bruno, en 'nsuster, dog dié het Suid-Afrika nooit bereik nie. In 1690 het die broers 'n toelaag ontvang uit die Bataafse Fonds.
Waar Francois hom aanvanklik bevind het, weet ons nie. Moontlik het hy sy broer met die boerdery gehelp. In 1692 is De Kleine Bos (Kleinbosch) in Daljosafat aan hom toegesê en in 1695 het hy dit as vaste eiendom verkry. In 1690 is hy getroud met 'n Hugenotemeisie, Susanne Seugnet, wat met haar twee susters, Claudine en Jeanne, in 1689 in die Kaap aangekom het. Hy het dus De Kleine Bos kort na sy troue verkry. (Die Hugenote Gedenkskool is in 1883 op Kleinbosch in gebruik geneem). Hy het baie eikebome daarop geplant. Honderd jaar later was daar nog van die bome te sien. Hulle was so dik dat vier mans dit nouiiks kon omvat.
Op die 12de Februarie 1690 is Francois in die huwelik bevestig met Susanna Seugnet, van St. Onge. Die egpaar het op die plaas Soetendal gewoon, en van hom word vertel dat hy die Goewerneur gevra het om die Dal (wat tans bekend is as Dal Josaphat) aan hom te verkoop, maar omdat oorkant die Bergrivier baie Boesman en Hottentotkrale was, het die Goewerneur geweier en gesê dat Du Toit vermoor sou word. Hy het egter volgehou en die Goewerneur het dit eindelik afgestaan, met die woorde "Jy moet jouself verdedig, ek staan nie borg vir jou veiligheid nie."
Die Boesmans het Du Toit vreeslik gepla en bitterheid veroorsaak deur voortdurend sy vee te steel. Dikwels het hy en sy bure die rowers agternagesit. Die manne was gewoonlik in twee klompe verdeel en het dan die klowe ingesteek. Wie eerste by die groot bos kom, moes gewoonlik 'n trompetter blaas. Die plek het later bekend geword as Trompettersbos. Omdat die Du Toits die eerste was wat Du Toitskloof deurgegaan het, het dit later dié naam gekry. Terwyl die mense op die plaas op 'n dag besig was, het 'n klein Boesmantjie daar aangestap gekom. Die Boesmans was baie bevrees vir die witmense, maar die een was deur honger gedryf om kos te kom soek. By nader ondersoek is bevind dat pokkies in die kraal van die Boesmans uitgebreek het en dat almal behalwe die kind daaraan oorlede is. Die gesin het die Boesmantjie gevang, mak gemaak en in hul diens gebruik.
Soos sy broer Guillaume het hy 'n belangrike rol in die gemeenskap gespeel. Hy was 'n sterk opponent van goewerneur W. A. van der Stel. Hy was ook 'n heemraad vir Stellenbosch en Drakenstein. Met sy boerdery het dit blykbaar heel voorspoedig gegaan, want hy was uiteindelik die eienaar van drie phase, De Kleine Bos, Zoetendal in Wagenmakersvahlei (Wellington) en Limiet Rivier aangrensend aan Zoetendal. Hy was een van die suksesvolste graan- en wingerdboere aan die Kaap. Hyis in Oktober 1731 oorlede.
Was Guillaume en Francois du Toit werklik Hugenote? Of was hulle afstammelinge van Hugenote? Ons weet reeds dat daar vanaf 1605 Du Toits in Leiden was. Is die broers nie maar net die nageslag van hierdie familienie? As ons die lys van toekennings aan Hugenote hierbo genoem vergelyk, is dit duidelik dat sowel Guillaume as Francois wel finansiële ondersteuning as Hugenote ontvang het.
Francois was spoedig 'n vername boer en is benoem tot Heemraad van Drakenstein. Daarby was hy ook ouderling van die gemeente. Hy en Guillaume het 'n lewendige rol gespeel in die opstootjie wat daar geskied het tussen die Goewerneur en die Koloniste oor die klagbrief van Adam Tas. Onder datum van die 20ste Des. 1706 vertel Tas dat hy daardie dag by Francois du Toit die ete geniet het. Dieselfde nag is hy gewek deur die geklop van Abraham Bleusei, wat van Drakenstein gery het ("trouwhartig stuk," meld Tas), om Tas mee te deel dat vyftien Franse daardie dag aan die huis van Du Toit was en dat die Landdros besig was om die boere te beweeg om 'n geskrif te laat teken ten gunste van die Goewerneur. Eers is hulle met beloftes toegespreek, meld Bleusei, naderhand met dreigemente, maar hulle kon Du Toit nie beweeg nie. Eindelik was die Landdros so "ervloekt gram dat hy besurf in sy tronie en bevende 't schrift voorlas." Ook is die deur gesluit en iemand daar gestel om dit op te pas. Niemand wou egter teken nie, en Tasvoeg daarby: "Ik wil wel hoopen die lompen sehoft op meer plaatsen so sal vaaren."
Sowel Guillaume as Francois is gevolglik gelas om voor die geregshof te verskyn in verband met die ondertekening van die klagbrief, maar hulle het geweier om aan die versoek te voldoen en het saam met sewe ander burgers na die Vier-en-twintig Riviere gevlug. In hul afwesigheid is die vonnis uitgespreek, nl. dat hulle vir 5 jaar na Mauritius verban word. Elkeen is ook 'n boete opgelê en verbiedom ooit weer 'n militêre o politieke pos te beklee. Die Goewerneur het alles in sy vermoë gedoen om die manne terug te kry, maar tevergeefs. Guillaume en Francois het, na dit blyk, vriende gehad onder die dienaars van die Goewerneur endié het die Du Toits in 'n brief wat hulle aan die manne geskryf het, aangeraai om nie terug te keer nie.
Bronne: Kannemeyer, AJJ: Hugenote-familieboek, 1940 en Coertzen, P: Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988,1988
Broer van die stamvader Francois du Toit. Met net 3 dogters laat hy nie 'n verdere du Toit nageslag nie. Hy het openlik die klagskrif na Batavia teen Willem Adriaan van der Stel geteken, en dit selfs voor die goewerneur in die Kasteel verdedig deur te sê dat sy gewete en meegevoel vir die samelewing hom daartoe gedwing het, en nie eiegewin nie. Adam Tas skryf hiervan "t'Was te wenschen datter wat veel sulken patriotten waren."
Hy word in Maart 1708 in sy huis deur ses soldate wat twee deure afskop gevang - hy moes siek uit die bed opstaan en met hulle saam na die Kasteel waar hy "gevange geset binne 't Kasteel op de punt Orange". Hy word verban na Mauritius toe, maar voor hulle hom kon stuur word Van der Stel self verban uit die Kaap. Hy bly tot en met sy dood in 1710 saam met Sara op sy plaas "Aan't Pad" (Cloetesdal) net buite Stellenbosch.
Du Toit,Guillaume �voor 1710 :van Ryssel, in Frans Vlaandere, broer v.d. stamvader Francois du Toit, aankoms 1686 met skip
Vryheit''; hy het die plaas
Aan't Pad'' in distrik Stellenbosch aangelen dien as heemraad van Stellenbosch ±FR1886[4338] 16.05.1688 Kaapstad
Bron: UPEGIS

Van was oorspronklik 'du Toict' wat 'van die dak' beteken. Het saam met sy broer Francois die Kaap bereik. Hulle het beide hul van as Een woord geskryf.
Hy kom na die Kaap met sy broer Francois in die
Vryheit' en land op 23.6.1686. 16.5.1688 trou "Guiliam du Toit vryborger aan Stellenbos jongman met Sara Cochet weduwe van Pieter de Klercq geboortigh van Ost Zouborgh." Hy boer op Aan 't Pad (Cloetesdal). [33]
- (Research):Guillaume and his brother Francois were the progenitors (stamvaders) of the Du Toit family in South Africa. They arrived in the Cape in 1686 on the ship "Vrijheit". He was reputed to be the second Huguenot to put his feet on Cape soil.
He settled on the farm "Aan't Pad" in Stellenbosch, later known as "Cloetesdal", now the suburb Cloetesville in Stellenbosch. He also owned the farm "Watergang", across the Plankenburgriver bordering "Aan't Pad" next to present Kaya Mandi. Also "Valley Lustre" near Stellenbosch from 1700 to 1710. "Sonquas Doordrift" at Bergrivier was awarded to him by Governor Willem Adriaan van der Stel on 26 Sep 1704.
He was a member of the church council as well as the Heemraad.
The 2 brothers received financial aid from the Huguenots and in 1690 they received an allowance out of the Batavian Fund.
They were both strong opponents of governor Willem Adrian van der Stel and played an active part in signing the petition of Adam Tas. The result was that they were both asked to appear in court, but they refused and fled with 7 others to the Vier-en-Twintig Riviere. He was captured and detained on a ship prior to being banned to Mauritius.
Guillaume du Toit and Adam Tas regularly visited each other and also drank, smoked and ate together.

|