Notes |
- Arrived at Cape 1695 as soldier, burger 1697, farmer in Drakenstein, adventurious life, was banned to Mauritius in 1701 due to assault on Jan Bothma, escaped to the interior, was in 1710 sentenced to 4 years forced labour as a result of mishandeling of a slave and thereafter sentenced to permanent banishment to Europe, there he again entered service with the H.O.I.K. and was back at the Cape in 1717. On arrival was banished to Robben Island.
Bekker(Becker),Pieter(Peter) *1673 +Robbeneiland tussen 1742 en 1747? :van Koningsberge, aankoms 1695 as soldaat, burger 1697, boer in Drakenstein, avontuurlike lewe, word verban na Mauritius 1701 weens aanranding op Jan Botma, ontsnap na die binneland, word 1710 weens mishandeling van 'n slaaf tot 4 jaar dwangarbeid en daarna permanente verbanning na Europa gevonnis, tree daar opnuut in diens van die H.O.I.K., 1717 terug in die Kaap, word by aankoms na Robbeneiland verban ±DU1695 [5354] 1699 ?? x De Clerq(De Klerk),Jeanne(Johanna/Jannetjie) =03.05.1676 :van Serooskerke op Walcheren, Zeeland ±HO1688 [1715] weduwee van Andries Cow
bl Name van die eerste kinders onbekend b2 Hester, ~5.9.1700, x Alewyn Smit b3 Helena, ~24.12.1701 x Jacobus Wilhelmus de Wet b4 Stephanus,~16.8.1705, burger Drakenstein. x 19.6.1729 Sara Olivier
From: Ferreira / Meyer / Van Wyk
To:
Subject: Re: [GenForum] PIETER BEKKER/JEANNE DE CLERCO
Date: 09 October 2001 04:34
http://www.geocities.com/sa_stamouers/
onder "Stamouers of South Africa" vir goeie inligting ivm met verskeie voorouers, soos BEKKER hieronder!!
Soms weergegee as Pieter Bekker. Hy het in 1695 as soldaat in die Kaap aangekom en hier 'n baie avontuurlike lewe gelei. In 1701 is hy na Mauritius verban, maar slaag daarin om te ontsnap en in 1710 is hy terug in Drakenstein. In dieselfde jaar is hy na Europa verban, maar het weer in 1717 in die diens van die VOC na die Kaap teruggekeer. By sy aankoms in die Kaap is hy opnuut verban, hierdie keer na Robbeneiland, waar hy tussen 1742 en 1747 oorlede is.
STAMVADER
Pieter BEKKER
Pieter BEKKER gebore c 1673. Hy arriveer aan die Kaap 1695, hy was van Köningsberg. Hy trou met Johanna DE KLERK, sy was die weduwee van Andries Gous. Johanna was die suster van Abraham de Klerk. Johanna was die dogter van Pieter le Clercq en Sara Cochet. Daar was 'n suspisie dat Bekker vir Gous vermoor het, maar dit is nooit bewys nie. Johanna was die suster van Abraham de Klerk en die dogter van Pieter le Clercq en Sara Cochet.
KINDERS
b1 Gideon gebore 1698, jonk oorlede
b2 Hester gedoop Stellenbosch 5 Sep 1700, X Alwyn Smitb3 Helena gedoop Paarl 24 Des 1701, X Jacobus Wilhelmus de Wetb4 Stephanus gedoop Stellenbosch 16 Aug 1705, X 19 Jun 1729 Sara Olivier
b5 Dorothea gebore 1708b6 Marthinus gedoop Stellenbosch 14 Des 1710, X 4 Jan 1736 Johanna Pretorius
In 1701 word Pieter verban na Mauritius omdat hy Jan Stevensz Botma aangerand het. Voordat hy weggestuur was vlug hy die binneland in. Hy moes redelik naby aan sy huis geskuil het want sy vrou het gereeld kinders van hom. Uiteindelik vang hulle hom vir die wreede behandeling aan sy slaafin Maria van Ceylon. Nadat Bekker vir Maria geslaan het, het hy dele van haar liggaam met "pickle" gesmeer en haar toe bo die vuurkaggel gehang. Stukke van Maria se vleis het afgeskeur en afgebrand as gevolg van hierdie behandeling. Hierdie keer word hy verban vir 4 jare hardepad en word na Europa gestuur. Pieter sluit aan as 'n soldaat in die VOC en is weer terug in die Kaap in 1717. Binne 'n jaar word hy inhegtenis geneem en na Robbeneiland gestuur.
"In 1702 kry Hercule en Francois du Pré en Pieter Becker dit met hom (Daniel Hugot) aan die stok. Daar het rusie ontstaan oor 'n Hottentotskraal naby sy wingerd en skade verrig deur die vee. Dit loop uit op "slaagen" homtoegedien deur Becker." In J.L.M. Franken, Die Hugenote aan die Kaap (Argiefjaarboek van Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1978) p. 165.
In 1710 word hy vir die uiters wrede mishandeling van sy slavin, Maria van Ceylon, gevang. Maria word net na die Paastyd vir drie dae lank deur Pieter en sy vrou, Johanna, gemartel "om het niet wel schoon maken van een pan". Op die eerste dag is Maria op 'n leer vasgebind en vir ure lank met 'n kweperlat geslaan. Die aand het Bekker, sy vrou en sy kneg, Matthijs Craal, kaart gespeel en saam wyn gedrink. Daarna het Bekker sy degen uitgehaal, dit op die tafel neergesit en aan Maria gesê: "Ik moet mijn plaisier nogh wat met jou nemen". Hierna het hy met elke teug wyn wat hy geneem het, haar terselfdertyd met die degen 'n hou op haar lyf gegee.Nadat haar liggaam met 'n mengsel van uriene en sout gewas is, is sy gedwing om vuur in die vuurherd te maak. Daarna het Bekker 'n waketting, waaraan 'n stuk houtblok was, om haar nek gedraai. Die res van die ketting is styf om haar lyf vasgetrek en die punt is aan die ketting wat in die vuurherd gehang het, geheg. Die hitte het later so intens geword dat "als de baas en de Hottentot (waarskynlik die Khoi, Jochem) haar't lighaam waschte een stuk vleijs van haar bil [boud] afviel". Maria het die stuk vleis opgetel, waarop Johanna aan haar gevra het: "Wat wil je daar me[e] doen? Kom, vreet het nu". Maria is hierna gedwing om 'n lang ruk daaraan te kou en toe dit na Johanna se mening lank genoeg geduur het, het sy vir Maria beveel om dit in die vuur te spuug. Hierna het die Hottentot op bevel van Bekker 'n tang geneem, en verdere stukkies vleis wat los gehang het, van haar liggaam afgetrek. Die res van Maria se verklaring sal liewer nie hier aangehaal word nie.Op die tweede dag is sy vir twee uur lank om die beurt deur Becker, sy vrou, die kneg en die Khoi, Jochem, gegesel. Op die derde dag vir nog 'n kwartuur lank. (Later het Bekker beweer dat die mengsel waarmee sy gewas was, as 'n genesingsmiddel bedoel was). Bekker het gereken dat hy alle mag oor Maria gehad het, en het hy haar selfs na haar verskriklike ondervinding, saam met hom na 'n ander boer geneem. Daar aangekom "kon zij nauwelijks lopen, stond bevend met gebogen knieën en stonk zo erg dat 'sij na oogenschijn haast de waereld soude moeten verlaten". Gelukkig het Bekker se mede-vryburgers nie met hierdie verfoeilike dade verlief geneem nie, en nadat dit onder die aandag van die landdros gebring is, is Bekker voor die Raad van Justitie gedaag. As vonnis word Bekker 'n straf vir 'n periode van vier jaar dwangarbeid in kettings op Robbeneiland opgelê. Na die verstryking van die vonnis, is hy as verdere straf uit die Kaapse vestigingingskolonie verban.In 1715, terug van Robbeneiland, daag Pieter Bekker sy vrou, Jannetie de Clerq, voor die Raad van Justitie. Hy beskuldig haar daarvan dat sy in sy afwesigheid (hoewel hy intieme besoeke van haar op die eiland ontvang het) in owerspel met die korporaal van die Land van Waveren geleef het, en dat sy selfs 'n kind van hom gehad het. Aangesien Johanna boonop nie saam met hom na Europa wou gaan nie, het Bekker die ontbinding van hulle huwelik ge-eis. Johanna het nie die eis teengestaan nie, en die huwelik is deur die Raad van Justitie ontbind. So eenvoudig was die uitslag van die saak egter ook nie. Bekker kry toestemming om weer in die huwelik te tree, en Johanna (as gevolg van haar owerspel) ontvang 'n swaar boete van 100 Rijksdaalders, en word boonop gelas om al Bekker se goedere wat sy in haar besit gehad het, aan hom terug te gee.Hierop verlaat Bekker die Kaap om sy vonnis as banneling uit te dien, maar dit wil voorkom asof hy ook hiervoor raad gehad het. Hy sluit as 'n soldaat by die VOC aan, en in 1717 bevind hy hom weer aan die Kaap. Hy word egter binne die eerste jaar in hegtenis geneem en na Robbeneiland verban.Sy gewese vrou ontvang in 1731 die plaas, Straatskerk, over Roodesand.
Bronne:
Heese en Lombard
M Cairns, The Secluded Valley: Tulbagh
J Hoge, Personalia of the Germans at the Cape.JLM Franken, "Dr J Hoge's Personalia of the Germans at the Cape", Africana Notes and News, Vol VI, no 1, Dec 1948.
Inligting verskaf deur Daniel Jacobs op SAGenealogieAd Biewenga, De Kaap de Goede Hoop -- Een Nederlandse vestigingskolonie 1680 - 1730, pp. 114,115 en 229.
Saamgestel deur:
AM van Rensburg en Alwyn P Smit.
Sy vrou kry die plaas "Straatskerk over Roodesand" in 1731.
Bronne:
Heese en Lombard
M Cairns The Secluded Valley: Tulbagh
Hoge Personalia of the Germans at the Cape
JLM Franken " Dr J Hoge's 'Personalia of the Germans at the Cape'" Africana Notes and News Vol VI no 1, Dec 1948
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
From: dmjacobs
To:
Subject: Re: [GenForum] PIETER BEKKER/JEANNE DE CLERCO
Date: 09 October 2001 10:42
Beste Alma
Ekself stam ook via die De Wets van hom af. Ek het op 'n stadium omvattende navorsing gedoen oor hom. Ek is egter betaal daarvoor en sal eers moet toestemming kry van my klieënt of ek die inligting kan deel met andernavorsers. In die Kaapse Argief (ek vermoed onder privaataanwinste) is 'n redelike uitgebreide dokument oor die Bekker-stamvader wat deur 'n ander navorser aan die argief geskenk is. Pieter Bekker was baie, baie geweldadig. 'n Hofsaak oor die aanranding op 'n slavin het behoue gebly.Sy mishandeling van die vrou was gruwelik. Dan het hy ook op 'n stadium amok gemaak by die jaarlikse Van der Stel dag op Stellenbosch en o.a. gedreig om die hoof van die destydse "army" - ek dink dit was Steven Bothma - se kop met 'n swaard af te kap - as ek reg onthou. Dit was waarvoor hy na Mauritius verban is. Hy het ook saam met ander gevangenes van Robbeneiland af probeer ontsnap. 'n Persoon wat omvattende navorsing doen oor genetiese siektes in SA het genoem dat hy 'n kandidaat is vir die inbring van Torette-sindroom onder Afrikaners (ek dra nie kennis van die siekte nie - so ek hoop nie ek trap op tone nie).
Ek vermoed, maar net hy was afkomstig van St Petersburg in Rusland - die stad het mos vroeër as Kalingrad en nog vroeër as Königsberg bekendgestaan.Ek vermoed die stad was op 'n stadium onder Duitse/Pruisiese beheer? Die stad was op daardie stadium waarskynlik die bekendste Königsberg in Europa.
Groete
Janet's notes, '..van Koningsberge, aankoms 1695 as soldaat, burger 1697, boer in Drakenstein, avontuurlike lewe, word verban na Mauritius 1701 weens aanranding op Jan Botma, ontsnap na die binneland, word 1710 weens mishandeling van 'n slaaf tot 4 jaar dwangarbeid en daarna permanente verbanning na Europa gevonnis, tree daar opnuut in diens van die H.O.I.K., 1717 terug in die Kaap, word by aankoms na Robbeneiland verban...'
Uit Philip Blignaut se webwerf kry ons die volgende:
Kom in 1695 in die Kaap aan. Hy kom op 16April 1695 in die Kaap aan. Soldaat in diens van die Kompanjie aan boord van die skip Voetboog. Word burger en boer in Drakenstein.
Hy het op 1 Oktober 1701 tydens 'n militêre parade in Stellenbosch voor almal aan veldkornet Jan Stevensz Botma van die Dragonders onderwie se bevel hy was, gesê dat hy nie diens wil doen nie. Hy het vreeslik luid geraas en geskel. Kaptein Olof Berg het hom 'n paar keer met 'n rottang geslaan. Pieter het wild met sy rewolwer begin skiet. Hy is op 10 November 1701 verhoor. Hy is skuldig bevind en is vir sy straf vir 10 jaar na Mauritius verban. Hy sou op Robbeneiland aangehou word totdat 'n vloot Tafelbaai sou aandoen om hom na Mauritius te neem. Hy het egter ontsnap en het die binneland ingevlug.
Dit is nie seker of hy openlik op sy plaas aangebly het nie, maar tussen 1702 en 1711 is daar nog vier van sy kinders gebore.
Pieter is in 1710 verdink dat hy twee van sy slawe so geslaan het dat hulle aan hulle wonde beswyk het. Hy het nie soos die wet dit verplig die sterftes by die Heemrade aangegee nie.
Pieter was baie wreedaardig en het gereeld vir Jannetjie en die kinders aangerand terwyl by besope was. Sy stiefseun Pieter Gouws het in 1710 voor die Raad van Justisie getuig dat sy stiefpa "een wreed en streng man is" en dat hy "soo menig maal de kinderen en de slaven slaat".
Pierre Mouy het getuig dat hy gedurende die nag van 26 April 1710 by die Bekkers oornag het. Hy het gesien hoe Pieter die slavin met kettings aan die vuurherd vasboei. 'n Slaaf van Jean Bevernagie is in opdrag van Pieter Bekker deur Pieter se slaaf so geslaan dat hy 'n groot wond aan sy kop gehad het. Pieter Gouws was ook teenwoordig. Pieter Gouws en een van Bekker se slawe het by Etienne Terreblanche gaan kuier en aan hom vertel dat Bekker hulle die opdrag gegee het om Bevernagie se slaaf te slaan.Toe hulle by die huis kom het Bekker hulle so geslaan en mishandel dat die slaaf kort daarna dood is.
Hy is uiteindelik in Mei 1710 in hegternis geneem vir die aanranding en dood van die slawe Andriesen Alexander ('n Khoi) en vir die mishandeling van sy slavin Maria van Ceylon.
Maria van Ceylon het getuig dat sy vir drie dae lank deur Bekker, sy kneg, Matthys Craal, asook die slaaf Frans en die Khoi, Joachem geslaan en gemartel is omdat sy nie 'n pan wou skoonmaak nie. Matthys Craal het ook getuig dat hy deur Bekker gedwing is om Maria met 'n kweperlat te slaan en haar daarna met menslike urine, sout en peper te was. Maria was op die derde dag aan die vuurherd vasgeketting en was so naby daaraan dat haar vel verbrand het. Die aand het Bekker en sy vrou Jannetjie saam met die kneg Matthys wyn gedrink en kaart gespeel. Maria is van die vuur verwyder en is gedwing om repe van haar eie vleis wat in repe deur Joachem met 'n tang afgetrek is, te eet. Daarna het Jannetjie haargedwing om van haar, Jannetjie, se urine, gemeng met fyn peper te drink en haar lyf daarmee te was.
Dit is baie duidelik dat Jannetjie glad nie so onskuldig was nie en het saam met haar man die slawe mishandel.
Bekker is op 25 September 1710 weens sy menige misdade tot vier jaar hardepad op Robbeneiland gevonnis en daarna lewenslank na Europa verban. Op 24 Januarie 1715 terwyl hy op Robbeneiland aangehou is, het hy aansoek gedoen om van Jannetjie te skei op grond van owerspel.
Jannetjie het erken dat sy owerspel gepleeg het met Mattheus de Maker vanaf Sas en dat sy ook terwyl sy Bekker op Robbeneiland besoek het met hom omgang gehad het. Die huwelik is amtelik op 7 Maart 1715 ontbind. Jannetjie was skuldig beving vir owerspel en is met 100 riksdaalders beboet.
Na voltooiing van sy straf in 1715 is Bekker na Europa gestuur. Hy het egter weer by die Kompanjie aangesluit en het op 20 Junie 1717 weer aan die Kaap aangekom. Hy is dadelik gearresteer toe hy aan wal stap.
Die kompanjie was so ontevrede dat Bekker sy verbanningsbevel gebreek het dat hulle hom…
Pieter Bekker was baie, baie geweldadig. 'n Hofsaak oor die aanranding op 'n slavin het behoue gebly. Sy mishandeling van die vrou was gruwelik. Dan het hy ook op 'n stadium amok gemaak by die jaarlikse Van der Stel dag op Stellenbosch en o.a. gedreig om die hoof van die destydse "army" - ek dink dit was Steven Bothma - se kop met 'n swaard af te kap - as ek reg onthou. Dit was waarvoor hy na Mauritius verban is. Hy het ook saam met ander gevangenes van Robbeneiland af probeer ontsnap. 'n Persoon wat omvattende navorsing doen oor genetiese siektes in SA het genoem dat hy 'n kandidaat is vir die inbring van Torette-sindroom onder Afrikaners (ek dra nie kennis van die siekte nie - so ek hoop nie ek trap op tone nie).
Ek vermoed, maar net hy was afkomstig van St Petersburg in Rusland - die stad het mos vroeër as Kalingrad en nog vroeër as Königsberg bekendgestaan. Ek vermoed die stad was op 'n stadium onder Duitse/Pruisiese beheer? Die stad was op daardie stadium waarskynlik die bekendste Königsberg in Europa.
Bertus Ferreira skryf per e-pos 10-10-2001Volgens my vrou ("a nursing professor and clinical psychologist") en haar mediese boeke is "Tourette's disorder/syndrome" wel 'n oorerflike siekte.Dit is wanneer mense onbeheerde liggaams ("motor tics") bewegings ("eye blinking, head jerking, skipping") het en onbeheerde spraak ("vocal tics") het waar hulle lelike/vloek woorde uiter ("barks, grunts, sniffs, snorts") en hulle nie in geselskap kan gedra nie.
Dit is ook verwant aan "obsessive-compulsive disorder" en "attention-deficit & hyperactivity disorder" en is regtig 'n treurige siekte vir enige familie wat 'n ernstige geval het om mee te deel. "Impulsiveness" kom veral onder kinders voor met die siekte.
Arriveer gedurende 1695 as soldaat vanaf Konigsburg, Duitsland
Kom vanaf Koningsberge
Arriveer 1695 as soldaat
1697 burger en boer Drakenstein1701 word hy na Mauritius verban maar ontsnap na die binneland
1710 weer terug in die Drakenstein
Word in dieselfde jaar na Europa verbanTree weer in diens van die H.O.I.K. en keer in 1717 terug na die Kaap
By sy aankoms word hy na Robbeneiland verban
Hy sterf op die eiland tussen 1742 en 1747
Hy was getroud met Johanna de Klerk weduwee van Andries GousDaar was 'n sterk vermoede dat hy en Johanna saamgesweer het om haar eerste man. Andries Gous te vermoor. Hulle was gesamentlik verantwoordelik vir baie gruweldade.
!BIRTH;MAR:Hendrik Jooste Registers;Bekker
GEBORE;TROU:De Villiers Pama;Bls 33;A1
BRON: De Villiers Pama;Bls 395;A1
!Birth: De Villiers Pama; pg 33!Hy het 'n avontuurlike lewe gehad; in 1701 word hy na Mauritius verban maarontsnap na die binneland en is in 1710 weer terug na Drakenstein. In dieselfdejaar word hy na Europa verban, maar tree daar opnuut in die diens van die HOIKen keer in 1717 na die Kaap terug. By sy aankoms word hy na Robbeneiland
verban en hier is hy tussen 1742 en 1747 oorlede.
BECKER, PETER (S).-Konigsberg . * 1673, arr . 1695 as so ., loaned as farmhand in same year, b . 1697, farmer at Drakenstein .Jannetje de Klerk, wid . Andries Gous. 6 children : Hester, Helena, Stephanus, Dorothea Maria, Martinus, CatharinaMargaretha. Tn 1701 sentenced to be exiled for ten years to Mauritius, for having assaulted the cornet of the burgher - dragoons, Jan Stevens Botma . But he escaped into the interior.In 1710 he was back at Drakenstein. Sentenced in same year to 4 years' hard labour and subsequent banishment to Europ efor bestial ill-treatment of his slave, Maria of Ceylon . In Europe he re-entered the service of the Company and returned ,in 1717, to the Cape . At his arrival he was sentenced to be exiled for life to Robben Island, where he died between June1742 and June 1747. (G .R. nr . 24 ; CJ 241, p . 225, CJ 1123 , p. 59 ; CJ 726 : 21 ; CJ 248 : 41 ; GMR 1718-42 under Gecondemneerdes, Leibbrandt, Letters Desp . 1696-1708, pp . 209, 229, attestation of Maria of Ceylon of 11 .5.1710 inStellenbosch Arch., vol . 624, attestation of 10 .8.1708 in the same vol . ; CJ 976 : 38 and 42 . )
Karel Schoeman, p.403
Verbanning nooit uitgevoer.
vir aanranding en dood van sy slawe Andries en Alexander en vir gruwelike mishandeling van slavin, Maria van Ceylon. Daarna na Europa verban.
Jun 1747 (1742/1747) 26 Augustus 1745 [1, 43]
Died:
- Jun 1747 (1742/1747) 26 Augustus 1745
|