Notes |
- From: Richard Ball
To: Subject: [GenForum] Alewijn SMIT, Hester BEKKER en Engela Helena VAN NIEKERK
Date: 28 October 2001 10:53
Belangstellende lyslede,
Ons het teen die einde van September oor die Smit familie gesels en ek het onderneem om julle te laat weet wat ek by die Argiefse dokumente uitvind van die waarheid oor Alewijn Smit en sy twee vrouens, Hester Bekker en Engelan Helena van Niekerk.
Volgens DeVilliers/Pama, 1966, bl. 893:
b4 Alewyn SMIT, = 28.9.1685, x 25.12.1718 Hester Bekker; xx 10.10.1756 Engela Helena van Niekerk met die eerste vrou 12 kinders en met die tweede 13!
Ek het vertel dat ek glo dat daar twee Alewyns betrokke is en ek het die testamente van Alewijn Smit en Hster Bekker, van Alewijn Smit en Engela Helena van Niekerk en van Elisabeth Slabbert (vrou van Jacobus Smit, broer van b4 Alewijn Smit) van die Kaapse Argief in die vorm van mikrofilms bestel.
Die mikrofilms het uiteindelik aangekom en ek het nou die volgende inligting:
Alewijn Smit de oude (so in die dokument beskrywe) en Helena Bekker het hulle testament op 2 Februarie 1774 laat maak en dit was voor die Weeskamer aan die Kaap op die 6 Oktober 1774 vertoon (ek het nog geen leidraad aan wie van die twee op hierdie stadium oorlede was).
So was Hester Bekker op 2 Feb 1774 nog levendig en nog die vrou van b4 Alewijn Smit, lank nadat Alewijn Smit en Engela H. Bekker op die 10.10.1756 getroud was.
Alewijn Smit Jacobsz. (so in die dokument beskrywe) en Engela Helena van Niekerk het hulle testament op die 9 April 1774 laat maak en dit was op die 12 Februarie 1788 aan die Weeskamer vertoon, seker na die dood van Alewyn Smit,
Want in Julie 1820 was 'n 'Generale Rekening en Verantwoording des Boedels ... ab intestate ... Engela Helena van Niekerk weduwe van wylen den Burger der Colonie Stellenbosch Alewyn Smith Jacobuszoon ...' deur die Weeskamer gemaak.
André het (27.09.01) geskryf:
Engela Helena van Nierkerk, se man Alewijn Smit (Jacobz). Ons soek dus vir 'n Jacob Smit wat sy vader moes wees! Wie was hy ?;
DeV/P 1966, bl. gee b2.c12 Alewyn Smit = 4.7.1734, die seun van b2 Jacobus SMIT en Elisabeth SLABBERT.
In die testament van Elisabeth Slabbert 'weduwe van wijlen den landbouwer Jacobus Smit', "den dertigste dag der maand Augustus in den jaare onzes Heeren en der Saligmaakers Jesu Christi een duijsend seven hondert ses en vijftig des naardemiddags de klokke half vijf uuren" gemaak, word daar 'n lys gegee van deesen haar twaalf kinderen in naamen:
Johannes
Floris
Jasper
Jacobus
Pieter
Christoffel
Gideon
Francois
Marten
Alewijn
Adriana gehuwd met den landbouwer Marten Slabbert
Huijbretje getrouwt met den landbouwer Gerrit Visser
Dus kan ons vermoed dat Alewijn nog op die 30 Aug 1756 geleef het en 'n goeie kandidaat vir die man van Engela Helena van Niekerk is.
As verdere bevestiging was die oudste dogter van A Smit en E H v Niekerk Elisabeth genoem, en die oudste seun Jacobus Hendrik.
Ek het al die inligting wat ek van die verskillende dokumente gekry het op my webwerf geplaas:
http://www.ballfamilyrecords.co.uk/smit/I040.html
Beste wense,
Richard
From: Richard Ball
To: Subject: [GenForum] Alewijn SMIT, Hester BEKKER en Engela Helena VAN NIEKERK
Date: 28 October 2001 10:53
Belangstellende lyslede,
Ons het teen die einde van September oor die Smit familie gesels en ek het onderneem om julle te laat weet wat ek by die Argiefse dokumente uitvind van die waarheid oor Alewijn Smit en sy twee vrouens, Hester Bekker en Engelan Helena van Niekerk.
Volgens DeVilliers/Pama, 1966, bl. 893:
b4 Alewyn SMIT, = 28.9.1685, x 25.12.1718 Hester Bekker; xx 10.10.1756Engela Helena van Niekerk met die eerste vrou 12 kinders en met die tweede 13!
Ek het vertel dat ek glo dat daar twee Alewyns betrokke is en ek het die testamente van Alewijn Smit en Hster Bekker, van Alewijn Smit en Engela Helena van Niekerk en van Elisabeth Slabbert (vrou van Jacobus Smit, broer van b4 Alewijn Smit) van die Kaapse Argief in die vorm van mikrofilms bestel.
Die mikrofilms het uiteindelik aangekom en ek het nou die volgende inligting:
Alewijn Smit de oude (so in die dokument beskrywe) en Helena Bekker het hulle testament op 2 Februarie 1774 laat maak en dit was voor die Weeskamer aan die Kaap op die 6 Oktober 1774 vertoon (ek het nog geen leidraad aan wie van die twee op hierdie stadium oorlede was).
So was Hester Bekker op 2 Feb 1774 nog levendig en nog die vrou van b4 Alewijn Smit, lank nadat Alewijn Smit en Engela H. Bekker op die 10.10.1756 getroud was.
Alewijn Smit Jacobsz. (so in die dokument beskrywe) en Engela Helena van Niekerk het hulle testament op die 9 April 1774 laat maak en dit was op die 12 Februarie 1788 aan die Weeskamer vertoon, seker na die dood van Alewyn Smit,
Want in Julie 1820 was 'n 'Generale Rekening en Verantwoording des Boedels ... ab intestate ... Engela Helena van Niekerk weduwe van wylen den Burger der Colonie Stellenbosch Alewyn Smith Jacobuszoon ...' deur die Weeskamer gemaak.
In die “Doodsrolle” (1758 – 1833) van die Kaapse Argiefbewaarplek is die volgende inskrywing:- 11 Januarie 1778: “Hester Bekker, huisvrou van A. Smith.” Sy is dus beslis nie, soos sommige mense wil beweer, op 30.04.1755 oorlede nie. Bron: Richard Ball).
Died:
- Alternative date: 11.1.1778
|