Notes |
- From: "Jean le Roux"
To:
Subject: [SA-Gen] Rachel JOUBERT x Gerrit VAN DEVENTER
Date: Sunday, October 02, 2005 4:13 PM
Janet, Juna, Colin en andere,Louw van Deventer het nou beaam wat ek al sedert 1988 verkondig, naamlik datdat Rachel Joubert getroud was met Gerrit van Deventer b8 en nie b1c5 nie.Sal almal asseblief dik rooi potlode uithaal en hierdie stukkie soetkoek (ala Mansell Upham) doodtrek in hul eksemplare van VAN DEVENTER KRONIEK en SAG
2 bl 67 ? SAG 2 bl 69 is reg. Dankie Louw!
Vriendelike Groete,
Jean le Roux Paarl
----- Original Message -----
From: "Melville, Janet (Ms) (Summerstrand Campus South)"
To:
Sent: Monday, September 26, 2005 1:16 PM
Subject: RE: [SA-Gen] Rachel JOUBERT x Gerrit VAN DEVENTER
Ek kan my herinner dat Jean Le Roux (Paarl) vroeer gese het dat RachelJoubert nie met van Deventer getroud is nie? Onthou ek reg of verkeerd
Janet Melville
-----Original Message-----From: SAGenealogie@yahoogroups.com [mailto:SAGenealogie@yahoogroups.com]
On Behalf Of Hugenoot Museum
Sent: 26 September 2005 01:05 PM
To: SAGenealogie@yahoogroups.com
Subject: [SA-Gen] Rachel JOUBERT x Gerrit VAN DEVENTER
Hallo Dennis (Pretorius),
Jammer dat ek nou eers antwoord op jou navraag van 18 September 2005,maar ek was vanaf die 18de tot die 23 ste September 2005 in Caledon vir
werkdoeleindes.
Die vraag watter Gerrit van Deventer met Rachel Joubert getroud was blyk'n taai toffie te wees. Die publikasies "Pierre Jaubert en sy gesin/Pierre Jaubert and his Family" was die eerste een oor 'n Hugenotestamvader wat verskyn het (in 1997). Sedertdien het ek voortgegaan metnavorsing doen oor die Joubert-familie en het ek nog inligting bygekry.Ek het egter nie weer aandag gegee aan Rachel Joubert en haar mans nieen jou navraag oor Gerrit van Deventer het my na my vergrootglas laatgryp. My antwoord: ek kan jou nie op hierdie stadium 'n antwoord geevoordat ek nie meer navorsing in die argiewe gaan doen het nie.
Watter inligting ek wel het is dat Rachel Joubert, die elfde en jongstekind van Pierre Joubert en Isabeau Richarde op 22.1.1730 te Stellenboschgetroud is met Dirk Willem CRAFFORD. Hulle het op die veeplaas, wat 'nleningplaas was, Romansrivier in die Land van Waveren (die huidigeTulbagh, geboer. Romansrivier het gegrens aan De Plaisante, dieleningplaas van Rachel se vader Pierre Joubert. Dirk Willem Crafford istussen 1740, toe hy as bewerker van die leningplaas geregistreer is en1744 toe sy en Rachel Joubert se boedelinventaris by die weesheergeregistreer is, oorlede [KAB: RLR 10/1; 2.2.1740 bl.169; MOOC 8/6 no.61Maart 1744]. Rachel Joubert trou op 30.12.1744 te Tulbagh met Gerrit VANDEVENTER wat voortboer op Romansrivier [KAB: RLR 10/1; 2.2.1740 bl.169;G4.9/1]. Toe Gerrit en Rachel se testament op 2.1.1757 opgestel is washy sieklik. Hy is later in die jaar oorlede [KAB: MOOC 7/1/9 no.105] enRachel trou vir 'n derde keer op 24.8.1760 te Tulbagh met JohannesAlbertus VAN EMMENES. Hy boer die volgende 36 jaar op Romansrivier.
Beste Dennis en Juna en ander
Ek gee graag die inligting soos dit in die VAN DEVENTER FAMILIEKRONIEK van
September 2001 verskyn.Gerrit Jansz VAN DEVENTER en Adriana JACOBS het die volgende kinders gehad.
b1 Jan Gerritsz VAN DEVENTER ~ 21-08-1689 x Magdalena BRITSb2 Jacomijntje Gerritsz VAN DEVENTER ~ 09-03-1692 x Cornelis VAN ROOIJEN.b3 Altijn Gerritsz VAN DEVENTER ~ 27-06-1700 x Pieter Willem NEL
b4 Johanna Margaretha Gerritsz VAN DEVENTER ~ ?
b5 Jacob Gerritsz VAN DEVENTER * ?-07-1705 drie x getroud.b6 Geesje Gerritsz VAN DEVENTER * 18-08-1707 x Francois JOUBERT.
b7 Hendrik Gerritsz VAN DEVENTER * ?-?-1711b8 Gerrit Gerritsz VAN DEVENTER ~ Paarl 14-05-1713.Geen verdere inligting
van hom.
b1 Jan Gerritsz VAN DEVENTER x Magdalena Brits het 6 volgende kinders.Ek
noem die eerste vier.
c1 Adriana VAN DEVENTER ~ 11-09-1712 x Evert COLIJN c2 Geertruij VAN DEVENTER ~ 30-06-1714 x Pieter du PLESSIS c3 Jacomijntje VAN DEVENTER ~ 03-11-1717 was 4x getroud c4 Gerrit VAN DEVENTER ~ 12-02-1719 x 30-10-1744 Rachel JOUBERT xx
03-02-1754 Maria Susanna SWART. Van hierdie egpaar stam die Caledonse VAN DEVENTERS.7 kinders uit
2e huwelik.Ek noem drie.
d1 Zacharija VAN DEVENTER ~ 13-10-1754
d2 Magdalena VAN DEVENTER ~ 26-09-1756
d7 Gerrit VAN DEVENTER ~ 23-07-1775.
Hiervolgens kan gesien word dat hierdie Gerrit in 1775 nog geleefhet.Volgens Juna se inligting onderaan is die Gerrit VAN DEVENTER wat metRachel Joubert getroud was reeds in 1757 oorlede.Daarom glo ek (alhoewel ekgeen bewyse het nie) dat bogenoemde c4 Gerrit VAN DEVENTER nie met RachelJOUBERT getroud was nie maar wel b8 Gerrit Gerritsz VAN DEVENTER.Juna,die volgende inskrywing word gegee by b8 Gerrit Gerritsz VAN DEVENTER."In die Paarlse doopregister word as die vader Gerrit Jansz VAN DEVENTERgenoem,moeder nie ingevul nie en as getuies Gerrit Jansz se seun Jan Gerritsen dogter Jakomijn.Aangesien geen ander moeder genoem word nie,word sondermeer aanvaar dat hy egtelik gebore is.Dit kan aanvaar word dat sy moeder nasy geboorte,as gevolg van hormoontoename,nie wel was as porfirie-lyer".Sy
het nog geleef toe Gerrit Jansz op 19-04-1728 sterf.
Groete
Louw van Deventer
Klerksdorp. [10]
|