Notes |
- From Buiksloot near Amsterdam. Burger Cape Town
Lambert Lambertz Myburgh (sy vader was dus ook Lambert) was van die klein Noord Nederlandse dorpie Broek, nou Broek in Waterland. Die Broekemeer is in 1624 ”drooggemalen" en verdeel in klein plasies. Sy vrou Aaltje Alberts was van die geskiedkumlige ou stad Purmerend aand die Purmermeer, beide plekke naby Amsterdam. Dit is merkwaardig dat in die eerste vyftig jaar van die nedersetting daar net een ander vryburger van Broek gekom het, nl. die haakbusskutter op die skip Dordrecht,Willem Schalk van der Merwe, stamvader en vader van die Myburgh moeder, Elsje van der Merwe.Die hawe waarvan die ouerpaar met hul oudste seuntjie die vaderland verlaat het was heel moontlik Buicksloot, ook naby Amsterdam. Later met die seun se tweede huwelik in 1699 wordhy aangeteken as ,,van Buicksloot”. Die jaar van hul vertrek is onbekend, maar dit was wel tussen 1665 en 1669, want in 1669 was hul aan die Kaap met die geboorte van die tweede seun. Die ouer seun was in Nederland gebore omtrent 1665, daar hy in 1686 as mondige vir die eerste keer op die Monsterrol verskyn.Die huis en tuin wat Lambert Myburgh van Jacob Rosendaal in 1671 gekoop het was naby die Kasteel en erwe van twee bekende fìgure, die Sweed Olof Bergh en die Belg Francois Champelaar.(Eienaardig dat die Nederlandse amptenaar Barry skryf vir Bergh. Dr. Con de Villiers gee as verduideliking dat die Sweedse uitspraak van Bergh baie soos Barry klink.) Francois Champelaar sou etlike maande later die tweede word van die viertal ongelukkige mans van Tryn Ras (Catharina Ustinghs). Die eerste van die reeks is gedood deur ‘n leeu, Francois self deur die Hottentotte, die derde deur ‘n olifant, en die vierde was miskien die ongelukkigste, daar hy die langste saam met Tryn moes leef.Van die ander buurman van Lambert, Gerrit Janz, (bynaam d’ Boer) van Wynegom, is min bekend. In dieselfde jaar 1673 waarin Lambert oorlede is, trou hierdie Gerrit Janz d’Boer met sy weduwee.Hy moes hom van sy stiefvaderskap goed gekwyt het want sestien jaar later, in 1689, is hy getuie by die doop van Aletta, Jan Myburgh se eerste dogter, genoem na haar ouma, sy oorlede vrou. Die ander
getuie was Adriaantje Sterreveld.Adriaantje en haar suster Neeltje was geboortig van Nieuw Amsterdam, die New York van vandag. Hierdie twee was dus ons eerste Amerikaanse immigrante. Nieuw Amsterdam was deur dieEngelse oorgeneem in 1664 en herdoop deur James, Hertog van York. Dit sou mooi wees om iets goeds te kan sê van die Amerikaanse vriend van die Myburgh’s, maar dit kan nie. VolgensDr. Anna Boeëseken was sy een van die grootste skinderbekke aan die Kaap van 250 jaar gelede. Haar stories omtrent Willem Adriaan van der Stel en die moeilikhede wat daaruit gespruit het is ‘n ander verhaal. ‘n Latere aankomeling van New York was Jan de Wit,volgens oorlewering ‘n lid van die bekende Engelse familie White van Stanton White in Norfolk. Hoe lank het die Nederlandse nie onthou dat New York as Hollands gewees het nie! In 1711 is
Jan de Wit, nog altyd aangeteken as ,,van Nieuw Amsterdam.”
Jacob Rosendaal se vrou ten tyde van sy onderhandeling met Lambert Myburgh was Catharina van den Berg. Na sy dood in 1675 is sy hertroud met Tobias Marquardt. Sy is in latere dokumente Catharhra Stuart genoem. Was sy miskien van addelhke Skotse afkoms? Wie weet. Sy noem haar twee eerste dogters by Marquardt albei Regina.Daar is min in die ou geskrifte wat lig werp op die Myburgh’s. Hul moes blykbaar in daardie tyd nooit met die gereg gebots het nie; die grootste bronne van inligting, die Criminele Prosesstukke sê niks omtrent hul nie. Hul was maar arm want die inventaris van die boedel van Maria de Laar, die eerste vrou van die ouer broer Jan Lambert, gee maar ‘n kort lys van huishoudelike goedere. Die,,11 Kleine schilderytjes”: deur wie, en waarvan? Die 29 Teepierintjes en 40 Kopjes: koffie was nog nie die Afrikanertroos van later nie. Die waterjuk het seker sy deel bygedra, tot waterbesparing daar digby die Fort.Uit die twee huwelike van die ouer broer Jan Lambert Myburgh is daar geen manlike nakomelinge in ons land nie. Sy dogters het wel getrou en die families Bassen, Van der Poel, Slabbert en Van Es.Alle Myburgh’s stam dus af van Albert Lambert en sy vrou Elsje van der Merwe.
Between his first wife's death in 1697 and his second marriage in 1699 to Sophia Zank, Jan Lambertz had a daughter, born from a relationship with a Lysbeth van Wyk. Nothing further is known of them.
The wedding to Sophia Zank had to be postponed because the minister, the Rev Petrus Kalden, did not show up at the Grootte Kerk on the appointed Sunday afternoon, 15 March 1699. A ceremony was held by the curate (sieketrooster) but he was not an authorised marriage celebrant and the bride and groom had to spend the night separately.
On Monday the impatient groom went to see Governor van der Stel, who gave special dispensation for the wedding to take place on the Tuesday, the next day, instead of waiting for the following Sunday. The couple were legally married on Tuesday evening, 17 March, but no one could discover what the sleeping arrangements had been on the Monday night.
|