Notes |
- Het vier seuns en vier dogters by Van Niekerk gehad - dus ook die stammoeder van die Van Niekerks.
Dit is in hierdie landbouers-netwerk waar hy Maria Van Der Westhuizen, weduwee van Cornelis Van Nieuwekerken (vandag Van Niekerk), ontmoet het. Cornelis was een van die burgers wat verban was na Mauritius as gevolg van hulle verset teen Willem Adriaen Van Der Stel. Samuel tree in die huwelik met die weduwee Maria op die 22ste Maart 1711 in Stellenbosch. Cornelis en Maria het vier seuns en twee dogters gehad. Al die Van Niekerks in Suid-Afrika stam van hierdie vier seuns af. Al die Van Niekerks en Walterse het dus die selfde stammoeder. Cornelis het vir Maria verskeie plase nagelaat wat Samuel in staat gestel het om die plaas de Tijgerberge, geleë aan die Tygerberge, in 1714 vir 9000 Kaapse Gulden aan te koop. Die plaas de Tijgerberge heet vandag Altydgedacht en kan as die Walters-stamplaas beskou word. Drie Walters seuns word gebore en gedoop in die Kaapse kerk by name Daniël (1711), Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716). Hulle word saam met die ouer van Niekerk-kinders groot op de Tijgerberge. Uit die plaasopgaafrolle is dit duidelik dat Samuel 'n suksesvolle wyn- en veeboer was. Teen 1725 het hy reeds 25 000 wingerdstokke aangeplant en sowat 18 leggers wyn gelewer. Hy sterf in 1726 en laat sy boedel na aan Maria (wat suksesvol voort boer en verder uitbrei na die Swartland) asook 12 000 Kaapse Gulden aan die Van Niekerk-seuns en 15 000 Kaapse Gulden aan die Walters-seuns wat in trust gehou word tot hulle mondigwording. Maria10 sterf as 'n welgestelde vrou in 1734 en laat 'n boedel van 84 211 Kaapse Gulden na. Haar drie plase, de Tijgerberge, Droogevallei en Hoorenbosch asook 'n opstal op die plaas Zeekoeivalleij word verkoop. Haar erfgename, die vier van Niekerk- en drie Walters-seuns, ontvang almal 8 643 Kaapse Gulden uit haar boedel wat tesame met hulle vader se erflating almal in staat stel om hulle eie plase kontant aan te koop.
Maria tree in die huwelik met Cornelis Van Niekerk <http://www.geocities.com/sa_stamouers/vanniekerk.htm> op 1 April 1691 op 15 jarige ouderdom. Haar eerste kind, Aletta word gebore in 1693 wat trou met Anthonij Van Rooijen, en later Bloemendal koop by Samuel Walters. Haar moeder, Maria Hendriks Winkelhausen, sterf rondom 1706 en haar man ongeveer 1710 en moes op 35 jarige ouderdom die ses kinders alleen grootmaak. Dit moes maar 'n moeilike tyd vir Maria gewees het om die boerdery op Bloemendal en Stellenberg aan die gang te hou terwyl sy nog jong kinders moes grootmaak. Op 23 Maart 1711 tree sy in die huwelik met Samuel Walters en wat die plaas, De Tijgerberge (vandag die bekende wynplaas , Altydgedacht ) aankoop. Drie Walters seuns , Daniel (1712) , Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716) word gebore en word saam met die Van Niekerks kinders groot op De Tijgerberge (Altydgedacht). Na Samuel se dood op 13 Desember 1725, boer sy suksesvol voort en bekom ook die plaas Drooge Vallei en Hoorenbos. Teen 1731 het sy 35 slawe, 1400 skape en 25 000 wingerstokke besit. Sy sterf as welgestelde vrou in Augustus 1734 en laat 84 000 Gulde na.
Maria stel haar testament op, op die 10 April 1726, kort na Samuel se dood. In die testament versoek sy dat die sewe seuns elkeen 'n slaaf kry: "uit eiegen beweging als een Donatie Causa Mortis te skenken bij desen aan haar kinderen, de volgende slaven en slavinne zoo als deselfde sijn geprokureerd namens…". Die res van die slawe word na haar dood verkoop op die Vendu veiling in 1734. Die slawe word gelys in die slaweregister en toon aan die plaas waar hulle gewoon het asook die verkoop prys in Riksdaalders.[Terug na begin]
Maria se boedel word finaal afgehandel op 31 Augustus 1737 na al die gelde vir die verkoop van die bates en skuld ingevorder is. Sy laat 'n boedel na van 84 211 Gulden na wat in vandag se terme meer as R 10 miljoen beloop. Elk van die sewe seuns ontvang 8 643 Gulden, bo en behalwe die 12 000 Gulden wat die Van Niekerk seuns reeds ontvang het uit Samuel se boedel en die Walters seuns ontvang ook nog elk 5 000 Gulde uit Maria se boedel wat Samuel in trust gelaat het. Elk van die seuns ontvang dus 12 000 Gulde hulle ouers wat 'n relatiewe fortuin was in daardie jare, danksy Cornelis Van Niekerk, Samuel Walters en Maria Van Der Westhuizen. Elk van die seuns koop hulle eie plase en dra by tot die ontwikkeling van die Kaapse ekonomie. Hulle bydraes word opgesom in die onderstaande tabel wat saamgestel is uit die opgaafrolle van ongeveer 1738 tot 1741 asook die verskeie transportaktes. Maria kan trots wees op haar nageslag wat Cornelis en Samuel se name voortbou in Suider-Afrika.
35 Slawe, 1,400 skape, 100 beeste, 25,000 wingerdstokke, 200 mud koring
|