Notes |
- 1.Farm Name: Driefontein Farm
2. District: Wellington
3. Description in Deeds:
4. First Owner & Dates:
5. Subsequent owners & Dates:
6. "Present Owner" & Date:
7. Size:
8. Notes:
9. Farm's History:
«b»DRIEFONTEIN
«/b»59 morg 400vk roede
OORDRAG«tab»EIENAAR«tab»LEEFTYD«tab»EIENAARSKAP«tab»EGGENOTE«tab»LEEFTYD EIENAARSKAP
1704-09-26«tab»Matthys Greeff«tab»(1687-1712)«tab»(1704-1712)«tab»Sara Coetzee«tab»(1694- )«tab»(1712-1720)
1718-04-29«tab»Jacques Pienaar«tab»(1692-1774)«tab»(1718-1720)«tab»Louise Cordier«tab»(1685- )
1720-05-22«tab»Pierre Joubert«tab»(1694-1731)«tab»(1720-1731)«tab»Suzanne de Villiers«tab»(1697-1766)
1731-02-23«tab»Jean Blignaut«tab»(1677-1753)«tab»(1731-1752)«tab»Anne Rossouw«tab»(1690-1753)
1752-08-12«tab»Paul Roux«tab»(1722-1782)«tab»(1752-1782)«tab»Margaretha de Villiers«tab»(1741-1806)
1782-07-19«tab»Andries van der Merwe«tab»(1758- )«tab»(1782-1785)«tab»Anna Elisabeth Roux«tab»(1760- )
1785-09-02«tab»Johannes Petrus de Villiers«tab»(1764- )«tab»(1785-1795)«tab»Louisa Margaretha de Villiers«tab»(1768- )
1795-12-08«tab»David de Villiers«tab»(1740-1812)«tab»(1795-1801)«tab»Maria Magdalena du Toit«tab»(1743-1816)
1801-04-22«tab»Petrus Francois de Villiers«tab»(1768-1814)«tab»(1801-1810)«tab»Maria Rossouw«tab»(1766-1837)«tab»(1814-1837)
1810-04-06«tab»Christiaan Pieter Brand«tab»(1782- )«tab»(1810-1815)«tab»Maria Cecilia Lingenfelder«tab»(1784- )
1815-06-16«tab»Pieter Gideon de Villiers«tab»(1791-1827)«tab»(1815-1827)«tab»Margaretha Johanna Bosman«tab»(1796-1839)
1827-05-11«tab»Andries Petrus Zeeman«tab»(1785- )«tab»(1827-1842)«tab»Hester Jacoba de Villiers«tab»(1785-1828)«tab»«tab» Deel A
1827-05-11«tab»Gabriël Daniël Malan«tab»(1805-1893)«tab»(1827-1849)«tab»Maria J Alida Hauptfleisch«tab»(1806- )«tab»«tab»Deel B
1837«tab»Gideon Johannes Bosman«tab»(1790-1847)«tab»(1837-1847)«tab»Elisabeth M de Villiers«tab»(1793- ), (1847- ), Deel C
«b»DEEL A«/b» 35 morg 253vk roede + 213 morg 227 vk roede erfpag, hierna bekend as Welbedacht
1827-05-11«tab»Andries Petrus Zeeman«tab»(1785- )«tab»(1827-1842)«tab»Hester Jacoba de Villiers«tab»(1785-1828)
1842-02-28«tab»Gabriël Daniël Malan«tab»(1805-1893)«tab»(1842-1849)«tab»Maria J Alida Hauptfleisch«tab»(1806- )
1849-09-09«tab»Francois Johannes D. Malan«tab»(1827-1901)«tab»(1849-)«tab»Margaretha Maria Hugo«tab»(1829-1861)
«b»DEEL B«/b» 24 morg 147vk roede + 285 morg 443 vk roede erfpag
1827-05-11«tab»Gabriël Daniël Malan«tab»(1805-1893)«tab»(1827-1849)«tab»Maria J Alida Hauptfleisch«tab»(1806- )
1849-09-09«tab»Charl Jacobus Geldenhuys«tab»(1822- )«tab»(1849- )
«b»DEEL C«/b» 200 morg 513vk roede erfpag, hierna bekend as «b»Philippusdal«/b»
1837«tab»Gideon Johannes Bosman«tab»(1790-1847)«tab»(1837-1847)«tab»Elisabeth M de Villiers«tab»(1793- )«tab»(1847- )
Die jong Matthys Greeff was nog ongetroud toe hierdie plaas in 1704 aan hom toegesê is. Hy het grootgeword op Nooitgedacht naby Stellenbosch en is in 1710 getroud met die sestienjarige Sara Coetzee, dogter van Dirk Coetzee van Coetzenburg by Stellenbosch, maar is twee jaar later oorlede. Die jong weduwee trou later weer met Johann Jürgen Roos, 'n boer van Elsenburg naby Stellen-bosch en Driefontein word in 1718 verkoop aan Jacques Pienaar van Leeuwentuin in die Bovlei. Twee jaar later word die plaas die eiendom van die jong Pierre Joubert wat in 1731 te sterwe kom. Pierre se weduwee verkoop die plaas nog in dieselfde jaar aan die grondbaron Jean Blignaut van Bethel in die Paarl. Blignaut het nie op Driefontein gewoon nie en die plaas vermoedelik onder toesig van 'n opsigter gelaat. Blignaut het herhaaldelik as kerkraadslid en heemraad van Drakenstein gedien.
Na sy dood word Driefontein die eiendom van Paul Roux wat op Nantes in die Paarl grootgeword het. Roux se eerste vrou was 'n dogter van Blignaut se stiefseun Jacques Hugo. By die oorlye van Paul Roux in 1782 word die plaas oorgeneem deur sy skoonseun Andries van der Merwe wat dit drie jaar later oordra aan Johannes Petrus de Villiers, seun van David de Villiers van Calais in Daljosafat. Tien jaar later moes pa David egter Driefontein by sy seun oorneem. In 1801 dra David die plaas oor aan 'n ander seun, Petrus Francois de Villiers. Petrus was getroud met 'n dogter van Daniël Marais van Vondeling. Hy het waarskynlik reeds die boerdery behartig solank die plaas in sy pa se besit was. In 1810 verkoop Petrus 'n deel van Driefontein aan 'n sekere Christiaan Pieter Brand. Brand kon nie die mas opkom nie, maar omdat Petrus Francois de Villiers ondertus-sen oorlede is, word hierdie deel nou in die naam van sy seun Pieter Gideon de Villiers geregistreer, terwyl die ander deel in besit van sy vader se boedel bly en deur sy moeder geadministreer word. Pieter Gideon verkry bykomende erfpaggrond en laat die plaas behoorlik in drie dele onderverdeel - twee vir homself en een vir sy moeder. Laasge-noemde se deel kry die naam «b»PHILIPPUSDAL«/b» en die ander twee staan voortaan bekend as «b»DRIE-FONTEIN«/b» en «b»WELBEDACHT«/b» onderskeidelik.
Pieter Gideon de Villiers sterf in 1827 en sy twee dele word albei verkoop - Driefontein aan Gabriël Daniël Malan en Welbedacht aan Andries Petrus Zeeman. Malan was 'n broer van Jan Hendrik Malan van Vondeling. Hy verkry in 1842 ook Welbedacht van Zeeman en verkoop albei in 1849 om hom op die dorp Wellington te vestig. Die nuwe eienaar van Welbedacht was sy jonger broer Francois Johannes Daniel Malan, terwyl Driefontein die eiendom word van Charl Jacobus Geldenhuys.
Ondertussen is die weduwee van Francois Petrus de Villiers in 1837 op Philippusdal oorlede en word die eiendom oorgedra aan haar skoonseun Gideon Johannes Bosman wat al die jare die boerdery vir haar op Philippusdal behartig het. Bosman en sy swaer Pieter Gideon de Villiers was oor-en-weer met mekaar se susters getroud. Die twee Bosmans het op Fortuin in die Bovlei grootge-word. Bosman is in 1847 oorlede, maar Philip-pusdal was in 1850 nog in besit van sy weduwee.
Die drie fonteine waaraan Driefontein sy naam te danke het, kan vandag nog uitgewys word. Pogings om die name Philippusdal en Welbedacht sinvol te verklaar was egter minder suksesvol.
«b»
«/b»Source:
DIE OORSPRONKLIKE PLASE VAN DIE WELLINGTON DISTRIK
deur Jean G. le Roux en Willem G. le Roux
http://www.agrisa.info/assets/dynamic/86/files/07_2-000_hoofstuk_2__die_oorspronklike_plase.rtf
«b»J G Le Roux
«/b»32 Schoolst
Paarl
Western Cape
Phone: 021 872 2717
Email: Jean_leRoux@wcaccess.co.za
10. Sources:
11. Documents, Books that mention the Farm:
12. Photos:
13. People of the farm:
14. Sharecroppers and 'Bywoners':
15. Slaves:
16. Mineral rights:
17. Crops or Production:
18. Phone, email, addresses:
19. Graves:
20. Maps:
21. Deeds Office:
22. Surveyor General's Office:
23. Archival Records:
24. Subdivision History:
25. Web Sites & Links:
|