Notes |
- Kinders
Jacobus Johannes geb Paarl 17 Jul 1774
Willem Lodewyk ged Kaapstad 7 Apr 1776
Elizabeth ged Kaapstad 28 Sep1777
Johanna Maria ged Kaapstad 8 Nov 1778
Magdalena ged Tulbach 22 Sep 1782
Johannes Andries geb 15 Nov 1783
Gerrit geb Beaufort 2 Jan 1788
Pieter geb 17 Jun 1789
Wessel Christiaan ged Kaapstad 12 Feb 1792
Agatha Anna Geertrui ged 12 Jan 1794 Graaf-
Reinet
Volgens Pretorius deur drie Eeue: b3c7dl JOHANNES JACOBUS; = Tulbagh 28 Mei 1752; x 13 Junie 1773; ELIZABETH RACHEL MEYER; d/v Willem Meyer en Elizabeth Loots Hoewel hy die ou familieplaas Buffelsvallei,na sy Vader se dood op 'n openbare vendusie koop in 1777, laat hy tog byna onmiddellik die plaas in die hande van sy twee jonger broers en sy jongste suster wat met die Calitz familie ingetrou het en sodoende die dorp Calitzdorp stig. Hyself trek, moontlik agter sy vrou se mense aan, reg noord-weswaarts en in 1787 gee die opgaafrol horn aan as bewoner van die plaas Elandskraal "gelegen aant bovende einde van de Grote Visch Rivier" d. w. s. in die wyk Agter-Sneeuberg, op die vlakte net suid van die huidige Cradock. Hy behou egter kontak met sy Pretorius klein-neefs in die Pretoriuskloof wat hy bereik deur met die Lootsbergpas-pad te reis, waar die Lootse woon met wie twee van sy jongere kinders in die huwelik tree. Al ses sy seuns verhuis egter teen die helfte van die eeu na die Riemland, hoewel die middelste seun, Johannes Andries, eers 'n draai maak by Bloedrivier waar sy seun, onder die naam Jan Pretorius J'sn, saam met Retief vermoor word.
|