Notes |
- Divorced, no children. Re-married but divorced again. Her third marriage to Dawid Bester was very short-lived, until his death in 2009, but was a very happy union.
Oorkonde verskaf deur haar broer, A. P. (Boet) du Preez:
Elsa Bester gebore du Preez, *11 Junie 1937
Dogter van Evert en Mary du Preez [de Wet] Gebore te Grootpan, Lichtenburg Distrik. Gaan skool by Vlakpan laerskool en Monument Hoƫrskool Krugersdorp. Daama 4 jaar kursus te Wellington sendingopleidingskollege onder leiding van Prof. Alby van Wyk (seun van Gert en Annie van Wyk (Greeff) dogter van H. A. Greeff.
Word opgelei as verpleegster by S.A. Hospitaal, Pretoria.
Getroud met Ben Labuscbagne. Skei na twee jaar, werk by verskeie hospitale en gaan later oor na die personeel by verskeie ouetehuise.
Trou met Nico Erasmus en skei na drie jaar.Uit hierdie twee huwelike was geen kinders gebore me.
Verlaat die ouetehuise en begin privaat verpleging van bejaardes in hulle eie wonings.
Nadat sy ses persone na mekaar tot aan die einde van hulle lewens verpleeg en versorg het, tree sy self af en gaan bly in Kosmos aftree oord te Coligny. Na twee jaar gaan sy oor na Najaarsrus, 'n tehuis vir verswaktes in Coligny. Daar is sy getroud met Dawid Bester en na een jaar en een week is hy oorlede. Sy dood het sy moeilik verweIk, skielik siek geword en is op 6 Julie 2009 oorlede.
|