Notes |
- From Orleans, farmer. Wine farmer and carpenter. Probably left France after the Peace of Rijswijk in 1697 and lived temporarily in Delft, Netherlands from 1685 to 1699. Arrived at the Cape 1700 on board the ship "Reygerdaal" together with his wife. Lived initially at "Het Kryspad" [The Cross Roads] near to Brackenfell. In 1713 he owned the farm De Orleans in Dal Josafat. His descendants spelt the surname Sellier, Sillier, Silje, Celliers, Cilluie, Cilliers, etc. According to Boucher, Josue is possibly the son of Josue Celliers and his wife Judith Rouilly. This marriage couple christened a son Nicholaas in the Church at Bazoches-en-Dunois. According to Boucher, the infamous Etienne Barbier also came from Bazoches-en-Dunois. When Etienne Barbier had to flee from justice in 1739, he obtained temporary shelter from the widow of Josue Celliers. He received the farm Palmietrivier in Daljosphat, Klein Drakenstein and took possession. On the 15th March, 1712, the farm Het Kruys Pad at Stellenbosch was also allocated to him. According to the available documents, Josue farmed at De Orleans and never properly occupied the farm near Stellenbosch. He was a hard working farmer and in 1714 he already owned 4 horses, six oxen, 200 sheep and 8,000 vines and this after he arrived in 1700 without any possessions.
du Plooy.paf:Van Orleans in Frankryk, landbouer, wynbouer en timmerman. Aankoms 1700 met die skip "Reygers daal", saam met sy vrou. In 1712 besit hy die plaas "De Orleans" in Drakenstein. Sy afstammel inge spel die van Selliers, Sillier, Siljè, Cellier, Celliers, Cilliè en Cilliers.
STAMVADER
Josue Celliers
Josue Cellier van Orleans, gebore 1677, Franse Hugenoot wat met die Reygersdal aangekom het i n 1700, was 'n landbouer, wynbouer en timmerman. Hy was getroud met Elizabeth Couvret ook va n Orleans. Sy eerste plaas was Kruyspad (1712) in Brackenfell, later in 1712 'de Orleans' i n Daljosafat, waar hy in 1721 oorlede is. Hy het 5 seuns en 6 dogters nagelaat.
1. Josué ~ 2.1.17012. Jan ~ 1702 x 5.12.1728 Anna Marais weduwee van Gabriel Rossouw
3. Pierre ~ 10.11.1703
4. Elisabeth ~ 26.2.1705 x Pieter Malherbe
5. Francoise x 30.10.1706 Pieter Le Roux6. Maria x Paarl 7.9.1732 Johannes Hubertus van Amsterdam xx Paarl 8.5.1735 Urbanus Sauerman n van Mühlbeck
7. Abraham ~ 21.9.1709 x 6.12.1744 Anna Rousseau
8. Pieter ~ 16.8.1711
9. Susanna ~ 24.9.1713
10. Judith ~ 1.3.1716
11. Magdalena ~ 26.12.1717 x Pieter Le Roux
Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
Janet's notes included the following,'...van Orleans in Frankryk, landbouer, Wynbouer en timmerman, het Frankryk waarskynlik na die Vrede van Rijswijk in 1697 verlaat en van 1685 tot 1699 tydelik na Delft in Nederland gegaan, aankoms 1700 met die skip Reygerdaal, saam met sy vrou, vestig aanvanklik op Het Kruyspad naby Brackenfell, in 1713 besit hy die plaas De Orleans in Dal Josafat, sy afstammeling spel die van Sellier, Sillier, Silje, Celliers, Cillie, Cilliers ens. Volgens Boucher is Josue moontlik die seun van Josue Celliers en sy vrou Judith Rouilly. Hierdie egpaar het 'n seun Nicolaas in die kerk te Bazoches-en-Dunois laat doop. Volgens Boucher kom die berugte Etienne Barbier ook van Bazoches-en-Dunois. Toe Etienne Barbier in 1739 voor die gereg moes vlug, het hy by die weduwee van Josue Celliers tydelike skuiling gevind. Hy het die plaas De Orleans naby die Palmietrivier in Daljosphat, Klein Drakenstein ontvang en in besit geneem. Op 15 Maart 1712 is die plaas Het Kruys Pad by Stellenbosch ook aan hom toegeken. Volgens die beskikbare dokumente het Josue op De Orleans geboer en nooit die plaas naby Stellenbosch effektiewelik beset nie. Hy was 'n fluks boer en in 1714 het hy reeds vier perde, ses osse, 200 skape en 8 000 wingerdstokke besit en dit nadat hy in 1700 sonder enige besittings daar aangekom het...'
Josué Cellier is in 1676 te Orleans, Frankryk gebore. Moonlik die seun van Josue Cellier en Judith Rouilly. 'n Ander seun van die egpaar, Nicolaas, is in die kerk te Bazochez-en-Dunois gedoop. Die berugte Estienne Barbier kom ook van die dorp. Barbier het in 1739 by Elizabeth Couvret skuiling gesoek toe hy met die gereg gebots het……..
Bronne verskil oor wanneer Josué en Elisabeth Frankryk verlaat het. Volgens een bron in 1685, na die herroeping van die Edik van Nantes, toe Josué 18 jaar oud was en Elisabeth 9. Hierdie edik het vir bykansn honderd jaar n mate van godsdiensvryheid aan die Protestante verleen en die herroeping daarvan het n oormatige vervolging van die Protestante tot gevolg gehad. Volgens n ander bron het hulle Frankryk in 1697 verlaat na die beëindiging van die negejarige oorlog tussen Nederland en Frankryk toe hulle onderskeidelik 30 en 21 jaar oud was.
Of hulle wel in Frankryk getroud is, is onseker.
Josue en Elizabeth kom in 1700 op die skip Reygerdal in die Kaap aan. Josue se ambagte was landbouer, wynboer en timmerman. Die egpaar het 11 kinders gehad. In 1712 neem hy besit van die plaas de Orleans in die Drakenstein, plaas van sy mede Hugenoot Matthieu Frachas. De Orleans is geleë aan die Hugo rivier, tussen Hugenoot en Wellington. Frachas is skuldig bevinf aan vee diefstal van die Khoikhoi en is na Europa verban. In 1712 is die plaas Kruispad naby Kuilsrivier ook aan Josue toegeken.
Oor Josué se boerderyaktiwiteite gedurende sy eerste paar jaar aan die Kaap is min bekend weens die onvolledigheid van die opgaafrolle. In 1704 besit hy slegs 4 koeie, maar teen 1709 verbou hy reeds 8 000 wingerdstokke, besit hy 5 perde en 18 beeste en het hy ook 60 mud koring geoes. In latere jare besit hy tot 300 skape en produseer jaarliks tot 3 lêers (1 731 liter) wyn.
Josué sterf op 54-jarige ouderdom in Oktober 1721 en laat die 45-jarige Elisabeth agter met tien kinders tussen die ouderdomme van 4 en 20 jaar. Van die items wat in sy boedelinventaris gelys word, met die waarde in guldens Indiese valuta aangedui, is:
Die plaas Orleient 2 900
15 beeste 450
1 wa 100
en 16 lêers wyn 480.
Of Josué en Elisabeth Hollands matig was, is onbekend, maar hul kinders sou weens regeringsbeleid Hollands moes aanleer. Hierdie beleid het veroorsaak dat die Franse taal aan die Kaap in onbruik geraak en uitgesterf het. Nadat die eerste predikant van die Paarl, Pierre Simond, die Kaap in 1702 verlaat het, verklaar Goewerneur Willem Adriaan van der Stel hom bereid om te sorg dat die Franse taal in onbruik raak deur die gebruik van Hollands op skool en in die kerk in te stel. Vertoë is gerig omdat min mense n preek in Hollands kon volg en daarna is twee dienste op n Sondag toegelaat, een in Hollands en een in Frans, maar na 1726 word daar nie weer melding gemaak van Franse dienste nie.
Josué en Elisabeth vestig hulle aanvanklik op die plaas Het Kruys Pad (Kruispad), naby die huidige voorstad Brackenfell, waar hulle tot ten minste 1709 gewoon het. In Januarie 1708 'ten huijse van Josua Sellier geleegen aant kruispad tusschen de bottelerije en tijgerbergen' het daar twaalf mense 'zaaten en dronken'.n Vryswarte wat op sy eie grond geboer het, Pieter Harmensz, algemeen bekend as Brasman, kom toe daar aan en beskuldig vir Jacob Bourbonnais, een van Josué se gaste, daarvan dat hy sy sweep gesteel het.
n Onderonsie ontstaan en Brasman steek vir Bourbonnaise metn mes en snou hom toe : 'Jou donders kind, daar heb je genoeg daar is bloed'.n Eis vir skadevergoeding word ingestel, Bourbonnaise vir ongemak en pyn asook verlore tyd en Jacob Bisseux, in wie se huis Bourbonnais verpleeg is, vir sy verpleging en gepaardgaande uitgawes. Brasman se vonnis was om gegesel te word, skadevergoeding en kostes te betaal en hy word lewenslank uit die Kaap verban.
Nogn insident waarby Josué betrokke was, was die ontevredenheid oor Goewerneur Willem Adriaan van der Stel se administrasie. Aanvanklik is VOC-amptenare nie toegelaat om te boer nie omdat hul mededinging die boere finansieel kon knak, maar teen die tyd dat Josué en Elisabeth in die Kaap aankom, boer Van der Stel en bykans al die hooggeplaaste VOC-amptenare op hul eie plase. Mettertyd tree hulle ook tot die mark, wat alreeds swak was, toe en bly die gewone boere met hul podukte sit. In 1706 word n klagskrif van ondermeer omkopery en afpersing teen Van der Stel en verskeie amptenare opgestel en Elisabeth se broer Paul Couvret is een van die persone wat dit onderteken. Op sy beurt stel Van der Stel n getuigskrif op wat tevredenheid met sy administrasie uitspreek en ook van sy goeie karakter en eerlikheid getuig. Persone wat weier om te teken word ondermeer gedreig dat hulle van hul grond ontneem sou word. Josué teken die getuigskrif - die inskrywing by sy se merk lui : 'het merke van Josue Siljee'. Die meeste van die Hugenote wat geteken het, het later verklaar dat alhoewel hulle ontevrede was met Van der Stel se wanbestuur hulle bang was dat hulle hul grond sou verloor. Moontlik was dit ook by Josué n oorweging aangesien hy op hierdie stadium nog nie sy eie plaas besit het nie. Die uiteinde van die klagskrif was ondermeer dat Willem Adriaan van der Stel en van sy volgelinge van hul poste onthef en na Holland teruggeroep is.
In 1709 word Josué nog in die opgaafrolle van die Distrik Stellenbosch, waaronder Kruispad geresorteer het, opgeneem. Geen opgaafrolle het vir die jare 1710-1711 behoue gebly nie en in 1712 word hy in die opgaafrolle van die Distrik Drakenstein opgeneem. Het Kruys Pad word op 15 Maart 1712 aan Josué toegeken, maar daar kan nie veel van hierdie datum afgelei word nie aangesien plase wat aan boere toegesê is, d.w.s toestemming verleen is om die grond te bewoon en te benut, dikwels eers etlike jare later aan hulle toegeken is, d.w.s hul eiendom geword het. In die Paarl koop hy die plaas Orléans (57 morg 300 vk roede) wat op 11 Oktober 1713 op sy naam oorgedra word. Hier boer hy en Elisabeth tot en met hulle dood.
'n Dokter (chirurgyn) Gideon le Grande het joernaal gehou van sy mediese dienste en n gedeelte van sy joernaal vir 1710 het behoue gebly. Op 9 Februarie 1710 skryf hy medikasie van scafran vir Josué Cellier voor, maar hierdie inskrywing is later weer doodgetrek. Wat scafran is, is onbekend en waarom die inskrywing later doodgetrek is, is ook onbekend. Van die siektes wat aangeteken is, is bloedvloeiing, geswelde voete, keelseer, kopseer, kortasem, krampe in die ingewande, longsiekte, maagpyn, niere, sooibrand, snydings, sweer en verkoue. Bloedlating as behandeling kom die meeste voor, ondermeer vir pyn aan die arm en skouer; daarna purgasies van sennablare en nieskruid.
Uit die huwelik tussen Josué en Elisabeth word elf kinders gebore, vyf seuns en ses dogters. Slegs Pierre sterf as kind terwyl Susanna en Judith binne tien dae van mekaar sterf; Susanna op 20-jarige ouderdom op 14 Julie 1733 en Judith op 19-jarige ouderdom op 24 Julie 1733. Die oudste en jongste seuns Josué en Pieter is nooit getroud nie en sterf respektiewelik op 69-jarige en 81-jarige ouderdom. Die twee seuns deur wie die vanne Cellier, Celliers, Cillié en Cilliers voortgedra sou word, is Jan wat in 1728 met die weduwee Anna Marais trou en Abraham wat in 1744 met sy broer Jan se stiefdogter Anna Rossouw trou. Elisabeth trou in ongeveer 1724 met Pierre Malherbe, Francina in 1727 met Pierre le Roux en Magdalena in 1736 ook met 'n Pierre le Roux, 'n neef van haar suster Francina se man. Maria trou in 1732 met Johannes Hubertus, n Hollander, en na sy dood hertrou sy in 1735 met Urbanus Sauermann, n Duitser - sy is die enigste kind wat nie met
n Hugenote-afstammeling getroud is nie.
Die Paarl se kerk waarin Josué en Elisabeth se oudste kinders gedoop is, was nie veel meer as n saaltjie wat die Franse aanmekaar getimmer het nie en is na geweldige storms in Oktober 1716 so beskadig dat dit onbruikbaar was. Totdat die nuwe kerk in 1720 in gebruik geneem is, is dienste aan huis van die predikant ds Van Aken gehou en hul jongste kind Magdalena is moontlik hier gedoop. Pieter en Maria is moontlik in Stellenbosch en Kaapstad gedoop omdat daar vanaf 1707 tot 1714 geen predikant in die Paarl was nie. Die twee kinders wat wel gedurende hierdie tyd in die Paarl gedoop is, is moontlik deur n besoekende predikant gedoop.
Beide Josué en Elisabeth, soos talle ander Hugenote, was ongeletterd. Alhoewel sommige geleer het om hulle naam te teken en ook om te skryf, was Josué en Elisabeth skynbaar nie onder diegene nie. In 1720 maak Josué sy merk wanneer hy hul gesamentlike testament teken en wanneer Elisabeth in 1724 n nuwe testament opstel, teken sy ook deur haar merk te maak.
Josue is in 1721 oorlede. Elizabeth trou weer met Paul Roux, 'n onderwyser.
Vansverandering van Cellier na Celliers, Cillié en Cilliers
Die verandering van Josué Cellier se nageslag se van van Cellier na Celliers, Cillié en Cilliers kon nie aan 'n spesifieke tyd of geslag gekoppel word nie. Selfs op die dokumente wat vir Josué nagegaan is, word sy van benewens Cellier ook as Celliers, Sellier, Selliers, Siljee, Silliers, Sollier en Zilie gespel.
Vir die volgende drie geslagte (b, c en d-geslagte) is die spelling van Josué se nasate se van legio, onder andere Celie, Celje, Cellie, Cellier, Celliers, Cielje, Cilie, Cilje, Cilli, Cillie, Cillier, Cilliers, Cillje, De Cilliers, De Silliers, Seliee, Seliers, Selje, Sellie, Sellier, Sielje, Silie, Silje, Siljee en Silliers.
Dit is eers vanaf die vierde geslag (e-geslag) dat die spellings Celliers, Cillié en Cilliers meerendeels gebruik is, maar van die voorgemelde variasies het steeds voorgekom. Daar kon ook nie altyd bepaal word watter spelling 'n spesifieke persoon gebruik het nie omdat spelling van dokument tot dokument kon verskil en dit het tot in die 1900's nog voorgekom. Verder was 'n bepaalde spelling ook nie altyd deur al die lede van 'n gesin en hul nageslag gebruik nie.
Cilliers is die spelling wat die meeste teëgekom is.
Die eerste afstammeling van Jan (b2) wat die Celliers spelling algemeen gebruik het, was Jacob Daniel (b2c1d1e1f4) en daarna sy nageslag, maar Jacob Daniel se twee broers en hul nageslag het weer hul van as Cilliers gespel. Onder die nageslagte wat die Kaap Kolonie verlaat het, wil dit voorkom asof die Celliers spelling algemeen in die Lichtenburg- en Vryburg-omgewing gebruik is terwyl die Cilliers spelling weer in die Marico-omgewing asook in die Oranje Vrystaat en Natal gebruik is. By Abraham (b7) se afstammelinge wat in die Kaap Kolonie gebly het, is die Celliers spelling net by enkele lede van 'n gesin teëgekom, maar hierdie spelling is dikwels nie behou nie.
Alhoewel die Cillié spelling wel op dokumente van Abraham (b7) se afstammelinge voorkom is, is die spelling nie behou nie. Hierdie spelling is slegs deur sommige van Jan (b2) se afstammelinge behou. Die eerste afstammeling van Jan (b2) waar hierdie spelling algemeen deur 'n gesin gebruik is, is by sommige van die kinders van Petrus (b2c1d2), maar selfs hier wissel die spelling op dokumente vir dieselfde persoon nog tussen Celliers, Cillié, Cilliers asook sommige van die voorgemelde variasies. Sover vasgestel kon word, is sy seun Petrus Johannes (b2c1d2e2) se nageslag die enigste wat die Cillié spelling behou het terwyl sy seun Johannes Arnoldus (b2c1d2e6) se nageslag hul van as Celliers, Cillié en Cilliers spel.
De Villiers en Pama bl 135 RIN 21562 stamvader = Josué Cellier, v. Orleans in Frankryk, landbouer. wynbouer en timmerman. Aank. 1700 met die skip ,,Reygersdaal". saam met sy vrou Elisabeth Couvret. + 1676 in Orleans. In 1712 besit hy die plaas "De Orleans" in Drakenstein. Sy afstammelinge spel die van: Sellier. Sillier, Siljé, Cellier, Celliers, Cillie, Cilliers, ens.
Josué Cellier was afkomstig van Orléans, Frankryk waar hy in ongeveer 1667 gebore is. Hy was moontlik die seun van Josué Cellier en Judith Rouilly wat
n seun Nicolaas in die naburige dorpie Bazoches-en-Dunois laat doop het. Elisabeth Couvret is nege jaar later in ongeveer 1676 ook in Orléans gebore.
Bronne verskil oor wanneer Josué en Elisabeth Frankryk verlaat het. Volgens een bron in 1685, na die herroeping van die Edik van Nantes, toe Josué 18 jaar oud was en Elisabeth 9. Hierdie edik het vir bykans n honderd jaar 'n mate van godsdiensvryheid aan die Protestante verleen en die herroeping daarvan het
n oormatige vervolging van die Protestante tot gevolg gehad. Volgens 'n ander bron het hulle Frankryk in 1697 verlaat na die beëindiging van die negejarige oorlog tussen Nederland en Frankryk toe hulle onderskeidelik 30 en 21 jaar oud was.
Of hulle wel in Frankryk getroud is, is onseker.
Simon van der Stel het in 1679, pas na sy aanstelling as goewerneur aan die Kaap,
n versoek gerig dat boere toegelaat moet word om na die Kaap toe te kom, maar aangesien die Kaap slegs as n verversingspos beskou is, is sy versoek geweier. Die toenemende getal Franse vlugtelinge wat na Nederland gestroom het na die herroeping van die Edik van Nantes het egter tot n beleidsverandering gelei wat dit vir Josué en Elisabeth moontlik gemaak het om na die Kaap te verhuis.
Persone wat oorweeg sou word om na die Kaap te gaan, moes selfonderhoudend wees en Josué met sy kennis van landbou, wynbou en sy vaardigheid as timmerman het hieraan voldoen. Verskeie voorwaardes is ook gestel, onder andere:- Hulle sou kosteloos op die skepe van die handelsmaatskappy die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) vervoer word, mits n eed van getrouheid aan die Kompanjie afgelê word.
- Geen bagasie, behalwe dié wat vir eie gebruik nodig was, kon saamgeneem word nie. Op kontantgeld was daar egter geen beperking nie.- Landbouers sou soveel grond kry as wat hulle kon bewerk, terwyl landbougereedskap, saadkoring en vee aan hulle verkoop sou word.- Hulle sou verplig wees om vir vyf jaar aan die Kaap te bly, maar kon met die nodige motivering n versoek tot die Here XVII, die hoogste gesag van die VOC, rig om die tydperk te verkort.- Indien hulle na vyf jaar weer na Nederland wou terugkeer, moes hulle teen n vasgestelde tarief die reisgeld betaal en kon hulle niks uit die Kaap saamneem nie, behalwe dit wat hulle aan hul persoon gehad het.
Die eerste Franse vlugtelinge vertrek einde 1687 uit Nederland en in 1699 is die VOC versoek om nie meer Franse Kaap toe te stuur nie. Dit is dus onseker of Josué en Elisabeth onder die voorgemelde voorwaardes na die Kaap gekom het en of hulle dit op eie inisiatief gedoen het. Hulle seil op 2 Mei 1700 aan boord van die Reygersdaal vanaf Goeree, n Suid-Hollandse eiland. Ook aan boord was Elisabeth se broer Paul Couvret, sy vrou Anne Valleté en hul dogtertjie.
Vir beter beskerming het n aantal skepe gewoonlik saam uitgevaar, maar daar kon nie vasgestel word of enige ander skepe saam met die Reygersdaal uitgevaar het nie.
n Reis na Kaap het in daardie jare enigiets van drie tot ses maande geduur en die Reygersdaal arriveer Saterdag 21 Augustus 1700 in die Kaap, maar moes tot die volgende middag voor die hawe lê. 'Op de naarmiddag' van Sondag 22 Augustus anker hulle in die hawe 'onder een slap zuyd west luchtje'.
Oor die algemeen was die skepe waarmee die vlugtelinge oorgekom het maar klein en het passasiers gewoonllik hutte op die agterdek gehad sonder enige wasgeriewe. Voedsel wat aan boord geneem is, is noukeurig deur die VOC gespesifiseer - brood, ingelegde vleis, stokvis en soutvis, ingelegde haring, bier, Franse en Spaanse wyn, brandewyn, botter, olie, asyn, lemmetjiesap, stroop vir ontbyt en vir die bier, pruimedante, rysgort, grou- en groenertjies, mosterdsaad, mierikwortel en sout. Kos, water en bier het betreklik gou bederf terwyl wyn langer goed gebly het.
Skeurbuik, wat hoofsaaklik deur die gebrek aan vars voedsel veroorsaak is, het algemeen voorgekom en het bygedra tot n hoë persentasie sterfgevalle tydens
n seereis. Verder was daar nog gevare soos storms, brand en aanvalle deur seerowers. Die skipper van die Reygersdaal, Martin de Jeught, rapporteer met hul aankoms in die Kaap slegs een sterfgeval en agt siekes aan boord wat die indruk skep dat Josué en Elisabeth se vaart sonder enige buitengewone voorvalle afgelê is. Twee weke na hul aankoms sit die Reygersdaal sy vaart na Batavia (Djakarta op die Indonisiese eiland Java) voort.
Uit die huwelik tussen Josué en Elisabeth word elf kinders gebore, vyf seuns en ses dogters. Slegs Pierre sterf as kind terwyl Susanna en Judith binne tien dae van mekaar sterf; Susanna op 20-jarige ouderdom op 14 Julie 1733 en Judith op 19-jarige ouderdom op 24 Julie 1733. Die oudste en jongste seuns Josué en Pieter is nooit getroud nie en sterf respektiewelik op 69-jarige en 81-jarige ouderdom. Die twee seuns deur wie die vanne Cellier, Celliers, Cillié en Cilliers voortgedra sou word, is Jan wat in 1728 met die weduwee Anna Marais trou en Abraham wat in 1744 met sy broer Jan se stiefdogter Anna Rossouw trou. Elisabeth trou in ongeveer 1724 met Pierre Malherbe, Francina in 1727 met Pierre le Roux en Magdalena in 1736 ook met 'n Pierre le Roux, 'n neef van haar suster Francina se man. Maria trou in 1732 met Johannes Hubertus, n Hollander, en na sy dood hertrou sy in 1735 met Urbanus Sauermann, n Duitser - sy is die enigste kind wat nie met
n Hugenote-afstammeling getroud is nie.
Die Paarl se kerk waarin Josué en Elisabeth se oudste kinders gedoop is, was nie veel meer as n saaltjie wat die Franse aanmekaar getimmer het nie en is na geweldige storms in Oktober 1716 so beskadig dat dit onbruikbaar was. Totdat die nuwe kerk in 1720 in gebruik geneem is, is dienste aan huis van die predikant ds Van Aken gehou en hul jongste kind Magdalena is moontlik hier gedoop. Pieter en Maria is moontlik in Stellenbosch en Kaapstad gedoop omdat daar vanaf 1707 tot 1714 geen predikant in die Paarl was nie. Die twee kinders wat wel gedurende hierdie tyd in die Paarl gedoop is, is moontlik deur n besoekende predikant gedoop.
Beide Josué en Elisabeth, soos talle ander Hugenote, was ongeletterd. Alhoewel sommige geleer het om hulle naam te teken en ook om te skryf, was Josué en Elisabeth skynbaar nie onder diegene nie. In 1720 maak Josué sy merk wanneer hy hul gesamentlike testament teken en wanneer Elisabeth in 1724 'n nuwe testament opstel, teken sy ook deur haar merk te maak.
Die peil van onderwys aan die Kaap was laag en Paul Roux, met wie Elisabeth na Josué se dood sou trou, word as onderwyser van die Franse gemeenskap in die Paarl aangestel. Huismeesters is ook deur sommige gesinne in diens geneem en hul vergoeding het meestal bestaan uit 8 tot 14 gulden per maand, 1 tot 2 pond tabak, voedsel, drank, goeie huisvesting en soms klere aan die einde van die jaar. Jacob Naudé wat in 1718 as matroos in die Kaap aangekom het, was eers huismeester by Pierre Joubert teen 10 gulden en n halwe pond tabak per maand en vanaf 1719 tot 1720 huismeester by Josué Cellier teen 10 gulden en een pond tabak per maand.
In haar testament van 1724 stel Elisabeth vir Jan as voog oor sy minderjarige broers en susters aan en bepaal dat hy 'verpligt zijn' om hulle eerlik op te voed en ook om hulle te laat leer, lees, skryf of 'n handvaardigheid te laat aanleer. Dokumente wat deur vier van haar kinders geteken is, is teëgekom; Francina teken as beide Fransina Cellie en Fransina Celie, Maria as Marie cellier; Magdalena as Madalena Cellie en Pieter as Piter Seliee.
Of Josué en Elisabeth Hollands matig was, is onbekend, maar hul kinders sou weens regeringsbeleid Hollands moes aanleer. Hierdie beleid het veroorsaak dat die Franse taal aan die Kaap in onbruik geraak en uitgesterf het. Nadat die eerste predikant van die Paarl, Pierre Simond, die Kaap in 1702 verlaat het, verklaar Goewerneur Willem Adriaan van der Stel hom bereid om te sorg dat die Franse taal in onbruik raak deur die gebruik van Hollands op skool en in die kerk in te stel. Vertoë is gerig omdat min mense n preek in Hollands kon volg en daarna is twee dienste op
n Sondag toegelaat, een in Hollands en een in Frans, maar na 1726 word daar nie weer melding gemaak van Franse dienste nie.
Josué en Elisabeth vestig hulle aanvanklik op die plaas Het Kruys Pad (Kruispad), naby die huidige voorstad Brackenfell, waar hulle tot ten minste 1709 gewoon het. In Januarie 1708 'ten huijse van Josua Sellier geleegen aant kruispad tusschen de bottelerije en tijgerbergen' het daar twaalf mense 'zaaten en dronken'.
'n Vryswarte wat op sy eie grond geboer het, Pieter Harmensz, algemeen bekend as Brasman, kom toe daar aan en beskuldig vir Jacob Bourbonnais, een van Josué se gaste, daarvan dat hy sy sweep gesteel het.
n Onderonsie ontstaan en Brasman steek vir Bourbonnaise met 'n mes en snou hom toe : 'Jou donders kind, daar heb je genoeg daar is bloed'.
'n Eis vir skadevergoeding word ingestel, Bourbonnaise vir ongemak en pyn asook verlore tyd en Jacob Bisseux, in wie se huis Bourbonnais verpleeg is, vir sy verpleging en gepaardgaande uitgawes. Brasman se vonnis was om gegesel te word, skadevergoeding en kostes te betaal en hy word lewenslank uit die Kaap verban.
Nog 'n insident waarby Josué betrokke was, was die ontevredenheid oor Goewerneur Willem Adriaan van der Stel se administrasie. Aanvanklik is VOC-amptenare nie toegelaat om te boer nie omdat hul mededinging die boere finansieel kon knak, maar teen die tyd dat Josué en Elisabeth in die Kaap aankom, boer Van der Stel en bykans al die hooggeplaaste VOC-amptenare op hul eie plase. Mettertyd tree hulle ook tot die mark, wat alreeds swak was, toe en bly die gewone boere met hul podukte sit. In 1706 word n klagskrif van ondermeer omkopery en afpersing teen Van der Stel en verskeie amptenare opgestel en Elisabeth se broer Paul Couvret is een van die persone wat dit onderteken. Op sy beurt stel Van der Stel 'n getuigskrif op wat tevredenheid met sy administrasie uitspreek en ook van sy goeie karakter en eerlikheid getuig. Persone wat weier om te teken word ondermeer gedreig dat hulle van hul grond ontneem sou word. Josué teken die getuigskrif - die inskrywing by sy se merk lui : 'het merke van Josue Siljee'. Die meeste van die Hugenote wat geteken het, het later verklaar dat alhoewel hulle ontevrede was met Van der Stel se wanbestuur hulle bang was dat hulle hul grond sou verloor. Moontlik was dit ook by Josué 'n oorweging aangesien hy op hierdie stadium nog nie sy eie plaas besit het nie. Die uiteinde van die klagskrif was ondermeer dat Willem Adriaan van der Stel en van sy volgelinge van hul poste onthef en na Holland teruggeroep is.
In 1709 word Josué nog in die opgaafrolle van die Distrik Stellenbosch, waaronder Kruispad geresorteer het, opgeneem. Geen opgaafrolle het vir die jare 1710-1711 behoue gebly nie en in 1712 word hy in die opgaafrolle van die Distrik Drakenstein opgeneem. Het Kruys Pad word op 15 Maart 1712 aan Josué toegeken, maar daar kan nie veel van hierdie datum afgelei word nie aangesien plase wat aan boere toegesê is, d.w.s toestemming verleen is om die grond te bewoon en te benut, dikwels eers etlike jare later aan hulle toegeken is, d.w.s hul eiendom geword het. In die Paarl koop hy die plaas Orléans (57 morg 300 vk roede) wat op 11 Oktober 1713 op sy naam oorgedra word. Hier boer hy en Elisabeth tot en met hulle dood.
'n Dokter (chirurgyn) Gideon le Grande het joernaal gehou van sy mediese dienste en n gedeelte van sy joernaal vir 1710 het behoue gebly. Op 9 Februarie 1710 skryf hy medikasie van scafran vir Josué Cellier voor, maar hierdie inskrywing is later weer doodgetrek. Wat scafran is, is onbekend en waarom die inskrywing later doodgetrek is, is ook onbekend. Van die siektes wat aangeteken is, is bloedvloeiing, geswelde voete, keelseer, kopseer, kortasem, krampe in die ingewande, longsiekte, maagpyn, niere, sooibrand, snydings, sweer en verkoue. Bloedlating as behandeling kom die meeste voor, ondermeer vir pyn aan die arm en skouer; daarna purgasies van sennablare en nieskruid.
In 1712 keer Elisabeth se broer Paul Couvret en sy gesin na n verblyf van twaalf jaar aan die Kaap terug na Europa. Hy het op die plaas Goede Hoop, 60 morg, in die Paarl geboer.
Die Paarl se lidmaatregisters is waarskynlik sedert die stigting van die gemeente in 1691 bygehou, maar die eerste register wat behoue gebly het, is dié van 1715. Onder 'Der Ledematen die de Predikant Van Aken in die Kerke van Drakenstyn in den jare 1715 gevonden heeft', was 'Jossue Sellier en syne vrouw Elizabeth Couvret' en die totale aantal lidmate is as 104 aangeteken. Teen 1725 het die aantal lidmate tot 146 gegroei.
Oor Josué se boerderyaktiwiteite gedurende sy eerste paar jaar aan die Kaap is min bekend weens die onvolledigheid van die opgaafrolle. In 1704 besit hy slegs 4 koeie, maar teen 1709 verbou hy reeds 8 000 wingerdstokke, besit hy 5 perde en 18 beeste en het hy ook 60 mud koring geoes. In latere jare besit hy tot 300 skape en produseer jaarliks tot 3 lêers (1 731 liter) wyn.
Josué sterf op 54-jarige ouderdom in Oktober 1721 en laat die 45-jarige Elisabeth agter met tien kinders tussen die ouderdomme van 4 en 20 jaar. Van die items wat in sy boedelinventaris gelys word, met die waarde in guldens Indiese valuta aangedui, is:
Die plaas Orleient 2 900
15 beeste 450
1 wa 100
en 16 lêers wyn 480.
|