Notes |
- Die pragtige bruinoog Antoinette was van kleins af vol lewenslus en entoesiasme. Haar belangstelling strek van musiek en kuns na hengel, weermagaktiwiteite en fiksheid.In 1991 word sy as een van 120 uit etlike duisende aansoeke gekeur om die jaar by die S A Leervrouekollege in George opleiding te ondergaan.Haar veelsydigheid kom oor die jare al hoe meer na vore. In haar vroee dertigerjare bedryf sy 'n fiksheidsklas waar die nuttige joga-oefeninge gebruik word. Sy leer ook sweiswerk en vervaardig onder andere hulle huis se diefwering. Sy ontwerp en vervaardig staal ornamente en versamelstukke, terwyl sy haar rol as moeder en eggenote met onderskeiding vervul.
|