Notes |
- Die aanvallige ligtekop Sanet blink op skool veral uit as 'n kranige atleet met groot potensiaal, totdat sy in haar diensjaar by SALVKOL 'n beenbesering opdoen wat haar atletiekloopbaan verongeluk. Soos haar suster, het sy die streng keuringsproses geslaag en die afronding wat SALVKOL gebied het baie geniet.Sy voltooi haar tersiere studies in kuns by die Pretoria Technikon, en kerf 'n suksesvolle kunsloopbaan uit deur aanvanklik advertensieborde vir supermarkte te verf. Later verander haar belangstelling na fotografie, en word sy 'n gesogte fotograaf van huwelike en skoolfotos sowel as individuele ateljeefotos.Sanet handhaaf 'n gesonde balans tussen haar kunsloopbaan en haar roeping as moeder en eggenote.
|