Notes |
- Hierdie aantreklike en talentvolle rooikopseun maak reeds in die laerskool sy merk as kranige sportman en leerder.Tydens sy skoolloopbaan woon hy viermaal die jaarlikse Afrika Senior Studentekonvensie van ACE, School of tomorrow by. Duisende hoërskoolleerlinge met ‘n kompeterende gees ding by hierdie konvensies mee in meer as 100 gespesialiseerde items.Hy word tweemaal op grond van sport en akademiese prestasie genomineer om sy skool by die Internasionale Konvensie in die VSA te verteenwoordig maar word deur onvoorsiene omstandighede verhinder om te gaan.
Hy bereik die volgende prestasies in sport:
‘n Nul-voorgee in gholf
Mpumalanga kleure: O.18 Gholf
Mpumalanga kleure: O.23 GholfLaeveld Senior GholfspanInternasionale akkreditasie as ‘n Onafhanklike “Hi-Ropes” InstrukteurOp skoolvlak verwerf hy Provinsiale kleure in Landloop, Volleybal en Tafeltennis sowel as Provinsiale en Nasionale kleure in Atletiek.In 2001 word hy genomineer om Suid-Afrika as ‘n “Global Scholar” te verteenwoordig by die Somer 2001 “Global Youth Leaders Conference” in Washington D.C. en New York op grond van vaardigheid in Engels, sterk leierskappotensiaal en uitmuntende akademiese prestasie. Weer eens word hy verhinder om by te woon, veral as gevolg van die afname in die waarde van die Rand na die 11 September aanvalle in New York.In 2005 skryf hy by die Universiteit van Pretoria in vir die graadkursus in meganiese ingenieurswese en teen middel 2007 is hy in sy derde suksesvolle studiejaar. Hy ontvang in hierdie stadium 'n studiebeurs wat sy laaste twee jaar se kostes dek.Hy sluit in 2007 aan by die Universiteit se bergklimklub en word ‘n deeltydse kliminstrukteur by die kommersiële klimmuur in Pretoria.
|