Notes |
- Description: Hierdie slavin was in 1686 vrygestel (Attestasie 1664 in C 326 pp 478-9, p 6 en 27).
Willem het 'n dogter gehad met 'n slavin wat Simon van der Stel aan hom geskenk het, die kind se naam was Maria.
Willem het 'n dogter gehad met 'n slavin wat Simon van der Stel aan hom geskenk het, die kind se naam was Maria. Hierdie slavin was in 1686 vrygestel (Attestasie 1664 in C 326 pp 478-9, p 6 en 27). Maria het die stammoeder geword van die Heyns familie, sy trou in 1696 met Paulus Heyns.
Karel Schoeman in Armosyn van die Kaap bladsy 535 haal die volgende aan uit 'n hofsaak:
"'n sekere slavin by wie hy teenswoordig 'n kind verkry het, en wat hy, Schalcq, met haar bevalling in hierdie kombuisie (by die Skuur) ondergebring het; hy het haar ook ten alle tye versorg deur kos te berei en water en brandhout te haal, ja, wat meer is toe sy moes beval, het Schalq my Kruijthoff, opgeklop en gevra dat ek hom tog sy brandewyn (rantsoen) sou gee, waarop ek hom twee mutsjes verstrek het, wat hy vir hierdie slavin gebring het, en (hulle?) het dit as hartversterking genuttig."
|