Notes |
- Hy was nie getroud nie en het meestal bekend gestaan as Larius (opgaaf- en millitere rolle), behalwe in sy testament waar hy homself Elardus noem. (MOOC 7/1/20 no. 33).
Volgens Mieka Erasmus was hy 'n kreupel man wat nooit getrou het nie; Sasa Malan merk egter op dat volgens 1/STB 13/25 General Muster rolls 1768-1779 was Larius nog tot 1772, toe hy 65 jaar oud was, op die lys van burgermaglede, maar by die laaste inskrywing is dit weer dood getrek; waarskynlik omdat hy toe te sieklik was of oorlede is. Tot op so 'n hoë ouderdom doen iemand met 'n liggaamlike gebrek seker nie sy militêre diens nie.
Volgens Mieka het hy het al sy plase aan Johannes (Jan) Jooste nagelaat wat by hom op die plaas gebly het; Sasa gee sy testament besonderhede soos volg weer:
MOOC 7/1/20 (33):
Testament van Elardus Erasmus (seun van Pieter; Larius in DV&P ens.) opgestel op 20/2/1767; deur hom met 'n kruisie onderteken; hy is burger van Stellenbosch woonende op de plaats genaamd Groenefontein gelegen aan de Oostenberg.
Hy bemaak: 25 guldens (Indiese valuta) aan die diakonie armen in 't land van Waveren. Die res aan sy enigste erfgenaam, Johannes Erasmus, 'n seun van sy oorlede broer Laurens Erasmus en sy (Johannes se) moeder Martha Pienaar; Johannes is nog minderjarig, moet hom in sy ouderdom oppas; woon reeds by hom. Die opstal is deel van die erfenis en hy versoek dat sy leenplaas ook op Johannes oorgaan.
Hy het dus nie kinders gehad nie.
|