Notes |
- Uit 'n boedeldokument blyk dit dat Hester (of Ester) Erasmus 'n dogter was van die stamouers Pieter Erasmus en Maria Jooste. Mieka Erasmus het vir Sasa Malan eerste bewus gemaak van die bestaan van hierdie dokument, MOOC 8/4 Vol. 14 (No. 47), in die KAB.
Die inventaris is blykbaar opgestel na die dood van Maria Jooste en is gedateer 04-11-1723. Daarvolgens is die erfgename, behalwe haar man Pieter, die kinders Erasmus Pieters (25jr), Ester (20jr), Lourens (19jr), Catharina (18jr), Laris (17jr) en Jacob (16jr).
Maria Hanna wat in die registers genoem word, was blykbaar reeds oorlede teen hierdie tyd.
Volgens Heese en Lombard is Hester oorlede met, of kort na, die geboorte van haar en Carel de Jager (b3) se eerste kind, Hester, wat gedoop is op 24-02-1726. Carel is sewe maande later weer getroud met Magdalena Malherbe en hulle het nog agt kinders gehad.
|