Notes |
- Erasmus Register gives Cologne, Germany
Erasmus Register gives "Agter Kogmanskloof"
Arrived 1724, sailor later builders assistant. Burger Stellenbosch 1734. Died Swellendam "aan't kruyspad agter de Coggemanskloof op de plaats van Frederik Botha".
Vanaf Pama en De Villiers p 852
* SCHOEMAN Hendrik of Heinrich Schumacher.later Schoeman. v. Bosau, in Holstein. Aank. 1724, matroos. later boukneg. Burger Stellenbosch 1734. sterf te Swellendam, "aan't kruyspad agter de Coggemanskloof op de plaats van Frederik Botha" naby Swellendam. 1737. sterf voor 18.4. 1810, x 25. 9. 1757 Petronella Bekker b2 Helena Dorothea, = 3. 5. 1739, x Stephanus Johannes Bekker b3 Jurgen, = 6. 8.1740. x 6. 3. 1768 Dorothea Bekker
Heinrich Schumacher verhollands vinning na Hendrik Schoeman aan die Kaap. Bronne verskil omtrent sy plek van herkoms en noem onder andere dat hy van Bosua, in Holstein, Noord Duitsland was. OJO Ferreira in "Stomvoël van die Noorde" dink egter dat dit meer waarskynlik was dat hy afkomstig was uit Friedrichstadt, 'n eiland tussed die Edier en Elbe riviere, wat tot in 1866 'n semi-onafhanklike gebied onder die koning van Denemarke was, en eers later deel van Sleeswyk-Holstein uitmaak.
Hy kom in 1724 as 'n matroos by die Kaap aan, moontlik vergesel van sy broer Jürgen Jan. Hy word toe 'n plaas kneg en word in 1734 'n vryburger van Stellenbosch. In 1736 trou hy met die agtienjarige Martha Olivier, 'n kleindogter van Beatrix Olivier. Hy trou later vir 'n tweede keer met die twintigjarige Johanna Botha, 'n huwelik wat blykbaar kinderloos was.
Hy is oorlede in die binneland in 1765, op die plaas van Frederik Botha, 'n klein seun van die stamvader Friederich Both.
Daar is geen rekord van 'n huwelik nie en die ma van sy drie kinders is onbekend.
Die drie kinders is met Bekker susters en 'n broer getroud.( Helena met Stepanus Johannes Bekker, Johannes met Petronella Bekker en Jurgen met Dorothea Bekker.
Eers Schumacher, van Bosau in Holstein, aankoms 1724 matroos, later boukneg, burger 1734. Dood Swellendam "aan't kruyspad agter de Coddemanskloof op de plaats van Frederik Botha".
Hendrik Schoeman was afkomstig van Sleeswyk-Holstein wat vandag een van die deelstate van Duitsland is.
Wat sy werklike naam was, kan ons nie met sekerheid sê nie. In verskillende dokumente word o.a. na hom verwys as Heinrich Schumacher, Hendrik Schoenmaker en Hendrik Schoeman. Ons weet wel met groot sekerheid dat hy die stamvader van die meeste Schoemans in die land is.
Ongelukkig kon daar nie bepaal word wie Hendrik se ouers was of wanneer hy gebore is nie. As ons aanvaar dat hy ongeveer 22 jaar oud was met sy aankoms aan die Kaap, moet ons tot die slotsom kom dat hy teen ongeveer 1702 gebore is. Hiervolgens was hy dus ongeveer 16 jaar ouer as sy eerste vrou, want sy is in 1718 gebore.
Hy vertrek op 1 Junie 1724 van Rammekens in Nederland, as 'n matroos op die skip "Meijenburg", waarvan die kaptein Christiaan Daniels was. Die skip arriveer aan die Kaap op 21 Oktober 1724 en bly daar tot 17 November 1724, toe dit na Batavia vertrek, waar dit op 21 Januarie 1725 arriveer. Dit het later daardie jaar, op 4 Desember 1725, van Ceylon vertrek, van 18 Februarie tot 21 Maart 1726 weer by die Kaap aangedoen en op 6 Julie 1726 by Rammekens teruggekeer. Die skip is gebou in 1713 en het 'n tonnemaat van 1180 gehad. Op pad na die Kaap het dit 190 mense vervoer waarvan 23 tydens die reis oorlede is. 109 van die mense aan boord was blykbaar soldate. (RGP 166, Dutch Asiatic Shipping, Vol. II, p.378, Voyage 2586, en RGP 167, Vol. III, p.274, Voyage 6660,5)
Rammekens is 'n fort wat geleë is in die munisipale gebied van die dorp Ritthem (ook Riethem en Reythem genoem), aan die rivier Wester-Schelde. Die plek Ritthem word die eerste keer in 1247 genoem en die naam dui aan dat dit naby 'n plek met moerasse en riete geleë is. Die fort is tussen die jare 1547 - 1557 gebou om die toegangsroete tot die hawens Middelburg en Antwerpen, wat in die 16de eeu baie belangrik was, te beskerm. Napoleon se soldate het in 1810 sommige van die vertrekke van die fort versterk. Tans is die fort geleë in die middel van 'n natuurreservaat langs die grens van Walcheren en word gebruik vir uitstallings oor sy geskiedenis en die omringende natuur.
Aan die Kaap word Hendrik 'n plaas- en boukneg. Sy naam het spoedig na sy aankoms, na Hendrik Schoenmaker en toe Hendrik Schoeman verander. Die Politieke Raad het op 18 November 1734 vergader en in die kladnotule wat deur Willem van Kerkhoff geskryf is, lees ons o.a. dat die Heer Tulbagh, een van die raadslede, nie teenwoordig was nie en dat "Hendrik Schoenmaker in vrydom gesteld" word, d.w.s. hy word 'n vryburger. (Resolusies van die Politieke Raad, 1729 - 1734, Deel VIII, S.A. Argiefstukke Kaap No. 8 - geredigeer deur G C de Wet en uitgegee deur die Staatsdrukker, Pretoria, 1975. Kyk ook VC56 p.139)
In die tydperk rondom Hendrik se aankoms aan die Kaap, was Jan de la Fontaine die waarnemende Kaapse goewerneur. De la Fontaine het in 1721 sekunde geword onder goewerneur De Chavonnes en na Chavonnes se dood, waarnemende goewerneur van 8 September 1724 tot 25 Februarie 1727. Chavonnes is as volwaardige goewerneur opgevolg deur P G Noodt wat skielik gesterf het en De la Fontaine het weer op 23 April 1729 waarnemende goewerneur van die Kaap geword. Op 8 Maart 1730 het hy die agste goewerneur van die Kaap geword, op 31 Augustus 1737 afgetree en die volgende jaar na Nederland teruggekeer, waarvandaan hy oorspronklik gekom het. Hy was baie gewild onder die amptenare en burgers en het bekend geword as "die man met die glimlaggende gesig".
Daar bestaan afskrifte van 'n hele aantal werkkontrakte wat deur Hendrik aangegaan is voordat hy 'n vryburger geword het. Hy het dus as amptenaar van die Kompanjie vir ander burgers gewerk.
'n Kontrak wat opgestel is op 19 November 1725, maak daarvoor voorsiening dat hy werk vir Casper Hendrik Badenhorst, die Badenhorststamvader, wat 'n landbouer was, teen 'n vergoeding van 10 Kaapse guldens per maand, een en 'n halwe pond tabak, plus voedsel, drank en goeie huisvesting. (CJ 2880 p.173)
Op 30 Desember 1726 word 'n kontrak aangegaan om vir die landbouer, Jan Steenkamp, die Steenkampstamvader, te werk teen 'n maandelikse salaris van 14 Kaapse guldens en vry tabak, voedsel, drank en goeie huisvesting. (CJ 2881 p.123)
Ons lees ook van 'n kontrak wat hy op 29 Desember 1731 vir 'n jaar aangegaan het met die landbouer, Jacobus van der Heyden, ook 'n stamvader, om op te tree as boukneg en ander redelike dienste te verrig, teen 'n salaris van twintig Kaapse gulden en vry tabak, voedsel, drank en goeie huisvesting. (CJ 2883 p.41)
Op 14 Januarie 1733 gaan hy 'n kontrak aan met Gideon Joubert en wel om hom "den tyd van een geheel jaar trouw en naarstig te dienen als knegt en tot wat redelijke dienste hem verders mogte benodigen .... de somma van vyftien Caabse guld's en twee pont tabacq, boven en behalven het onderhoud van spys, drank en goede huijsvesting ....." Joubert se eggenote, Margarita de Villiers, het die kontrak namens haar man aangegaan en onderteken. (CJ 2884 p.66)
Ons beskik ook oor 'n afskrif van Hendrik se testament wat op 26 Julie 1736, d.w.s. ongeveer 3 maande voor sy eerste huwelik, opgestel is deur Daniël Godfried Carnspek. Daarin bemaak hy o.a. 100 Kaapse guldens aan die diakonie vir die armes van Drakenstein. Die res van sy eiendom bemaak hy aan Gideon Joubert. Adam Bernard en Nicolaas Vlok het as getuies die testament onderteken en "Hendrik Schoenmaker" het dit met 'n kruisie gedoen!
Wat leningsplase en weidingslisensies betref, is daar ook 'n paar dokumente beskikbaar waaruit ons meer te wete kan kom oor Hendrik.
Op 2 Desember 1739 word goedkeuring verleen dat weiding gegee word aan Hendrik Schoeman "in den hoek van het Roode Zant". [(RLR 10/1 - p.22 (93)]
In 1745 word "een jaar weiding aan den landbouwer Hendrik Schoeman, Coggemanskloof aan't Kruyspat" toegeken. [(RLR 11/1 - p.84 (149)]
Op 27 Augustus 1750 en 10 Desember 1755 word goedkeuring verleen vir die toekenning van grond aan Hendrik Schoeman "agter de Cogmanskloof by Warmwater op de verlaatene plaats van mede landbouwer Albertus Meyburg, Albertsz. [(RLR14/1 - p.100 (142)]
Hendrik was twee keer getroud. In die huweliksregister van Drakenstein vind ons dat sy eerste huwelik op 7 Oktober 1736 met Martha Olivier, wat deur die predikant, Salomon van Echten bevestig is, soos volg aangeteken is: "Hendrik Schoenmaker van Bosha, burger van Stellenbosch, j.m., en Martha Olievier van Cabo de Goede Hoop, j.d." "Bosa" word ook genoem as sy plek van herkoms in sy testament wat hierbo genoem is. Die plek wat bedoel word, is waarskynlik Bosau, geleë aan die Groot Plöngermeer, ten ooste van Neumünster.
Martha was die dogter van Jan Olivier wat op 7 November 1683 gedoop is en op 18 April 1717 getroud is met Helena Burger wat op 9 Julie 1701 gedoop is. Jan was die seun van Hendrik Corneliszoon Olivier wat van Ouwerkerk in Nederland gekom het en op 30 Mei 1677 getroud is met Beatrix Gysberta Verwey van Woerden in Nederland. Hendrik en Martha het vier kinders gehad.
Volgens "Stellenbosch Drie Eeue", die amptelike gedenkboek wat deur die Stadsraad van Stellenbosch met die samewerking met die Oude Meester-Groep uitgegee is in Oktober 1979, was ds. Van Echten afkomstig van 'n ryk en invloedryke familie in Nederland. Hy was glo erg op sy eer en voorkoms gesteld en het na bewering gewoonlik die kansel met gepoeierde hare en wit handskoene bestyg. Hy het eers Stellenbosch bedien vanaf 1732 en is daarna na Drakenstein verplaas met die verstandhouding dat hy een maal per maand op Stellenbosch moes gaan preek. Ds. Van Echten het hom beywer vir die ommuring van die kerkhof op Stellenbosch. Nadat die diakens en ouderlinge die lidmate aangespoor het om klippe aan te ry, is 'n sierlike wit muur wat steeds die Moederkerk omring, in 1735 opgerig.
Hendrik se tweede vrou was Johanna Botha, met wie hy op 7 Oktober 1759 in die huwelik getree het. Sy was die dogter van Frederik Botha wat op 13 Januarie 1715 gedoop is en op 23 Oktober 1735 met Petronella Oosthuizen, wat op 18 April 1717 gedoop is, getroud is. Frederik was die kleinseun van Frederik (Friedrich) Botha (of Both) wat op 4 Maart 1653 te Wangenheim by Gotha in Duitsland gebore is en op 21 Junie 1717 te Stellenbosch getroud is met Maria Kickers van Amsterdam, die geskeie vrou van Jan Cornelisz van Oud-Beyerland.
Die inskrywing in die huweliksregister vir die tweede huwelik, lui soos volg: "Hendrik Schoeman van Frederikstad in S Holstein, weduwenaar, met Johanna Botha van Cabo, jonge dogter."
Om die saak verder te kompliseer lees ons op bl. 139 van die opgaafrolle VC56 (1716-1791) dat Hendrik Schoenmaker, 'n matroos, van Rosa afkomstig was, in 1724 aan die Kaap aangekom het met die Meijenburg en op 18 November 1734 vryburger geword het. Met Rosa kon natuurlik Bosa of eintlik Bosau bedoel gewees het!
Friederichstadt is geleë naby die samevloeiing van die Treene en die Eiderrivier, suid van die Deense grens in Sleeswyk-Holstein en dit is meer as 100 km van Bosau, af geleë! Ons het dus 'n probleem om te verklaar hoe Hendrik terselfdertyd van Bosau (of Bosa of Rosa) en van Frederikstad af kon kom! 'n Moontlike verklaring vir hierdie teenstrydighede is dat Hendrik waarskynlik oorspronklik in Bosau gebore is of daar grootgeword het, maar dat hy voorheen in Friedrichstadt gewerk het of daarvandaan vertrek het voordat hy na Nederland toe is om 'n matroos in diens van die VOC te word.
Indien Jurgen Jan Schoeman en Hendrik Schoeman inderwaarheid broers was, mag dit wees dat daar moontlik 'n misverstand was en dat daar met "Bosha" en "Bosa" eintlik Büsum bedoel word - 'n plekkie ongeveer 30 - 40 km ten suide van Friedrichstad op die Dithmarschen!
De Villiers en Pama in "Geslagsregisters van ou Kaapse Families" en J. Hoge in "Argiefjaarboek vir S.A. Geskiedenis", het Hendrik Schoeman getroud met Martha Olivier en Hendrik Schoeman getroud met Johanna Botha, as twee verskillende persone aangetoon. Dit wil egter voorkom asof dit dieselfde persoon is, in die lig van die feit dat Hendrik 'n wewenaar was toe hy met Johanna Botha getroud is; dat geen ander wewenaar met die naam Hendrik Schoeman in die spesifieke tydperk opgespoor kon word nie; dat albei die huwelike op 7 Oktober - blykbaar 'n spesiale dag vir Hendrik Schoeman - plaasgevind het; en dat Frederik Botha wat deur De Villiers en Pama aangetoon word as die persoon op wie se plaas die een Hendrik Schoeman oorlede is, inderwaarheid die vader van Johanna was wat as die ander Hendrik Schoeman se vrou aangetoon word.
Die volgende verwysings word in die opgaafrolle gevind oor Hendrik en sy twee eggenotes: Op bl. 39 van VC51 (1734-1741) word hy en sy eggenoot Martha Olivier, onder 1741 gemeld; op bl. 81 van VC54 word hy en Johanna Botha onder Swellendam in 1762 gemeld en ook op bl. 88 onder 1764.
In die opgaafrolle van Drakenstein vir 1740, word aangetoon dat Hendrik en Maria Olivier 5 manlike slawe, 6 perde, 100 beeste, 400 skape, 1 snaphaan, 1 pistool en 1 degen besit. In die opgaafrolle vir 1741 word 5 slawe, 1 perd, 110 beeste, 420 skape, 1 snaphaan, 1 pistool en 1 degen aangetoon. Vir 1742 word aangetoon dat daar 4 slawe, 1 perd, 100 beeste en 400 skape was, dat 4 mud koring gesaai is en dat 40 mud koring geoes is. In die opgaafrol vir Swellendam vir 1762 word aangetoon dat Hendrik Schoeman en Petronella (sic !) Botha slegs 1 perd, 1 snaphaan, 1 pistool en 1 degen gehad het.
Na Hendrik se afsterwe op 10 Desember 1765 "aan 't kruyspad agter de Coggemanskloof op de plaats van Frederik Botha", sy skoonvader, is Johanna op 26 Februarie 1769 getroud met Pieter Labuschagne wat op 2 September 1736 gedoop is en voorheen, op 3 Mei 1765, met Maria Nortje, die weduwee van Jan Strydom, getroud was. Johanna is later met ene Appel getroud. [2, 11]
Born:
- Erasmus Register gives Cologne, Germany
Died:
- Erasmus Register gives "Agter Kogmanskloof"
|