Notes |
- She was the slave of Cornelis Linnes, a senior officer of the DEIC and confidant of the governer Simon van der Stel. On 12 May1691 Joris van Straaten sold Diana van Madagascar to Christiaan Freser for 65 rix-dollars. On 28 Dec 1693 she was sold to DetlefBiebow for 90 rix-dollars and thus gained her freedom before he diedSusanna ODENDAAL, ~ 9-1-1717, d.v. Willem Odendaal en Susanna Biebouw, xx 14-11-1762 Margaretha RADYN, ~ 26-10-1727, d.v. Jurgen Radyn en Maria Malherbe. Susanna Biebouw was die buite-egtelike kind van Detlef Biebouw van Mecklenburg, Duitsland en die slavin Diana van Bengale, slavin van Cornelis Linnes.
Alle tipe slawe was skaars aan die Kaap en die seekapteins en amptenare op verbygaande skepe het 'n goeie mark vir hulle slawe gevind aan die Kaap as hulle na Nederland onderweg was, want in Nederland was slawe nie toegelaat nie. So het Admiraal Jacob Cauw, wat van Batavia na Nederland oppad was, sy vrou se slavin, Diana van Bengale - ook bekend as Diana van die Kus, aan die boekhouer Augustijn Boccaert op 15-5-1666 vir 70 Riksdaalders verkoop op voorwaarde dat as Admiraal Cauw of sy vrou na die Ooste sou terugkeer, kon hulle weer Diana terugkoop. Diana was later die slavin van Cornelis Linnes,sy is op 23-2-1687 gedoop en in 1695 oorlede.
-------------------
Boodskap van Elmien Wood:
Weet iemand miskien wie is Eben de Klerk?
Hy het in Familia 'n artikel gepubliseer waarin hy die volgende verwysings gee:
Kaapse Afgiefbewaarplek;
De Villiers en Pama; Geslagsregisters van Kaapse families;
Heese en Lombard; S.A. Geslagregisters;
A.S. Boëseken; Slaves and Free Blacks at the Cape:
Giliomee en Elphinck; 'n Samelewing in Wording;
J.L.M. Franken; Argiefjaarboek, 1978;Leo Fouche; Adam Tas se Dagboek, Van Riebeeck-Vereniging, 1970;
Kronos Vol. 1, 1979. U.W.K.
Ek het al hierdie bronne geraadpleeg en die inligting wat De Klerk in sy artikel gee, is nie daarin nie. (Behalwe natuurlik die Kaapse Argiefbewaarplek, want dit is die plek waar die bron gehou word, nie die bron nie.)
De Klerk beweer die volgende:
Diana van Madagaskar word op 12 Mei 1691 deur Joris van Straten aan Christiaan Freser verkoop vir 65 Riksdaalders en twee jaar later, 28 Desember 1693, verkoop Freser haar weer vir 90 Riksdaalders aan Dietlof Biebou.
Ek soek na die bron van hierdie transaksies. Ken iemand miskien vir Eben de Klerk sodat 'n mens hom kan vra waar hy die inligting kry.
Ek het op TANAP gesoek, maar kry ook nie daar iets nie.
------------------------------
Boodskap van Delia Robertson:
Found the following in Familia:
Familia, 1/1989, Addenda & Corrigenda, "Bibouw (1986.4 pp 70-72); E. deKlerk, "Die verhaal van Susanna Biebouw" mentions that the name Dianaonly occurs four times in slave transactions 1658-1687 as set out inA.J. Boeseken: Slaves and Free Black at the Cape 1658-1700. Theattention of Susanna Bibouw's descendants, however, is drawn to thefollowing slave transaction which may shed more light on the Diana-mystery:
'. . . 12.1963, p. 442: Diana from Madagascar (24/25) sold by
Christiaen Freser to Didlof Bidouw for Rds.90'
(A.J. Boeseken, op. cit., p. 164)
Mansell G. Upham"
-----------------------------------
Nog een van Delia:
Elmien,
This one from the Boëseken extracts:
1691.05.12 Diana Madagascar 25/26 - - Joris van Straten Christiaen Freser 65 Rds p 158
-----------------------------------
Richard Ball antwoord:
EW> Diana van Madagaskar word op 12 Mei 1691
EW> 28 Desember 1693, verkoop Freser haar weer
Beide van hierdie kom seker uit
EW> A.S. Boëseken; Slaves and Free Blacks at the Cape:
Die eerste op bladsy 158, die tweede bladsy 164
Sy gee haar bronne (op bladsy 123) as:
Deeds Office, Cape Town
Transporten en Scherpenkennis
waarskynlik:
Vol. XVII, bladsye 159-160
Vol. XVIII, bladsy 244
---------------------------------
|