Notes |
- I believe that she was widowed and remarried. See correspondence:
Ek antwoord op jou brief, wat ek volledig hier aanhaal:In Drakenstein se Doopregister sit ek met die volgende inskrywing:Helena Hester GREEFF = 24.11.1771 te Drakentein dv Hendrik GREEFF en (kyk mooi) Beatrix OLIVIER doopgetuies:Andries GREEFF (c6) en Helena VAN ZYLVolgens De V & P is Helena Hester GREEFF = 24.11.1771 die dogter van Hendrik GREEFF en Beatrix LATEGAN Daar is wel later kinders vir hierdie GREEFF x LATEGAN egpaar gebore so daar was so 'n huwelik
My Vraag:1: Watter Hendrik GREEFF was Helena Hester se vader2 : Is die Olivier huwelik bekend aan ander navorsers (die beeld is baie duidelik daar kan geen fout wees nie)ns: Daar word nie in die regsiter genoem dat die verbintenis buite egtelik was nie.
3: Wie was die ouers van hierdie Beatrix OLIVIER
Byvoorbaat dank
Ronel Olivier
Wellington SA
Navorsing oor Olivier's in SAAntwoorde op jou drie vrae:1. b8c4 Hendrik Greeff, geb 1729. (Hy word in SAG aangegee as nooit getroud nie)2. Hierdie huwelik is tot dusver totaal onbekend aan vorige navorsers, want ek vermoed hy is met die weduwee van Jan Herman Lategan, Beatrix Lategan (geb Olivier) getroud, ongeveer 1763 - 1770. Hulle het blykbaar net een kind gehad, jou Helena Hester Greeff.3. Beatrix Olivier se ouers was Jan Olivier = 7-11-1683 en Helena Burger = 8-7-1701. Klik op die skakel:<http://www.greeff.info/pedigree.php?personID=I218&tree=Publictree>Klik op name en pyltjies vir meer inligting.Beide ouers van Helena Hester Greeff is verkeerd aangegee op hierdie kwartierstaat. Die vrou wat as haar ouma, Beatrix Olivier, verskyn, was haar moeder. HH Greeff is uit 'n tweede huwelik met Hendrik Greeff (b8c4) gebore, skat ek.Ek vermoed dat hierdie kind verkeerdelik in SAG verskyn as die kind van Hendrik Greeff en Beatrix Lategan. My vermoede word versterk omdat Helena Hester Greeff op 24-11-1773 gedoop is, en die volgende kind van Hendrik Greeff en Beatrix Lategan was Martha Maria Greeff, is gedoop minder as twee maande later, op 15-1-1774. Vir my is dit onwaarskynlik dat een ouerpaar twee kinders binne twee maande sal doop. Kyk mooi na die reeks doopdatums vir die kinders deur op die skakel te klik:<http://www.greeff.info/getperson.php?personID=I540&tree=Publictree>Hendrik Greeff (b8c4) was die enigste hubare Hendrik Greeff wat met die weduwee van Johann (Jan) Herman Latagan, Beatrix Olivier, kon trou. Hier is 'n tabel van al die Greeffs in die land, op daardie stadium. Hendrik Greeff (b8c4) is persoon nommer 15, en hy verskyn twee keer in die ahnentafel:<http://www.greeff.info/register.php?personID=I565&tree=Publictree&generations=4>__________________________________________Ek sal dit baie hoog op prys stel as jy vir my 'n foto van die doop inskrywing, met volledige besonderhede en verwysings sal epos assblief.Kom kuier asseblief by die Greeff familie webblad, www.Greeff.info <http://www.Greeff.info>Ek vermoed nou dat die eerste kontak tussen die Greeff en Lategan families die huwelik tussen Hendrik Greeff en die weduwee Lategan (Beatrix Olivier) was. Ek heg vir jou iets aan oor die Lategaan Greeff huwelike wat later gevolg het. Ek hoop jy geniet dit!
Groete vanuit Londen,Francois Greeff_______________________________________________________________Ek het vergeet om te kommentaar op die feit dat die twee getuies by die doop Andries Greeff en HELENA van Zyl was. Andries Greeff word ook in die ahnentafel genoem. Andries is nommer 17 in die ahnentafel, die broer van Hendrik Greeff. Andries is op 20 Mei 1863 met HESTER van Zyl getroud.Ek weet nie wie HELENA van Zyl was nie. Ek vermoed dat sy die moeder van HESTER van Zyl was en dat die kind om een of ander rede na haar vernoem is. Omdat Andries en Beatrix ten tye van hierdie doop beide in hulle veertigs was, kan dit moontlik wees dat al vier die kind se grootouers reeds oorlede is.Kyk weer:<http://www.greeff.info/register.php?personID=I565&tree=Publictree&generations=4>Ek raai ook dat Beatrix Olivier se naam by haar tweede huwelik as Beatrix Lategan opgegee word en dit dra by tot die algemene verwarring.Ek sal oor die volgende paar maande die oorspronklike brondokumente raadpleeg en kyk of ek reg is.
Groete,
Francois Greeff
|