Notes |
- Jan Pietersz, die stamvader van die familie "LOUW" kom van Caspel Ter Mare [Karspel/Kerspel ter Maere], soos op amptelike dokumente hier aangeteken, maar die plek is onbekend in Nederland. Die woonbuurt van Bovenkarspel naby Erkhuijsen in Noord-Holland, bekend as Broekerhaven, was in die 17de eeu bekend as die gemeente by die see, daarom Caspel ter mare of moontlik Termaar wat in die munisipaliteit van Margraten, Suid-Limburg lê, die was in die 17de eeu bekend as Termaren. Die Hollandse van LOUW is afgelei van die latyns Laurentus [lourierboom], 'n inwoner afkomstig van die ou Romeinse dorp Laurentum. Laurens, Lourens en Lorentsz is hollandse vanne wat hiermee verband hou. Die Nederlandse "Handwoordeboek der Nederlandse Taal" gee Louw as 'n afkorting van Laurens aan. Louw kan ook afgelei wees van die Hollandse woord louwte of luw[loef] wat skuilte teen beteken, soos die Engelse woord lee. Jan van Riebeeck gebruik die woord louwte baie maal in sy Daghregister, wanneer hy na die skuiling wat die berge teen die winde van die Kaap bied.Jan Pietersz, a. c. tussen 5.3.1659 en 15.1.1660, waarskynlik met die Gecroond Leeuw op 16.12.1659. Hy kom as soldaat in diens van die Vereenigde Oost-Indische Compagne [V.O.C.] hier aan, die totale immigrante bevolking in 1658, na ses jaar, hier aan die Suidpunt van Afrika tel toe 189 siele, bestaande uit, 15 boere, 2 kleremakers, 2 jagters wiltschutten, 1 dokter, 3 traankokers en vissers, 1 houtsaer, 2 timmermans, 24 knegte, 91 amptenare, 22 vroue en kinders, asook 10 bandiete en 16 slawe [S.A. Geskiedenis bl. 24] Jan Pietersz se naam verskyn vir die eerste keer op 'n amptelike dokument en wel op Donderdag, 15.1.1660 [T.8] op die transportakte wat hom die helfte van 'n plaas oor [T.12 fig. 7 bylaag 9]. Jan se naam kom vir 'n tweede keer voor op sy vrybrief gedateer 20.1.1660, geteken deur Kommandeur Jan van Riebeeck, op 20.2.1660 verskyn sy naam op die opgaafrol van burgers en grondeienaars, hy kry die bynaam van "Broertje[n] en verskyn so op amptelike dokumente van 8.10.1661. Dit blyk dat daar vir die eerste dertig jaar na sy aankoms, nie na hom as Jan Pietersz LOUW in dokumente verwys word nie. Van die drie-en-twintig vryburgers wat voor Jan plase gekry het, was daar net twaalf wat nog geboer het toe hy sy plaas kry, hy boer daar tot sy dood, sy vrou en gesin gaan met die boerdery voort. Die Louws is die enigste wat langer as twee dekades in die Liesbeekvallei op Louwvliet en Questenburg, gekoop in Desember 1662, oordrag eers op 13.8.1667, wat 100 morg groot is, bly boer. Hy koop Rouwkoop, oordragte geteken 1.7.1667 van Frans Gerritsz, die ander boere kom en gaan. Op 11.7.1670 word Rouwkoop, 13 morg groot aan Jan Verhagen, 'n Saldanha handelaar oorgedra. Jan het sy eerste plaaswerkers Juriaen Jansz, van Wesicq en Johann Jansz, van Munster vervang, die knegte kom en gaan op gereelde basis, later het hy slawe in diens. Op 20.3.1660 word sewe-en-sestig persone, Jan Pietersz was een van hulle, deur die matrose van die vertrekkende vloot as verstekkelinge aan boord gedwing. Ses-en-twintig persone, Jan ingesluit is terug gebring, hulle word die 23ste en 24ste Maart 1660 verhoor. Jan le 'n verklaring af en word vrygestel met 'n ernstige waarskuwing om meer versigtig in die toekoms te wees.Jan kom na die Kaap as wewenaar. Hy is geskei in Nederland van sy eerste vrou en ons glo dat daar in Nederland dokumente of 'n trouregister is wat sy huwelik en sy van aandui. Op Dinsdag 23.8.1661 trou Jan egter in die Kaap (Caep de Bonne Esperanc), na hul 3de huweliks-gebod afgekondig is as 'n 33 jarige wewenaar met die 22 jarige Hollandse weesmeisie van Utrecht, Beatrix Weijman. Sy vertrek van Texel, Holland met "De Jonge Prins van Hoorn" en kom na 'n reis van 4 maande en 3 dae by die Kaap op Maandag, 15.8.1661 aan. Jan en Beatrix maak hul plan om te trou op 20.8.1661 aan die Kommandeur, sy Raad en die Amptenare van "De Jonge Prins" bekend. Jan van Riebeeck en sy Raet van't fort de Goede Hope verleen goedkeuring vir die voorgenome huwelik en gee opdrag dat hul eerste gebod op Sondag, 21.8.1661, na't sermoen afgekondig moet word en die 2de en 3de daagliks daarna. Ds. Godefridus van Akendam, wat op reis was na die Ooste is met "De Jonge Prins" het die huwelik bevestig. Wat sou Beatrix se indrukke, van die nog wilde, onbewerkte-plaas in die vreemde wereld-deel, die onbekende man en oor wat die toekoms sou inhou, wees. Jan en Beatrix het 'n suksesvolle en voorbeeldige verbintenis gehad, hulle het goed bewerkte plase, 'n suksesvolle boerdery en 'n groot nageslag met baie presteerders, nagelaat. Beatrix se eerste testament word op [31] 3.7.1713 gemaak, die tweede op 13.11.1721 en sy sterf op 82 jarige ouderdom, Julie 1722. Die Louw familie boer 1660 tot 1724 op Louwvliet en Questenburg, Rondebosch, waar Jan groot wingerde aanplant, hulle maak ook hul kinders groot, 'n hele klomp van hul kleinkinders is ook op Louwvliet gebore [Spoelstra bl. 20 & Emma Horn bl 5]Janet's notes - '.. (oorlede) op sy plaas Louwvliet 1691 :van Caspeltermaere of Kaspel Vermeer, burger Rondebosch en landbouer, wewenaar van Hubbeke Reyniers.'
Janet's notes, '..van Caspeltermaere of Kaspel Vermeer.'Janet's notes, '..burger Rondebosch en landbouer, wewenaar van Hubbeke Reyniers .'
Died:
- Alternative date: 6.5.1691
|