Notes |
- Barend BUYS
Barend BUYS van Brunswyk, Duitsland kom aan by die Kaap in 9 Januarie 1715, op die skip Risdam as 'n soldaat.
Hy werk eers as stalkneg vir die Kompanie. Op 26 November 1718 onderteken hy 'n kontrak met Jacobus van den Heijden om hom as 'n kneg te dien.
Hy trou in Kaapstad, 12 Oktober 1721 met die vyftienjarige Alida van den BERG, haar ouers was Jacobus van den Berg en Jacomina Carteniers.
Op 3 Februarie 1722 kry hy die leningplaas Witteklip noord van Saldanhabaai. Hy koop die plaas Blomkool op 8 Oktober 1722 van Andries Krugel. Hy verkoop die plaas 2 Julie 1725 aan Jacob Coetzer.
In 1724 het sy slaaf Andries van Ceylon brandewyn uit die kelder gesteel. Die khoikhoi Pieter het hom verklik. Buys het toe vir Andries vasgebind en aan die balke opgehys en met 'n rottang geslaan. Nadat Andries losgemaak was het hy Pieter met 'n mes doodgesteek. Andries het toe gevlug, en later teruggekom en die kelder van Buys afgebrand. Hy was gevonnis, sy hand was afgekap en hulle het hom toe gewurg totdat hy bewusteloos was. Daarna was Andries se liggaam voor die vuur geplaas en later het hulle die oorskot op 'n wiel geplaas om te vergaan.
Joachim Scholtz werk as 'n boukneg tussen 1 Augustus 1722 en 15 Februarie 1725 vir Buys. Barend Buys is ongeveer 1743 oorlede.
KINDERS:b1 Lasya gedoop 19 Oktober 1722b2 Bernardus gedoop 2 Oktober 1723b3 Johanna Maria gedoop 23 September 1725b4 Stephanus gedoop 13 Julie 1727b5 Aletta gedoop 16 Oktober 1729b7 Elsie gedoop 17 September 1734b8 Catharina 6 Januarie 1737b9 Elisabeth gedoop 1 Maart 1739b10 Jan Nicolaas gedoop 5 November 1741
Verwysings:JL Buys, "Die Stamvader Barend Buys", Familia, XXIX, 1992, no 2Heese, Reg en Ongereg, p 74
Saamgestel deur: AM van Rensburg
|