Notes |
- Jan Coenraad VISSER gebore c 1633 trou c 1653 met Geertjen GERRITS. Hy land in 1657 met die skip Dort aan die Kaap. Jan Coenraad word 'n vrykneg twee jaar nadat hy by die Kaap aangekom het. Hy versoek dat sy vrou na die Kaap kan kom en sy arriveer aan die Kaap met vyf kinders in 1662.
Hy was ook bekend as Jan Groff, 'n mens wonder watter einskappe hy gehad het om hierdie bynaam te gekry het?
In die Resolusies van die Kaap is daar die volgende verwysing -
http://tanap.amtex.nl/_xml/
Dingsdagh den 28e December 1717, voormiddagh. Huijden 24e December 1717 compareerde voor mij, Willem van Taack, eerstegeswoore clercq ter Polliticque Secretarije alhier aan Cabo de Goede Hoop, in presentje van de naer te noemene getuijgen, den vrijburger Hendrik Coster, [2] van competenten ouderdom, dewelke verklaarde terrequisitie van Maria van Brakel, wede. wijlen Jacob Louw, hoe waar endewaaragtigh is dat hij in den jaare 1668 bij den burger Jan Pietersz.Louw, [3] in de wandelingh Broertjen gent., als knegt sigh verhuurthebbende, in de tijd dat aldaar heeft gewoont hem door sijn baas is aangewesen geworden seker stuk lands, groot sestigh morgen, door denselven van Jan Coenraadsz. Visscher gecogt, strekkende van zijn eijgenplaats langs de Liesbeeks Rivier opwaarts aan, het welke als doen ookgeheel beploegt is geweest, dat voorne. Broertje hem compt. mede heeftgesegt de fontain die tegenwoordigh in 't land van Hans Casper Geringergemeten is, ook de zijne te wesen, met bijvoegingh dat wel wenstedeselve nader aan zijn oude land mogte leggen, soo dat den compt.volgens bovengesegde aanwijsingh voor seker betuijgt dat alle 't geenesedert na die kant van Jan Dirksz. de Beer [4] is toegevoegt, zijnengewesen baas Jan Pietersz. Louw opgem. heeft toebehoort, verklarende dencompt. wijders niet meer, gevende voor redenen van wetenschap als in dentext, met belofte om zijne depositie, des noods zijnde, met solemneele
ede nader te willen gestand doen.
Du Plooy.paf: Van Ommen in Nederland in 1657. Hy was 'n soldaat en prediker. Burger 30.9.1659. In 1662 het sy vrou en vyf kinders by hom aangesluit in die Kaap. Sy vrou is in 1692 oorlede. In 1696 het hy belowe om die slavin, Maria van Bengale, vry te stel met haar drie kinders, wat die jong Susanna (3 jaar oud) insluit, as hy tot sterwe kom. Hy sterf November 1710. Susanna was ' n jong dame en het reeds by Hans Heinrich Hattingh as 'n slaaf gewerk/gebly.
From: 'Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Letters and documents Received 1649-1662' Part 11
Letter from Delft dated 30.11.1660 p.164: "From our ships' books we found that the two following persons have become free men at the Cape, who, when they left, had incurred considerable debt for their outfit, which, however, they had not communicated to their creditors, viz., Jan Coenraadt Visscher of Eemnes (?), [Nota- dit is Leibbrandt se vraagteken] soldier from the Dort, who left Patria in 1657, was on the 8th May, 1658 drafted on shore as hunter, and made freeman on the 30th September, 1659. He still owes Maria Jansz here f93.9." Nie van belang nie, maar ter inligting...die ander persoon na wie hier verwys word was Jan Jansz van Munster.
Die skip waarna hier verwys word was die Dordrecht wat aan die Kamer van Delft behoort het en wat Goeree op 17 Desember, 1657 verlaat het onder kapteinskap van Jacob Croon, junior koopman Jacobus Verburch en fiskaal Casembroot. Sy het die Kaap 28 April, 1658 bereik en haar vaart na Batavia hervat op 13 Mei, 1658. (Journal of Jan van Riebeeck, vol 11 p.261 ed. H B Thom)
Uit Letters and Documents Received (from Amsterdam dated 19 September, 1661)
p.183 (eerste verwysing): "At your request we have granted a passage to one or two wives whose husbands are at the Cape, subject to the usual condition to remain there fifteen years. The wife of Jan Coenraetsz we have given f25 for her outfit which you may recover there.' P.S. These three vessels (Malacca &c.) take back to you three stowaways whom you are to treat according to the sentence passed on them by the court here. "Die Malacca het Vlie 3 Oktober 1661 verlaat en het die Kaap 4 Februarie 1662 bereik. (Sien Van Riebeeck se Joernaal vir laaste datum). Die ander twee skepe was die Amersfoort en Wapen van Amsterdam.
Monsterrolle vir 1664 gee Jan en Grietje aan met 3 kinders. ?Gerrit, Geesje en Coenraad. Maria was waarskynlik reeds getroud.
Monsterrolle vir 1666/7 is daar 5 kinders (Gerrit, Geesje, Coenraad, Zacharia en Johannes?)
My eie vermoede is dat Grietje Jans met slegs drie kinders Kaap toe gekom het en dat die ander kinders in die Kaap gebore is.
Die Vissers lewer beslis probleme op. W.H.J. Hattingh skryf hieroor in "Die Hattingh-Familie in Suid-Afrika: "Franken (1956) toon aan dat Jan Coenraad (ook Grof genoem) die Kaap gedurende 1657 as "n soldaat aan boort die Dort vanaf Delft bereik en twee jaar later 'n vrykneg word. Jan Coenraad rig 'n versoek tot die Owerhede dat sy vrou en kinders hulle by hom mag aansluit en sodoende arriveer sy vrou en vyf kinders gedurende 1661/62 aan die Kaap" (bl. 32) en verder: "Die egpaar Visser moes heelwaarskynlik vanaf 1650 getroud gewees het want hulle het vyf kinders gehad voordat Jan Coenraad gedurende 1657 na die Kaap vertrek. Jan en sy vrou doop nog 'n verdere 3 kinders aan die Kaap wat dus 'n totaal van agt kinders vir hierdie egpaar gee. Dit is opvallend dat daar net sekerheid is oor een van die vyf kinders wat in Nederland gebore is. Wat het van die ander 4 kinders geword?" (bl. 33) Volgens Hattingh (bl. 37) is stamvader Jan Coenraad se kinders soos volg:
b1 Maria, *c. 1652 Ommen, x Willem Willemsen (van Deventer), xx c.1691 Lambert Simonsz Stam. (Sy het ook nog twee kinders by Ockert Corneliszoon Olivier tydens Willem se verbanning uit die kaap gehad).
b2 Geesje, *c.1654 Ommen?, x 12.7.1671 Hendrik Gysbertz Verschuur, xx 26.12.1694 Dirk Gysbert Verwey.
b3 Gerrit Jansz, *c.1657 Ommen x Kaap 4.8.1675 Jannetje Thielemans
b4 Coenraad (Jansz), ~ Kaap 8.4.1663, x 5 8 1685 Catharina Everts
b5 Zacharias, ~28.8.1665 x 29.10.1679 Dietrich Putter, xx 5.7.1706 Andreas Krugel. (eintlik was haar 2de huwelik (c.1701) met Johannes Basson en dus die 3de met Krugel, SAG Vol 4, bl. 480)
b6 Johannes (Jansz), ~16.1.1667, x 8.5.1689 Catharina (Jansz) van der Zee. Die eerste drie kinders is nie 'n probleem nie. Hulle is duidelik in Nederland gebore (c.1652,c.1654 en c.1657 onderskeidelik) voor hulle vader se aankoms aan die Kaap in 1657 en kom saam met hulle moeder in die Kaap aan in 1661/62. Hoe en wanneer die ander twee, Coenraad en Zacharias, voor 1657 in Nederland gebore kon wees, in 1662 saam met hulle moeder in die Kaap kan aankom maar in 1665 en 1667 onderskeidelik eers aan die Kaap gedoop word, is die raaisel. Dit lyk of die twee eerder aan die Kaap gebore kon wees. Nou wie was dan die ander twee van die 5 kinders uit Nederland? Mens wonder of 2 kinders dalk vroeg dood is of na Nederland teruggekeer het en selfs of die "5" kinders wat van Nederland af saamgekom het nie 'n "3" is wat verkeerd gelees word nie? Verder lei mens af dat Jan Coenraad Visser die volgende kinders verwek het by Maria van Bengale (van de Cust Cormandel/van Negapatnam):
b7 Antonie, ~20.4.1692
b8 Susanna, ~ as Sara, 30.10.1695
b9 Jacob, ~12.1.1696
b10 Pieter, ~21.4.1697
b11 Maria, ~28.6.1699
Dit is oor laasgenoemde Maria wat ek en Mark Baker gekorrespondeer het. Hy het my laat twyfel of ek reg was om te sê dat sy getroud was met Burgert Pieter van Dyk; dat hy eerder getroud was met Maria Visser d.v. b3 hierbo, (DvP, Vol. II, bl. 1065). Om sake verder te kompliseer sien ek nou dat SAG Vol 2, bl. 146 s?Burgert was getroud met "Maria Visser d.v JOHANNES Visser en Maria van Negapatnam". Terwyl daar nou reeds verwarring was of Jan Coenraad Visser of sy seun b4 Coenraad Jansz kinders gehad het by Maria, hoop ek nie dat b6 Johannes ook by haar kinders gehad het en dat die arme vrou 'n soort van "broeimasjien" sommer vir pa en seuns Visser was nie! Ek is geneig om te "restore" en te dink Burgert se vrou, Maria Visser was b11 hierbo. Die Johannes in SAG is moontlik 'n skryffout.
Alt Birth: Abt 1639 Ammeren, Holland
From: geraw
To:
Subject: [GenForum] VISSER GENEALOGIE (Lucas Rinken)
Date: 29 December 2001 05:07
Beste Lucas, Ek was weg gewees en kon weens my heen-en-weer ganery nie al my aandag aan jou briewe bestee nie. Maar nou is die gees weer helder en kan ons kyk waar ons informasie ooreenstem, en kan ek ook dalk by jou die een of ander bietjie data verkry, wat ek nie vantevore op my familie-geskiedenis gehad het nie. Ons is mos daar om mekaar te help, waar ons kan, nie waar nie? Weet jy, ek het nou weer na jou skrywe van 6 Desember gekyk en wil graag ook hieroor koukus. Kom ons gesels eers oor jou twee stamvaders, Jan Coenraad VISSER en Gerrit Jansz VISSER, albei vanaf Ommen, in Nederland. As jy sê dat jy vir Jan Coenraad VISSER as a2 het, sou ek baie graag wil weet wie sy broers en susters is, en wie sy ouers was. Weet jy dalk? Maar volgens FHC Fisches is Jan Coenraad VISSER * 1635. Hy bereik ged. 1657 Kaap de Goede Hoop, as soldaat aan boord van die "Dort" wat vanaf Delft in Nederland geseil het. Hy vertrek weer terug na Nederland, waar hy in die huwelik tree (1658), met Geertjen (Margaretha) GERRITS, *1636, Hardenberg, Nederland. Jan, oorspronklik afkomstig vanaf Ommen in Overyssel, Nederland, laat nie gras onder sy voete groei nie, en besluit om te emigreer na Suid-Afrika. (Dit is meer as drie eeue gelede.) Hy word op 30 September 1659 in die Vryheidsbrief beskrywe as "Soldaat by die Fort" Hierdie brief stel hom in staat om hom as burger in Rondebosch te vestig. Volgens die verslag in Jan van Riebeeck se Joernaal, September 1660, page 255, Jan van Riebeeck Journal, Vol 111, 1659 - 1662, het Jan se gegewe plaas kort voor lank tekens van agteruitgang begin toon en het hy al hoe dieper in die skuld beland by die Kompanjie, sodanig dat hy vasgevat moes word. Hy is onder toesig van die "Company's farming super-intendent, Cruijthoff", geplaas. Gedurende 1662 ar. sy vrou, Geertjen (Margaretha) GERRITS, en hulle twee kinders, wat in Hardenberg, Nederland gebore is, Volgens FHC Fiches was Gezina (Geesje/Gesina Jansz) Visser,* ong. 1656, die oudste kind, en die tweede oudste dogter was Maria Jansz VISSER = 1659 Nederland. Jan Coenraad VISSER beweer op 18 Des 1662 dat hy 5 kinders het (Franken, 1956) Miskien was dit Geertjen se tydige aankoms en die aanmoediging van Cruijthoff wat veroorsaak het dat Jan die hande uit die moue begin steek het, want gedurende die loop van 1663 geluk dit hom om 42 mud graan te produseer. As gevolg daarvan word hy toe beskryf as een van die mees belangrike graanboere van sy tyd in die Kaap! Maar Jan het ook met veë geboer en moes verskeie kere opdok en boete betaal na die Hof hom skuldig bevind het aan onwettige ruilhandel met die Hottentotte. Daar was ook ander aksies waarvoor Jan in die Hof moes verskyn. (Verskeie Hofsaak-besonderhede in my argiewe) Gedurende Maart 1692, word Jan Coenraad se vrou deur 'n slaaf vermoor (Franken, 1956). Daar is geen bewys dat hy weer getroud is nie, maar in die tydperk 1690 tot 1700 doop 'n Jan Coenraad VISSER 'n hele paar kinders aan die Kaap. Jan Coenraad VISSER se tweede oudste dogter, Maria Jansz VISSER, raak verlief op hulle buurman, Willem WILLEMSZ, vanaf Deventer, Gelderland, Nederland. Hoewel hulle twee in 1671 getroud is, kan daar tot dusver geen huweliksregistrasie in die Kaapse Huweliksboek opgespoor word nie. Volgens navorsing deur Wyle Johan C. van Deventer (Die laaste artikel voor sy dood) gepubliseer in Familia, Vol 36 van 1999, asook 'n artikel in standpunte van Oktober/November 1956, geskryf deur Wyle dr. J.L.M. Franken, vervolgens: Van Deventer beweer dat Dina die oudste kind en dogter van Willem Willemse en Maria Jansz VISSER was, wat op Mauritius gewoon het. Wyle Dr. Franken se artikel bevestig dat Van Deventer, asook J.P.J. van Vuren se mening dat Maria Jansz VISSER, vrou van WILLEMSE, die oudste dogter van Jan Coenraad VISSER was. Visser het reeds in 1657 na die Kaap gekom, maar sy vrou en kinders het in Nederland agtergebly. Volgens die Fiche inligting van The Church of Jesus Christ of Latter Day Saints, is die oudste dogter nie Maria nie, maar wel Gezina, wat op 12 Julie 1671 Kaapstad in die huwelik tree met Hendrik VERSCHUUR, van Amesfoort, Nederland.
Kinders van Jan Coenraad VISSER:
b1 Gezina VISSER * ong. 1656 (Nederland) x 12 Jul 1671 Kaapstad met Hendrik Gysbert VERSCHUUR, v Amesfoort, Nederland.
b2 Maria Jansz VISSER = 1659 Nederland x 1671 Kaapstad met Willem WILLEMSE (1643) vanaf Deventer, Gelderland, Nederland.
b3 Zacharias (Zacharya) Jansz VISSER * 1659 Nederland = 28 Aug 1665 Kaapstad, x 29 Okt 1679 Stellenbosch met (Dietrich POTTER) Diederick PUTTER (+ 1699 Kaapstad), stamvader van die Putter familie in Suid-Afrika. Sy xx (soos jy sê, 1701) met Johannes BASSON = 14 Jul 1661, xxx 5 Jul 1706 met Andreas KRUGEL, * 1675, ar. 1703 vanaf Tennenlohe (Tonellsby, Neurent) naby Neurenberg, as soldaat. Word kneg by Olaf BERGH en later boer te Paarl. Word eienaar van die plaas Weltevreden, naby Joostenberg. S.A. Argiefstukke Kaap No 7: Resolusies van die Politieke Raad, B.. 169.221.berig: Andries Krugel is in 1675 on Tennenlohe (Duitsland) gebore. Dus was hy ongeveer 16 jaar jonger as Zacharias VISSER. Hy het ged. 1703 as soldaat na die Kaap gekom, en was vanaf 1713 'n vryburger. Op 5-07-1706 is hy getroud met Zacharias Jansz VISSER (=1665, +1722). Na haar dood het hy hertrou met Maria RAS, die dogter van Nicolaas RAS en Maria van STADEN. Hy en Maria Ras is albei oorlede in 1734. (Sien MOOC 8/4, inventarissen 1720-1727, No 37, MOOC 8/5 Inventarissen 1727-1737, nos. 117 en 117.5, MOOC 7/3 Testamenten, 1721-1725, No 29; MOOC 10/4, Vendu Rollen, 1731-1738, No 124)
b4 Coenraad Johannes VISSER * 8-04-1663 Stellenbosch = 16.01.1667 x 5 Aug 1689 Rondebosch met Catharina EVERTS van der Zee * 1671, op skip Europa gebore, geboorte te Rotterdam, Nederland geregistreer, d/v Cornelis EVERTS van der Zee. Catharina ar. 1687 vanaf Rotterdam. Coenraad en Catharina stel hulle testament op 15-11-1710.
b5 Antoinetta VISSER * ong 1662 (Lekkerkerk, Kaap) x 15 Sep 1686 met Christoffel HENNING
b6 Johannes VISSER = 16 Jan 1667, Kaapstad, x 8 Mei 1689 met Maria Catharina van der zee, * 1671 Rotterdam, Nederland, d/v Cornelis Everts van der zee.(Dit wil tog blyk of Maria en Catharina EVERTS 'n tweeling was, want Coenraad VISSER en Johannes VISSER se kinders se name verskil. (Lucas, kan jy dalk lig op die sakie werp?) Ek weet dat een van Johannes se kleinkinders, e1) Johannes VISSER, * ong 1740, x Elsie Sophia BRAND = 17 Jul 1746. Elsie xx Jacobus VISSER, = 4 Jan 1750 Kaapstad, s/v Gerrit VISSER (afstammeling van Gerrit Jansz VISSER) en Huibrecht SMIT. In my argiewe is hier egter 'n gaping. Kan jy vir my sê wie was die ouers van e1) Johannes VISSER * ong 1740? En wie was sy broers en susters?Gerrit Jansz VISSER, die ander stam-ouer, = 1660, Ommen, Nederland, s/v Jans VISSER, ar. 1670 vanaf Ommen, Overyssel, Nederland, x 4 Aug 1675 met Janetta (Jannetjie) Tielemans HENDRIKS *18-07-1660? (Hierdie moet haar geboortedatum wees, want die fiches van LDS gee haar doopdatum aan as 1662) (= 1662) , d/v Thielemans HENDRIKS (x 1660) en Mayken Hendriks van den BERG, van Diest in Brabant. (Mayken was die weduwee van Jacob THEUNIS) (Volgens die oorspronlklike trouboek was die name Gerrit Jansz VISSER en Jannetje THIELEMANS, gebore aan Cabe De Boa Esperancs)Laat my asseblief weet wat het jy alles van belang,om my argiewe ook op datum te kan bring..
Groete van hier uit Gautengeleng, Gerda.
Jan Coenraad VISSER gebore c 1633 trou c 1653 met Geertjen GERRITS. Hy land in 28 April 1658 met die skip Dordrecht aan die Kaap. Jan Coenraad word 'n vrykneg twee jaar nadat hy by die Kaap aangekom het. Hy versoek dat sy vrou na die Kaap kan kom en sy arriveer aan die Kaap met vyf kinders in 1662. Lorna Newcombe wys na die volgende verwysing van Leibbrandt se Precis of the Archives of the Cape ofGood Hope: Letters and documents Received 1649-1662' Deel 11: Letter from Delft dated 30.11.1660 p.164: "From our ships' books we found that the two following persons have become free men at the Cape, who, when they left, had incurred considerable debt for their outfit, which, however, they had not communicated to their creditors, viz., Jan Coenraadt Visscher of Eemnes (?), [Nota- dit is Leibbrandt se vraagteken] soldier from the Dort, who left Patria in 1657, was on the 8th May, 1658 drafted on shore as hunter, and made freeman on the 30th September, 1659.
Jan, a soldier from the Dort, arrived in 1657 as a soldier on the "Dordrecht" from Delft. He was employed as a hunter. His wife and 5 children joined him in 1662. He became a Burger on 30 September 1659. He lived in Rondebosch. In 1696 he drew up a contract to set his slave, Maria van Bengale and her three children free after his death (which occurred in 1710). She is probably the same person as Maria van Negepatnam, with whom he had three children after his wife's death.
Aankoms 28.4.1658 aan boord "Dordrecht" vanaf Delft, Nederland, soldaat, vryburger in 1659, graan- en veeboer
In die Resolusies van die Kaap is daar die volgende verwysing -
http://tanap.amtex.nl/_xml/
Dingsdagh den 28e December 1717, voormiddagh.
Huijden 24e December 1717 compareerde voor mij, Willem van Taack, eerste geswoore clercq ter Polliticque Secretarije alhier aan Cabo de Goede Hoop, in presentje van de naer te noemene getuijgen, den vrijburger
Hendrik Coster, [2] van competenten ouderdom, dewelke verklaarde ter requisitie van Maria van Brakel, wede. wijlen Jacob Louw, hoe waar ende waaragtigh is dat hij in den jaare 1668 bij den burger Jan Pietersz.
Louw, [3] in de wandelingh Broertjen gent., als knegt sigh verhuurt hebbende, in de tijd dat aldaar heeft gewoont hem door sijn baas is aangewesen geworden seker stuk lands, groot sestigh morgen, door den selven van Jan Coenraadsz. Visscher gecogt, strekkende van zijn eijgen plaats langs de Liesbeeks Rivier opwaarts aan, het welke als doen ook
geheel beploegt is geweest, dat voorne. Broertje hem compt. mede heeft gesegt de fontain die tegenwoordigh in 't land van Hans Casper Geringer gemeten is, ook de zijne te wesen, met bijvoegingh dat wel wenste deselve nader aan zijn oude land mogte leggen, soo dat den compt.
volgens bovengesegde aanwijsingh voor seker betuijgt dat alle 't geene sedert na die kant van Jan Dirksz. de Beer [4] is toegevoegt, zijnen gewesen baas Jan Pietersz. Louw opgem. heeft toebehoort, verklarende den compt. wijders niet meer, gevende voor redenen van wetenschap als in den text, met belofte om zijne depositie, des noods zijnde, met solemneele ede nader te willen gestand doen. [5, 8, 44, 45]
|