Notes |
- Die pragtige bruinoog Antoinette was van kleins af vol lewenslus, emosie en entoesiasme. Haar belangstelling strek van musiek en kuns na hengel, weermagaktiwiteite en fiksheid. Sy ontvang die troetelnaam "Varkie" by haar ouers en hulle word haar "Bere."
In 1991 word sy as een van 120 uit etlike duisende aansoeke gekeur om die jaar by die estydse Burgerlikebeskermingskollege in George opleiding te ondergaan.
Sy neem deel aan sendingtoere wat uitreik na afgeleë gemeenskappe in Namibië en later jare na die mense van Indië, maar hou deurentyd noue kontak met haar ouerhuis deur gereeld briewe te skryf waarin sy haar onvoorwaardelike liefde en deernis vir haar medemens met haar ouers deel.
Antoinette leef in 1996 haar diensbare geaardheid verder uit by PEN, 'n Evangelisasie -en Uitreikaksie na die jeug in Pretoria. Sy inisieer 'n kreatiwiteitontwikkelingsentrum vir tienermeisies waar sy hulle op ontspanne wyse leer van die liefde van Jesus.
Haar veelsydigheid kom oor die jare al hoe meer na vore. In haar vroeë dertigerjare bedryf sy 'n fiksheidsklas waar die fisiese voordele van joga-oefeninge geleer word. Deur haarself te help, word sy 'n bedrewe sweiser. Sy vervaardig onder andere hulle huis se diefwering. Sy ontwerp en vervaardig staal ornamente, versamelstukke en swaar hekke en traprelings vir onder andere wynplase in die Boland, terwyl sy haar rol as moeder en eggenote met onderskeiding vervul.
In 2011 verhuis sy en haar gesin na Canberra in Australie, waar sy haar kunssinigheid voortsit deur te skilder, kunsklasse aan te bied en ook vanwaar sy voortgaan om van tyd tot tyd uitreike na Indië te onderneem. Hier het sy haarself ook verder in die kunsrigting bekwaam deur in daardie rigting te gradueer.
Haar jongste interessante avontuur is om Canberra en sy mense beter te leer ken deur Munisipale busse te bestuur. [3]
|