Notes |
- Hierdie aantreklike en talentvolle rooikopseun maak reeds in die laerskool sy merk as kranige sportman en leerder.
Tydens sy skoolloopbaan woon hy viermaal die jaarlikse Afrika Senior Studentekonvensie van Accelerated Christian Education, School of Tomorrow by. Duisende hoërskoolleerlinge met 'n kompeterende gees ding by hierdie konvensies mee in meer as 100 gespesialiseerde items.
Hy word tweemaal op grond van sport en akademiese prestasie genomineer om sy skool by die Internasionale Konvensie in die VSA te verteenwoordig maar word deur onvoorsiene omstandighede verhinder om te gaan.
Hy bereik die volgende prestasies in sport:
'n Nul-voorgee in gholf.
Mpumalanga kleure: O.18 Gholf
Mpumalanga kleure: O.23 Gholf
Laeveld Senior Gholfspan
Internasionale akkreditasie as 'n onafhanklike "Hi-Ropes" instrukteur
Op skoolvlak verwerf hy Provinsiale kleure in landloop, volleybal en tafeltennis sowel as Provinsiale en Nasionale kleure in atletiek.
In 2001 word hy genomineer om Suid-Afrika as 'n "Global Scholar" te verteenwoordig by die somer 2001 "Global Youth Leaders Conference" in Washington D.C. en New York op grond van vaardigheid in Engels, sterk leierskappotensiaal en uitmuntende akademiese prestasie. Weer eens word hy verhinder om by te woon, veral as gevolg van die afname in die waarde van die Rand na die 11 September aanvalle in New York.
In 2005 skryf hy by die Universiteit van Pretoria in vir die graadkursus in meganiese ingenieurswese en einde 2008 verwerf hy die graad B.Ing (Meganies) as een van die handvol studente wat die kursus binne vier jaar klaarmaak sonder om een enkele vak te druip.
Hy sluit in 2007 aan by die Universiteit se bergklimklub en word kort daarna verkies tot die klubbestuur. Hy aanvaar ook 'n aanbod om op te tree as 'n deeltydse kliminstrukteur by 'n kommersiële klimmuur in Pretoria.
Aan die einde van 2008 ontvang hy drie werkaanbiedinge, twee plaaslik en een van 'n Ierse matskappy se tak in Perth, Australië wat die ontginningstoerusting vir diepsee oliebore ontwerp en bou. Hy aanvaar die Australiese aanbod om op 10 Januarie 2009 te begin werk maar die maatskappy hou hom vir vier maande aan die lyn met 'n gesloer om die werkpermit en visum te bekom. Op 8 Junie stel hulle hom in kennis dat die pos nie meer beskikbaar is nie vanwee die wêreldwye ekonomiese krisis. Uiteindelik aanvaar hy op 18 Mei 2009 'n betrekking as ingenieur by Hall Longmore naby Johannesburg.
In 2010 word hy aangestel as projekingenier by Kentz, en in 2012 aanvaar hy 'n betrekking by Hatch.
In November 2012 word hy as professionele ingenieur geregistreer en kort daarna aanvaar hy weer eens 'n pos by Kentz.
Op 17 Nov 2012 tree hy met Carolien van Wyk in die huwelik en hulle besluit om beter weivelde in Australie te gaan opsoek. Terwyl hulle eersteling oppad is verhuis hulle in Julie 2013 na Perth, waar hulle eersteling Adriaan in November 2013 gebore word. [4]
- (Medical):Diagnosed with ankylosing spondylitis in 2008 and is receiving homeopathic treatment for this inherited condition.
|