Notes |
- Burger Stellenbosch
DuPlooy.paf: Hy was afkomstig van die stad Deventer, provinsie Overijssel in Nederland. Vertrek as soldaat 19.12.1683 met die vaartuig 'de Juffrouw Anna" vanuit Texel na die Kaap. Hulle land 10.4.1684 aan die Kaap. Die eerste jare van sy verblyf het hy dan ook binne die kasteel deurgebring. Op 31.5.1686 word hy vryburger aan die Kaap.
Gerrit Jansz, seun van Jan Pieters (Jan se zoon, vandaar Jansz), verlaat Veldcamp* (vermoedelik 'n soldatekamp), naby die stad Deventer, provinsie Overijssel in Holland op 11 Junie 1683 op pad na Amsterdam. Vandaar reis hy na die eiland Texel, hoofkantoor van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie om as soldaat diens te doen. Op 19 Desember 1683 vertrek hy met die skip "De Juffraauw Anna" na die Kaap de Goede Hoop. Jan Molenaer van de Reede, kaptein van die skip, woonagtig op Texel, was op reis na Batavia. Hulle land op 10 April 1684 aan die Kaap, 32 jaar en 4 dae na Jan van Riebeeck (aankoms 6 April 1652 in die Kaap), terwyl Simon van der Stel die goewerneur aan die Kaap was. Die eerste paar jaar doen hy diens as soldaat binne die kasteel en word vryburger op 31 Mei 1686. Daar word vermoed dat hy na hierdie datum die van "Van Deventer" (geografiese van) aangeneem het of toegeken is. Aan die begin van 1688 bevind hy hom nog steeds by die kasteel en besit 50 "schapen". In die huweliksakte verwys hy na homself as Gerrit Jansz, van Veldcamp, vryburger uit Stellenbosch. By die doop van sy oudste dogter Jacomijntje in 1692 verwys hy na homself as Gerrit Jansz van Deventer. Sover bekend het slegs Gerrit Jansz hier in Suid-Afrika die van Van Deventer aangeneem. Gerrit Jansz van Deventer sterf sonder 'n testament en daar word 'n inventaris van sy besittings gemaak. KAB-MOOC-13/1/1-18-(1709-1711).Dr. H.T. Colenbrander gee in sy boek, De Afkomst der Boeren, aan dat Gerrit Jansz van Duitse afkoms was. Veldcamp kon dus, as sy stelling korrek is, in Duitsland gewees het.
Volgens Pama I was hy van Veldcamp afkomstig. Burger te Stellenbosch.
Alt Death: 19 Apr 1728 Zoutendal, Stellenbosch
Gerrit Jansz van DEVENTER het van Veldcamp in Nederlands na die Kaap gekom. Op 29 Oktober 1688 het hy getrou in Kaapstad met Ariaenje JACOBS, sy was 'n weesmeisie van Rotterdam. Sy was gedoop op 25 Desember 1670 en was die dogter van Jacob Abrahamse en Heyltjie Ariens.Ariaentjie Jacobs was een van 8 weesmeisies wat op die Skip Berg China na die Kaap gekom het. Sy was gedoop in die Gereformeerde Kerk in Rotterdam op 25 Desember 1670. Haar vader was Jacob die seun van Abraham en haar moeder was Heiltjie die dogter van Arie. Sy was 18 jaar oud toe sy van die Gereformeerde Burgerweeshuis in Rotterdam na die Kaap gekom het.Johan van Deventer se navorsing meld dat, "Adriana Jacobs, dogter van Jacob Abrahamse en Heiltje Arijens, is gedoop te Rotterdam in Nederland op 25 Mei 1673. Haar ouer suster Ariaentje wat vroeer algemeen aangegee is as ons stammoeder, sterf op 2-jarige ouderdom en word op 16 November 1672 te Rotterdam begrawe. Op die ouderdom van 5 maande sterf Adriana se vader en op 8-jarige ouderdom sterf haar moeder. Sy word wees gelaat, met die adres Geertruidenberg wat sommer net "den Berg" genoem is. Sy beland in die Gereformeerde Burgerweeshuis in die Goudse Wagenstraat in Rotterdam, Nederland, en word die verkleinwoord Arijantgen of ook sommer Adriaantje genoem. In 1687 besluit die Here Sewentien om weesmeisies van die Rotterdamse weeshuis na die Kaap te stuur as vrouens vir die vryburgers. Saam met sewe ander weesmeisies vertrek sy op Saterdag 20 Maart 1688 vanuit Goere in Holland met die skip "Berg China" en arriveer in die Kaap op Woensdag 4 Augustus 1688."
KINDERS
b1 Jan Gerrit gedoop 21 Aug 1689, X 4 Okt 1711 Magdalena Brits
b2 Jacomyntje gedoop 9 Maart 1692, X 27 Okt 1720 Cornelis van Rooyen, XX B Lindeque
b3 Aletta gedoop 27 Jun 1700, X 8 Apr 1725 Pieter Willem Nel
b4 Johanna Margaretha, X 14 Apr 1726 Philippus Snyman, XX 7 Apr 1735 Johan Heinrich Debes
b5 Jacob * 1705, X 17 Apr 1735 Dorothea Coetzer, XX 15 Jan 1746 Martha Botha, XXX 13 Maart 1748 Hester van Jaarsveld
b6 Geesje gedoop 18 Aug 1707
b7 Hendrik * 1711b8 Gerrit gedoop Paarl 15 Mei 1713 (die moeder word nie genoem nie), X 30 Okt 1744 Rachel Joubert
PLASE
Gerrit het op Slot van die Paarl in Perdeberg geboer. Hy koop die plaas St Martyn in Noorder Paarl op 2 Augustus 1703 van Balthasar Weever. Van Deventer verkoop St Martyn op 30 Januarie 1709 aan Jacques Malan. Hierdie stamouers was die draers van 'n oorerflike siekte die volgende inligting het Anne Lehmkuhl vir my in Engels verskaf: Two of the founders of the European population in South Africa were Gerrit Jansz and his wife Ariaantje Jacobs. Pedigrees have traced the start of porphyria in South Africa to these two individuals. They had eight children, four of whom suffered from porphyria. A critical question asks which of the parents suffered from porphyria? Gerrit Jansz came from the Netherlands (the only other place in the world where porphyria is relatively common) and we know that Ariaantje's sister had a son with porphyria increasing the likelihood of Ariaantje having porphyria. It could even have been possible for both to have had it (What a coincidence!!!!) Draw a pedigree of Gerrit and Ariaantje's family. Assume for simplicity that only Gerrit suffered from porphyria and that he was heterozygous (Aa). Determine the genotypes for their eight children. Imagine that all of their children married non-affected individuals, and they each had four children. Determine the probability of Gerrit and Ariaantje's grandchildren having porphyria and assume that the probability expectations were met in reality. How many of Gerrit and Ariaantje's grandchildren suffer from porphyria? (Eight) If all the grandchildren married and had four children, how many of Gerrit and Ariaantje's great grandchildren would suffer from porphyria? (Sixteen)
Sien Van Deventer D.& P. p.172. 29.10.1688 trou "Gerrit Janse van Veldcamp vryborger aan Stellenbos J.M. met Arriaantie Adriaanse van Rotteram J.D." Hy boer op Watervliet, Simondium
Burger Stellenbosch
DuPlooy.paf: Hy was afkomstig van die stad Deventer, provinsie Overijssel in Nederland. Vertrek as soldaat 19.12.1683 met die vaartuig 'de Juffrouw Anna" vanuit Texel na die Kaap. Hulle land 10.4.1684 aan die Kaap. Die eerste jare van sy verblyf het hy dan ook binne die kasteel deurgebring . Op 31.5.1686 word hy vryburger aan die Kaap.
Gerrit Jansz, seun van Jan Pieters (Jan se zoon, vandaar Jansz), verlaat Veldcamp* (vermoedelik 'n soldatekamp), naby die stad Deventer, provinsie Overijssel in Holland op 11 Junie 1683 op pad na Amsterdam. Vandaar reis hy na die eiland Texel, hoofkantoor van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie om as soldaat diens te doen. Op 19 Desember 1683 vertrek hy met die skip "De Juffraauw Anna" na die Kaap de Goede Hoop. Jan Molenaer van de Reede, kaptein van die skip, woonagtig op Texel, was op reis na Batavia. Hulle land op 10 April 1684 aan die Kaap, 32 jaar en 4 dae na Jan van Riebeeck (aankoms 6 April 1652 in die Kaap), terwyl Simon van der Stel die goewerneur aan die Kaap was. Die eerste paar jaar doen hy diens as soldaat binne die kasteel en word vryburger op 31 Mei 1686. Daar word vermoed dat hy na hierdie datum die van "Van Deventer" (geografiese van) aangeneem het of toegeken is. Aan die begin van 1688 bevind hy hom nog steeds by die kasteel en besit 50 "schapen". In die huweliksakte verwys hy na homself as Gerrit Jansz, van Veldcamp, vryburger uit Stellenbosch. By die doop van sy oudste dogter Jacomijntje in 1692 verwys hy na homself as Gerrit Jansz van Deventer. Sover bekend het slegs Gerrit Jansz hier in Suid-Afrika die van Van Deventer aangeneem. Gerrit Jansz van Deventer sterf sonder 'n testament en daar word 'n inventaris van sy besittings gemaak. KAB-MOOC-13/1/1-18-(1709-1711).Dr. H.T. Colenbrander gee in sy boek, De Afkomst der Boeren, aan dat Gerrit Jansz van Duitse afkoms was. Veldcamp kon dus, as sy stelling korrek is, in Duitsland gewees het. [27]
|