Notes |
- Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.
Du Plooy.paf : Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter was eerstens getroud met Clara Herbst, dogter van Johannes Herbst van Bremen. Hulle het 3 dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede is. In 1714, na die dood van Clara, trek hy verder die binneland in na Stellenbosh met sy twee dogters, Elisabeth en Sybille. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier in Wellington later die eiendom van Charl Cillie. Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p39 verw. RLR Oude Wildschutte Boek: weilisensies. 27.12.1703 en 5.3.1705 pp 134-135, 138-9).
'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is, pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.
Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike gedrag". Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommandostelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes. In 1732 word daar in die de la Fonteine verslag gemeld dat hy 'n bestaan maak van sy vee en landerye.
Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz".
Bronne: F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979) Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985) Resolusies van die Politieke Raad, Dee l IV, 1707-1717 Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719 Resolusies van die Polit ieke Raad, Deel VII
Verwys ook na: Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4:
Testamenten, 1726-1735, No 147 MOOC 7/4:
Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147.
Clara: Haar van word ook aangedui as HARST.
Maria: Die trou datum word soms ook aangedui as 14 Feb 1715. Sy xx Theunis Botha.
Johannes Potgieter, is ongeveer 1674 gebore (hy is op 23 September 1674 gedoop aan die Kaap). Hy was die eerste Potgieter wat op Suid-Afrikaanse bodem gebore is. Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, het 24 Jul 1702 met Clara Herbst (* 1687), die dogter van Johannes Herbst van Bremen en Lysbeth Sanders, getrou. By Clara het Johannes 3 dogter gehad. Hul eerste dogter, Johanna, was in 1704 gebore (~ 3 April 1704) en het jonk (voor 1714) gesterf. Hul tweede dogter, Elizabeth, gebore ongeveer 1711 (~ 6 November 1709) het op 29 September 1726 met Andries Pieter de Jager getrou. Johannes en Clara se derde dogter, Isabella (of soms ook Sibella genoem) is in 1711 gebore (~ 28 Junie 1711) en is 9 Maart 1727 met Philippe du Preez getroud. Philippe het die plaas Grootvadersbosch besit.
Op 18 Februarie 1714 trou Johannes weer met Maria Catharina van Eeden (* 13 Februarie 1692), die dogter van Jan Janse van Eeden en Maria Russaar. By Maria het hy 7 kinders (3 dogter en 4 seuns) gehad. Die twee oudste dogters, Hester (~ 23 Februarie 1716) en Emmerentia (~ 20 Oktober 1719) is met die twee Botha broers, Christoffel en Jacobus, getroud. Hierdie huwelikke is van belang aangesien daar vir eeue daarna vriendskappe tussen die twee families sou wees en vele huwelike sou tussen hierdie families plaasvind. Johannes en Maria se derde kind, Johannes, is in 1722 gebore (~ 1 Maart 1722). Hierdie seun is met Aletta van Rooyen getrou. Sy agter-kleinseun, Cornelis Potgieter was later is die volgende eeu 'n baie bekende politikus in die Transvaal en was die voorsitter van die Transvaalse Volksraad. Johannes en Maria se vierde kind, Frederik (~ 11 Junie 1724), is eers met Eva Catharina Kriel en later met Maria Magdalena Landman getroud. Hy het in totaal 18 kinders (waarvan 10 seuns) gehad. Een van sy klein-seuns, Evert Frederik was 'n prominente leier van die voortrekkers in Natal. Die volgende seun, Theodorus (~ 7 April 1726), het by 5 kinders by Hester Anna Marais gehad. Min is bekend oor hulle sesde kind Hermanus Lambertus (~16 Mei 1728) en dit word geglo dat hierdie seun jonk moes gesterf het. Johannes en Maria se jongste dogter, Maria Johanna (~ 27 Augustus 1730), is met Christoffel Snyman getroud.
Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.
From Bremen, 1686 Supervisor of the Kompanje's Stock Post in Hottentots-Holland, 1690 burger Drakenstein. Surname was changed to Herbst.
Bronne: F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979) Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985) Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707-1717 Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719 Resolusies van die Politieke Raad, Deel VII
Verwys ook na: Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4:
Testamenten, 1726-1735, No 147 MOOC 7/4:
Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147.
Clara: Haar van word ook aangedui as HARST.
Maria: Die trou datum word soms ook aangedui as 14 Feb 1715. Sy xx Theunis Botha.
Died:
- Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.
|