Notes |
- In July 1662 the "Hof van Zeeland" brought to the Cape, Catharina Ufftincx, a young woman immigrant from Lubeeck in eastern Holstein. Aged twenty-one and already a widow, she was to loose three more husbands before marrying the fifth who survived her. She created a considerable impact in her new country home and even impressed the Netherlands Commissioner Hendrik Adriaan van Reede tot Drakenstein, Heer van Mijndracht, when he was on an official visit to the Cape in 1685. In his private journal van Reede succintly describes the tragic deaths of these three men thus:'den eerste van een leeuw, den tweden door de hottentots en den derden door d'elephanten om hals gebracht'Such experiences would have overwhelmed a lesser woman but Catharina Ufftincx was aremarkable person, and as Tryn Ras, became a legend in her lifetime in the land of her choice.
Catharina Ustincx, later bekend as Trijn Ras, het op 25 Julie 1662 as weduwee by die Kaap aangekom in die Hof van Zeeland, waarskynlik as 'n weduwee - haar man het waarskynlik in Duitsland ontkom. Ufftincks was waarskynlik haar nooiensvan. Verwys Familia Vol 15 nr 4 bls 97
Trijn Ras - oftewel Catharina Ustincx - het uit Ltibeck, Holstein, na die Kaap gekom, waar sy op 25 Julie 1662 met die skip Die Hof van Zeeland, gearriveer het. Dit was in dieselfde jaar dat Van Riebeeck en sy gesin die Kaap verlaat het. Trijn was skaars een en twintig jaar oud en reeds 'n weduwee. 'n Mens wonder waarom sy vroualleen die gevaarlike seereis na die Kaap aangedurf het. Waarskynlik het sy familie daar gehad. Sy kon seker nie gedroom het wat die lewe vir haar in die verre Kaap sou inhou nie. Dat sy dankbaar was dat die nagmerrie van die vyf maande lange seereis verby was, ly geen twyfel nie. Talle mense het aan boord siek geword aan die gevreesde skeurbuik, want toe die skip die hawe van Tafelbaai binnevaar, was daar twintig dooies en vyftig siekes aan boord.
Waar Trijn haar aanvanklik bevind het, weet ons nie, maar dit het nie lank geduur voor sy getroud is nie. Op Sondag, 2 September 1662, is sy in die Fort De Goede Hoop met Hans Ras, 'n Vr yburger wat 'n plasie aan die Liesbeekrivier besit het, in die huwelik bevestig. In daardie tyd was daar nog nie 'n vaste predikant in die Kaap wat huwelike kon voltrek nie. Die verhaal van die huweliksfees wat hierna gevolg het, is ongelooflik interessante leesstof.
Die bruidegom het twee waens gehuur om sy bruid en die huweliksgaste na die Fort en terug te vervoer . Die een wa het hy by sy buurman Frans Gerritsz gehuur en die ander een by Thieleman Hendricx wat ook in die omgewing gewoon het. Na die huwelik-seremonie het die bruid en bruidegom op Hendricx se wa voor gery, terwyl die ander gaste in Gerritsz se wa gevolg het. Na 'n tydjie het Gerritsz probeer om die voorste wa verby te steek - moontlik die eerste resies in die Kaap! Dit wou Hendricx ten ene male nie toelaat nie en het Gerritsz aan die hare beetgekry. Hendricx het sy wa en osse uit die pad getrek, klippe begin optel en die vrouens beveel om te vlug. Die bruid en bruidegom het egter bly sit, waarop Hendricx vir Ras so vreeslik uitgeskel het dat die bruidegom sy mes uitgepluk het. Hierop het Hendricx vir Ras met sy mes bygekom terwyl sy vrou, Mayken, die bruidegom aan die hare vasgehou het. Hendricx het vir Ras twee wonde toegedien, maar met die derde steekslag het die mes teen sy ribbes afgebreek! Ras se vriend Harman Remajenne het dit alles gesien en dit die volgende dag by die Fort gaan aanmeld. Trijn moes dus met 'n swaar verwonde bruidegom na haar toekomstige tuiste vertrek. Hans Ras het die aanval oorlewe en hy en Trijn het vier kinders gehad. Die gesin het op hulle plasie gewoon, waar daar reeds 'n eenvoudige huisie, 'n skuur en 'n aantal morge saailand was.
Die Liesbeekrivier het deur hulle plaas geloop en Hans moes die brug in stand hou. Die lewe in die vroef jare van die nedersetting was gevaarlik. Dit het nog gewemel van Wilde diere en met tye was daar aanvalle deur vyandige inheemse Koi- bewoners. Om die pot aan die kook te hou en hulle eie veekudde te spaar, het die vryburgers graag gaan jag. Veral seekoeijag was gewild vanweë die dik laag spek wat die diere opgelewer het. In 1671 het Hans Ras op so 'n jagtog vertrek, maar is deur 'n leeu aangeval en het kort daarna beswyk. 'n Mens moet onthou dat die gewere van daardie jare lomp en stadig was. Ras was 45 jaar oud toe hy oorlede is en het Trijn met vier klein kindertjies agtergelaat, van wie die jongste, sy naamgenoot Hans, nog nie 'n jaar oud was nie. Dit is opvallend dat Trijn in die geskiedkundige bronne hierna as Trijn Ras bekend staan ten spyte van die feit dat sy weer sou trou.
Trijn is die volgende jaar weer getroud, naamlik op 17 April 1672. Die bruidegom was Francois Champelaer, wat uit Gent afkomstig was. As 'n mens sy inventaris na sy dood in 1673 bestudeer, lyk dit of hy nie veel besit het nie, maar hy was 'n Vader vir Trijn se kinders en kon di plaas bewerk - laasgenoemde egter sonder veel sukses. Vroeg in 1673 het Francois saam met sewe burgers gaan grootwild jag, maar hulle is nooit weer gesien nie. Daar is aanvaar dat hulle deur vyandiggesinde Koi om die Iewe gebring is. Weer eens was Trijn weduwee. Sy en Champelaer het nie kinders gehad nie.
Dit lyk nie of Trijn lank moes wag om weer 'n eggenoot te vind nie, want sy is op 29 Oktober 1673 met Laurens Cornelissen getroud. Blykbaar was hy 'n kneg van Thieleman Hendricx met wie ons reeds kennis gemaak het tydens Trijn en Hans Ras se huweliksfees. Dit is nie duidelik o f hulle op Trijn se plasie of in hulle huisie in Kaapstad naby die Fort gewoon het nie, maar ons weet dat laasgenoemde huis in 1676 afgebreek moes word, omdat dit te na aan die Fort geleë was. Twee dogters is vir hulle gebore, naamlik Marie, wat in 1675 gebore maar jonk oorlede is en Laurentia. Laurens het nog geleef met haar doop op 20 Junie 1677, maar is kort daarna oorlede. Soos Trijn se vorige twee mans, het ook hy gaan seekoeie jag en is deur 'n verwoede olifant doodgetrap. Trijn het drie mans binne vyf jaar verloor. Sy was nou 36 jaar oud en moes kinders - van die twaalfjarige Hendrik tot Laurentia wat maar 'n paar maande oud was - self versorg. Van die volgende paar jaar is min oor haar lewe bekend, maar dit lyk of sy met haar kinders verder na die binneland getrek en aan die voet van die Steenberge (by die huidige Tokai) gaan boer het. Op haar plaas hier aan die voet van die Steenberge het die bekende kommissaris Hendrik Adriaan van Reede tot Drakenstein haar in 1685 op sy reis deur die binneland van die kolonie aangetref. Maar toe was sy reeds Trijn Michelsz.
Trijn is op 25 Januarie 1680 met Mathys Michelsz, afkomstig uit Gluckstadt in Holstein, getroud. Sy naam verskyn van 1677 af in die geskiedkundige bronne van die Kaapkolonie. In hierdie jaar word hy vermeld as 'n behoeftige boer. Dit wil voorkom of hy en Trijn onafhanklik van mekaar, as setlaars in die Steenberge beland het en later getroud is. Toe kommissaris Van Reede in 1685 by hulle besoek afgele het, het hulle eiendomsreg op twaalf morge landbougrond besit. Daar was reeds 8 000 wingerdstokke, koring, rog en gars, 600 skape en 140 stuks ander vee. Hulle het ook sewe slawe en 'n slavin besit , sodat dit lyk of die boerdery gevlot het. Die kommissaris skryf in sy verslag dat Trijn met haar kneg getroud was. Waarskynlik was Michelsz dus Trijn se voorman op die plaas voor hulle getroud is. Uit kommissaris Van Reede se versl ag blyk watter soort mens Trijn was. Hy vertel dat sy met haar opgeskote dogter hulle geselskap tegemoet gekom het met pragtige koolkoppe, radyse en vats gebakte brood. Hy beskryf die verloop van haar lewe soos volg: ". . . drie maelen was sij rijk, welgestelt en weder arm geweest" en vertel hoe haar vorige drie mans aan hulle einde gekom het. Trijn se naaste bure was vier uur te perd van hulle plaas geleë, skryf hy, maar dit het haar nie gekwel nie. Wanneer dit nodig was, het sy wydsbeen op haar perd gespring en soos die wind na Kaapstad en terug gery, sodat mense wat haar op die pad teengekom het, haastig padgegee het! 'n Stormvoël inderdaad! Oor haar kinders was die Nederlandse baron egter bekommerd. Hulle was blykbaar bruin gebrand deur die Suid-Afrikaanse son en salig onbewus van die feit dat daar so iets soos skole bestaan het. H y sê dat Trijn se dogter baie na 'n Egiptiese waarsegster gelyk het en die res van die kinders soos Brasiliaanse Tapoeiers - 'n woeste mensvreterstam in Suid-Amerika! Hy het hom gekwel dat die koloniste in die binneland heeltemal kon verwilder. Ten spyte van jagtogte het Trijn se vyfde man haar oorlewe. Die res van haar lewe het sy op hulle plaas aan die vo et van die Steenberge geslyt en is daar in 1708 oorlede toe sy 67 jaar oud was. Vir daardie jare was dit 'n rype ouderdom. Van haar kinders het sy net een verloor. Die inventaris wat na haar dood volgens wet opgestel moes word, maak melding van drie ou katels met beddegoed en twee kiste. Waarskynlik is die res van die meubels voor haar dood reeds aan die kinders uit gedeel. Daar was egter heelwat kombuis- en plaasgereedskap, 100 skape, graan, wyn en twaalf slawe. Dit lyk dus of hulle 'n florerende boerdery gehad het. Michelsz het Trijn met 23 jaar oorleef, maar het verarm omdat die grond deur die kinders geërf is. Waar Trijn begrawe is, is onbekend, maar waarskynlik was dit op hulle plaas. So het die onrustige lewe van 'n pionier uiteindelik tot 'n rustige einde gekom.
Lees verder:
M. Cairns, Trijn Ras, Familia XVI (2), 1979.
J.C. Pretorius, Die merkwaardige verhaal van Trijn Ras. Historia 18 (2), Junie 1973.
|