• First Name:   
  • Last Name:   
Juanita Barry LEACH

Juanita Barry LEACH

Female 1946 -  (78 years)

Generations:      Standard    |    Compact    |    Vertical    |    Text    |    Register    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Juanita Barry LEACHJuanita Barry LEACH was born on 9 Apr 1946 in Kimberley, Cape, South Africa.

    Notes:

    Behaal die Hoër Onderwysdiploma in liggaamlike opvoeding in 1967 aan die Pretoria Onderwyskollege en UNISA se Kleuteronderwysdiploma in 1982. Gee onderwys by Rynfield Laerskool in Benoni, Hoerskool Swartruggens, Hoerskool Staatspresident C.R. Swart in Pretoria en later by Gateway Christenskool op Barberton.Behaal op skool Noord-transvaal kleure in atletiek, gimnastiek en hokkie.Verwerf op Onderwyskollege Noord-Transvaal kleure in atletiek en wen O-18 SA Kampioenskappe 80m hekkies in Bloemfontein. Speel vir Harlekyne hokkie en behaal Noord-Transvaal tweede span vir ‘n Interprovinsiale byeenkoms in Oos-Londen in 1966. Word gekies as bestuurder van die Noord-Transvaalse skolespan na die Interprovinsiale toernooi in Bloemfontein in 1970.Word in 1971 aangestel as Luitenant (Sportinstrukteur) by die SA Leervrouekollege op George. Verteenwoordig SWD in hokkie by ‘n Interprovinsiale toernooi in Johannesburg.Troue op 11 Desember 1971 in Pretoria was 'n eerste van sy soort waar 'n gemengde erewag van Benoni Kommando se offisiere en studente van die SALVKOL optree. Spesiale toestemming moes hiervoor verkry word.

    Juanita married Gabriel Johannes (Jan, Jannie) GREEFF on 11 Dec 1971. Gabriel (son of Pieter Francois Steyn (Piet) GREEFF and Susanna Maria Magrieta (Sannie) REYNEKE) was born on 1 Apr 1943 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Benoni, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 2. H A GREEFF  Descendancy chart to this point
    2. 3. P F S GREEFF  Descendancy chart to this point
    3. 4. Antoinette GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 29 Oct 1973 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Empangeni, Natal, South Africa.
    4. 5. Sanet GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 6 Feb 1976 in Empangeni, Natal, South Africa.
    5. 6. Pieter Francois Steyn GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 8 Nov 1979 in Empangeni, Natal, South Africa.
    6. 7. Hendrik Adriaan (Henno) GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 14 Oct 1985 in Empangeni, Natal, South Africa.


Generation: 2

  1. 2.  H A GREEFFH A GREEFF Descendancy chart to this point (1.Juanita1)

  2. 3.  P F S GREEFFP F S GREEFF Descendancy chart to this point (1.Juanita1)

  3. 4.  Antoinette GREEFFAntoinette GREEFF Descendancy chart to this point (1.Juanita1) was born on 29 Oct 1973 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Die pragtige bruinoog Antoinette was van kleins af vol lewenslus en entoesiasme. Haar belangstelling strek van musiek en kuns na hengel, weermagaktiwiteite en fiksheid.In 1991 word sy as een van 120 uit etlike duisende aansoeke gekeur om die jaar by die S A Leervrouekollege in George opleiding te ondergaan.Haar veelsydigheid kom oor die jare al hoe meer na vore. In haar vroee dertigerjare bedryf sy 'n fiksheidsklas waar die nuttige joga-oefeninge gebruik word. Sy leer ook sweiswerk en vervaardig onder andere hulle huis se diefwering. Sy ontwerp en vervaardig staal ornamente en versamelstukke, terwyl sy haar rol as moeder en eggenote met onderskeiding vervul.

    Antoinette married Hendrik Hermanus KARSTEN on 13 Dec 1997. Hendrik was born on 11 Oct 1974 in Windhoek, South West Africa (Namibia). [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 5.  Sanet GREEFFSanet GREEFF Descendancy chart to this point (1.Juanita1) was born on 6 Feb 1976 in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Die aanvallige ligtekop Sanet blink op skool veral uit as 'n kranige atleet met groot potensiaal, totdat sy in haar diensjaar by SALVKOL 'n beenbesering opdoen wat haar atletiekloopbaan verongeluk. Soos haar suster, het sy die streng keuringsproses geslaag en die afronding wat SALVKOL gebied het baie geniet.Sy voltooi haar tersiere studies in kuns by die Pretoria Technikon, en kerf 'n suksesvolle kunsloopbaan uit deur aanvanklik advertensieborde vir supermarkte te verf. Later verander haar belangstelling na fotografie, en word sy 'n gesogte fotograaf van huwelike en skoolfotos sowel as individuele ateljeefotos.Sanet handhaaf 'n gesonde balans tussen haar kunsloopbaan en haar roeping as moeder en eggenote.

    Sanet married Francois J LABUSCHAGNE on 8 Sep 2000. Francois was born on 18 Mar 1976. [Group Sheet] [Family Chart]


  5. 6.  Pieter Francois Steyn GREEFFPieter Francois Steyn GREEFF Descendancy chart to this point (1.Juanita1) was born on 8 Nov 1979 in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Pieter word vernoem na sy oupa Piet wie se derde doopnaam "Steyn" aan hom gegee is vanwee die vriendskap tussen sy vader, Kol G J Greeff en President Steyn. Klein Pieter is op die president se verjaarsdag gebore.Hierdie aantreklike en nederige ligtekopseun se minlike geaardheid maak hom van kleinsaf geliefd by almal wat hom leer ken. Sy besondere handvaardighede kom ook reeds van kleintyd af duidelik na vore. Die behendigheid waarmee hy byvoorbeeld sy aas voorberei terwyl hy hengel trek belangstellende aandag.Dit word ook op 'n baie vroee ouderdom duidelik dat Pieter oor besondere balvaardighede en hand-oog ko-ordinasie beskik en dat hy in enige sportsoort kan uitblink.Hy steur hom min aan studies en verkies om self te eksperimenteer en te leer uit praktiese ervaring.In sy vroee twintigs kan hy reeds die fynste houtwerkprojekte doen. Of gee hom 'n sweismasjien en hy toor daarmee. Sy talente en innoverende geaardheid vang gou die oog en hy word as vakman by konstruksiewerke aangewend alhoewel hy geen vakpapiere besit nie. Binne 'n kort tyd word hy bevorder na voorman en later na toesighouer oor vakmanne.Pieter onderskei hom as 'n werker wat nie net sy werk doen nie maar ook vrywilliglik betrokke raak by veiligheidsaspekte in die werkplek en die instelling van besparingsmaatreels en innoverende werkpraktyke.Hy word 'n gesogde werker wat in een stadium bevorderingsaanbiedinge ontvang van drie verskillende projekbestuurders binne die bestek van twee weke.Hy word binne die eerste vyf jaar waarin hy by konstruksiewerk betrokke is na Potchefstroom, Richardsbaai, Maputo, Botswana, Zambie en Moma in Mosambiek gestuur.


  6. 7.  Hendrik Adriaan (Henno) GREEFFHendrik Adriaan (Henno) GREEFF Descendancy chart to this point (1.Juanita1) was born on 14 Oct 1985 in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Hierdie aantreklike en talentvolle rooikopseun maak reeds in die laerskool sy merk as kranige sportman en leerder.Tydens sy skoolloopbaan woon hy viermaal die jaarlikse Afrika Senior Studentekonvensie van ACE, School of tomorrow by. Duisende hoërskoolleerlinge met ‘n kompeterende gees ding by hierdie konvensies mee in meer as 100 gespesialiseerde items.Hy word tweemaal op grond van sport en akademiese prestasie genomineer om sy skool by die Internasionale Konvensie in die VSA te verteenwoordig maar word deur onvoorsiene omstandighede verhinder om te gaan.

    Hy bereik die volgende prestasies in sport:
    ‘n Nul-voorgee in gholf
    Mpumalanga kleure: O.18 Gholf
    Mpumalanga kleure: O.23 GholfLaeveld Senior GholfspanInternasionale akkreditasie as ‘n Onafhanklike “Hi-Ropes” InstrukteurOp skoolvlak verwerf hy Provinsiale kleure in Landloop, Volleybal en Tafeltennis sowel as Provinsiale en Nasionale kleure in Atletiek.In 2001 word hy genomineer om Suid-Afrika as ‘n “Global Scholar” te verteenwoordig by die Somer 2001 “Global Youth Leaders Conference” in Washington D.C. en New York op grond van vaardigheid in Engels, sterk leierskappotensiaal en uitmuntende akademiese prestasie. Weer eens word hy verhinder om by te woon, veral as gevolg van die afname in die waarde van die Rand na die 11 September aanvalle in New York.In 2005 skryf hy by die Universiteit van Pretoria in vir die graadkursus in meganiese ingenieurswese en teen middel 2007 is hy in sy derde suksesvolle studiejaar. Hy ontvang in hierdie stadium 'n studiebeurs wat sy laaste twee jaar se kostes dek.Hy sluit in 2007 aan by die Universiteit se bergklimklub en word ‘n deeltydse kliminstrukteur by die kommersiële klimmuur in Pretoria.



Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info