• First Name:   
  • Last Name:   
Johannes WESSELS, progenitor

Johannes WESSELS, progenitor

Male Abt 1662 - Yes, date unknown

Generations:      Standard    |    Compact    |    Vertical    |    Text    |    Register    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Johannes WESSELS, progenitorJohannes WESSELS, progenitor was born about 1662 in Vollenhove, Overijsel, Netherlands; and died.

    Notes:

    Pama II dui sy voornaam as Johannes aan en sy van as Wessels of Wessel.

    Jan Wessels was getroud eers met Rebekka VAN BAELBERGEN op 16 Mei 1683, sy was die weduwee van Ds Petrus Huisenaar. Hy trou weer op die 10 September 1684 met Helena BEZUIDENHOUT. Helena was gedoop die 23 Junie 1669 in Kaapstad, sy was die dogter van Wynand Leenderts Bezuidenhout en Jannetje Gerrits. Hulle het 5 kinders gehad.

    Helena Bezuidenhout en Andries Beets het owerspel gepleeg.

    Bronne:
    Heese en Lombard
    GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
    J Hoge Personalia of the Germans at the Cape

    Saamgestel deur:
    AM van Rensburg

    Verwoord!

    Johannes (Jan/Johann) Wessels of Wessel van Haefkesbeeck of van 't Ampt ter HarpStede (klein gemeente HarpStede). Daar kan met redelike sekerheid aanvaar word dat hy van Duitsland was, want as hy van Nederland was sou hy tog nie van Hamburg vertrek het nie. Daar word vermoed dat Haefkesbeeck en HarpStede naby aan die grens met Nerderland was. HarpStede en Baefkesbeech kon nog nie opgespoor word nie. Daar bestaan egter 'n hedendaagse dorp Harpstedt in Duitsland naby Bremen. Is hierdie Harpstedt nie dalk dieselfde as HarpStede nie? Jan het toe van Hamburg, die hawestad van Duitsland na Nederland vertrek waar hy by die VOC as "soldaat" aangesluit het. Hy vertrek op 27-6-1660 met die Witten Olifant, wat van Nederland na Batavia gevaar het, na die Kaap.
    Die Olifant het op 15-11-1660 aan die Kaap gekom. Die Witten Olifant is soms net die Olifant genoem.
    Die volgende oor die Olifant kom uit die publikasie "Duch-Asiatic Shipping in the 17th and 18th Centuries , R.D.P Vol 2" : Die kaptein van die skip was Filips de Bakker. Op die skip was 212 matrose, 150 soldate en 2 passasiers. Tydens die seereis na die Kaap het 6 mense ter see gesterf en 16 het die skip in die Kaap verlaat. Ons kan dus aanneem dat Jan op 15-11-1660 van Duitsland as "soldaat" aan die Kaap gekom het. Jan trou op 16-5-1683 met Rebekka VAN BAELBERGEN, weduwee van Ds. Petrus Hulsenaar, maar sy is kort na die huwelik oorlede. Jan hertrou in Kaapstad op 10-9-1684 met Helena Wynands BEZUIDENHOUT, ~ 23-6-1669, + 1713, d.v. die stamvader Wynand Leenderts Bezuidenhout en Jannetjie Gerrits. Met verwysing na Argiefbewaarstukke - Resolusies van die Politieke Raad Vol. 1-8, 1651 - 1734, het Jan Wessels van 't Ampt ter HarpStede as Soldaat aan die Kaap gekom in 1660 met die boot die Eliphant. Hy is as landbouer (beesslagter) in diens geneem. Aanvanklik is hy aangeteken as Jan Wessels van Haefkesbeeck, wat deurgekrap is en vervang is met 't Ampt ter HarpStede. In 1665 is daar egter weer 'n verwysing na hom as van "Haefkesbeeck". Hy het dan ook in
    1665 vryburger geword.
    Alhoewel sekere bronne beweer dat hy eers in 1680 hier aangekom het, dui die bestaande getuienis daarop dat die 1660 datum meer waarskynlik is. Om dit te toets spekuleer ons nou dat hy as 18-jarige soldaat hier aangekom het, en sou dan met sy eerste en tweede huwelike onderskeidelik 41 en 42 jaar oud gewees het. In 1686 met die geboorte van sy eerste kind sou hy dan 44 jaar wees. Dit skep nie probleme nie aangesien sy vrou, Helena dan vier-en-twintig jaar jonger was as hy. Die feit dat Helena op 19-4-1710 weer hertrou het met Petrus Tavenreith (onderwyser van W.A. v.d. Stel se kinders; maar het later in onguns geraak en toe privaat Latyn gegee) van Rheinsburg, beteken dat Jan oorlede is voordat hy 68 jaar oud was. Hy is volgens Dr. Con de Villiers in die ou Groenpunt begraafplaas aan die bopunt van Wesselsstraat in Seepunt begrawe. 'n Gedeelte van hierdie begraafplaas is nog sigbaar maar die grootste gedeelte van die grafte is sodanig verweer dat dit nie meer uitgeken kan word nie. Wat wel behoue gebly het, en tans 'n nasionale monument is, is die Pieter Woutersen grafkelder wat in 1827 deur Woutersen se eggenote opgerig is. (Sien ook D6E2F10 i.v.m. Woutersen grafkelder) Helena Bezuidenhout is aangekla van owerspel met Andries Beets terwyl sy getroud was met Jan Wessels (C.J. 3635 Diverse Process-stukken. Getuienis 1-12-1688 bl. 11-12) Sien ook "Die Vryleiden en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1657 - 1707" deur G.C. de Wet, bl. 176. Andries Beets was 'n skoenmaker wat in 1688 aan die Kaap aangekom het. Die verwysing in die lg. werk is egter gemaak in verband met huwelike wat weer versoen geraak het, terwyl daar verskeie in die skeihof beland het.
    Andries Beets is toe ook wel in 1688 getroud.
    Alhoewel sekere bronne aandui dat Jan en Helena het gaan boer op Meer-en-Dal aan die Tierberg.
    (Tygerberg - Vissershok, naby Durbanville), weet ons uit die grondbriewe dat die plaas Westerdal, naby die huidige Durbanville, op 7 September 1702 aan stamvader Jan toegeken is en dit nogal deur W A van der Stel. In 1706 het W A van der Stel nog 'n leningsplaas in die Groene Kloof (huidige Darling) aan hom toegeken.

    From: Paul Du Plessis
    To:
    Subject: Re: [GenForum] Anette se WESSELS-stamlyn
    Date: 17 March 2001 08:50

    Johan
    Volgens my kennis het Johannes Wessels en Rebekka van Baelbergen geen kinders gehad nie. Sy is kort na die huwelik oorlede. Sy tweede huwelik was op 10.9.1684 toe hy met Helena Wynands Beszuidenhout getroud is. B2 Johannes gedoop 1.1.1690 was 'n seun uit hierdie verbintenis. Ek is ook 'n afstammeling van Johannes Wessels. (My ma was 'n Wessels.) Sien ook "Die nageslag van Johannes Wessels".
    bladsy 11.

    Paul Du Plessis.-----Original Message-----
    From: Johan Erasmus <2000@yebo.co.za>
    To: GenForum
    Date: Friday, March 16, 2001 9:43 PM
    Subject: [GenForum] Anette se WESSELS-stamlyn


    Annette

    Hier is solank jou ma se WESSELS-stamlyn.

    a1
    Stamvader: Johannes WESSELS afkomstig van Hamburg, Duitsland x Rebekka VAN
    BAELBERGEN.

    b2
    Johannes WESSELS ~ 1.1.1690 x 10.9.1713 Geertruida PRETORIUS


    Groete

    Johan Erasmus

    Johannes married Helena BEZUIDENHOUT, b1 on 10 Sep 1684 in Cape Town, Cape, South Africa. Helena (daughter of Wynand Leenderts BEZUIDENHOUT, progenitor and Jannetje GERRITS) was christened on 23 Jun 1669 in Cape Town, Cape, South Africa; died in 1713. [Group Sheet] [Family Chart]



Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info