Welcome to Our Family Site
Welcome to Our Family Site
Title | Louis Egbert Greeff (IV), by email, 25 February 2008. | |
Short Title | Louis Egbert Greeff (IV), by email, 25 February 2008. | |
Source ID | S349 | |
Text | From: "Louis" Sent: Monday, February 25, 2008 6:08 PM To: Subject: [GREEFF] Beste Franchois > Beste Franchois, > Baie dankie vir dit wat jy gedoen het vir ons geskiedenis. > My naam is Louis egbert greeff 66 jaar oud en ek is die ,sover ek kon vasstel die vierde geslag met dieselfde name waar die persoon wat die naam gekry het ook toevallig n seun was. My voorsate is nou al oorlede en ek kan gelukkig se dat ek natuurlik my vader en my oupa geken het . My grootvader louis egbert greeff het ek ongelukkig nie geken nie. > Na my is daar weer twee louis egbert greeff .Hulle is my oudste kind en sy kind met dieselfde name. Ons is dus ses geslagte in n ry waar die oudste kind n seun is met dieselfde naam. > Ek het hier in Oos London n Dr Drik Greeff ontmoet. Sy naam is egter Hendrik en hy is verbonde aan die onderwys. Die bynaam van Drik het hy maar hier gekry. Ek vermoed dat hy die bynaam by die swart mense gekry het toe hulle nie sy naam kon uitspreek nie. > Ek het by hom n uiteensetting gekry wat toon dat hy en ek vermoed my voorsate afstammelinge is van Mathaias wat bin 1680 hier aangekom het.Daar het n Louis Egbertus Greeff verskyn en ek dink dat hy die naam van sy moederskant verkry het. > Ek is ook al n geruime tyd besig om die familie na te vors maar op n ligte manier . Ek is van plan om nadat ek gesien het wat die ander doen om meer aandag aan die saak te gee. > Ek wil graag die inligting wat ek het hier uiteensit beginnende by my kleinseun: > > Louis die 6e Louis Egbert Greeff Geb 8/2/1994 > > Louis die 5e Louis Egbert Greeff Geb 17/11/1967 + > Kinders :Louis Egbert Geb 8/2/1994 (Louis die 6e) > Kiana > Xander > > Louis die 4e Louis Egbert Greeff Geb 29/12/1941 + Elizabeth Jacomina Taljaard Geb 9/9/1946 > Kinders : Louis egbert Geb 17/11/1967 (Louis die 5e) > Marius Geb 16/4/1969 > Ilse Susan Geb 26/12/1973 > Sonika Geb 25/8/1978 > > Louis die 3e Louis Egbert Greeff (my pa) Geb 22/2/1913 + Alida Maria Pheiffer 14/6/1920 > Kinders Louis Egbert Geb 29/12/1941 ( Louis die 4e) > Elizabeth Francina Geb 10/7/1944 > Luckas Marthinus Paulus Geb 15/10/1950 > Alida maria Geb 15/5/1952 > > > Louis die 2e Louis Egbert Greeff (my oupa ) + Martha v/d Merwe > Kinders Louis Egbert Geb 22/2/1913 ( Louis die 3e) > Johannes Lodevikus v/d Merwe Greeff Geb 10/10/1914 Oorl > Louis Egbert Windhoek > Marius Windhoek > Totsie Kalkrand > Wessel Johannes Greeff Geb 20/2/1917 Oorl > Danie Greeff Geb 12/8/1922 Lewend Swakop> Louis Egbert Boksburg> Hannie Hentiesbaai > Martha Oorl > Fransiena Dayson Lewend Pretoria noord> Martha> Louis> Corrie > Aletta Oorlede > > Louis die 1e Louis Egbert Greeff ( my oupa grootjie) - > Kinders Louis egbert Geb omtrent 1888 > Mynherd Geb > Gawie (Te Prieska) Geb > Daniel Geb > Aletta Geb > Ek het n paar stories wat ek so met die tyd gehoor het wat nogal interessant kan wees. > My pa het my die meeste van die stories vertel en ek glo dat dit waar kon wees. > Ek wil begin by my oupa grootjie :Louis die 1e > > Louis die 1e : Hy was n bouer en het saam met n Cal Heyns n plaas met die naam van Rooidam ? oorkant die rivier van die damwal by Boegoeberg gehad. Die inligting is vaag maar dit lyk asof die grond se aankoop deur Louis egbert Greeff die 1e se pa , ook n Louis egbert , gefinansier is. > > Louis die 2e : Oupa het in die Kalahari gesmous met n donkiewa. Ek het hom geken en wanneer ons op Wegdraai op die skema gekuier het en ek gesit en kyk het hoe hy met n els en naald skoene gemaak het het hy my die die verhaal vertel : Hy het as 14 jarige seun rapporte gery gedurende die boereoorlog . Soos ons almal weet was seuns van daardie ouderdom kranige skuts. Hy het my vertel dat hy eenkeer n vyand van sy hardlopende perd afgehaal het deur aan die perd se neus te korrel.Die rapport het hy in sy skoen se hak gebere . Hy het net snags gery aangesien die wereld waar hy gery het te plat en oop was en dit vir die vyand te maklik was om hom te sien. Oupa het n baie streng gesig gehad , seker maar n houding wat van die Duitse oorsprong kom. Pa het vertel dat ouma Martjie n jong perd kon vashou aan die halter en dat oupa dan die perd sou beslaan. Ouma was as jong vrou ook sterk en kon glo n sak mielies aan die ore gryp en op n wa gooi. 203 pond. > > My pa Louis die 3e : Die grewe was skaapboere en met die groot droogte het oupa die 2e later n besproeingsplot by Wegdraai gehad. Die kanale was met handearbeid gebou en ek kan onthou van n foto van my pa wat besig was om gate in kalkklippe te kap met n 4 pond hamer en bytel. Dit was in die ongenadige son gedoen aan die Oranje.Die damwal van Boegoeberg se dam is met die hand gegooi met kruiwaens. Dit was die dae toe mens vir 2sjielings en n sikspens n dag gewerk het. Pa het later by n boormasjien gewerk wat hulle deur die Kalahari getrek het met donkies.Ek kan net dink hoe dit moes voel om op n duin te kom en net duine voor jou kan sien so ver as die oog kan sien. Pa het altyd gese dat jy moet maar net aanhou en dat jy wel anderkant sal aankom.Die waarheid moes hy in die Kalahari geleer het. Dit het my my hele lewe bygebly en kan as groot inspirasie dien.Pa het later by die SDB aangesluit en het as spoorwegman afgetree. Hy het 81 jaar oud geword . > > Ekself Louis die4e :Geb 29/12/1941 > Matriek 1960 Durban > > Was tekenaar in die brugkantoor sas Johannesburg .Later by Murry & Roberts en besit tans Arendsnes vakansieoord by Chintsa oos aan die wildekus.Ideale plek vir n GREEFF saantrek. Hier was op n keer n Ferreira saantrek met omtrent 200 gaste. Vir diegene wat belandstel kyk na www.arendsnes-chintsa.co.za. Ons is 45 km vannaf Oos London > > Louis die 5e : Is betrokke by Arendsnes. Hy het rekenaar agtergrond en is ook betrokke by die instandhouding van die oord. > Louis die 6e : Tans op hoerskool Grens > > Ek sal dit waardeer as van die grewe van Upington en Prieska wil kontak maak. > > LOUIS EGBERT GREEFF DIE 4e | |
Linked to | DAYSON Corrie DAYSON Louis DAYSON Martha DAYSON Aletta GREEFF Alida Maria GREEFF Daniel M. GREEFF Daniel Michiel GREEFF Elizabeth Francina GREEFF Francina GREEFF Gabriel Pieter (Gawie) GREEFF Hannie GREEFF Ilse Susan GREEFF Johannes Lodewikus van der Merwe GREEFF Kiana GREEFF Louis Egbert GREEFF, (II) Louis Egbert GREEFF, (III) Louis Egbert GREEFF Louis Egbert GREEFF Louis Egbert GREEFF, (IV) Louis Egbert GREEFF, (V) Louis Egbert GREEFF, (VI) Louis Egbert (Dalwiets) GREEFF, (I) Lukas Marthinus Paulus GREEFF Maria Aletta GREEFF Marius GREEFF Marius GREEFF Martha GREEFF Mynderd GREEFF Sonika GREEFF Totsie GREEFF Wessel Johannes GREEFF Xander GREEFF Alida Maria PHEIFFER Elizabeth Jacomina (Bessie) TALJAARD Martha Gerdriena VAN DER MERWE |