Welcome to Our Family Site
Welcome to Our Family Site
Title | Trudie Marais, email, 10 January 2009 | |
Short Title | Trudie Marais, email, 10 January 2009 | |
Source ID | S503 | |
Text | From: trudiemarais@telkomsa.net Sent: 28 February 2003 11:45 To: goodgreeff@hiddencode.co.uk Subject: Greeff informasie Hi Francois, Soos belowe, hier is my inligting. Ek het geen inligting, en ken ook nie die volgende persone nie. Hulle is Andries en Ansie Greeff, boer naby die Beervlei Dam distrik Willowmore. Hul telefoon nommer :- Skakel Kode vir S.A. vanaf buiteland en dan die volgende kode en nommer 044-9231887. Soos ek verstaan, het hul glo 'n fotokopie boekie, self gebind, aan die familie uitgedeel. Ongelukkig is dit nie die Greeff been wat ek ken nie, maar miskien die moeite werd vir jou om oor uit te vind. Die Gert Greeff Tehuis op Willowmore, is gebou en gemeubileer deur Gert (Seker ook Gerhardus) Greeff en sy vrou Louise. Hy was die apteker op Willowmore. Hul het geen kinders gehad nie, en het besluit om hul geld vir die Tehuis na te laat.Hul het vir baie jare lank op Willowmore gebly, maar is ookal lankal oorlede. Hul is ook nie direkte familie van oom Pollie nie. Dit was blykbaar kleineefs van sy oupa. Oorspronklik het die Greeffs vanaf Oudtshoorn (Karoo) met hul volstruise na Willowmore gebied toe getrek. Gerhardus Johannes Greeff (oom Pollie se pa ),(geb/sterf datums onbekend), trek vanaf Oudtshoorn na Willowmore. Daar ontmoet hy klein oumatjie Botha. Haar pa het 5 plase gehad en 5 dogters, maar nie 'n seun nie. Soos die dogters getrou het, het hul as bruidskat 'n plaas present gekry. (Hoe gelukkig kan sommige ma's se seuns tog nie wees nie!!!!!! ) 5 kinders is uit hierdie huwelik gebore:- (Nie in volgorde nie) Gerhardus (Oom Gerrie) Het een seun Gerhardus - Gerrit genoem. Woon in Pretoria. Maria (Tannie Raai) Cornelia (Tannie Connie) Hendrik (Hennie) Tweeling broer van Paul, maar baie jonk oorlede. Paul Stefanus (Oom Pollie) *25.11.1895 + 26.4.1959 X 29 . 01.1923 met Marie Emma Louisa (Tant Emma) * 13.6.1901 + 6.12.1976 (Dankie vir die grafsteen foto.) 4 Kinders uit huwelik gebore L1)Gertruida (Gerty) 2.Johanna (Dollie) 3.Gerhardus (Gert) 4.Marie. 1.Gertruida Eliza Greeff. * 12.11.1923 X 4.7.1953 James Johannes Jacobus Roodt *26.3.1924 + 26.9.1985 2.Johanna Dorothea Greeff * 8. 11.1925 X 19.4.1952 Marthinus Wilhelmus Theunissen *18.9.1920 + 28.1.2000 3.Gerhardus Greeff (Gert) * 29.7.1929 + 10.9.1997 X 23 . 1. 1960 Marieta Strydom * 29.9.1936. Sy kom vanaf Krakeel (Waar anders as jou van Strydom Is??? Gert is op die ou Familie plaas, Snymanskraal begrawe, waar hy vir baie jare op geboer het. Uit hierdie huwelik is 3 kinders gebore:- 3.1 Yoalette Greeff * 7.1.1961 X 19.12.1985 met Eugene Els 3.2 Paul Stephanus Greeff * 1.2.1962 X 12.12.1987 met Marietjie Strydom * 2.1.1986. (Sy is nie direk familie van haar skoonma nie. Ek het jou adres vir haar gegee, sy/haar pa, sal self met jou in verbinding tree. Sy ouma was ook 'n Greeff en hulle sal hul inligting aan jou deurgee.!!!! Hul is tans die 4/5 de geslag op die ou familie plaas Snymanskraal. Hul het 3 kinders as volg:- 3.2.1 Gerhardus Johannes (Gerhard genoem) * 4.7.1990 3.2.2 Edmund Jacobus (Boetie-Boet) * 28.7.1993 3.2.3Eze-tje * 13.3.1995 (Dis reg gespel) 3.3 Elmarie * 18.7.1964 X 18.7.1992 (Op haar verjaardag wat gelukkig vir haar op 'n Saterdag geval het! ) met Leon Wentzel van Heilbron. 4. Marie Emma Louisa * 20.3.1937 X 30.12.1961 met Matthewis Kotze XX Alwyn Gerber 30.1.1988 Francois, hoop die inligting is van nut vir jou. Dit was nie a.g.v. die fotos wat ek op jou webwerf ingegaan het nie, maar a.g.v. die vanne wat aan die Greeffs verbind is. Daar het ek Tannie Emma se inligting gesien en gewonder hoeveel van die ander inligting van hul familie jy het, en toe met jou in verbinding getree. Jy se ek mag jou vorm aanpas en gebruik. Dankie vir die offer, maar dit het jou seker ontgaan om die vorm aan te heg. Ek sal dit graag wil sien. Dankie vir die Duitse web adres. Ek sal nog daarby uitkom. Ek beny julle so wat al soveel diep spore getrap het in ons navorsing "Game". Ekself is nog nie lank daarmee besig nie, maar sit al met baie dik lee"rs. Ek het op 'n baie laat ouderdom (en eers verlede jaar) die komputer baasgeraak. Basies maar myself geleer, met bietjie hulp van my seun. Soos hy se^ "Moet tog nie my ma se komputer verander nie, want in alles moet ek haar eers weer 'n "Crash course "gee voordat sy kan aangaan. Verskoon dus as ek nie alles so uiteen sit soos julle "Gesoute Perde" nie. Ek help egter graag. Met vriendelike groete TRUDIE MARAIS Inligting verskaf en opgestel deur Trudie Marais trudiemarais@telkomsa.net Clevedonweg 15 Mount Croix PORT ELIZABETH 6001 Suid Afrika \f4 | |
Linked to | Eugene ELS Alwyn GERBER Cornelia (Tannie Connie) GREEFF Edmund Jacobus (Boetie-Boet) GREEFF Elmarie GREEFF Eze-tje GREEFF Gerhardus (Gert) GREEFF Gerhardus Johannes GREEFF Gerhardus Johannes (Gerhard) GREEFF Gerrit GREEFF Gertruida Eliza (Gertie) GREEFF Hendrik GREEFF Johanna Dorothea (Dollie) GREEFF Maria Susanna (Tannie Raai) GREEFF Marie Emma Louisa GREEFF Paul Stephanus GREEFF Yoalette GREEFF Matthewis KOTZE James Johannes Jacobus ROODT Marieta STRYDOM Marietjie STRYDOM Marthinus Wilhelmus THEUNISSEN |