Welcome to Our Family Site
Welcome to Our Family Site
Title | Sarel Burger, email, 6 May 2009 | |
Short Title | Sarel Burger, email, 6 May 2009 | |
Source ID | S551 | |
Text | From: Sarel Burger [mailto:inl0879@mweb.co.za] Sent: 06 May 2009 16:36 To: Francois Greeff Subject: RE: Fw: Burger vir eSAGI ntbl Jy is seker die beste armdraaier wat ek ken! Die Greeff storie:- DIE GOEIE GREEFF Glo dit as jy wil, daar was wel goeie Greeff's. In my tweede jaar, 1956, op die Matie kampus was ek privaatstudent in die destydse CSV-gebou. Tydens die eerste jaar prop hulle daardie tyd mos almal in die universiteitskoshuise onder toesig van die "ou menere". Een jaar was genoeg, en ek wyk uit. O wee, daar beland ek toe onder die super "ou menere", die tokkelokke. Daar was net 'n handjievol heidene toeglaat onder die geledere van die predikantfabriek se manne. Hulle was almal baie waardig, en het natuurlik die huiskomitee ten volle beset. Vir my as rebel was dit te erg, en ek begin die eerste verkiesing al agiteer vir ons uitgeworpenes se verteenwoordiging op die huiskomitee, en staan toe sommer ook as kandidaat. Die aand met die huisvergadering val ek toe sleg uit, en as straf moes ek die bakoond kruip. Almal staan wydsbeen, en soos jy deurkruip gee elkeen jou 'n goeie hou met die plat hand. Na die 20ste hou raak dit erg gevoelig op dieselfde plek! Die goeie Greeff, genaamd Hennie, het my darem 'n hou gespaar. Ek heg vir jou 'n foto van hom en sy pastoriemoedertjie aan, hulle sit regs voor. Ek en my metgesel, Marie Burger, geen naby familie, sit heel links net-net in die prentjie in dieselfde ry as Hennie. Groete Sarel | |
Linked to | Hennie GREEFF |