Welcome to Our Family Site
Welcome to Our Family Site
Title | Werner Joubert, email, 18 July 2009 | |
Short Title | Werner Joubert, email, 18 July 2009 | |
Source ID | S565 | |
Text | From: Werner Joubert [mailto:joubert.w@gmail.com] Sent: 18 July 2009 04:28 To: Francois Greeff Subject: Re: Granny Greeff se fotos. Deel een. Hallo Francois, My vrou het skoon bewoe geraak toe sy die Langvlei huisie sien. My vrou se ouma was Margaretha Maria (Maggie) GREEFF * 20 Jul 1919 Langvlei, Duiwerivier + 28 Okt 1991 Oudtshoorn X Angus JORDAN * 12 Des 1916 Oudtshoorn + 5 Nov 1979 Oudtshoorn. Hulle het twee dogters: - Marlene JORDAN X Johan Daniel VISSER - Mercia Blanche JORDAN X Christian DE JAGER Mercia Blanche JORDAN is my skoonma. Ek het ook 'n kopie van Suid van Tobruk hier - ongelukkig nie geteken nie, maar wel met 'n los briefie van Tannie Kitty aan my skoonma wat sommer as 'n boekmerk gebruik het. Ek het Ouma Maggie nie lank geken voordat sy oorlede is nie. Op daardie stadium was en en haar kleindogter, Dianna DE JAGER nog net vriende. Ek ken Jacobus Johannes GREEFF (Oom Koos) goed. Hy is ouma Maggie se jongste broer. Hy is 'n skrynwerker van beroep en het homself altyd baie ondeund as Carpenter Greeff voorgestel as hy by die belangrike familie gaan kuier het - want dan is hy gewoonlik voorgestel aan advokaat sus en minister so. Toe ons so 10 jaar gelede nog in SA gewoon het het Oom Koos ons riempies eetkamerstel se riempies vervang, en die goed het toe sommer baie langer gehou as die riempies waarmee ons die stel oorspronkilk gekoop het. Ek sien dat jy heelwat inligting van die gesin kort. Ek het self nie al die inligting nie, ,aar sal my skoonma vra om bietjie te help bymekaarmaak. Tot op watter pun haak jy mense by die Greeff boom aan? Ek sal probeer om jou gedurende die naweek te Skype. Groete, Werner Joubert | |
Linked to | Christian DE JAGER Dianna DE JAGER Jacobus Johannes (Koos, Johan) GREEFF Margaretha Maria (Maggie) GREEFF Angus JORDAN Marlene JORDAN Mercia Blanche JORDAN Johan Daniel VISSER |